Insident 42. Jesus vestig in Kapernaum. Desember 27 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Kapernaum.
| Kommentaar hoofsaaklik oor die Volgorde en die Datum van Insidente | Mattheus | Markus | Lukas |
| Luk skryf verder vanaf insident 39. Kapernaum was ‘n klein dorpie op een van die hoof roetes deur Israel in Jesus se tyd op die aarde. Dus het berigte van enige insident daar baie gou en ver versprei oor die wêreld van daardie tyd. | Mat 4:13-17 (13) Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali. (14) So moes vervul word wat deur die profeet Jesaja gesê is: (15) “Jy, gebied van Sebulon en gebied van Naftali, aan die seekant en oorkant die Jordaan, Galilea waar die heidene woon! (16) Die volk wat in duisternis woon, het ‘n groot lig gesien; hulle wat in die skemerland van die dood lewe, vir hulle het die lig opgegaan.” (17) Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”Loading... | Mar 1:14-15 (14) Nadat Johannes in die tronk opgesluit is, het Jesus na Galilea toe gegaan en die evangelie van God verkondig. (15) Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”Loading... | Luk 4:31-32 (31) Daarna het Hy na Kapernaum toe gegaan, ‘n dorp in Galilea, en die mense gereeld op die Sabbatdag geleer. (32) Hulle was verbaas oor sy leer, want Hy het met gesag gepraat.Loading... |
Insident 43. Nog dissipels, twee pare broers, Simon en Andreas en Jakobus en Johannes. Januarie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir Tabgha (Sewe fonteine) langs die See van Galilea.
| Kommentaar | Mattheus | Markus |
| Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident. Gedurende die koeler maande van die jaar, gooi vissers van Kapernaum hulle nette gewoonlik naby die strand uit waar, ‘n klein hawe vernoem na Petrus, was. Die Tilapas (Petrus vis), is ‘n tropiese spesie en kry swaar gedurende die koue winter maande. Hulle word dan getrek na die warmer water fonteine in Tabgha (Sewe Fonteine). Groot skole van die vis versamel in die gebied, en dus kan groot vangste in die winter en in die lente gemaak word.5 | Mat 4:18-22 (18) Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om ‘n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. (19) Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” (20) Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg. (21) Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus ‘n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in ‘n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep, (22) en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg. Loading... | Mar 1:16-20 (16) Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en Simon se broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep. (17) Hy het toe vir hulle gesê: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” (18) Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg. (19) Toe Hy ‘n entjie verder gaan, het Hy vir Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes gesien waar hulle in die skuit besig was om hulle nette reg te maak, (20) en dadelik het Hy hulle geroep. Hulle het hulle pa, Sebedeus, net so saam met die loonarbeiders in die skuit gelaat en saam met Jesus gegaan.Loading... |
Insident 44. Genesing van die man met ‘n onreine gees. Januarie 28 nC. SienKaart 10.4 vir die See van Galilea wat ‘n vars water meer is.
| Kommentaar | Markus | Lukas |
| Mar skryf verder vanaf die vorige insident en Luk vanaf insident 42. Die See van Galilea is eintlik ‘n vars water meer wat deur die Jordaan rivier gevoed word. Die water vloei uit die meer na die Dooie see of Soutsee. Die Dooie see is meer as 400 meter onder seevlak en die water vloei nie uit soos in die geval van die See van Galilea nie. Die water in die Dooie see verdamp en oor die jare heen het die sout inhoud so hoog geword dat daar geen vis lewe in is nie en vandaar die naam. So word die volgende vergelyking op ons geestelike lewe gebruik: As ons die Evangelie met ander deel bly ons vars en gee lewe. As ons dit net vir onsself hou, sal ons stagneer en soos die Dooie see word. | Mar 1:21-28 (21) Hulle het in Kapernaum gekom. Toe die Sabbatdag aanbreek, het Jesus reguit na die sinagoge toe gegaan en die mense daar begin leer. (22) Hulle was verstom oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie. (23) Op daardie oomblik was daar in hulle sinagoge ‘n man wat van ‘n onrein gees besete was. Hy het uitgeskreeu: (24) “Wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret? Het U gekom om ons te verdelg? Ek weet goed wie U is; U is die Heilige van God!” (25) Maar Jesus het hom skerp aangespreek: “Bly stil en gaan uit hom uit.” (26) Die onrein gees het die man stuiptrekkings laat kry, hard geskreeu en toe uit hom uitgegaan. (27) Almal was so verbaas dat hulle onder mekaar geredeneer en gesê het: “Wat gaan hier aan? Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die onrein geeste, en hulle gehoorsaam hom.” (28) En dit was nie lank nie of daar is in Galilea oral in die hele omgewing oor Hom gepraat.Loading... | Luk 4:33-37 (33) In die sinagoge was daar ‘n man wat in die mag was van ‘n bose onrein gees, en hy het hard geskreeu: (34) “Ha! Wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret? Het U gekom om ons te verdelg? Ek weet wie U is: U is die Heilige van God!” (35) Maar Jesus het hom skerp aangespreek: “Bly stil en gaan uit hom uit!” En die bose gees het die man tussen die mense laat neerslaan en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak. (36) Almal was baie verbaas, en hulle raak aan die praat en vra vir mekaar: “Wat vir ‘n woord is dit dat hy met gesag en mag die onrein geeste gebied, en hulle gaan uit?” (37) En berigte oor Hom het na elke plek in die omgewing versprei. Loading... |
Insident 45. Genesing van Petrus se skoonmoeder in Jesus se tuisdorp Kapernaum. Januarie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.
| Kommentaar | Mattheus | Markus | Lukas |
| Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 8:14-15 (14) Toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy Petrus se skoonmoeder siek lê met ‘n hoë koors. (15) Hy het haar hand gevat, en die koors het haar verlaat. Sy het opgestaan en Hom bedien.Loading... | Mar 1:29-31 (29) Toe die mense uit die sinagoge kom, het hulle saam met Jakobus en Johannes reguit na die huis van Simon en Andreas toe gegaan. (30) Die skoonmoeder van Simon het daar met ‘n hoë koors siek gelê, en hulle het Hom dadelik van haar vertel. (31) Hy het na haar toe gegaan, haar hand gevat en haar regop gehelp. Toe het die koors haar verlaat, en sy het hulle bedien. Loading... | Luk 4:38-39 (38) Toe Jesus die sinagoge verlaat, het Hy na die huis van Simon toe gegaan. Die skoonmoeder van Simon het siek gelê met ‘n hewige koors, en hulle het Hom gevra om iets vir haar te doen. (39) Hy het by die koppenent van die bed gaan staan en die koors bestraf. Dit het haar verlaat, en sy het onmiddellik opgestaan en hulle bedien.Loading... |
Insident 46. Genesing van almal met siektes en bose geeste. Januarie 28 nCKaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.
| Kommentaar | Mattheus | Markus | Lukas |
| Mat, Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 8:16-17 (16) Toe dit aand word, het hulle baie wat in die mag van bose geeste was, vir Hom gebring. Hy het die geeste met ‘n woord uitgedryf en al die siekes gesond gemaak. (17) So is vervul wat deur die profeet Jesaja gesê is: “Hy het ons lyding op hom geneem, ons siektes het Hy gedra.” Loading... | Mar 1:32-34 (32) Toe dit aand geword het en die son al onder was, het die mense al die siekes en dié wat in die mag van bose geeste was, na Hom toe gebring. (33) Die hele dorp het by die deur van die huis saamgedrom. (34) Hy het baie siekes wat allerhande kwale gehad het, gesond gemaak en baie bose geeste uit gedrywe. Hy het die bose geeste nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het wie Hy is.Loading... | Luk 4:40-41 (40) Met sononder het almal hulle siekes, wat aan allerhande kwale gely het, na Hom toe gebring. Hy het hulle een vir een die hande opgelê en hulle gesond gemaak. (41) Ook onrein geeste het uit baie uitgegaan terwyl hulle skreeu: “U is die Seun van God!” En Jesus het hulle skerp aangespreek en hulle nie toegelaat om sulke dinge te sê nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus is.Loading... |
Insident 47. Dissipels soek vir Jesus. Januarie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van die Galilea gebied.
| Kommentaar | Markus | Lukas |
| Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Mar 1:35-38 (35) Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na ‘n eensame plek en daar gebid. (36) Simon en dié wat by hom was, het Hom egter gesoek, (37) en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal soek U.” (38) Maar Hy antwoord hulle: “Laat ons êrens anders heen gaan, na die nabygeleë dorpies toe, sodat Ek daar ook kan preek, want daarvoor het Ek gekom.”Loading... | Luk 4:42-43 (42) Teen dagbreek het Hy uitgegaan en na ‘n eensame plek toe vertrek. Die mense het Hom begin soek, en toe hulle by Hom uitkom, het hulle Hom probeer beweeg om nie van hulle af weg te gaan nie. (43) Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek moet ook aan die ander dorpe die evangelie van die koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur.”Loading... |
Insident 48. Jesus leer en preek die Evangelie van die Koninkryk en genees die siekes in Galilea vir ‘n lang tydperk. Februarie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van die Galilea gebied.
| Kommentaar | Markus | Lukas |
| Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Mar 1:39 (39) Hy het toe gegaan en dwarsdeur Galilea in hulle sinagoges gepreek en bose geeste uit gedrywe. Loading... | Luk 4:44 (44) En Hy het voortgegaan om in die sinagoges van die Joodse land te preek.Loading... |
Insident 49. Wonderbaarlike visvangs. Maart 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die see van Galilea.
| Kommentaar | Lukas |
| Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Luk 5:1-11 (1) Op ‘n dag toe Jesus langs die Gennesaret meer staan en die skare vorentoe beur om die woord van God te hoor, (2) sien Hy twee skuite aan die kant van die meer lê. Die vissers het uitgeklim en was besig om die nette uit te spoel. (3) Jesus klim toe in een van die skuite, die een wat aan Simon behoort, en vra hom om dit ‘n entjie van die oewer af weg te stoot. Nadat Hy gaan sit het, het Hy die skare van die skuit af geleer. (4) Toe Hy klaar gepraat het, sê Hy vir Simon: “Vaar uit na die diep water toe en gooi julle nette uit om te vang.” (5) “Meneer,” antwoord Simon, “ons het die hele nag deur geswoeg sonder om iets te vang, maar op u woord sal ek die nette uitgooi.” (6) En toe hulle dit doen, het hulle so ‘n groot klomp vis gevang dat hulle nette wou skeur. (7) Hulle wink toe vir hulle maats in die ander skuit om te kom help. Hulle het gekom en albei die skuite so vol gemaak dat hulle amper gesink het. (8) Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: “Gaan weg van my af, Here, want ek is ‘n sondige mens.” (9) Hy en almal wat saam met hom was, was stom verbaas oor die groot klomp vis wat hulle gevang het. (10) Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Toe sê Jesus vir Simon: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” (11) En nadat hulle die skuite op die strand getrek het, het hulle alles net so laat lê en sy volgelinge geword. Loading... |
Insident 50. Genesing van ‘n melaatse. Maart 28nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Galilea.
| Kommentaar | Mattheus | Markus | Lukas |
| Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 8:1-4 (1) Jesus het afgekom van die berg af, en ‘n groot menigte mense het saam met Hom gegaan. (2) ‘n Melaatse man kom kniel toe voor Hom en sê: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.” (3) Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg. (4) Jesus sê toe vir hom: “Jy moet dit vir niemand vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring die offer wat Moses voorgeskryf het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.” Loading... | Mar 1:40-45 (40) Daar kom toe ‘n melaatse man na Hom toe wat smekend op sy knieë voor Hom neerval en vir Hom sê: “As U wil, kan U my gesond maak.” (41) Jesus het hom jammer gekry, sy hand uitgesteek en hom aangeraak. Hy sê toe vir hom: “Ek wil. Word gesond!” (42) Sy melaatsheid het onmiddellik verdwyn en hy het gesond geword. (43) Jesus het hom dadelik weggestuur, nadat Hy hom ernstig aangespreek (44) en vir hom gesê het: “Moet vir niemand iets hiervan vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring die offers vir jou reiniging wat Moses voorgeskrywe het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.” (45) Hy het egter gegaan en dit wyd en syd begin verkondig en dit oral geloop en vertel. Daarom kon Jesus nie meer openlik in ‘n dorp kom nie en het Hy gewoonlik buite in die oop veld gebly. Tog het die mense van alle kante af na Hom toe gekom.Loading... | Luk 5:12-16 (12) Eendag toe Jesus in een van die dorpe was, kom Hy ‘n man teë wat oortrek was van die melaatsheid. Toe die man Hom sien, val hy op sy knieë voor Hom en smeek: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.” (13) Jesus steek sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg. (14) Toe gee Jesus hom opdrag: “Moet dit aan niemand vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring offers vir jou reiniging soos Moses voorgeskryf het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.” (15) Tog het die nuus oor Hom nog verder versprei, en groot menigtes het saamgedrom om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. (16) Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid.Loading... |
Insident 51. Genesing van die verlamde man in Kapernaum. Maart 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.
| Kommentaar | Mattheus | Markus | Lukas |
| Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 9:1-8 (1) Jesus het toe in die skuit geklim, die see oorgesteek en in sy eie dorp aangekom. (2) Daar het hulle ‘n verlamde man wat bedlêend was, na Hom toe gebring. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: “Vriend, wees gerus; jou sondes word vergewe.” (3) Party van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: “Hy praat godslasterlik.” (4) Maar Jesus het geweet wat hulle dink, en Hy sê vir hulle: “Waarom het julle sulke slegte gedagtes in julle harte? (5) Wat is makliker? Om te sê: ‘Jou sondes word vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op en loop’? (6) Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op aarde sondes te vergewe.” Hy sê toe vir die verlamde man: “Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.” (7) Hy het opgestaan en huis toe gegaan; (8) en toe die menigte mense dit sien, het hulle God, wat sulke mag aan mense gee, met eerbiedige vrees geprys.Loading... | Mar 2:1-12 (1) Toe Jesus ná ‘n paar dae weer in Kapernaum kom, het dit bekend geword dat Hy by die huis is. (2) Baie mense het daar saamgedrom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie. Hy was besig om met hulle oor sy boodskap te praat. (3) Daar kom toe mense wat ‘n verlamde man na Hom toe bring. Vier van hulle het hom gedra. (4) Toe hulle hom weens die gedrang nie by Jesus kon kry nie, breek hulle die dak reg bokant Hom oop, en nadat hulle ‘n opening in die dak gemaak het, laat hulle die draagbaar waarop die verlamde man gelê het, daardeur afsak. (5) Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: “Vriend, jou sondes word vergewe!” (6) Maar sommige van die skrifgeleerdes het daar gesit en hulle afgevra: (7) “Waarom sê hy so? Hy praat mos godslasterlik! Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?” (8) Jesus het dadelik geweet dat hulle by hulleself so redeneer. Hy sê toe vir hulle: “Wat redeneer julle by julleself hieroor? (9) Wat is makliker? Om vir die verlamde man te sê: ‘Jou sondes word vergewe’, of om te sê: ‘Staan op, vat jou draagbaar en loop’? (10) Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op die aarde sondes te vergewe.” Hy sê toe vir die verlamde man: (11) “Ek sê vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.” (12) Hy het opgestaan, dadelik sy draagbaar gevat en voor die oë van almal uitgestap. Hieroor was hulle almal verbaas en het hulle God geprys en gesê: “So iets het ons nog nooit gesien nie!” Loading... | Luk 5:17-26 (17) Op een van dié dae, terwyl Jesus besig was om die mense te leer, het daar ook Fariseërs en leermeesters van die wet van Moses gesit wat van oral af uit die dorpe van Galilea en Judea en selfs uit Jerusalem gekom het. En die Here het vir Jesus die krag gegee om mense gesond te maak. (18) Onverwags kom daar mense met ‘n verlamde man op ‘n draagbaar aan, en hulle probeer om hom die huis in te bring en voor Jesus neer te sit. (19) Toe hulle vanweë die gedrang nie kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met draagbaar en al deur ‘n opening tussen die dakteëls afsak tussen die mense in en vlak voor Jesus. (20) Toe Hy hulle geloof sien, sê Hy: “Mens, jou sondes is jou vergewe.” (21) Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het hulle begin afvra: “Wie is hy dat hy so godslasterlik praat? Wie anders kan sondes vergewe as net God alleen?” (22) Maar Jesus het hulle redeneringe gemerk en vir hulle gesê: “Wat redeneer julle by julleself? (23) Wat is makliker? Om te sê: ‘Jou sondes is jou vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op en loop’? (24) Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op aarde sondes te vergewe.” Toe sê Hy vir die verlamde man: “Ek sê vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.” (25) Onmiddellik het hy voor hulle oë opgestaan, die draagbaar waarop hy gelê het, gevat en terwyl hy God prys, huis toe gegaan. (26) Almal het verbaas gestaan en God geprys en vol eerbiedige vrees gesê: “Vandag het ons ongelooflike dinge gesien.”Loading... |
Insident 52. Die roeping van Mattheus, ook genoem Levi. Maart 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.
| Kommentaar | Mattheus | Markus | Lukas |
| Mat, Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 9:9 (9) Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het Hy ‘n man met die naam Matteus by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: “Volg My!” Hy het toe opgestaan en Hom gevolg.Loading... | Mar 2:13-14 (13) Jesus het weer na die see toe gegaan. ‘n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer. (14) Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: “Volg My!” Levi het opgestaan en Hom gevolg. Loading... | Luk 5:27-28 (27) Daarna het Jesus uitgegaan en ‘n tollenaar met die naam Levi by sy tolhuis sien sit, en Hy sê vir hom: “Volg My.” (28) Hy het alles net so laat lê en opgestaan en Jesus gevolg.Loading... |
Insident 53. Jesus eet saam met Levi (Mattheus), tollenaars en sondaars, bespreek wat dit beteken om te vas, geen nuwe stuk kleed op ‘n ou een, nuwe wyn in nuwe velsakke. Maart 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.
| Kommentaar | Mattheus 9:10-17 | Markus 2:15-17 | Lukas |
| Mat, Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 9:10-13 Jesus eet saam met tollenaars en sondaars (13) Jesus het by hom in sy huis gaan eet, en baie tollenaars en sondaars het saam met Jesus en sy dissipels kom eet. (11) Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” (12) Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie ‘n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. (13) Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” Loading... Mat 9:14-17 Waarom vas die dissipels nie (14) In dié tyd het die volgelinge van Johannes na Jesus toe gekom en gevra: “Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas glad nie?” (15) Jesus antwoord hulle: “Kan die bruilofsgaste dan treur solank die bruidegom nog by hulle is? Maar daar kom ‘n tyd wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas. (16) Niemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie, want die nuwe lap skeur die klere nog verder, en die gat word net groter. (17) ‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou velsakke nie. As jy dit doen, bars die sakke, die wyn loop uit en die sakke is daarmee heen. Nee, ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en so behou jy altwee.” Loading... | Mar 2:15-17 Jesus eet saam met tollenaars en sondaars (15) Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het. (16) Toe die skrifgeleerdes onder die Fariseërs sien dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Waarom eet hy saam met tollenaars en sondaars?” (17) Jesus het dit gehoor en Hy sê vir hulle: “Dié wat gesond is, het nie ‘n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” Loading... Mar 2:18-22 Waarom vas die dissipels nie (18) Johannes se volgelinge en die Fariseërs was besig om te vas, en die mense kom toe en vra vir Jesus: “Waarom vas die volgelinge van Johannes en die volgelinge van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?” (19) Jesus antwoord hulle: “Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? Nee, solank hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie. (20) Maar daar sal ‘n tyd kom wanneer die bruidegom van hulle af weggeneem sal word. Dan, op daardie dag, sal hulle vas. (21) Niemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie, want dan skeur die nuwe lap nog ‘n stuk van die oue uit, en die gat word net groter. (22) Niemand gooi ook nuwe wyn in ou velsakke nie, want dan laat die wyn die sakke oopbars, en die wyn sowel as die sakke gaan verlore. Nuwe wyn word in nuwe sakke gegooi.”Loading... | Luk 5:29-32 Jesus eet saam met tollenaars en sondaars (29) Levi het ‘n groot feesmaal in sy huis gehou ter ere van Jesus, en ‘n groot aantal tollenaars en ander mense het saam met hulle aangesit. (30) Die Fariseërs, en veral die skrifgeleerdes onder hulle, het by sy dissipels gekla en gesê: “Waarom eet en drink julle saam met tollenaars en sondaars?” (31) Toe antwoord Jesus hulle: “Dié wat gesond is, het nie ‘n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. (32) Ek het nie gekom om mense wat op die regte pad is, tot bekering te roep nie, maar sondaars.” Loading... Luk 5:33-39 Waarom vas die dissipels nie (33) Die mense sê toe vir Jesus: “Die volgelinge van Johannes vas dikwels en onderhou gereelde gebedstye, en so ook die volgelinge van die Fariseërs, en u dissipels eet en drink maar.” (34) Toe sê Jesus vir hulle: “Kan julle dan die bruilofsgaste laat vas terwyl die bruidegom by hulle is? (35) Daar sal ‘n tyd kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word en dan, in daardie dae, sal hulle vas.” (36) Hy vertel hulle ook nog ‘n gelykenis: “Niemand skeur ‘n stuk uit nuwe klere om daarmee ou klere te lap nie. As hy dit sou doen, sou die nuwe klere stukkend wees, en buitendien sal die nuwe lap nie by die ou klere pas nie. (37) En niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen. (38) Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word. (39) En niemand wat ou wyn gedrink het, wil nuwe wyn hê nie, want hy sê: Die oue is goed.”Loading... |
Insident 54. Genesing van die verlamde man in Betesda. Woensdag 31 Maart 28 nC.5 Sien kaart 10.1 vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem en Kaart 10.5 vir die Skaappoort en die bad van Betesda.
| Kommentaar | Johannes |
| Joh5: 1 Hierdie fees was die Pasga op Dinsdag 30 Maart 28 nC.5 Dus was die Eerste dag van die Fees van Ongesuurde brode op Woensdag 31 Maart. Volgens Levitikus 23:7 was die eerste dag van die fees ‘n Sabbat dag. | Joh 5:1-17 Hierna was daar weer ‘n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan. (2) By die Skaappoort in Jerusalem was daar ‘n bad met die Hebreeuse naam Betesda. Dit het vyf pilaargange gehad, (3) waar daar baie gestremdes gelê het: blindes, kreupeles en lammes. (5) Onder hulle was daar ‘n sekere man wat al ag en dertig jaar lank siek was. (6) Jesus het hom sien lê en het geweet dat hy al baie lank siek was. Toe vra Hy vir hom: “Wil jy gesond word?” (7) Die sieke het Hom geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die water in beweging kom nie; en terwyl ek aansukkel, gaan iemand anders voor my in.” (8) Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.” (9) Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop. Dit was ‘n sabbatdag. (10) Die Jode sê toe vir die man wat genees is: “Dit is ‘n sabbatdag; jy mag nie jou goed dra nie.” (11) Maar hy antwoord hulle: “Die man wat my gesond gemaak het, het vir my gesê: Tel jou goed op en loop.” (12) Hulle vra hom toe: “Wie is die man wat vir jou gesê het: Tel jou goed op en loop?” (13) Die man wat gesond geword het, het egter nie geweet wie dit was nie, want Jesus het ongemerk weggegaan omdat daar ‘n klomp mense op die plek was. (14) Later kry Jesus hom in die tempel en sê vir hom: “Kyk, jy is nou gesond. Moet nou nie meer sonde doen nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.” (15) Die man het vir die Jode gaan vertel dat dit Jesus is wat hom gesond gemaak het. (16) Die Jode het toe teen Jesus te velde getrek omdat Hy dit op ‘n sabbatdag gedoen het. (17) Maar Jesus het Hom teen hulle verweer: “My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.” Loading... |
Insident 55. Jesus is die Seun van God en een met die Vader. Woensdag 31 Maart 28 nC. Sien Kaart 10.5 vir die uitleg van Jerusalem.
| Kommentaar | Johannes 5:18-47 |
| Joh skryf verder vanaf die vorige insident. | Joh 5:18 Jesus is gelyk aan God Hieroor het die Jode nog des te meer probeer om Jesus dood te maak: Hy het nie net die sabbatdag ontheilig nie, maar God ook sy eie Vader genoem en Hom so met God gelyk gestel. Loading... Joh 5:19-29 Die outoriteit van die Seun van God (19) Toe het Hy Hom verweer en vir hulle gesê: “Dít verseker Ek julle: Die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen; wat die Vader ook al doen, doen die Seun ook net so. (20) Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen; en Hy sal Hom nog groter dade as hierdie wys, sodat julle verbaas sal staan. (21) Soos die Vader die dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil. (22) Self veroordeel die Vader niemand nie, maar die oordeel het Hy geheel en al aan die Seun oorgelaat. (23) Daarom moet almal die Seun eer net soos hulle die Vader eer. Wie nie die Seun eer nie, eer ook nie die Vader wat Hom gestuur het nie. (24) Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan. (25) Ek verseker julle: Daar kom ‘n tyd, en dit is nou, wanneer die dooies die stem van die Seun van God sal hoor, en dié wat daaraan gehoor gee, sal lewe. (26) Soos die Vader die lewe in Homself het, het Hy die lewe ook aan die Seun gegee om dit in Homself te hê. (27) Hy het Hom ook volmag gegee om te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is. (28) Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom ‘n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor (29) en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word. Loading... Joh 5:30-47 Wie getuig oor Jesus (30) Uit my eie kan Ek niks doen nie: Ek oordeel soos Ek dit van die Vader hoor, en my oordeel is regverdig, omdat dit nie my wil is wat Ek nastrewe nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. (31) As net Ek oor Myself getuig, is my getuienis nie geldig nie. (32) Daar is ook Iemand anders wat oor My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy oor My aflê, waar is. (33) Julle het ‘n afvaardiging na Johannes toe gestuur, en wat hy getuig het, is die waarheid. (34) Nie dat Ek op die getuienis van ‘n mens steun nie, maar Ek noem dit sodat julle gered kan word. (35) Hy was die lamp wat gebrand en geskyn het, en julle was gewillig om julle ‘n rukkie in sy lig te verheug. (36) Maar Ek het getuienis wat nog gewigtiger is as dié van Johannes. Die werk wat die Vader My gegee het om te voltooi en waarmee Ek nou juis besig is, lê oor My getuienis af en bevestig dat die Vader My gestuur het. (37) En die Vader wat My gestuur het, het ook oor My getuienis afgelê. Sy stem het julle nog nooit gehoor nie en sy gestalte ook nie gesien nie. (38) En sy woord lewe nie werklik in julle nie, omdat julle nie in die Een glo wat Hy gestuur het nie. (39) Julle ondersoek die Skrif, omdat julle dink dat julle die ewige lewe daarin kry. En dit is juis die Skrif wat oor My getuig. (40) Tog wil julle nie na My toe kom sodat julle die lewe kan kry nie. (41) Ek is nie gesteld op die eer wat mense bewys nie, (42) maar Ek ken julle en Ek weet dat julle nie liefde vir God in julle het nie. (43) Ek het in die Naam van my Vader gekom, en tog aanvaar julle My nie. As iemand anders in sy eie naam kom, sal julle hom aanvaar. (44) Hoe kan julle ook in My glo terwyl julle gesteld is op die eer wat julle van mekaar ontvang en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie? (45) Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal aankla nie; dit is Moses, op wie julle julle hoop gevestig het, wat vir julle aankla. (46) As julle Moses geglo het, sou julle in My geglo het, want hy het van My geskrywe. (47) Maar as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?” Loading... |
Insident 56. Dissipels pluk graan op die Sabbat en Jesus is die Here van die Sabbat. 3 April 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.
| Kommentaar | Mattheus | Markus | Lukas |
| Jesus het genees op die Sabbat in insident 54. Nou wag die Jode gretig om hom of een van sy dissipels te vang werk op die Sabbat. Sien Lukas 6:1 (KJV+): “1 AndG1161 it came to passG1096 onG1722 the second sabbath after the first,G1207 G4521” Volgens Strong’s Dictionary45 is die verklaring vir Greek1207: “ deuteroprotos {dyoo-ter-op’-ro-tos} from 1208 and 4413; second-first, i.e. (specially) a designation of the Sabbath immediately after the Paschal week (being the second after Passover day, and the first of the seven Sabbaths intervening before Pentecost):–second … after the first “ Dus was dit die eerste Saterdag na die Pasga op Woensdag 30 Maart. Dit bring ons by Saterdag 3 April 28 nC. | Mat 12:1-8 (1) In dié tyd het Jesus op ‘n Sabbatdag deur gesaaides geloop. Sy dissipels het honger geword en are begin pluk en van die koring geëet. (2) Toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: “Kyk daar! U dissipels doen iets wat op die Sabbatdag nie gedoen mag word nie.” (3) Maar Hy sê vir hulle: “Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne honger geword het nie? (4) Hy het in die huis van God ingegaan en van die offerbrood geëet, wat hy en sy manne nie mag gedoen het nie, maar net die priesters. (5) Of het julle nie in die wet van Moses gelees dat die priesters op die Sabbatdag in die tempel diens moet doen nie? Hulle oortree dus die Sabbat gebod, en tog is hulle nie skuldig nie. (6) Ek sê vir julle: Hier is Een wat groter is as die tempel. (7) As julle begryp het wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie,’ dan sou julle nie mense wat onskuldig is, veroordeel het nie. (8) Die Seun van die mens is immers Here oor die Sabbat.” Loading... | Mar 2:23-28 (23) Eenkeer toe Jesus op ‘n Sabbatdag tussen gesaaides deur loop, het sy dissipels so in die loop are begin afpluk. (24) Die Fariseërs sê toe vir Hom: “Kyk daar! Waarom doen hulle iets wat nie op die Sabbatdag gedoen mag word nie?” (25) Hy sê vir hulle: “Het julle nog nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne nie kos gehad het nie en honger gekry het? (26) Hy het in die tyd van die hoëpriester Abjatar in die huis van God ingegaan en van die offerbrood geëet, wat niemand anders as die priesters mag geëet het nie, en ook vir sy manne daarvan gegee.” (27) Jesus het verder vir hulle gesê: “Die Sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die Sabbatdag nie. (28) Daarom is die Seun van die mens Here óók oor die Sabbat.”Loading... | Luk 6:1-5 (1) Eenkeer het Jesus op ‘n Sabbatdag deur gesaaides geloop. Sy dissipels het are gepluk en dit met die hande uitgevrywe en geëet. (2) Toe sê ‘n paar van die Fariseërs: “Waarom doen julle iets wat op die Sabbatdag nie gedoen mag word nie?” (3) Jesus antwoord hulle: “Het julle dan nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne honger gekry het nie? (4) Hy het die huis van God binnegegaan en die offerbrode geneem en geëet en ook aan sy manne gegee. Tog is niemand behalwe die priesters toegelaat om daardie brood te eet nie.” (5) Verder sê Hy vir hulle: “Die Seun van die mens is Here oor die Sabbat.”Loading... |
Insident 57 . Die man se gebreklike hand op die Sabbat genees. April 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.
| Kommentaar | Mattheus | Markus | Lukas |
| Mat, Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 12:9-14 (9) Jesus het daarvandaan verder gegaan en in hulle sinagoge gekom. (10) Daar was juis ‘n man met ‘n gebreklike hand. Hulle vra Hom toe: “Mag ‘n mens iemand op die Sabbatdag gesond maak?” Hulle bedoeling daarmee was om ‘n klag teen Hom te kry. (11) Hy sê vir hulle: “Wie van julle sal nie die een skaap wat hy het en wat op ‘n Sabbatdag in ‘n sloot val, dadelik uithaal nie? (12) Hoeveel is ‘n mens nie meer werd as ‘n skaap nie? Dan mag ‘n mens mos op die Sabbatdag goed doen.” (13) Toe sê Hy vir die man: “Steek jou hand uit.” Hy het dit gedoen, en sy hand was reg soos die ander een. (14) Die Fariseërs het toe uitgegaan en planne beraam om Jesus om die lewe te bring. Loading... | Mar 3:1-6 (1) Jesus het weer na die sinagoge toe gegaan. Daar was ‘n man met ‘n gebreklike hand. (2) Die Fariseërs het vir Jesus dopgehou om te sien of Hy hom op die Sabbatdag sou gesond maak, sodat hulle vir Jesus daaroor kon aankla. (3) Hy sê toe vir die man met die gebreklike hand: “Staan op hier tussen hulle!” (4) Daarna vra Hy vir hulle: “Mag ‘n mens op die Sabbatdag goed doen of kwaad doen, iemand red of doodmaak?” Hulle het egter niks gesê nie. (5) Hy het hulle rondom Hom kwaad aangekyk en was diep bedroef oor hulle verhardheid. Hy sê toe vir die man: “Steek jou hand uit!” Hy het sy hand uitgesteek en dit was gesond. (6) Die Fariseërs het uitgegaan en dadelik met die Herodiane ‘n komplot teen Jesus gesmee om Hom om die lewe te bring.Loading... | Luk 6:6-11 (6) Op ‘n ander Sabbatdag het Jesus weer in die sinagoge ingegaan en die mense geleer. Daar was ‘n man met ‘n gebreklike regterhand. (7) Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het vir Jesus dopgehou om te sien of Hy op die Sabbatdag iemand sou gesond maak sodat hulle ‘n aanklag teen Hom kon kry. (8) Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir die man met die gebreklike hand gesê: “Staan op en kom staan hier in die middel.” En hy het daar kom staan. (9) Toe sê Jesus vir hulle: “Nou vra Ek julle: Mag ‘n mens op die sabbatdag goed doen of kwaad doen, iemand red of doodmaak?” (10) Nadat Hy almal rondom Hom aangekyk het, sê Hy vir die man: “Steek jou hand uit.” (11) Hy het dit gedoen, en sy hand was gesond. Maar hulle het rasend van woede geword en onder mekaar geredeneer oor wat hulle Jesus sou aandoen.Loading... |
Insident 58. Jesus onttrek na die see. April 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van die see van Galilea.
| Kommentaar | Mattheus | Markus |
| Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 12:15-21 (15) Toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan weggegaan. Baie mense het saam met Hom gegaan, en Hy het hulle almal gesond gemaak, maar (16) hulle belet om in die openbaar oor Hom te praat. (17) So is vervul wat die Here deur die profeet Jesaja gesê het: (18) “Hier is my Dienaar wat Ek aangestel het, my Geliefde oor wie Ek My verheug; Ek sal my Gees op Hom laat kom, en Hy sal die wil van God aan die nasies bekend maak. (19) Hy sal nie twis nie en nie skreeu nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie. (20) ‘n Riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie en ‘n lamppit wat rook, nie uitdoof nie; Hy sal die wil van God laat seëvier. (21) En op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.” Loading... | Mar 3:7 (7) Jesus het toe met sy dissipels teruggegaan na die see toe. ‘n Menigte mense het van Galilea af agter Hom aan gegaan. Ook van Judea af,Loading... |
Insident 59. Baie volg Jesus om genees te word. Mei en Junie 28nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van die see van Galilea.
| Kommentaar | Mattheus | Markus |
| Mar skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 4:23-25 (23) Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. (24) En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak. (25) Groot menigtes uit Galilea, Dekapolis, Jerusalem, Judea en van oorkant die Jordaan af het Hom gevolg. Loading... | Mar 3:7-12 (7) Jesus het toe met sy dissipels teruggegaan na die see toe. ‘n Menigte mense het van Galilea af agter Hom aan gegaan. Ook van Judea af, (8) en uit Jerusalem en van Idumea en van oorkant die Jordaan en van rondom Tirus en Sidon af, het daar baie mense na Hom toe gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen. (9) Weens die gedrang het Hy vir sy dissipels gesê om vir Hom ‘n skuitjie reg te hou sodat die mense Hom nie vertrap nie. (10) Hy het baie mense gesond gemaak, sodat almal wat die een of ander siekte gehad het, Hom oorval het om aan Hom te raak. (11) As mense wat van onrein geeste besete was, Hom sien, het hulle voor Hom neergeslaan en geskreeu: “U is die Seun van God!” (12) Maar Hy het hulle baie uitdruklik belet om bekend te maak wie Hy is.Loading... |
Insident 60. Jesus bid op die berg. Julie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Galilea.
| Kommentaar | Lukas |
Luk 6:13 “Toe dit dag word…” Dus was hierdie insident voor insident 61.Loading... | Luk 6:12 (12) In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God. Loading... |
Insident 61. Roeping van die 12 dissipels, die oes is groot en die arbeiders is min. Julie 28nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Galilea.
| Kommentaar | Mat | Markus | Lukas |
| Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | – | Mar 3:13-19 (13) Jesus het teen die berg opgegaan en dié wat Hy wou hê, nader geroep, en hulle het na Hom toe gekom. (14) Hy het toe twaalf, wat Hy apostels genoem het, aangestel om by Hom te bly sodat Hy hulle kon uitstuur om te preek. (15) Hulle het ook die mag ontvang om bose geeste uit te drywe. (16) Hy het hierdie twaalf aangestel: Petrus, soos Hy Simon genoem het, (17) Jakobus seun van Sebedeus, en Johannes die broer van Jakobus – vir hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit wil sê “manne van die donder” – (18) Andreas, Filippus, Bartolomeus, Matteus, Tomas, Jakobus seun van Alfeus, Taddeus, Simon die Kananeër, (19) en Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het. | Luk 6:13-16 (13) Toe dit dag word, het Hy sy dissipels nader geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy ook apostels genoem het. (14) Hulle was Simon, wat Hy ook Petrus genoem het, en sy broer Andreas, Jakobus en Johannes, Filippus en Bartolomeus, (15) Matteus en Tomas, Jakobus seun van Alfeus, Simon die Seloot, Judas seun van Jakobus, (16) en Judas Iskariot wat die verraaier geword het. |
Insident 62. Jesus kom van die berg af en genees die menigte. Julie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Galilea.
| Kommentaar | Lukas |
| Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Luk 6:17-19 (17) Hy het saam met hulle van die berg afgekom en op ‘n gelykte by ‘n groot aantal volgelinge gaan staan. Van die hele Joodse land en Jerusalem en van die kusgebied van Tirus en Sidon af was daar ‘n menigte mense (18) wat gekom het om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. Ook dié wat onder onrein geeste gely het, is gesond gemaak. (19) Al die mense het Hom probeer aanraak, omdat daar krag van Hom uitgegaan het en Hy almal gesond gemaak het. Loading... |
Insident 63. Die Bergrede, seëninge. Julie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die Berg van Saligsprekinge tussen Gennesaret en Kapernaum volgens oorlewering.
| Kommentaar | Mattheus | Lukas |
| Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 5:1-12 (1) Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom toe gekom, (2) en Hy het hulle geleer en gesê: (3) “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. (4) Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. (5) Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. (6) Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word. (7) Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. (8) Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien. (9) Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. (10) Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. (11) Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. (12) Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg. Loading... | Luk 6:20-23 (20) Jesus het sy dissipels aangekyk en gesê: “Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God. (21) Geseënd is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Geseënd is julle wat nou huil, want julle sal lag. (22) Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens. (23) Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde, want vir julle is daar groot beloning in die hemel. Hulle voorvaders het immers met die profete net so gemaak.Loading... |
Insident [a]64[/a]. Die Bergrede, sout van die aarde en lig van die wereld. Die gelykenis van die lamp onder die maatemmer. Julie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die Berg van Saligsprekinge tussen Gennesaret en Kapernaum volgens oorlewering.
| Kommentaar | Mattheus |
| Mat skryf verder vanaf die vorige insident. Jesus het die gelykenis van die lamp in Lukas 8:16 herhaal, sien Insident 84 en Lukas 11:35, sien Insident 149. | Mat 5:13-16 (13) Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. (14) Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; (15) ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. (16) Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.Loading... |
Insident 65. Die Bergrede vervolg, Christus het gekom om die wet te vervul, woede, wellus, egskeiding, eed, vergelding en wees lief vir jou vyande. Julie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die Berg van Saligsprekinge tussen Gennesaret en Kapernaum volgens oorlewering.
| Kommentaar | Mattheus 5: 17-48 | Lukas 6:24-36 |
| Mat skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 5:17-20 Christus het gekom om die wet te vervul (17) Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry. (18) Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letter strepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is. (19) Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel. (20) Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie. Loading... Mat 5:21-26 Woede (21) Julle het gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie moord pleeg nie; en elkeen wat moord pleeg, is strafbaar voor die regbank’. (22) Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir ‘n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir ‘n idioot, is strafbaar met die helse vuur. (23) As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, (24) laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe. (25) As iemand ‘n regsaak teen jou begin, kom betyds tot ‘n skikking solank jy nog saam met hom op pad hof toe is, sodat hy jou nie voor die regter bring en die regter jou aan die polisie oorgee en dié jou in die tronk sit nie. (26) Dit verseker Ek jou: Jy sal sekerlik nie daar uitkom voordat jy die laaste sent betaal het nie. Loading... Mat 5:27-30 Wellus (27) Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ (28) Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ‘n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg. (29) As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word. (30) Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel beland. Loading... Mat 5:31-32 Egskeiding (31) Daar is gesê: ‘Elkeen wat van sy vrou skei, moet aan haar ‘n skeibrief gee.’ (32) Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk. Loading... Mat 5:33-37 Eed (33) Verder het julle gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie jou eed verbreek nie, en ‘n eed in die Naam van die Here moet jy nakom.’ (34) Maar Ek sê vir julle: Moet glad nie ‘n eed aflê nie, nie by die hemel nie, want dit is die troon van God; (35) nie by die aarde nie, want dit is die rusplek vir sy voete; nie by Jerusalem nie, want dit is die stad van die groot Koning. (36) Jy moet ook nie jou kop op die spel plaas as jy ‘n eed aflê nie, want jy kan nie een haar wit of swart maak nie. (37) Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’. Wat meer gesê word as dit, kom van die Bose. Loading... Mat 5:38-42 Vergelding (38) Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand.’ (39) Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. (40) As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. (41) As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. (42) Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie. Loading... Mat 5:43-48 Wees lief vir julle vyande (43) Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ (44) Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, (45) sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. (46) As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? (47) En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie? (48) Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.” Loading... | Luk 6:24-26 Jesus voorspel ellende (24) Maar ellende wag vir julle wat ryk is, want julle het julle lekker lewe al weg. (25) Ellende wag vir julle wat julle nou vol eet, want julle sal honger ly. Ellende wag vir julle wat nou lag, want julle sal treur en huil. (26) Ellende wag vir julle as al die mense goed van julle praat. Hulle voorvaders het immers met die vals profete net so gemaak. Loading... Luk 6:27-36 Wees lief vir julle vyande (27) Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; (28) seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word. (29) As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie. (30) Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. (31) Behandel ander mense soos julle self behandel wil word. (32) As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Ook die sondaars het net dié lief wat vir hulle liefhet. (33) En as julle goed doen net aan dié wat aan julle goed doen, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Die sondaars maak maar net so. (34) En as julle geld leen net aan dié van wie julle hoop om dit terug te kry, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Sondaars leen ook aan sondaars, solank hulle maar dieselfde bedrag kan terugkry. (35) Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle ‘n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes. (36) Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is. Loading... |
Insident 66. Die Bergrede vervolg, gee aan die armes. Julie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die Berg van Saligsprekinge tussen Gennesaret en Kapernaum volgens oorlewering.
| Kommentaar | Mattheus |
| Mat skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 6:1-4 (1) “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie. (2) As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. (3) Nee, as jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, (4) sodat jou goeie daad verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. Loading... |
Insident [a]67[/a]. Die Bergrede vervolg, die Here se gebed. Julie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die Berg van Saligsprekinge tussen Gennesaret en Kapernaum volgens oorlewering.
| Kommentaar | Mattheus |
| Mat skryf verder vanaf die vorige insident. Jesus het herhaal hoe om te bid in Luk 11:1-4 , sien Insident 144. Mattheus 6:13 word as volg in die Nuwe Lewende Vertaling van die Bybel vertaal: “Bewaar ons sodat ons nie aan verleiding toegee nie;” Loading... | Mat 6:5-15 (5) Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. (6) Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. (7) Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene ‘n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. (8) Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra. (9) So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; (10) laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. (11) Gee ons vandag ons daaglikse brood; (12) en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; (13) en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. (14) As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. (15) Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.Loading... |
Insident 68. Die Bergrede vervolg, om te vas. Julie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die Berg van Saligsprekinge tussen Gennesaret en Kapernaum volgens oorlewering.
| Kommentaar | Mattheus |
| Mat skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 6:16-18 (16) As julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie. Hulle mismaak hulle gesigte sodat die mense kan sien dat hulle vas. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. (17) Nee, as jy vas, versorg jou hare en was jou gesig (18) sodat niemand kan sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. Loading... |
Insident 69. Die Bergrede vervolg, die skatte in die hemel. Julie 28 C. Sien Kaart 10.4 vir die Berg van Saligsprekinge tussen Gennesaret en Kapernaum volgens oorlewering.
| Kommentaar | Mattheus |
| Mat skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 6: 19-24 (19) Maak geen winkel van rykdom vir julle op die aarde, waar dit kan verander word om die stof deur wurms en weer, en waar diewe kan kom in deur die krag en neem dit weg. (20) Maar maak ‘n winkel vir julle in die hemel, waar dit sal nie tot stof en waar diewe nie kom in om dit weg te neem: (21) Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. (22) Die lig van die liggaam is die oog; As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. (23) Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As die lig wat in julle is donker, hoe donker dit sal wees! (24) Geen mens is in staat om ‘n dienaar te wees om twee here, want hy sal haat vir die een en liefde vir die ander, of hy sal die een en het geen respek vir die ander. Jy mag nie dienaars van God en van rykdom. |
Insident [a]70[/a]. Die Bergrede vervolg, moet julle nie bekommer nie. Julie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die Berg van Saligsprekinge tussen Gennesaret en Kapernaum volgens oorlewering.
| Kommentaar | Mattheus |
| Mat skryf verder vanaf die vorige insident. Jesus het oor die sorge van die lewe herhaal op sy laaste reis na Judea. Sien Insident 154, Luk 12:22-34 . Loading... | Mat 6:25-34 (25) Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? (26) Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? (27) Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng? (28) En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. (29) Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. (30) As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges? (31) Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. (32) Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. (33) Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. (34) Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.” Loading... |
Insident [a]71[/a]. Die Bergrede, om ander te oordeel, vra soek-en-klop, smal en wye poort. Julie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die Berg van Saligsprekinge tussen Gennesaret en Kapernaum volgens oorlewering.
| Kommentaar | Mattheus | Lukas |
| Mat, skryf verder vanaf die vorige insident. In Insident 164 praat Jesus van die smal deur. | Mat 7:1-14 Om ander te oordeel. (1) “Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; (2) met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word. (3) Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? (4) Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar ‘n balk in jou eie oog? (5) Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal. (6) Moenie wat heilig is, vir die honde gooi nie: hulle sal omspring en julle verskeur; en moenie julle pêrels voor die varke gooi nie: hulle sal dit met hulle pote vertrap. Vra soek en klop (7) Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, (8) want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. (9) Watter mens onder julle sal vir sy seun ‘n klip gee as hy brood vra, (10) of ‘n slang as hy vis vra? (11) As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra? Doen aan ander wat julle aan julself gedoen wil hê. (12) Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete. Die smal en die breë weg (13) Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. (14) Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.Loading... | Luk 6:37-42 Om ander te oordeel (37) Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word. (38) Gee, en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” (39) Hy het ook met beeldspraak vir hulle gesê: “Kan ‘n blinde miskien ‘n ander blinde lei? Sal hulle nie altwee in ‘n sloot val nie? (40) ‘n Leerling is nie hoër as sy leermeester nie, maar iemand wat volleerd is, sal aan sy leermeester gelyk wees. (41) Waarom sien jy die splinter raak in die oog van jou broer, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? (42) Jy wat die balk in jou eie oog nie raaksien nie, hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Broer, laat my toe om die splinter in jou oog uit te haal’? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter in jou broer se oog uit te haal. Loading... |
Insident 72. Die Bergrede vervolg, ‘n boom en sy vrugte, ek het julle nooit geken nie, die wyse en dwase bouers en gesag van Jesus. Julie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die Berg van Saligsprekinge tussen Gennesaret en Kapernaum volgens oorlewering.
| Kommentaar | Mattheus 7:15-29 | Lukas 6: 43-49 |
| Mat en Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 7:15-20 ‘n Boom en sy vrugte Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe. (16) Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ‘n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? (17) Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. (18) ‘n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom nie goeie vrugte nie. (19) Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. (20) So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken. Loading... Mat 7:21-23 Ek het jou nooit geken nie Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. (22) Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ (23) Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree. Loading... Mat 7:24-27 Wyse en dwase bouers Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met ‘n verstandige man wat sy huis op rots gebou het. (25) Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots. (26) En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met ‘n dwaas wat sy huis op sand gebou het. (27) Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.” Loading... Mat 7:28-29 Gesag van Jesus Toe Jesus klaar gepraat het, was die skare verbaas oor sy onderrig, (29) want Hy het hulle geleer soos ‘n man met gesag en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.Loading... | Luk 6:43-45 ‘n Boom en sy vrugte Dit is nie die goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie die slegte boom wat goeie vrugte dra nie. (44) Elke boom word aan sy eie vrugte geken. Van doringstruike pluk ‘n mens mos nie vye nie, en van ‘n doringbos oes jy ook nie druiwe nie. (45) Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Loading... Luk 6:46-49 Wyse en dwase bouers Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie? (47) Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en doen wat Ek sê – Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is: (48) Hy is soos ‘n man wat by die bou van sy huis die grond diep uitgegrawe en die fondament op die rotsbodem gelê het. Toe daar ‘n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit hom nie beweeg nie, want die huis was goed gebou. (49) Maar as iemand luister en nie doen wat Ek sê nie, is hy soos ‘n man wat sy huis bo-op die grond gebou het sonder ‘n fondament. Toe die vloedwater dit tref, het dit dadelik ingestort, en daardie huis het een groot puinhoop geword.” Loading... |
Insident 73. Die Hoofman van Kapernaum. Julie 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die van Jesus se tuisdorp Kapernaum.
| Kommentaar | Mattheus | Lukas |
| Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 8:5-13 (5) Nadat Jesus in Kapernaum aangekom het, het ‘n offisier by Hom hulp kom vra (6) en gesê: “Here, my slaaf lê by my huis verlam en verduur baie pyn.” (7) En Jesus antwoord hom: “Ek sal hom kom gesond maak.” (8) Maar die offisier sê: “Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie. Sê maar net ‘n woord, en my slaaf sal gesond word. (9) Ek is ook ‘n mens wat onder gesag staan en ek het soldate onder my. Vir een sê ek: ‘Gaan daarheen!’ en hy gaan; en vir ‘n ander: ‘Kom!’ en hy kom; en vir my slaaf: ‘Doen dit!’ en hy doen dit.” (10) Jesus was verwonderd toe Hy dit hoor, en Hy sê vir die mense wat agter Hom aan gekom het: “Dit verseker Ek julle: Ek het nog by niemand in Israel so ‘n groot geloof teëgekom nie. (11) Ek sê vir julle: Baie sal van die ooste en die weste af kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel. (12) Maar mense vir wie die koninkryk bedoel is, sal in die diepste duisternis daarbuite gegooi word, waar hulle sal huil en op hulle tande sal kners.” (13) Jesus sê toe vir die offisier: “Gaan terug, en wat jy geglo het, sal gebeur.” En sy slaaf het op daardie oomblik gesond geword. Loading... | Luk 7:1-10 (1) Nadat Jesus die gehoor klaar toegespreek het, het Hy na Kapernaum toe gegaan. (2) ‘n Offisier daar het ‘n slaaf gehad wat vir hom baie werd was, en die slaaf was siek en het op sterwe gelê. (3) Die offisier het van Jesus gehoor, en stuur toe ‘n paar familiehoofde van die Jode na Hom toe om te vra dat Hy moet kom om sy slaaf gesond te maak. (4) Toe hulle by Jesus kom, het hulle ernstig by Hom daarop aangedring en gesê: “Hy is dit werd dat U dit vir hom doen, (5) want hy het ons volk lief en het op eie koste die sinagoge vir ons gebou.” (6) Jesus het toe saam met hulle gegaan. Toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die offisier ‘n paar van sy vriende om vir Hom te sê: “Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie. (7) Daarom het ek my ook nie waardig geag om self na U toe te gaan nie. Sê maar net ‘n woord, en my slaaf is gesond. (8) Ek is self ‘n man wat onder gesag gestel is en ek het soldate onder my. Vir een sê ek: ‘Gaan daarheen!’ en hy gaan; en vir ‘n ander: ‘Kom!’ en hy kom. Vir my slaaf sê ek: ‘Doen dit!’ en hy doen dit.” (9) Jesus was verwonderd toe Hy dit hoor. Hy draai toe om na die mense wat agter Hom aangekom het en sê: “Ek sê vir julle: In Israel het Ek nie so ‘n groot geloof teëgekom nie.” (10) En toe die mense wat gestuur was, weer by die huis kom, kry hulle die slaaf daar heeltemal gesond.Loading... |
Insident 74. Die seun van die weduwee van Nain. Julie 28 nC. Sien Kaart 10.1vir die ligging van Nain.
| Kommentaar | Lukas |
| Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Luk 7:11-17 (11) Kort daarna het Jesus na ‘n dorp met die naam Nain gegaan, (12) en sy dissipels en ‘n hele menigte mense is saam met Hom. Toe Hy naby die ingang van die dorp kom, word daar juis ‘n dooie uitgedra om begrawe te word. Hy was die enigste seun van sy ma, en sy was ‘n weduwee. Byna die hele dorp se mense was saam met haar. (13) Toe die Here haar sien, het Hy haar innig jammer gekry en vir haar gesê: “Moenie huil nie!” (14) Hy gaan toe nader en vat aan die baar. Die draers gaan staan toe, en Hy sê: “Jongman, Ek sê vir jou, staan op!” (15) Die dooie het regop gaan sit en begin praat. En Jesus het hom aan sy ma teruggegee. (16) Almal is met ontsag vervul en het God geprys deur te sê: “’n Groot profeet het onder ons opgestaan,” en “God het na sy volk omgesien.” (17) Die berig oor wat Hy gedoen het, het deur die hele Joodse land en die omliggende gebied versprei. Loading... |
Insident 75. Johannes die Doper stuur 2 dissipels na Jesus om te vra of Hy die een is wat sou kom. Augustus 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.
| Kommentaar | Mattheus | Lukas |
| Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 11:2-6 (2) Johannes het in die tronk gehoor wat Christus alles gedoen het, en het toe deur sy volgelinge ‘n boodskap aan Hom gestuur om te vra: (3) “Is U die Een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?” (4) Jesus antwoord hulle: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien: (5) Blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, en aan armes word die evangelie verkondig. (6) En gelukkig is elkeen wat nie aan My begin twyfel nie.” Loading... | Luk 7:18-23 (18) Die volgelinge van Johannes het hom van al hierdie dinge vertel. Hy laat toe twee van sy volgelinge roep (19) en stuur hulle na die Here toe om te vra: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?” (20) Toe die manne by Hom kom, sê hulle: “Johannes die Doper het ons na U toe gestuur om te vra: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?” (21) Op daardie oomblik het Jesus juis baie mense gesond gemaak van siektes en kwale en bose geeste, en baie blindes het Hy laat sien. (22) Sy antwoord aan die boodskappers was: “Gaan vertel vir Johannes wat julle gesien en gehoor het: blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig. (23) En gelukkig is die man wat nie aan My begin twyfel nie.”Loading... |
Insident 76. Jesus prys Johannes die Doper. Augustus 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.
| Kommentaar | Mattheus | Lukas |
| Mat en Luk skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 11:7-19 (7) Toe hulle weggaan, het Jesus met die mense oor Johannes begin praat en gesê: “Waarna het julle in die woestyn gaan kyk? Na ‘n riet wat deur die wind heen en weer gewaai word? (8) Nee? Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? ‘n Man met deftige klere aan? Nee, kyk, dié wat deftig aantrek, kry ‘n mens in koninklike paleise. (9) Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? ‘n Profeet? Ja, Ek verseker julle, nog meer as ‘n profeet. (10) Dit is hy van wie daar geskrywe staan: ‘Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit; hy sal die pad vir jou regmaak.’ (11) Dit verseker Ek julle: Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter is as Johannes die Doper nie, en tog is die geringste in die koninkryk van die hemel groter as hy. (12) Sedert die dae van Johannes die Doper tot nou toe breek die koninkryk van die hemel vir homself ‘n pad oop, en mense wat hulle kragtig inspan, kry dit in besit. (13) Al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer, (14) en as julle dit wil aanvaar: Johannes is die Elia wat sou kom. (15) Wie ore het, moet luister. (16) Waarmee moet Ek hierdie geslag vergelyk? Hulle is net soos kinders wat op die markpleine vir mekaar sit en roep: (17) ‘Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie! Ons het ‘n treurlied gesing, en julle het nie gehuil nie!’ (18) Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: ‘Hy is van die duiwel besete.’ (19) Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: ‘Kyk daar, ‘n vraat en ‘n wynsuiper, ‘n vriend van tollenaars en sondaars.’ Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit. Loading... | Luk 7:24-35 (24) Nadat die boodskappers van Johannes vertrek het, het Jesus met die mense oor Johannes begin praat en gesê: “Waarna het julle in die woestyn gaan kyk? Na ‘n riet wat deur die wind heen en weer gewaai word? (25) Nee? Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? ‘n Man met deftige klere aan? Nee, kyk, dié wat swierige klere dra en in weelde lewe, kry ‘n mens in koninklike paleise. (26) Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? ‘n Profeet? Ja, Ek verseker julle, nog meer as ‘n profeet. (27) Dit is hy van wie daar geskrywe staan: ‘Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit; hy sal die pad vir jou regmaak.’ (28) Ek sê vir julle: Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter as Johannes is nie, en tog is die geringste in die koninkryk van God groter as hy.” (29) Al die mense, ook die tollenaars, het na hom geluister en was aan die wil van God gehoorsaam. Hulle het hulle met die doop van Johannes laat doop. (30) Net die Fariseërs en die wetgeleerdes het die bedoeling van God verwerp en hulle nie deur Johannes laat doop nie. (31) Verder het Jesus gesê: “Waarmee sal Ek die mense van hierdie geslag vergelyk? Soos wie is hulle? (32) Hulle is net soos kinders wat op die markplein sit en vir mekaar roep: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie! Ons het ‘n treurlied gesing, en julle het nie gehuil nie! (33) Johannes die Doper het gekom en nie brood geëet of wyn gedrink nie, en julle sê: ‘Hy is van die duiwel besete.’ (34) Die Seun van die mens het gekom, geëet en gedrink, en julle sê: ‘Kyk daar, ‘n vraat en ‘n wynsuiper, ‘n vriend van tollenaars en sondaars.’ (35) Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.”Loading... |
Insident 77. Jesus vervloek 3 stede. Augustus 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Gorasin, Betsaida en Kapernaum.
| Kommentaar | Mattheus |
| Mat skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 11:20-24 (20) Toe het Jesus die dorpe waarin Hy die meeste van sy wonderdade gedoen het, begin verwyt omdat hulle hulle nie bekeer het nie: (21) Ellende wag vir jou, Gorasin! Ellende wag vir jou, Betsaida! As in Tirus en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hulle lankal in sak en as bekeer het. (22) Maar Ek sê vir julle: Vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeelsdag draagliker wees as vir julle. (23) En jy, Kapernaum, dink jy ‘jy sal tot die hemel toe verhoog word? Nee, jy sal tot in die doderyk afdaal.’ As in Sodom die wonderdade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy tot vandag toe nog bly staan het. (24) Maar Ek sê vir julle: Vir die land van Sodom sal dit in die oordeelsdag draagliker wees as vir jou. Loading... |
Insident 78. Die juk van Jesus. Augustus 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.
| Kommentaar | Mattheus |
| Mat skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 11:25-30 (25) Daardie tyd het Jesus gesê: Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. (26) Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling. (27) My Vader het alles aan My toevertrou, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; en ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun Hom wil bekend maak. (28) Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. (29) Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. (30) My juk is sag en my las is lig.” Loading... |
Insident [a]79[/a]. Jesus eet aandete met Simon die Fariseër en ‘n sondige vrou salf sy voete. Augustus 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.
| Kommentaar | Lukas |
| Luk skryf verder vanaf Insident 76. Sien Insident 198 vir ‘n ander geleentheid waar Maria Jesus se voete salf in Betanië in die huis van Martha 6 dae voor Jesus se begrafnis op 6 April 30 nC. Sien ook Insident 229 waar ‘n vrou Jesus se hoof salf in Simon die melaatse se huis in Betanië 2 dae voor Sy begrafnis.. Lukas 7:36-50 8 In hierdie episode word Jesus uitgebeeld as die Een wat God se genade en deernis tot uitdrukking bring. In 7:36-50 kry ons ’n voorbeeld van wat gebeur met mense wat God se verlossing aanvaar. Lukas teken die vrou as een met losse sedes. Daardeur word sy die teenoorgestelde van die vrome Fariseër Simon, die gasheer. Simon staan aan die bopunt van die sosiale leer terwyl die vrou aan die onderste punt staan. Die episode begin waar Jesus by die Fariseër Simon by die etenstafel aangelê het. Die derde hooffiguur in hierdie verhaal, die vrou van losse sedes, kom hierna op die toneel. Sy oorheers dan die toneel met wat sy doen. Haar teenwoordigheid in ’n eetkamer, waar net die mans gewoonlik geëet het, was eintlik ’n oortreding van goeie maniere in daardie tyd. Om haar hare in die teenwoordigheid van mans los te maak is as onbetaamlik beskou. Lukas teken haar doelbewus as ’n skaamtelose vrou. Die vrou stel haar geweldig bloot deur dit te waag in ’n vertrek wat net vir mans bedoel is. Sy is egter bereid om as indringer beskou te word ter wille van kontak met Jesus. Jesus laat haar toe om na Hom te kom en sy voete met haar trane te was en te liefkoos. Haar swak sosiale posisie het haar in ’n baie netelige situasie laat beland. Jesus ondersteun haar egter deur haar toe te laat om dit te doen. Sy huil en maak sy voete nat met haar trane. Dan droog sy dit met haar hare af en smeer aromatiese olie op sy voete. Simon reageer negatief deur Jesus in sy hart te verwyt dat Hy nie as profeet besef watter soort vrou dit is nie. Daardeur verwerp hy eintlik Jesus as profeet. Hieruit blyk dit dat sy houding teenoor Jesus reeds verhard het. As ware profeet weet Jesus egter dat die vrou losse sedes het. Hy laat toe dat sy Hom aanraak omdat dit juis hierdie soort mense is wat vir vergifnis in aanmerking kom, soos dit later blyk. Simon was nie gewillig om selfs die goedkoper olyfolie aan Jesus se kop (die belangrikste deel van die liggaam) te smeer nie. Die vrou het egter die duurder aromatiese olie aan Jesus se voete (die minder belangrike deel van die liggaam) gesmeer. Sy doen wat Simon as gasheer nagelaat het. Sodoende word sy eintlik die gasheer. Deur middel van ’n voorbeeldverhaal leer Jesus vir Simon wat op die spel is. Jesus gee te kenne dat liefde veroorsaak word deur skuldvergifnis (7:41-42). Dit is die vrou se besef dat haar sondes vergewe is wat maak dat sy so baie liefde bewys. Dit blyk uit die verklaring wat Jesus self in 7:47 gee. Alhoewel sy nie self haar nood uitgespel het nie, het Lukas genoem dat sy ’n vrou van losse sedes is (7:37), en dus vergifnis nodig het. | Luk 7:36-50 (36) Een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te kom eet. Hy het toe in die huis van die Fariseër ingegaan en aan tafel plek ingeneem. (37) ‘n Sekere vrou in die dorp, wat ‘n sondige lewe gelei het, het gehoor dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was. Sy bring toe ‘n albaste flessie met reukolie (38) en gaan staan agter Jesus by sy voete en huil, sodat haar trane op sy voete begin drup het. Daarna het sy Sy voete met haar hare afgedroog, hulle gesoen en met die reukolie gesalf. (39) Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: “Hy, as hy ‘n profeet was, sou tog geweet het wie en watter soort vrou dit is wat aan hom raak, dat sy ‘n sondares is.” (40) Maar Jesus spreek hom aan en sê: “Simon, Ek het iets om vir jou te sê.” “Meneer, sê dit maar!” antwoord hy. (41) Jesus sê toe: “Twee mense was in die skuld by ‘n geldskieter. Die een het vyf honderd rand geskuld en die ander een vyftig. (42) Omdat hulle niks gehad het om mee te betaal nie, het hy die skuld vir albei kwytgeskeld. Wie van hulle sal hom die meeste liefde bewys?” (43) Simon antwoord: “Ek veronderstel dié een vir wie hy die meeste kwytgeskeld het.” “Jou antwoord is heeltemal reg,” sê Jesus, (44) en Hy draai na die vrou toe om en sê verder vir Simon: “Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom – en jy, water vir my voete het jy My nie gegee nie, maar sy, met haar trane het sy my voete natgemaak en met haar hare het sy dit afgedroog. (45) ‘n Soen het jy My nie gegee nie, maar sy het vandat sy hier ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie. (46) My kop het jy nie eens met olie gesalf nie; sy het my voete met reukolie gesalf. (47) Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.” (48) En Jesus sê vir haar: “Jou sondes is vergewe.” (49) Toe begin dié wat saam aan tafel was, onder mekaar sê: “Wie is hierdie man dat hy selfs sondes vergewe?” (50) Maar Jesus sê vir die vrou: “Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.”Loading... |
Insident 80. Jesus deurkruis die land en verkondig die Goeie Nuus oor die heerskappy van God. September, Oktober en November 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir Palestina in die tyd van Jesus.
| Kommentaar | Lukas |
Luk 8:1 : “ In die tyd wat nou gevolg het, het Jesus die land deurkruis van die een stad en dorp na die ander…”Loading... Jesus het die land deurkruis. Dit moes lank geneem het. Die storm op die see was volgens Insident 88 in Desember. Dus moes hierdie verkondiging omtrent 3 maande geneem het. September, Oktober en November. Sien Kaart 10.1 vir Palestina in die tyd van Jesus. Lukas 8:1-3 8 In die eerste drie verse hoor ons dat Jesus die land deurkruis om God se boodskap te verkondig. Drie vroue wat Hom volg, word by die naam genoem. Vroue was van die begin af saam met die twaalf apostels* getuies van Jesus se optrede. In die verdere verloop van die verhaal hoor ons weer van hulle. Aan die einde van die verhaal tree hulle saam met die apostels op as getuies van Jesus se opstanding (23:49; 24:9-10). Maria Magdalena was afkomstig van die dorp Magdala, wat moontlik ’n vishawe langs die meer van Galilea was. Johanna, die vrou van Gusa, was getroud met ’n hoë amptenaar van Herodes Antipas, die heerser van Galilea. Hy was die sakebestuurder van Herodes. In daardie tyd was dit nie ongewoon vir vroue om ’n rabbi met geld en kos te onderhou nie. Om egter jou huis te verlaat en saam met ’n rabbi rond te trek was in stryd met wat in die Joodse samelewing van ’n vrou verwag is. Hulle optrede sou daarom as ’n skande. beskou word. Dit wys ons hoe Jesus die sosiale strukture van sy tyd deurbreek het. Hy het dit gedoen sonder om openlik daarteen te betoog. Deur sy boodskap en gesindheid het Hy mense se harte verander. Hierdie veranderde mense het weer die samelewing beïnvloed. Hierdie vroue is nie alleen liggaamlik gesond gemaak nie, maar is ook geestelik en sosiaal bevry. Daarom was hulle bereid om Hom te volg al sou hulle dan deur hulle samelewing veroordeel word. Net so bevry die Messias vandag nog elke persoon wat vanweë samelewingsgebruike gekniehalter word. Die Messias gee jou die durf om sy opdragte uit te voer, al laat dit wenkbroue lig. | Luk 8:1-3 (1) In die tyd wat nou gevolg het, het Jesus die land deurkruis van die een stad en dorp na die ander. Oral het Hy gepreek en die evangelie van die Koninkryk van God verkondig. Die twaalf was saam met Hom (2) en daarby ‘n aantal vroue wat van bose geeste en siektes genees was. Daar was Maria, bekend as Magdalena, uit wie sewe bose geeste uitgegaan het, (3) en Johanna die vrou van Gusa, ‘n hoë amptenaar van Herodes, en Susanna en baie ander. Hierdie vroue het uit eie middele vir Jesus en die twaalf gesorg.Loading... |
Insident [a]81[/a]. Jesus bestraf die Fariseërs. Sonde teen die Heilige Gees. ‘n Boom word aan sy vrugte geken. Desember 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.
| Kommentaar | Mattheus | Markus |
| Markus skryf hier verder vanaf insident 61. Sien insident 88 vir datum berekening. Mar 3:20 a Daarna het Jesus huis toe gegaan….. Jesus het in Kapernaum gebly. Sien Insident 146 waar Jesus op sy laaste reis na Judea was. Lukas het ook godslastering beskryf, Lukas 11:14-26. Jesus word beskuldig dat Hy met die Satan saamwerk 8 Matteus 12:22-37 Wie van ons het nie al gewonder of ons die sonde teen die Heilige Gees begaan het nie? Hierdie gedeelte uit Matteus handel onder andere daaroor. Drie houdings teenoor Jesus word hier sigbaar: halfhartig vir, heelhartig teen en heelhartig vir Hom. Eers die halfhartige houding. ’n Man wat blind en stom is, word na Jesus toe gebring (12:22). Om blind én stom te wees is as ’n besonder ernstige gebrek beskou. Geen wonder dat gesê word die man was in die mag van ’n duiwelse gees nie (12:22). In die antieke tyd is ernstige siektetoestande dikwels aan demoon besetenheid toegeskryf. Dit is interessant dat Jesus nie die duiwelse gees uitdryf nie; Hy genees die man van sy gebrek. Die genesing word egter as geesuitdrywing beleef, gesien vanuit die reaksie van die Fariseërs (12:24). Die mense is verstom oor die wonder (vgl. 9:33). Dit laat hulle vra: Is Hy nie dalk tog die Seun van Dawid nie? (12:23). Hierin lê daar iets van ’n erkenning van wie Jesus werklik is – die Messias – maar dit is nog geen navolging van Hom nie. Dit bly nog by ’n versigtige, halfhartige opsie. Soos egter uit die res van die gebeure blyk, is so ’n houding nie genoeg nie. Teenoor die halfhartige “ja?” van die mense, is daar die heelhartige “nee!” van die Fariseërs. Dis so erg dat hulle hulle totaal te buite gaan en hulle daarmee buite die genade van God plaas. Hulle beskuldig Jesus naamlik daarvan dat Hy swart toorkuns beoefen, dat Hy sy wonders – ook geesuitdrywing – met behulp van die baasduiwel, Beëlsebul, doen (12:24). Hoe belaglik dié aanklag is, word duidelik uit Jesus se verweer. Sy antwoord bestaan uit twee dele: ’n logiese een en een wat meer as logika vereis, wat geloof vra. Eers die logiese (wat ook uit twee dele bestaan): As Beëlsebul sy krag tot beskikking stel om sy onderdane, die duiwelse geeste, uit mense te dryf, sal hy kort voor lank geen koninkryk meer hê nie (12:26). En wat van die Fariseërs se eie leerlinge wat ook bose geeste uitdryf? (Vgl. 7:22; Loading... Mark 9:38 ; Hand 19:13.) Dan veroordeel die Fariseërs mos eintlik hulleself (12:27). Maar dan kom Jesus by sy eintlike antwoord. Hoe logies sy vorige antwoorde ook al was, dit sou beslis nie die Fariseërs oortuig het om sy volgelinge te word nie. Dit vra iets meer. Jy moet in geloof kan raaksien dat in Jesus se geesuitdrywing die Gees van God werksaam is en dat die koningsheerskappy van God naby gekom het (vgl. ook Jesus se “intreepreek”, 4:17). Daarmee betoon Jesus Homself as die Een wat sterker is. Hy kan die sterk man, Satan, vasbind. (Ons het hier waarskynlik met ’n toespeling op Jesaja 49:24-25 te doen.) Eers wanneer jy heelhartig die keuse vir Jesus gemaak het, Hom nie net sién as die Christus nie, maar ook met oorgawe vólg, is jy aan sy kant (12:30). Halfhartigheid is nie genoeg nie. Jesus eis volle lojaliteit op. Nou volg die uitspraak van Jesus oor die sonde teen die Heilige Gees. Die saak waaroor dit gaan, staan nou duidelik uit. Dit gaan oor teenstanders van Jesus wat lasterlike dinge aan Hom toeskryf, soos dat Hy nie met God se Gees nie, maar met ’n bose gees vervul is. Wanneer Jesus volgens Matteus sê dat iemand wat so praat, nooit vergewe kan word nie, nie in hierdie wêreld nie en ook nie in die toekomstige een nie (12:32), sluit Hy by bekende Joodse opvattings van die tyd aan wat sekere sondes as onvergeeflik beskou het, onder andere om God te laster. Hoe deur en deur sleg die Fariseërs inderdaad is, word beskryf aan die hand van die beelde in 12:33-37. Aan hulle vrugte (die dinge wat hulle sê) word hulle inherente boosheid kenbaar. Omdat hulle van binne onherroeplik sleg is, kan hulle slegs lasterlike dinge na vore bring. Hulle eie woorde sal daarom hulle veroordeling op die oordeelsdag wees (12:37). Die sonde of lastering teen die Heilige Gees is dus volgens hierdie gedeelte nie ’n sonde wat deur gelowiges begaan word nie (ander gedeeltes, soos Heb 6:4-6, kan wel daarop dui; kyk daar vir verdere verduideliking). Dit gaan oor teenstanders van die evangelie van Christus wat doelbewus, teen hulle beterwete in, uit die boosheid van hulle hart weier om God se reddingsdade as sy werk te erken, maar dit aan die duiwel toeskryf. Wat maak ons vandag met hierdie uitsprake? Eerstens mag die Christengelowige wat Christus heelhartig dien, hom of haar nie vanuit hierdie gedeelte kwel met die gedagte dat hulle dalk die onvergeeflike sonde teen die Heilige Gees begaan het nie. Maar tweedens moet ons daarteen waak om dit as ’n wapen te gebruik – soos deur die eeue inderdaad gedoen is – om ander wat Jesus openlik verwerp (bv die Jode) tot die ewige verdoemenis te veroordeel. Hierdie gedeelte kanselleer nie God se onpeilbare liefde en genade vir en geduld met mense nie, en dit gee aan niemand die reg om self te besluit wie vir ewig verlore is en wie nie, selfs al is mense oënskynlik teenstanders van Jesus. Menige mens wat as verlore afgeskryf is, het God gevind. Hiervan is die verhaal van die verlore seun en die moordenaar aan die kruis ’n blywende herinnering. Heb 6:4-6 (4)Wanneer mense een keer deur God verlig is, die hemelse gawe ontvang en deel gekry het aan die Heilige Gees, (5) die goeie woord van God leer ken het en die kragte van die toekomstige wêreld ondervind het (6) en dan nogtans afvallig geword het, is dit onmoontlik om hulle weer tot bekering te bring. In hulleself kruisig hulle immers weer die Seun van God en maak hulle Hom in die openbaar tot ‘n bespotting. Julle moet geestelik volwasse word en volhou 8 Hebreërs 5:11 – 6:12. Die skrywer van Hebreërs huiwer ook nie om die ergste moontlike scenario te skets nie. Gebrek aan geloofsgroei kan uiteindelik veroorsaak dat mense hulle rug op God draai, Jesus as Verlosser verwerp en Hom openlik bespot (6:4-6). Die skade kan dan onherstelbaar groot wees. Dit kan onmoontlik wees om sulke mense weer tot ware inkeer te bring, met die skrikwekkende gevolg dat hulle verlore gaan! In hierdie gedeelte van die Hebreërspreek moedig die skrywer gelowiges baie sterk aan om hulle geestelike lewe deeglik in oënskou te neem. Ons moet geestelik bestek opneem! Op watter peil is ons geloofslewe? Hoe sal ons weet of die nodige groei daar is en of ons nie besig is om in die geloof agteruit te gaan en ons rug op God te draai nie? ’n Eenvoudige voorbeeld uit die natuur bied die antwoord: Landbougrond wat God se seën belewe, lewer ’n goeie oes (6:7). Met gelowiges moet dit nie anders wees nie. Is daar goeie vrugte in jou lewe? Vrugte van bekering? Vrugte tot eer van God en tot voordeel van jou naaste? ’n Boom word aan sy vrugte uitgeken (Loading... Matt 7:15-20 ). ’n Volwasse boom lewer baie vrugte op (Loading... Joh 15:8 ).Loading... | Mat 12:22-37 (22) Hulle het toe ‘n man wat in die mag van ‘n bose gees was, na Jesus toe gebring. Die man was blind en stom. Jesus het sy gebrek genees, sodat hy weer kon praat en sien. (23) En die hele menigte mense was verslae en het gesê: “Is Hy nie miskien die Seun van Dawid nie?” (24) Die Fariseërs het hiervan gehoor en gesê: “Hy dryf bose geeste uit alleen met die hulp van Beëlsebul, die aanvoerder van die bose geeste.” (25) Jesus het egter geweet wat hulle dink, en Hy het vir hulle gesê: “Elke koninkryk wat onderling verdeeld is, gaan te gronde, en geen stad of huis wat onderling verdeeld is, sal bly staan nie. (26) As die Satan dan die Satan uitdryf, is hy teen homself verdeeld; hoe kan sy ryk dan bly staan? (27) En as Ek met Beëlsebul se hulp die bose geeste uitdryf, met wie se hulp doen julle volgelinge dit dan? Julle eie volgelinge sal as julle regters optree en wys dat julle verkeerd is. (28) Aangesien Ek deur die Gees van God die bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom. (29) Hoe kan iemand tog by die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed vat as hy nie vooraf die sterk man vasbind nie? Eers dan sal hy sy huis kan beroof. (30) Wie nie aan my kant is nie, is teen My; en wie nie saam met My die skape bymekaarmaak nie, jaag hulle uitmekaar. (31) Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering kan die mense vergewe word, maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie. (32) As iemand iets teen die Seun van die mens sê, kan dit hom vergewe word; maar as iemand iets teen die Heilige Gees sê, kan dit hom nie vergewe word nie, nie in hierdie bedeling nie en ook nie in die toekomstige nie. “n Boom word aan sy vrugte geken (33) As julle sê ‘n boom is goed, moet julle ook sê sy vrugte is goed; en as julle sê hy is sleg, moet julle ook sê sy vrugte is sleg. ‘n Boom word tog aan sy vrugte geken. (34) Julle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds sê? Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. (35) Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart; die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge in sy hart. (36) Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag. (37) Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word.”Loading... | Mar 3:20-30 (20) Daarna het Jesus huis toe gegaan. ‘n Menigte mense het weer saamgedrom, sodat daar selfs nie geleentheid was om ‘n stukkie te eet nie. (21) Toe sy familie hiervan hoor, het hulle gegaan om Hom te gaan haal, want hulle het gesê: “Hy het van sy kop af geraak.” (22) Die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: “Hy is van Beëlsebul besete!” en “Dit is met die hulp van die aanvoerder van die bose geeste dat hy bose geeste uitdrywe.” (23) Jesus het hulle nader geroep en hulle met voorbeelde geantwoord: “Hoe kan die Satan die Satan uitdrywe? (24) As ‘n koninkryk onderling verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie; (25) en as ‘n huisgesin onderling verdeeld is, sal daardie huisgesin nie kan bly staan nie. (26) As die Satan teen homself in opstand kom en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar is dit sy einde. (27) Bowendien kan niemand in ‘n sterk man se huis ingaan en sy goed vat as hy nie vooraf die sterk man vasbind nie. Eers dan sal hy sy huis kan beroof. (28) Dit verseker Ek julle: Alles sal die mense vergewe kan word, al die sondige lastertaal wat hulle praat. (29) Wie egter teen die Heilige Gees laster, word tot in ewigheid nie vergewe nie maar bly ewig skuldig aan die sonde.” (30) Dit het Hy gesê omdat hulle gesê het: “Hy is van ‘n onrein gees besete.”Loading... |
Insident [a]82[/a]. Die teken van Jona. Desember 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.
| Kommentaar | Mattheus |
| Mat skryf verder vanaf die vorige insident. Jesus gee die teken van Jona die eerste keer in hierdie Insident (82). Die Fariseërs en Saduseërs het later weer vir Jesus ‘n wonderteken gevra volgens Insident 113. Hy het toe die teken van Jona vir die tweede keer herhaal. Jesus het die teken van Jona die derde keer herhaal op Sy laaste reis na Judea toe die skare baie opgewonde begin raak het. Sien Insident 148.. Jona dien as ’n wonderteken om te bewys dat Jesus van God af kom Matteus 12:38-45 8 Hierdie gedeelte sluit ten nouste by 12:22-37 aan. Dit handel oor die identiteit van Jesus, oor die ongeloof van die Joodse geestelike leiers en oor die erns waarmee hulle ongeloof veroordeel word. Die skrifkenners en Fariseërs vra van Jesus ’n wonderteken. Die agtergrond hiervan lê in die Ou Testament waar die profete dikwels met wondertekens die egtheid van hulle optrede aan Israel moes bevestig (vgl. bv 1 Kon 13:3, 5). So dwing die Joodse leiers nou van Jesus ’n bewys af dat Hy waarlik die Messias is. Hierop gee Jesus ’n drieledige antwoord wat op ’n subtiele wyse sy identiteit as die ware Messias bevestig, maar ook ’n oordeel oor die Joodse leiers uitspreek vir hulle ongeloof. By elke deel van die antwoord word na die leiers as die (slegte) mense van vandag verwys (12:41-42, 45). Dit slaan terug op 12:39 se slegte en goddelose mense. Goddelose is in die Grieks eintlik “owerspelige”, en word in die Ou Testament gebruik om na die afvalligheid van die Israeliete te verwys (Hos. 3:1). Nou word dit deur Jesus op die Jode van sy tyd toegepas. Hulle vra ’n wonderteken? Hulle sal een kry: die teken van Jona. Die ooreenkoms tussen Jesus en Jona lê op twee vlakke: Albei word na drie dae van die dood gered – Jona uit die maag van die vis en Jesus uit die “maag” van die aarde. Verder: Albei bring ’n kragtige boodskap van bekering, en ten spyte daarvan dat Jesus groter as Jona is, bekeer die Jode hulle nie op sy prediking nie. Daarom sal Nineve op die oordeelsdag teen hulle getuig (12:41). Die tweede teken is dié van die koningin van Skeba. Sy het ver gekom om na Salomo se wysheid te luister. En nou is die Wysheid sélf hier, maar die Jode steur hulle nie aan sy woorde nie. ’n Derde “teken” is die verhaaltjie oor die huis waarheen die onrein geeste terugkeer (12:43-45). Dit verwys subtiel na die geesuitdrywing van die Jode (12:27). Die Jode het ook ’n geestelike bediening. Maar omdat hulle net oppervlakkig werk, is daar geen verweer nie en herower die bose gou sy vorige woonplek (12:45). Daarteenoor, wanneer Jesus onrein geeste uitdryf, word die huis nie net skoongemaak nie, maar trek Iemand permanent in. Daarom hou sy werk stand. Wie met ’n geloofsoog na Jesus kyk, het niks meer nodig as die getuienis van sy leë graf en die tekens van redding in sy of haar eie lewe nie. Dis genoeg bewyse dat Jesus leef en regeer. ’n Sug na allerlei manifestasies van Jesus se teenwoordigheid kan juis op ongeloof dui. | Mat 12:38-45 (38) Party van die skrifgeleerdes en die Fariseërs sê toe vir Hom: “Meneer, ons wil ‘n wonderteken van u sien.” (39) Maar Hy antwoord hulle: “’n Slegte en afvallige geslag vra ‘n teken, en geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. (40) Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van ‘n groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees. (41) Die mense van Nineve sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Hulle het hulle immers op die prediking van Jona bekeer. En hier staan Een wat groter is as Jona! (42) Die koningin van die Suide sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Sy het immers van die uithoeke van die aarde af gekom om na die wysheid van Salomo te luister. En hier staan Een wat groter is as Salomo!” (43) “Wanneer ‘n onrein gees uit ‘n mens weggaan, swerf hy deur dor streke op soek na ‘n rusplek. As hy dit nie kry nie, (44) sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis waaruit ek weggegaan het.’ Hy kom dan terug en kry dit onbewoon, skoon en aan die kant. (45) Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek saam met hom in en gaan woon daar. Aan die einde is so ‘n mens slegter daaraan toe as aan die begin. So sal dit ook gaan met die slegte mense van vandag.”Loading... |
Insident 83. Jesus se familie wil met Hom praat. Desember 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.
| Kommentaar | Mattheus | Markus | Lukas |
| Mat skryf verder vanaf die vorige insident. Mat 12:46 Terwyl Jesus nog besig was om met die mense te praat, het sy moeder en broers buite gestaan, en hulle wou met Hom praat. Jesus se ware familie is hulle wat aan God gehoorsaam is Markus 3:31-35 8 In hierdie gedeelte wil Markus die hegte gebondenheid tussen Jesus se volgelinge aantoon. Hy het reeds vertel in Loading... Mar 3:20-21 : (20) Daarna het Jesus huis toe gegaan. ‘n Menigte mense het weer saamgedrom, sodat daar selfs nie geleentheid was om ‘n stukkie te eet nie. (21) Toe sy familie hiervan hoor, het hulle gegaan om Hom te gaan haal, want hulle het gesê: “Hy het van sy kop af geraak.” hoe Jesus se eie bloedfamilie gedink het dat Hy van sy wysie af geraak het. (Vgl. ook die meer volledige bespreking by 6:1-6.) Gevolglik het hulle besluit om Hom te gaan haal. Nou gaan die verhaal voort. Dit is nie toevallig dat Markus melding maak van die feit dat sy gesinslede buite bly staan terwyl die ander mense rondom Jesus gesit het nie. Hierdie onderskeid is een van die maniere wat Markus in sy Evangelie gebruik om Jesus se opponente van sy volgelinge te onderskei. Op hierdie stadium is Jesus se eie gesinslede nog opponente. (Dit het later verander. Ons weet bv dat sy broer Jakobus ’n baie groot rol in die Christelike kerk gespeel het. Vgl. Gal 2:9.) Teen dié agtergrond is 3:34-35 dus ’n aanduiding dat Jesus sy gesinslede vir ’n ander, nuwe gesin verruil het. Nou is dit nie meer bloedverwantskap wat die deurslag gee nie. Wat saak maak, is of mense aan God gehoorsaam is. In hierdie situasie het mense gewys dat hulle aan God gehoorsaam is deur vir Jesus te volg. (Vgl. ook 10:29-31.) Op grond van dié gedeelte kan ons dus sê dat die kerk heeltemal verskil van iets soos ’n sportklub of ’n politieke party. Die kerk is ’n hegte gesin van mense wat God gehoorsaam en Jesus volg. Soms (soos dit waarskynlik met baie van Markus se lesers gebeur het) beteken dit selfs dat mense bereid moet wees om deur hulle eie gesinslede verwerp te word wanneer hulle Jesus begin volg. Gelukkig is dit nie altyd nodig nie. Verwerping deur ’n mens se eie gesin is nie ’n voorwaarde om Jesus te volg nie. In sommige gevalle is dit wel die gevolg van ’n mens se besluit om Jesus te volg.Loading... | Mat 12:46-50 (46) Terwyl Jesus nog besig was om met die mense te praat, het sy moeder en broers buite gestaan, en hulle wou met Hom praat. (47) Iemand sê toe vir Hom: “U moeder en u broers staan daar buite en wil met U praat.” (48) Maar Hy sê vir die man wat dit vir Hom gesê het: “Wie is my moeder, en wie is my broers?” (49) Toe wys Hy met sy hand na sy dissipels en sê: (50) “Daar is my moeder en my broers! Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, dié is my broer en my suster en my moeder.” Loading... | Mar 3:31-35 (31) Sy moeder en sy broers het toe gekom. Hulle het buite bly staan en ‘n boodskap na Hom toe gestuur om Hom te roep. (32) ‘n Menigte mense het rondom Hom gesit. Hulle sê toe vir Hom: “Kyk, u moeder en u broers en u susters daar buite soek U.” (33) Maar Hy sê vir hulle: “Wie is my moeder en my broers?” (34) Hy het die mense aangekyk wat in ‘n kring om Hom sit en gesê: “Hier is my moeder en my broers! (35) Elkeen wat die wil van God doen, is my broer en my suster en my moeder.”Loading... | Luk 8:19-21 (19) Die moeder en die broers van Jesus het na Hom toe gekom, maar vanweë die gedrang kon hulle nie tot by Hom kom nie. (20) Iemand sê toe vir Hom: “U moeder en u broers staan buite en wil met U praat.” (21) Maar Jesus sê: “My moeder en my broers is dié wat na die woord van God luister en daarvolgens handel.”Loading... |
Insident [a]84[/a]. Gelykenisse van die saaier, die doel van gelykenisse, onkruid, mosterdsaad, lamp en suurdeeg, vertel by die See van Galilea. Desember 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van die See van Galilea.
| Kommentaar | Mattheus 13:1-35 | Markus 14:1-34 | Lukas 8:4-18 |
| Mat skryf verder vanaf die vorige insident. Jesus het die gelykenis van die lamp in Mat 5:13-16 herhaal, sien Insident 64 en Lukas 11:35, Insident 149. Hy het ook die gelykenisse van die mosterdsaad en suurdeeg herhaal. Sien Insident 162. Moenie die klein dingetjies verag nie: Die voorbeeld van die mosterdsaad en die suurdeeg Matteus 13:31-35 8 Ons behandel 13:24-30 (die gelykenis van die onkruid tussen die koring) as ’n eenheid saam met sy verklaring by 13:36-43. Soos die gelykenis in 13:24-30, is die gelykenisse van die mosterdsaadjie en die suurdeeg ook bedoel om iets van die geheim van God se koningsheerskappy op aarde te verduidelik. En is dit nie totaal anders as wat die Jode destyds – én ons vandag! – hulle dit voorgestel het nie. In die Joodse gemoed was die gedagte van heerlikheid en grootsheid diep ingegraveer as daar aan die koningsheerskappy van God gedink word. Omdat dit so verweef was met hulle belewing en verwagtings omtrent die koninkryk van Israel, is Israel se ryk dikwels in glorieryke taal besing terwyl God se ryk terselfdertyd in die gedagte was. In Esegiël 17:22-24 word die toekomstige heerlikheid van Israel na die ballingskap byvoorbeeld vergelyk met die trotse seder wat aan al die voëls (nasies) skadu gee. Vergelyk ook die dissipels se vraag aan Jesus na sy opstanding of Hy nou vir Israel ’n onafhanklike volk met sy eie koning gaan maak (Hand 1:6). Die koninkryk van Israel en die koningsheerskappy van God val vir hulle prakties saam. Daarom is dit so ’n groot verrassing wanneer Jesus die koningsheerskappy van God met ’n mosterdsaadjie vergelyk. Dit slaan op Jesus se werke – sy prediking en wonderdade. Dit mag nie geringgeskat word nie. Dit begin klein, maar die uiteinde daarvan omspan die hele wêreld. Selfs die voëls (die heidennasies) vind daar skuiling. Die suurdeeg druk weer die gedagte van onsigbaarheid uit. Soos die deeg onsigbaar werk, maar uiteindelik alles deursuur, so is die koningsheerskappy van God. Dis ’n stille krag wat nie gestuit kan word nie. En ons as gelowiges deel ook hierin. Ons word as’t ware met die wêreld gemeng sodat die effek daarvan almal kan raak. Dink ook aan die beeld van die dissipels as die sout vir die aarde (5:13). Hierdie twee kort gelykenisse wil waarsku en bemoedig. Dit waarsku teen triomfantisme: net omdat God almagtig is; daarom moet die vestiging van sy koningsheerskappy dramaties plaasvind. Die teendeel is eerder waar; nog meer, dit kom nie sonder lyding en ontbering nie. Maar die gelykenisse wil ook bemoedig: die oorwinning is verseker. Uiteindelik sal dit waarvoor ons nou ly, die enigste werklikheid wees. En omdat hierdie dinge so teen die grein van mense ingaan, klink die gelykenisse wat veronderstel is om draers van die boodskap van God se koningsheerskappy te wees, vir hulle bra raaiselagtig (13:34). Jesus lê vir hulle die geheime van God se koningsheerskappy uit (13:35), maar hulle verstaan niks. Laat ons eerlik wees – dit bly steeds moeilik om te verstaan. Waarom kóm die koningsheerskappy van God nie finaal en kry klaar nie? Wat is die oponthoud? Baie vervies hulle oor hierdie geheim en raak met iets anders, “beters”, besig. Soos Demas, wat verlief geraak het op die dinge van hierdie lewe (2 Tim 4:10). Wie egter, soos die dissipels, die genade ontvang het om Jesus se woorde ernstig op te neem en daarvolgens te handel, ontvang nie net hier die gemeenskap met Christus en met die ander gelowiges nie, maar uiteindelik die ewige lewe in sy volheid (19:27-29). Loading... | Mat 13:1-9 Gelykenis van die saaier (1) Dieselfde dag het Jesus van die huis af gegaan en by die see gaan sit. (2) ‘n Groot menigte het so om Hom saamgedrom dat Hy in ‘n skuit geklim en daarin gaan sit het, maar die mense het almal op die strand bly staan. (3) Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “’n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het ‘n deel van die saad op die pad geval, en (4) die voëls het gekom en dit opgepik. (5) ‘n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. (6) Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. (7) ‘n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik. (8) Die ander saad het in goeie grond geval en ‘n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig. (9) Wie ore het, moet luister!” Loading... Mat 13:10-17 Die doel van die gelykenisse (10) Die dissipels het vir Jesus kom vra: “Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?” (11) Hy het hulle geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. (12) Wie het, vir hom sal nog meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar wie nie het nie, van hom sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. (13) Om hierdie rede praat Ek met hulle in gelykenisse: omdat hulle kyk maar nie sien nie, en hoor maar nie luister en verstaan nie. (14) In hulle geval word die profesie van Jesaja vervul wat sê: ‘Julle sal hoor en hoor en tog niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie. (15) Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hoor en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer, en Ek hulle gesond maak nie.’ (16) Maar julle oë is bevoorreg dat hulle sien, en julle ore dat hulle hoor. (17) Dit verseker Ek julle: Baie profete en gelowiges wou graag sien wat julle sien, maar het dit nie gesien nie, en wou graag hoor wat julle hoor, maar het dit nie gehoor nie. Loading... Mat 13:18-23 Die betekenis van die gelykenis van die saaier (18) Luister julle dan na wat die gelykenis van die saaier beteken: (19) Die Bose kom by elkeen wat die woord van die koninkryk hoor maar dit nie verstaan nie, en vat dan weg wat in sy hart gesaai is. Dit is hy by wie daar op die pad gesaai is. (20) Die man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. (21) Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. (22) Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug. (23) Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer ‘n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.” Loading... Mat 13:24-30 Gelykenis van die onkruid (24) Hy het nog ‘n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel kan vergelyk word met ‘n man wat goeie saad op sy land gesaai het. (25) Een nag, toe die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid tussen die koring gesaai en verdwyn. (26) Toe die groen koring opskiet en in die aar begin kom, het die onkruid ook sigbaar geword. (27) Die slawe van die boer kom sê toe vir hom: ‘Meneer, het u nie goeie saad op u land gesaai nie? Waar kom die onkruid dan vandaan?’ (28) Hy antwoord hulle: ‘Dit is ‘n vyand se werk.’ Die slawe sê toe vir hom: ‘Wil u hê ons moet dit gaan uittrek?’ (29) ‘Nee,’ sê hy, ‘as julle die onkruid nou bymekaarmaak, sal julle die koring saam uittrek. (30) Laat altwee saam groei tot met die oes. In die oestyd sal ek vir dié wat oes, sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring na my skuur toe.’ ” Loading... Mat 13:31-33 Gelykenisse van die mosterdsaad en suurdeeg Hy het nog ‘n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel is soos ‘n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. (32) Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit ‘n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.” (33) Hy het hulle nog ‘n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat ‘n vrou gevat en in ‘n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.” Loading... Mat 13:34-35 Profesie oor gelykenisse (34) Al hierdie dinge het Jesus vir die mense in gelykenisse geleer, en sonder ‘n gelykenis het Hy hulle niks geleer nie. (35) So moes vervul word wat die Here deur ‘n profeet gesê het: “Ek sal gelykenisse gebruik as Ek praat; Ek sal bekend maak wat geheim gebly het van die skepping af.”Loading... | Mar 4:1-9 Gelykenis van die saaier (1) Jesus het weer die mense langs die see begin leer. ‘n Baie groot menigte het by Hom saamgedrom, sodat Hy op die see in ‘n skuit gaan sit het. Die hele menigte was langs die see op die strand. (2) Hy het hulle baie deur gelykenisse geleer. So het Hy onder andere gesê terwyl Hy hulle leer: (3) “Luister hier! ‘n Saaier het eendag gaan saai. (4) Met die saai het ‘n deel van die saad op die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgepik. (5) ‘n Ander deel daarvan het op ‘n klipbank geval, waar daar nie baie grond was nie. Dit het gou opgekom, omdat die grond nie diep was nie. (6) Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. (7) ‘n Ander deel het tussen die onkruid geval. Die onkruid het opgekom en dit laat verstik, en dit het nie saad geskiet nie. (8) Die ander saad het in goeie grond geval, en dit het opgekom, gegroei en ‘n oes gelewer. Party het dertigvoudig gedra, ander sestig- en nog ander honderdvoudig.” (9) Verder het Hy gesê: “Wie ore het en kan hoor, moet luister!” Loading... Mar 4:10-20 Die doel van die gelykenisse (10) Toe hulle alleen was, het die mense wat saam met die twaalf by Hom was, Hom oor die gelykenisse uitgevra, (11) en Hy het vir hulle gesê: “Aan julle is die insig in die geheim van die koninkryk van God gegee; maar vir dié wat daarbuite is, bly alles net by gelykenisse, (12) sodat hulle kyk en kyk en tog nie sien nie, en hoor en hoor en tog nie verstaan nie, dat hulle hulle nie miskien bekeer en vergewe word nie.” (13) Hy sê toe vir hulle: “Julle begryp nie eens hierdie gelykenis nie. Hoe sal julle dan al die ander gelykenisse kan verstaan? (14) Die saaier saai die woord. (15) Daar is mense by wie daar soos op ‘n pad gesaai word: sodra hulle die woord hoor, kom die Satan en vat die woord weg wat in hulle gesaai is. (16) Daar is mense by wie daar soos op klipbanke gesaai word: sodra hulle die woord hoor, neem hulle dit met blydskap aan. (17) Hulle laat dit egter nie in hulle wortel skiet nie en hou nie lank uit nie. As hulle daarna ter wille van die woord verdruk of vervolg word, word hulle gou afvallig. (18) Daar is mense by wie daar soos tussen die onkruid gesaai word. Dit is hulle wat die woord hoor, (19) maar die sorge van die lewe en die verleiding van rykdom en die begeertes na allerhande ander dinge kom op en verstik die woord, en dit bly sonder vrug. (20) Dan is daar die mense by wie daar soos op goeie grond gesaai is, wat die woord hoor en aanvaar en vrug voortbring, party dertig-, party sestig- en party honderdvoudig.” Loading... Mar 4:21 :25 ‘n Lamp onder ‘n bed (21) Hy het vir hulle gesê: “’n Lamp kom mos nie onder ‘n emmer of onder ‘n bed nie? Is dit nie bedoel om op ‘n staander gesit te word nie? (22) Daar is geen geheim nie, of dit moet openbaar gemaak word; en daar word niks geheim gehou nie, of dit moet aan die lig kom. (23) As iemand ore het en kan hoor, moet hy luister!” (24) Hy het ook vir hulle gesê: “Gee aandag aan wat julle hoor! Want met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word en daar sal vir julle nog toegevoeg word. (25) Wie het, vir hom sal daar nog meer gegee word; en wie nie het nie, van hom sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.” Loading... Mar 4:26-29 Gelykenis van die saad wat groei (26) Verder het Hy gesê: “Met die koninkryk van God gaan dit só: Iemand saai die saad op die land (27) en gaan slaap en staan op, dag na dag, en die saad ontkiem en groei – hóé weet hy self nie. (28) Vanself bring die aarde die graan voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die vol koringaar. (29) En wanneer die graan ryp is, steek hy dadelik die sekel in, omdat die oestyd daar is.” Loading... Mar 4:30-34 Die gelykenis van die mosterdsaadjie (30) Hy het ook gesê: “Hoe sal ons die koninkryk van God voorstel, of met watter gelykenis sal ons dit uitbeeld? (31) Dit is soos ‘n mosterdsaadjie. Wanneer dit in die land geplant word, is dit die kleinste van al die soorte saad daar in die land. (32) Maar as dit eenmaal geplant is, kom dit op en word dit groter as al die tuinplante. Dit kry sulke groot takke dat die voëls in sy skaduwee kom nes maak.” (33) Deur baie sulke gelykenisse het Jesus met die mense oor sy boodskap gepraat, vir sover hulle dit kon verstaan. (34) Sonder ‘n gelykenis het Hy nie met hulle gepraat nie, maar wanneer Hy met sy dissipels alleen was, het Hy vir hulle alles uitgelê.Loading... | Luk 8:4-8 Gelykenis van die saaier (4) Uit die verskillende dorpe het aanhoudend mense na Jesus toe gestroom, en toe ‘n groot menigte saamgekom het, het Hy vir hulle ‘n gelykenis vertel: (5) “’n Saaier het uitgegaan om saad te saai. Met die saai het ‘n deel op die pad geval, en dit is vertrap en die voëls het dit opgepik. (6) ‘n Ander deel het op ‘n klipbank geval, en nadat dit opgekom het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie. (7) Nog ‘n ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het daarmee saam gegroei en dit laat verstik. (8) Daar was ook ‘n deel wat in goeie grond geval het, en dit het opgekom en ‘n honderdvoudige oes gelewer.” Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: “Wie ore het en kan hoor, moet luister!” Loading... Luk 8:9-15 Die doel van die gelykenisse (9) Sy dissipels het Hom gevra wat die betekenis van hierdie gelykenis is. (10) Hy het geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van God te ken, maar vir die ander bly dit by gelykenisse sodat hulle kyk sonder om te sien en hoor sonder om te verstaan. (11) Die betekenis van die gelykenis is dit: Die saad is die woord van God. (12) Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie. (13) Dié wat op die klipbank val, dui op hulle wat die woord met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor, maar dit skiet nie wortel nie. Hulle geloof hou net ‘n tydjie. Die oomblik dat dit op die proef gestel word, gee hulle moed op. (14) Die saad wat tussen die onkruid val, dui op dié wat die woord hoor, maar deur die sorge en die rykdom en die genietinge van die lewe word dit gaandeweg verstik, en dit skiet nie saad nie. (15) Die deel wat in goeie grond val, dui op dié wat die woord met ‘n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra. Loading... Luk 8:16-18 ‘n Lamp onder ‘n bed (16) Niemand steek ‘n lamp op en maak dit dan met iets toe of sit dit onder ‘n bed nie. Inteendeel, hy sit dit op ‘n staander sodat die mense wat binnekom, die lig kan sien. (17) Daar is niks geheim wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en aan die lig sal kom nie. (18) Pas dus op hoe julle luister, want wie het, vir hom sal daar nog meer gegee word, maar wie nie het nie, van hom sal ook wat hy dink dat hy het, weggevat word.”Loading... |
Insident 85. Uitleg van die gelykenis van die onkruid. Desember 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van die See van Galilea.
| Kommentaar | Mattheus |
| Mat skryf verder vanaf die vorige insident. | Mat 13:36-43 (36) Daarna het Jesus van die mense af weggegaan huis toe. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Verduidelik tog vir ons die gelykenis van die onkruid in die land.” (37) Jesus antwoord: “Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens. (38) Die saailand is die wêreld. Die goeie saad, dit is die mense van die koninkryk; die onkruid is die aanhangers van die Bose; (39) die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld; dié wat oes, is die engele. (40) Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. (41) Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, (42) en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. (43) Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son. Wie ore het, moet luister. Loading... |
Insident 86. Die gelykenis van die verborge skat, die pêrel van groot waarde, die visnet en nuwe en ou skatte. Desember 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van die See van Galilea.
| Kommentaar | Mattheus 13:44-53 |
| Mat skryf verder vanaf die vorige insident. Nuwe en ou skatte 8 Jesus se vraag in 13:51 of die dissipels al hierdie dinge verstaan, verwys na die inhoud van Jesus se preek in die hele hoofstuk 13. Verstaan neem ook weer die verstaantema op (13:11, 13). Die dissipels verstaan Jesus se boodskap; daarom is hulle terselfdertyd ook skrifkenners (13:52). ’n Besondere band word hier tussen dissipel (student) en skrifkenner gelê. Gelowiges moet God se kennis versprei (skrifkenner), maar ons kan dit alleen doen as ons studente van Jesus bly. Hy is die enigste ware Leermeester (23:8). Die ou bekende items en nuwe verrassings (13:52) het as agtergrond die pa wat as hoof van die huis die spens of stoorkamer beheer. Hier word dit op Jesus en die kerk se onderrigtaak toegepas: Jesus het nie net die Skrif (Ou Testament, ou bekende items) geken en geleer nie, maar dit ook nuut geïnterpreteer (vgl. 5:21-22). So het die Matteaanse* gemeente en die kerk tot vandag toe die taak om die evangelie van Christus getrou oor te lewer, maar ook vir elke tyd nuut te interpreteer. | Gelykenis van die verborge skat. (44) Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ‘n skat wat in ‘n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land. Gelykenis van die pêrel van groot waarde (45) Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ‘n handelaar wat op soek is na goeie pêrels. (46) As hy ‘n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel. Gelykenis van die visnet (47) Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met ‘n treknet wat in die see gegooi is en allerhande soorte vis vang. (48) As dit vol geword het, sleep hulle dit op die strand uit en gaan sit om die goeie vis in mandjies bymekaar te maak, maar die onbruikbares gooi hulle weg. (49) So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies (50) en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.” Nuwe en ou skatte (51) “Verstaan julle al hierdie dinge?” “Ja,” antwoord hulle Hom. (52) Hy sê toe vir hulle: “So is elke skrifgeleerde wat ‘n leerling word in die koninkryk van die hemel, soos ‘n huiseienaar wat uit sy voorraad nuwe en ou dinge te voorskyn bring.” (53) Toe Jesus hierdie gelykenisse klaar vertel het, het Hy daarvandaan weggegaan. |