Voorwoord

Die rede hoekom ek die studiegids “Jesus se Kronieke” geskryf het

Dit is altyd vir my baie geseënd wanneer ek na die volgorde kyk van gebeure of insidente soos dit in die vier Evangelies van die Bybel voorkom. Die chronologiese volgorde van insidente verklaar dikwels waarom Jesus sekere gelykenisse vertel het of die manier waarop Hy gereageer het na insidente.

Jesus se lewe en optrede is hoofsaaklik opgeteken in die vier Evangelies van die Bybel: Matteus, Markus, Lukas en Johannes. Van die Evangelies gee soms presies dieselfde bewoording oor ’n insident en partykeer ‘n effens verskillende beskrywing. Soortgelyke insidente word in baie Bybels in die vier Evangelies kruisverwys. Die leser mag dan onder die indruk verkeer dat dit dieselfde insident is. In baie gevalle is dit nie dieselfde insident nie en die tydsverloop tussen die insidente, wat lyk asof dit dieselfde gebeurtenis is, kan tot 3 jaar wees soos waar Jesus die Tempel gereinig het.

Die Heilige Gees het my in 2005 geïnspireer en sedertdien baie getrou ge ondersteun om ‘n studie van Jesus se lewe op die aarde te maak en om al die insidente in chronologiese volgorde aan te bied met die vier Evangelies van die Bybel as die belangrikste verwysings en ook ander bronne wanneer dit nodig was. So was dit ook moontlik om datums aan insidente te koppel.

Dit was egter geen maklike taak nie. Daar is soveel insidente dat dit byna onmoontlik is om dit almal chronologies te rangskik en terselfdertyd te verseker dat al die verse in al vier Evangelies ingesluit word. Ek het toe ‘n sistematiese benadering gevolg en al vier Evangelies gelyktydig gelees. Die volgende leidrade het my gehelp om die volgorde van insidente te bepaal:

  • Insidente soos die verskyning van die ster van Betlehem en inligting daaroor op die Internet;
  • Seisoene, maande en datums wat genoem word;
  • Joodse Feeste en die datums wanneer dit gevier is soos op die Internet beskikbaar;
  • Tydverwande woorde soos “die volgende dag” of “in die aand” tot meer verborge besonderhede soos die redelike hoeveelheid tyd wat dit Jesus en sy dissipels sou neem om te voet tussen dorpe te reis;
  • Insidente wat in meer as een Evangelie beskryf word om so gebeurtenisse tussen Evangelies te sinchroniseer. Die uitdaging was om wel seker te wees dat dit presies dieselfde gebeurtenis was.

Ek het oor ‘n tydperk van verskeie jare die chronologiese volgorde van die insidente só probeer bepaal en was baiekeer heeltemal deurmekaar. Toe het ek  kennis geneem van ‘n stelling in Lukas oor die chronologiese volgorde van gebeure, opgeteken in

Luk 1:3
Loading...
: ” Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. ” Daar is geleerdes wat beweer dat dit nie noodwendig beteken dat gebeurtenisse in Lukas in chronologiese volgorde aangeteken is nie. Ek het aanvaar dat insidente in die Evangelie van Lukas wel in chronologiese volgorde aangeteken is.

Die uitdaging vir my was toe om die insidente in Matteus, Markus en Johannes te sinchroniseer met gebeurtenisse in Lukas. Sodoende het ek gou besef en tot die slotsom gekom dat die insidente in Markus en Johannes ook chronologies opgeteken is. Daarteenoor het Matteus gebeurtenisse volgens soortgelyke insidente gegroepeer en dit nie altyd chronologies aangeteken nie.

Deur God se genade kon ek die studie voltooi en werklike datums, tot die naaste maand in die meeste gevalle, toeken aan alle gebeure wat in die vier Evangelies opgeteken is. Ek het geëindig met ‘n volledige lys van elke insident waar elke vers in die vier Evangelies ingesluit is. Ek was toe baie verlig toe ek in 2022 op Fung14 se doktorale proefskrif afgekom het.  “The meaning of ‘orderly’ (kathexēs) account in

Luke 1:3
Loading...
deur Dr. Benjamin W. W.  Fung waarin hy bewys dat al die insidente in die Evangelie van Lukas inderdaad bo alle twyfel chronologies opgeteken is.

Voorbeelde in die Bybel waar insidente, wat deur meer as een Evangelie beskryf word, verkeerd verstaan word as dieselfde insident:

1. Jesus word 3 keer met olie gesalf

  • Insident 79 volgens
    Luk 7:36-50
    Loading...
    ,  gedurende Augustus 28 nC in Kapernaum omgewing. Jesus was aan tafel met Simon die Fariseër terwyl ‘n sondige vrou sy voete gesalf het.
  • Insident 198 volgens
    Joh 12:1-8
    Loading...
    , op Saterdag 1 April 30 nC, 6 dae voor Jesus se begrafnis, in Betanië. Jesus was by Lasarus, Martha en Maria aan huis. Maria het Sy voete gesalf.
  • Insident 229 volgens
    Mat 26:6-13
    Loading...
    en
    Mar 14:3-9
    Loading...
     op Woensdag 5 April 30 nC, 2 dae voor Jesus se begrafnis. Jesus was by Simon die melaatse in Betanië aan huis en ‘n vrou het Jesus se hoof gesalf.

2. Jesus reinig die Tempel in Jerusalem 2 keer

  • Insident  29 volgens
    Joh 2:13-17
    Loading...
    , tydens die Paasfees van 10 April 27 nC het Jesus die Tempel die eerste keer gereinig kort nadat sy bediening begin het.
  • Insident 204 volgens
    Mat 21:12-14
    Loading...
    ,
    Mar 11:15-17
    Loading...
    en
    Luk 19:47-48
    Loading...
    Maandag 3 April 30 nC, sowat drie jaar later, het Jesus die Tempel die tweede keer gereinig.

3. Jesus word 2 keer in Nasaret verag

  • Insident 39 volgens
    Luk 4:16-30
    Loading...
    is Jesus gedurende Desember 27 nC die eerste keer in Nasaret verag.
  • Insident 97 volgens
    Mat 13:54-58
    Loading...
    en
    Mar 6:1-6
    Loading...
    is Jesus gedurende Januarie 29 nC, sowat 1 jaar later weer in Nasaret verag.

4. Jesus herhaal die Teken van Jona in die vis 3 keer

Ek was baie onseker of Mateus nie dalk dieselfde insident 2 keer beskryf in

Mat. 12:39
Loading...
en
Mat 16:4
Loading...
nie. Ek het gebid vir leiding en die Heilige Gees het toe aan my geopenbaar dat Jesus dieselfde gelykenis herhaal het. So het ek gevind dat Jesus baie ander leringe en gelykenisse herhaal het soos en wanneer dit nodig was.

  • Insident 82 gedurende Desember 28 nC, volgens
    Mat. 12:38
    Loading...
    tot 45 het een van die Fariseërs vir Jesus ‘n teken gevra.
  • Insident 113 gedurende April 29 nC, volgens
    Mat. 16:1-12
    Loading...
    en
    Mar. 8:11-21
    Loading...
    het die Fariseërs en Saduseërs weer vir Jesus ‘n teken gevra.
  • Insident 148 gedurende November 29 nC, volgens
    Luk. 11:29-32
    Loading...
    op Jesus se laaste rys vanaf Galilea na Jerusalem het die skare baie opgewonde begin raak. Hulle het miskien gehoop dat Hy nou die Romeinse oorheersing gaan afskud. Jesus het toe vir hulle die teken van Jona gegee om te wys dat Hy gaan doodgemaak word.

5. Meer lig op gelykenisse wat Jesus vertel het

Hierdie boek, “Jesus se Kronieke” help definitief om kruisverwysing in die Evangelies beter te verstaan. Dit werp meer lig op stellings wat Jesus gemaak het en hoekom Hy gelykenisse vertel het om te verwys na wat vooraf gebeur het.

  • Volgens Insident 207 daag die hoë priesters, skrifgeleerdes en ander leiers die gesag van Jesus uit nadat Hy die tempel gereinig het.
  • Volgens Insidente 208 en 209 volg Jesus met gelykenisse waarin Hy vir hulle rolspelers maak in die gelykenisse en op hulle sinspeel.

Die hoofdoel van Jesus se Kronieke

Die hoofdoel van hierdie Dagboek is om van hulp te kan wees vir iemand wat ‘n studie van ‘n insident In Jesus se lewe en die volgorde wil maak. Dit werp meer duidelikheid en openbaring op elk van die insidente in die Evangelies. Deur die plasing van die insidente in chronologiese volgorde is die leser in staat om Jesus se lewe te volg, chronologies soos aangeteken deur die vier Evangelies, en ook fisies Jesus se reise op die gedetailleerde kaarte wat aangeheg is.

Die Samestelling van Jesus se Kronieke

In my studie het ek die vier Evangelies opgedeel in 296 insidente of gebeurtenisse in chronologiese volgorde. Die insidente begin ongeveer 7 vC, ongeveer twee jaar voordat Jesus Christus gebore is, en eindig met die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag op 27 Mei 30 nC. Ek het ook die 296 insidente oor ongeveer 36 jaar in 7 gedeeltes verdeel.

Daar word ook “Kommentaar” saam met elke insident gegee en dit verklaar onder andere oor hoekom dié insident wel die volgende insident is.

Buiteblad:

  • Die beeld van die Dawidster op die Bybel simboliseer Jesus se vervulling van profesieë in die Ou Testament. Sewentien verse in die Nuwe Testament beskryf Jesus as die “seun van Dawid”.
  • Die Bybel se Nuwe Testament bevat al die historiese gebeure in die lewe van Jesus.
  • Die veerpen is in antieke tye as ‘n skryf middel gebruik.
  • Die boekrol is van die papirus plant gemaak. Dit is ‘n materiaal soortgelyk aan dik papier wat as skryf oppervlak gebruik is. Die Bybel is oorspronklik op boekrolle geskryf.