Gedeelte 3. Eerste kruising van die See van Galilea na die heidense Dekápolis, tot die verheerliking van Jesus (insidente 87-117)

Insident 87.          Eerste kruising van die See van Galilea na die Heidense Dekápolis. Desember 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die See van Galilea.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Markus vervolg hier vanaf insident 84.
Mar 4:35
Loading...
Laat daardie middag…” Dit verwys na die dag toe die gelykenisse vertel is.  
Mat 8:18
Loading...
(18)  Toe Jesus die menigte mense rondom Hom sien, het Hy opdrag gegee om na die oorkant toe te vertrek.
Mar 4:35
Loading...
(35)  Laat daardie middag sê Jesus vir sy dissipels: “Kom ons vaar oorkant toe.”
Luk 8:22
Loading...
(22)  Op ‘n dag het Jesus en sy dissipels in ‘n skuit geklim en Hy het vir hulle gesê:

Insident 88.         Jesus kalmeer die storm op die see. Desember 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir                                                      die vaart oor die See van Galilea vanaf Kapernaum na Gerasa.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Mar en Luk skryf verder vanaf  die vorige insident.   Oostewind storms kom gewoonlik in die winter voor, veral gedurende Desember. 7   Jesus maak die storm stil Matteus 8:23-27 8 Die woord gevolg in 8:23 is belangrik. So koppel Matteus die stormgebeure aan die voorafgaande uitsprake oor navolging. Nou word prakties gewys hoe die dissipels nie terugdeins vir die gevare en eise van navolging nie. Jesus gaan voor en hulle volg Hom onvoorwaardelik. Die stilmaak van die storm word dus simbolies van die kerk se stryd en angs in die wêreld, maar ook van die bewaring deur Christus.   Matteus pas die vertelling wat hy by Markus (4:35-41) kry, op belangrike punte aan om die kerk se stryd en Jesus se reddingsmag uit te druk. Die Griekse woord vir hewige storm in 8:24 is nie dieselfde as dié by Markus nie, maar moet eintlik as “aardbewing” vertaal word. Aardbewings is geassosieer met die skrikwekkende gebeure van die eindtyd (vgl.
Matt 24:7
Loading...
). Die storm word dus die simbool van die bose se aanslag op die kerk van Christus. Vandaar ook die noodkreet van die dissipels: Here, red ons! (8:25). In Matteus is dit veral die dissipels wat Jesus “Here” noem. En red omvat meer as om net van verdrinking gered te word. Dit gaan oor totale verlossing. Op sy beurt vra Jesus: Is julle geloof dan regtig so klein? (8:26). Hierin lê ’n beskuldiging asook ’n vertroosting opgesluit. Jesus vermaan hulle omdat hulle ten spyte van sy teenwoordigheid so vreesbevange is, maar terselfdertyd is dit sagter as Markus se Vertrou julle My nog steeds nie? (4:40). Jesus het begrip vir hulle nood en vrees. Daarom bestraf Hy die storm / bose magte, en dit word stil.
  Ja, navolging is gevaarlik. Dit vra opofferings van jou; dit voer jou selfs in allerlei storms in. Maar hou goeie moed: Jesus het die wêreld oorwin (
Joh 16:33
Loading...
). Hy het die mag om te midde van storms ’n kalmte en vrede te gee wat alle verstand te bowe gaan.
  -Die hewige storm4 waarvan hier sprake is, is klimatologies veroorsaak deur die klowe aan die ander kant van die meer. Winde het langs hierdie klowe na onder gestroom asof deur ’n tregter. Dit veroorsaak skielike en hewige storms op die meer.  
Mat 8:23-27
Loading...
(23)  Toe Jesus in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg. (24)  Skielik het daar ‘n hewige storm op die see losgebars, sodat die golwe oor die skuit geslaan het. Maar Jesus het geslaap. (25)  Hulle kom toe en maak Hom wakker en sê: “Here, red ons! Ons vergaan!” (26)  Hy sê vir hulle: “Waarom is julle bang, kleingelowiges?” Daarna het Hy opgestaan en die wind en die see hard aangespreek, en dit het doodstil geword. (27)  Die mense het hulle verwonder en gesê: “Watter soort mens is hy dat selfs die wind en die see hom gehoorsaam?”
Mar 4:36-41
Loading...
(36)  Hulle het toe die mense wat daar was, daar laat bly en Hom saamgeneem in die skuit waarin Hy gesit het. Daar was ook nog ander skuite by. (37)  Skielik het daar ‘n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. (38)  Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” (39)  Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het ‘n groot stilte gekom. (40)  Toe sê Hy vir hulle: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?” (41)  Hulle is met groot ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”
Luk 8:23-25
Loading...
(23)  “Kom ons gaan na die oorkant van die meer toe.” Hulle vaar toe weg, en terwyl hulle seil, raak Jesus aan die slaap. ‘n Hewige stormwind het op die meer losgebars en die skuit het vol water begin word sodat hulle in lewensgevaar was. (24)  Hulle gaan toe na Jesus toe en maak Hom wakker met die uitroep: “Meneer, Meneer, ons vergaan!” Toe staan Hy op en bestraf die wind en die golwe. (25)  Hulle het bedaar, en daar het stilte gekom. Toe sê Jesus vir hulle: “Waar is julle geloof dan?” Maar hulle was verskrik en verbaas en het vir mekaar gesê: “Wie is Hy tog? Hy gee bevele aan wind en water, en hulle is aan Hom gehoorsaam!”

Insident 89.         Die besetene van Gadara. Desember 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die                                                                 ligging van Gerasa waar die besetene van Gadara genees is.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Mat, Mar en Luk skryf verder vanaf  die vorige insident.

Hoekom noem Mattheus twee duiwel besete manne terwyl Markus en Lukas net van een praat? Sien verwysing 32 vir die sogenaamde “Matthean doubling”. 

’n Ontembare duiwelbesete man word deur Jesus gesond gemaak Lukas 8:26-39 8 Nadat die storm op die meer tot bedaring gebring is (8:22-25), word die reis voortgesit na die land van die Geraseners (8:26). Daarmee kom Jesus in die “buiteland” aan. Hy bevind Hom nou in ’n gebied wat deel uitmaak van die Dekapolis. Dit is ’n nie-Joodse gebied waar mense met varke boer, diere wat vir die Jode onrein is……….   Dekapolis beteken tien stede. In hierdie gebied wat suid van die Meer van Galilea geleë was, was daar ’n sterk Griekse invloed. Die Joodse wet was hier nie deurslaggewend nie.   Jesus genees iemand met baie bose geeste Markus 5:1-20 8 In vergelyking met die ander wonderverhale in die Markusevangelie is hierdie verhaal besonder uitgebrei. Dit is slegs 5:21-42 (wat eintlik twee wonderverhale in een is) wat langer is.   In 5:1-2 kry ons die inleiding. Na die nag waarin Jesus die storm stilgemaak het, het Hy en sy dissipels aan die oorkant van die see aangekom. Hulle was dus nou in ’n nie-Joodse land. Met die afklimslag was daar ’n man met ’n onrein gees by hulle.   In 5:3-5 beskryf Markus die toestand van die man. Hy wys dat hierdie man nie meer in die samelewing tuis was nie omdat hy uiters vreemde gedrag getoon het: Dit was onmoontlik om hom te beheer. Hy was die hele tyd, dag en nag, tussen die grafte (vir die Jode ’n onrein plek) en op die hoogtes aan die skree terwyl hy homself met klippe stukkend kap. Met hierdie uitvoerige beskrywing wil Markus beklemtoon hoeveel mag die onrein geeste oor hierdie man gehad het.   In ’n latere Joodse dokument word die volgende vier tekens as simptome van besetenheid gesien: (1) As ’n mens in ’n graf geslaap het; (2) as ’n mens voortdurend jou klere geskeur het; (3) as ’n mens snags rondgedwaal het; en (4) as ’n mens goed wat jy ontvang, gebreek het.   In 5:6-13 vertel Markus wat gebeur as hierdie man by Jesus uitkom. Hierdie deel is die hoogtepunt van die wonderverhaal.   As ’n mens na die konfrontasie tussen Jesus en die onrein geeste kyk, is daar twee sake wat uitstaan:   • Die man herken Jesus dadelik – sommer van ver af. Tot dusver in die Markusevangelie was dit nog slegs die mense wat onrein geeste het wat besef het wie Jesus is. Dit weet hulle nie uit hulleself nie, maar omdat die onrein geeste (Satan se werktuie) hulle in besit geneem het. In hierdie geval gebeur dieselfde. Die onrein geeste het hierdie man in besit geneem en gebruik hom as spreekbuis. Dit is dus inderwaarheid die bose geeste wat Jesus dadelik herken as Jesus, Seun van God die Allerhoogste (5:6). (Die nie-Jode het God gewoonlik “die Allerhoogste” genoem.) Op hierdie manier wys Markus waaroor dit werklik hier gaan: Dit is ’n botsing tussen die Seun van God en die mag van die Satan.   • Die onrein geeste besef dadelik dat hulle geen kans het nie. Markus sê dat die man voor Jesus neergeval en Hom om genade gesmeek het. Dit is natuurlik die onrein geeste in die man wat so optree – ’n aangrypende uitbeelding van hoe groot Jesus se mag werklik is! Hierdie onrein geeste het vroeër hulle “mag” op allerhande skrikwekkende maniere gewys (5:3-5). Tog, die oomblik toe hulle in Jesus se teenwoordigheid kom, besef hulle dat alles verby is en smeek hulle dadelik dat Jesus hulle nie moet seermaak nie. Jesus tree op ’n baie gesagvolle manier op. Op sy vraag gee die onrein geeste dadelik hulle naam: Legio.   Daarop stuur Jesus hulle in die trop varke in. Deur hierdie optrede toon Hy duidelik dat Hy baie sterker is as hulle. Markus noem dit dat daar omtrent 2 000 varke was. Dit beklemtoon nie net hoe baie onrein geeste daar in die man was nie, maar ook hoe sterk Jesus is: Hy kan met ’n enkele bevel soveel onrein geeste uitdryf! 5:9   Die woord “Legio” hou verband met die woord “legioen”. In die Romeinse leër het ’n legioen uit 3 000 tot 6 000 soldate bestaan waarvan ongeveer 5 800 voetsoldate was. Deur hierdie naam word beklemtoon hoe baie onrein geeste daar in die man was.  
Mat 8:28-34
Loading...
(28)  Toe Jesus aan die oorkant in die land van die Gadareners kom, het twee mense wat in die mag van bose geeste was, Hom van die grafte af tegemoet gekom. Hulle was baie gevaarlik, sodat niemand dit langs daardie pad kon waag nie. (29)  Skielik het hulle begin skreeu: “Wat het U met ons te doen, Seun van God? Het U hierheen gekom om ons voor die tyd te pynig?” (30)  ‘n Hele ent van hulle af het ‘n groot trop varke geloop. (31)  Die bose geeste het Hom gesoebat: “As U ons uitdryf, stuur ons tog in die trop varke in.” (32)  “Gaan!” het Hy vir hulle gesê. Hulle is toe uit die mense uit en het in die varke ingevaar. Die hele trop het meteens op loop gesit teen die hang af, die see in, en het in die water versuip. (33)  Die wagters het weggehardloop dorp toe en alles daar gaan vertel, ook wat met die besetenes gebeur het. (34)  Die hele dorp het Jesus tegemoet gegaan, en toe hulle Hom sien, het hulle Hom ernstig versoek om hulle gebied te verlaat.
Mar 5:1-20
Loading...
(1)  Daarna het hulle oorkant die see in die land van die Geraseners aangekom. (2)  Net toe Jesus uit die skuit klim, het daar van die grafte af ‘n man met ‘n onrein gees Hom tegemoet gekom. (3)  Die man het tussen die grafte gebly. Niemand kon hom selfs met ‘n ketting vasbind nie, (4)  want hulle het hom al dikwels met voet- en handboeie vasgemaak, maar dan ruk hy die handboeie uitmekaar en skop die voetboeie stukkend. Niemand kon hom baasraak nie. (5)  Hy was dag en nag aan die skreeu tussen die grafte en in die berge, en dan kap hy homself met klippe. (6)  Hy het Jesus al van ver af gesien en nader gehardloop. Hy het voor Hom neergeval (7)  en hard geskreeu: “Wat het U met my te doen, Jesus, Seun van God die Allerhoogste? Ek smeek U: In Gods Naam, moet my nie pynig nie!” (8)  want Jesus het vir hom gesê: “Onrein gees, gaan uit die man uit!” (9)  Hy het hom toe gevra: “Wat is jou naam?” “My naam is Legio,” antwoord hy Hom, “want ons is baie.” (10)  Die man het Hom toe ernstig gesoebat om hulle nie uit die landstreek uit weg te stuur nie. (11)  Daar naby teen die berg het ‘n groot trop varke geloop. (12)  Die onrein geeste het Hom toe gesmeek: “Stuur ons na die varke toe, sodat ons in hulle kan invaar!” (13)  Hy het hulle dit toegelaat, en hulle het uitgegaan en in die varke ingevaar. Die hele trop van omtrent twee duisend het op loop gesit teen die hang af, die see in, en hulle het versuip. (14)  Hulle wagters het weggehardloop en dit in die dorp en op die plase gaan vertel. Die mense het kom kyk wat daar gebeur het. (15)  Toe hulle by Jesus kom en die besetene in wie die baie bose geeste was, daar sien sit met sy klere aan en by sy volle verstand, het hulle groot geskrik. (16)  Dié wat alles gesien het, het vir hulle vertel wat met die besetene gebeur het, en ook van die varke. (17)  Hulle het toe by Jesus daarop aangedring om uit hulle gebied uit weg te gaan. (18)  Toe Jesus in die skuit klim, het die man wat van die duiwel besete was, by Hom daarop aangedring om saam met Hom te gaan. (19)  Jesus het hom dit egter nie toegelaat nie maar vir hom gesê: “Gaan na jou huis, na jou mense toe, en gaan vertel vir hulle wat die Here alles vir jou gedoen het en dat Hy jou jammer gekry het.” (20)  Hy het toe gegaan en deur die hele Dekapolis begin bekend maak wat Jesus alles vir hom gedoen het. Almal was verbaas daaroor.
Luk 8:26-39
Loading...
(26)  Daarna het hulle verder gevaar na die land van die Geraseners, wat reg teenoor Galilea lê. (27)  Toe Jesus daar aan wal gaan, het ‘n man van ‘n dorp af Hom tegemoet gekom. Hy was van bose geeste besete en het ‘n hele tyd al nie meer klere gedra nie en ook nie in ‘n huis gebly nie, maar tussen grafte. (28)  Toe hy Jesus sien, skreeu hy en val op sy knieë voor Hom neer terwyl hy hard uitroep: “Wat het U met my te doen, Jesus, Seun van God die Allerhoogste? Ek smeek U, moet my nie pynig nie!” (29)  Dit het hy gesê omdat Jesus die onrein gees beveel het om uit die man uit te gaan. Dit was ‘n bose gees wat hom al baiekeer beetgepak het. Al het hulle hom met hand- en voetboeie vasgemaak om hom in bedwang te hou, het hy die boeie uitmekaar geruk en is hy deur die bose gees die woestyn in gejaag. (30)  Toe vra Jesus hom: “Wat is jou naam?” “Legio,” antwoord hy, want daar het baie bose geeste in hom ingevaar. (31)  Hulle het Jesus gesmeek om hulle nie na die onderaardse diepte toe terug te stuur nie. (32)  Daar het ‘n hele trop varke teen die berg geloop. Die bose geeste het Jesus gesmeek om hulle toe te laat om in die varke in te vaar. Hy het hulle dit toegelaat, (33)  en die bose geeste het uit die man uitgegaan en in die varke ingevaar. Die trop sit toe op loop teen die hang af, die see in, en hulle versuip. (34)  Toe die wagters sien wat gebeur het, hardloop hulle weg en gaan vertel dit in die dorp en op die plase. (35)  Die mense gaan kyk toe wat gebeur het. Hulle kom by Jesus en daar kry hulle die man uit wie die bose geeste uitgevaar het. Hy sit by die voete van Jesus, met klere aan en by sy volle verstand, en hulle het bang geword. (36)  Maar dié wat dit gesien het, het vir hulle vertel hoe die besetene genees is. (37)  Toe het al die inwoners van die gebied van die Geraseners vir Jesus gevra om van hulle af weg te gaan omdat hulle baie bang was. Hy het toe in die skuit geklim en teruggegaan. (38)  Die man uit wie die bose geeste uitgevaar het, het Jesus gesmeek om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom weggestuur en gesê: (39)  “Gaan terug na jou huis toe en vertel alles wat God vir jou gedoen het.” Hy het toe gegaan en die hele dorp deur bekend gemaak wat Jesus vir hom gedoen het.

Insident 90.         Terug bootrit van Dekápolis na Kapernaum. Desember 28 nC. Sien Kaart                                                 10.4 vir die bootrit vanaf Gerasa na Kapernaum.

KommentaarMarkusLukas
Mar en Mat skryf verder vanaf die vorige insident.
Mar 5:21
Loading...
(21)  Jesus het daarna met die skuit teruggevaar oorkant toe en toe Hy nog daar by die see was, het ‘n groot menigte om Hom saamgedrom.  
Luk 8:40
Loading...
(40)  Toe Jesus van die oorkant af terugkom, het die mense Hom verwelkom, want almal was Hom te wagte.

Insident 91.         Jaïrus pleit by Jesus om sy dogter te genees. Desember 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident.    
Mat 9:18-19
Loading...
(18)  Jesus was nog besig om dit vir die mense te sê toe daar ‘n raadslid van die sinagoge voor Hom kom kniel en sê: “My dogter het nou net gesterwe, maar kom lê u hand op haar en sy sal weer lewe.” (19)  Jesus het opgestaan, en Hy en sy dissipels het saam met die man gegaan.  
Mar 5:22-24
Loading...
(22)  Een van die raadslede van die sinagoge, ‘n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy knieë voor Hom (23)  en smeek Hom dringend: “My dogtertjie lê op haar uiterste. Kom lê tog u hande op haar, sodat sy kan gesond word en lewe.” (24)  Hy het saam met hom gegaan. ‘n Groot menigte het agter Hom aan gegaan en hulle het van alle kante af teen Hom gedruk.
Luk 8:41-42
Loading...
(41)  Skielik kom daar ‘n man aan. Dit was Jaïrus, ‘n raadslid van die sinagoge. Hy het op sy knieë voor Jesus se voete geval en Hom gesmeek om na sy huis toe te kom, (42)  want sy enigste dogter het op sterwe gelê. Sy was omtrent twaalf jaar oud. Op pad daarheen het die mense om Jesus saamgedrom.

Insident 92.          Die vrou wat van bloed vloeiing  genees is, toe sy Jesus aangeraak het. Desember 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Kapernaum.

Kommentaar MattheusMarkusLukas
Mat, Mar, en Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 9:20-22
Loading...
(20)  ‘n Vrou wat al twaalf jaar lank aan bloed vloeiing gely het, het nader gekom en van agter af aan die soom van sy klere geraak. (21)  Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” (22)  Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.” Van daardie oomblik af was die vrou gesond.
Mar 5:25-34
Loading...
(25)  Daar was ook ‘n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloed vloeiing gely het. (26)  Sy het baie gely onder die behandeling van talle dokters en het alles wat sy gehad het, daaraan bestee. Sy het egter geen baat daarby gevind nie; haar toestand het eerder vererger. (27)  Sy het van Jesus gehoor en in die gedrang nader gekom en van agter af aan sy klere geraak, (28)  want sy het gedink: as ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word. (29)  En dadelik het die bron van haar bloed vloeiing opgedroog, en sy kon aan haar liggaam agterkom dat sy van haar kwaal ontslae was. (30)  Jesus het ook self onmiddellik geweet dat daar van Hom krag uitgegaan het. Hy het Hom in die gedrang omgedraai en gevra: “Wie het aan my klere geraak?” (31)  Sy dissipels het Hom geantwoord: “U sien tog dat die mense van alle kante af teen U druk, en dan vra U nog: Wie het aan My geraak?” (32)  Hy het rondom Hom gekyk om te sien wie dit gedoen het. (33)  Die vrou het geskrik en gestaan en bewe, want sy het besef wat met haar gebeur het. Sy het toe voor Hom op haar knieë kom val en vir Hom haar hele geskiedenis vertel. (34)  Daarna sê Hy vir haar: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede. Wees vir goed van jou kwaal genees!”  
Luk 8:43-48
Loading...
(43)  Onder hulle was ‘n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloed vloeiing gely het. Sy het alles wat sy gehad het aan dokters uitgegee, maar niemand kon haar gesond maak nie. (44)  Sy het nader gekom en van agter af aan die soom van sy klere geraak, en haar bloed vloeiing het onmiddellik opgehou. Jesus vra toe: (45)  “Wie het My aangeraak?” Toe almal ontken dat dit hulle is, sê Petrus: “Here, die mense dring tog rondom U saam en druk teen U.” (46)  Maar Jesus sê: “Iemand het My aangeraak, want Ek het agtergekom dat daar krag van My uitgegaan het.” (47)  Toe die vrou sien Hy weet dit is sy, het sy van angs gebewe en voor Hom kom neerval. Daar voor al die mense vertel sy Hom toe waarom sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het. (48)  Toe sê Hy: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede!”

Insident 93.          Die doodsberig van Jaïrus se dogtertjie word aan Jesus gebring Desember 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.

KommentaarMarkusLukas
Mar en Luk skryf verder vanaf vorige insident.
Mar 5:35-36
Loading...
(35)  Terwyl Jesus nog met die vrou praat, kom daar mense van die raadslid van die sinagoge se huis af en sê vir hom: “U dogter het gesterwe. Waarom val u nog ons Leermeester lastig?” (36)  Jesus het egter met die een oor gehoor wat daar gesê word, en Hy sê toe vir die raadslid van die sinagoge: “Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo!”  
Luk 8:49-50
Loading...
(49)  Terwyl Hy nog praat, kom daar iemand van die raadslid van die sinagoge se huis af om te sê: “U dogter is al dood. Moenie nog ons Leermeester lastig val nie.” (50)  Maar Jesus het dit gehoor en sê vir hom: “Moet jou nie ontstel nie Glo net, en sy sal gered word.”

Insident 94.         Jesus wek Jaïrus se dogter op uit die dood. Desember 28 nC. Sien Kaart                                                     10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 9:23-26
Loading...
(23)  Daarna het Jesus by die huis van die raadslid gekom. Toe Hy die fluitspelers sien en die klomp mense wat te kere gaan, (24)  sê Hy: “Gaan weg, want die dogtertjie is nie dood nie, sy slaap net.” Maar hulle het Hom uitgelag. (25)  Nadat die mense uitgejaag was, het Hy in die huis ingegaan, die dogtertjie se hand gevat en sy is uit die dood opgewek. (26)  Berigte hieroor het deur daardie hele omgewing versprei.
Mar 5:37-43
Loading...
(37)  Jesus het niemand behalwe Petrus, Jakobus en Johannes die broer van Jakobus toegelaat om verder saam met Hom te gaan nie. (38)  Hy kom toe by die huis van die raadslid van die sinagoge aan en sien die hele gedoente van mense wat verskriklik huil en te kere gaan. (39)  Hy het ingegaan en vir hulle gesê: “Wat raas en huil julle so? Die kindjie het nie gesterwe nie, sy slaap net.” (40)  Hulle het Hom uitgelag. Hy het almal beveel om uit te gaan. Hy het net die pa en die ma van die kindjie en die drie dissipels wat by Hom was, saamgeneem en in die kamer ingegaan waar die kindjie was. (41)  Hy vat toe die kindjie se hand en sê vir haar: “Talita, koem!” Dit beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op! (42)  Dadelik het die dogtertjie opgestaan en begin loop; sy was al twaalf jaar oud. Die mense was stom van verbasing. (43)  Hy het hulle toe streng opdrag gegee om niemand anders daarvan te laat hoor nie en gesê hulle moet vir haar iets te ete gee.  
Luk 8:51-56
Loading...
(51)  Toe Jesus by die huis kom, het Hy niemand toegelaat om saam met Hom in te gaan nie, behalwe Petrus, Johannes en Jakobus, en die kind se pa en ma. (52)  Die mense daar het almal gehuil en oor haar rou bedryf. Maar Jesus sê: “Moenie huil nie, want sy is nie dood nie, sy slaap net.” (53)  Hulle het Hom uitgelag, want hulle was seker dat sy dood is. (54)  Maar Jesus het haar hand gevat en uitgeroep: “Dogtertjie, staan op!” (55)  Haar lewe het teruggekom, en sy het onmiddellik opgestaan. Toe gee Jesus opdrag dat hulle vir haar iets te ete moet gee. (56)  Haar ouers was stom van verbasing, en Jesus het hulle verbied om vir iemand te vertel wat gebeur het.

Insident 95.          Jesus genees twee blindes. Desember 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.

KommentaarMattheus
Mat skryf verder vanaf die vorige insident.   Twee blindes sien Matteus 9:27-31 8 Alles in hierdie gebeure wentel om die geloof van die blindes in Jesus as die Messias. Daarom is die opmerking dat die twee agter Jesus aangekom het (9:27) betekenisvol. Hierdeur wil Matteus aantoon dat hulle potensiële dissipels is.   Wanneer hulle om hulp roep: Seun van Dawid, kry ons tog jammer! (9:27), word twee begrippe doelbewus met mekaar verbind, te wete jammer kry en Seun van Dawid. Laasgenoemde titel beklemtoon die Messiaanse identiteit en optrede van Jesus wat reeds in sy familie-register uitgelig is (1:1). Maar Hy word spesifiek as die barmhartige Messias voorgestel, die een wat gereed is om te help. Dit staan teenoor die populêre verwagting dat die Messias as Seun van Dawid ’n militêre figuur sou wees. Die vertwyfeling waarin Johannes die Doper was – of Jesus regtig die Messias is, 11:2-3 – hang met hierdie populêre beeld saam. Ook die Doper moes oortuig word dat die Messias se eintlike taak dié van geneser en helper is (11:4-6).   Vervolgens word die blindes se geloof uitgelig. Hulle word selfs hieroor getoets: Glo julle regtig Ek kan julle gesond maak? (9:28). Wanneer hulle bevestigend antwoord, maak Jesus hulle gesond. Beteken dit dat geloof altyd ’n voorwaarde vir genesing is? Nee, Jesus tree nie volgens vaste resepte op nie – vergelyk 8:14-15, waar Hy Petrus se skoonma uit eie beweging genees. Die fokus in ons gedeelte lê nie op ’n voorgeskrewe prosedure nie, maar op die erkenning van Jesus as die ware Seun van Dawid, as die Een vol erbarming. Wie Jesus met hierdie oortuiging en verwagting nader, sál sy barmhartigheid ervaar.  
Mat 9:27-31
Loading...
(27)  Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg. Hulle het aanhoudend geskreeu: “Ontferm U tog oor ons, Seun van Dawid!” (28)  Jesus het in die huis ingegaan, en die blindes het daar na Hom toe gekom. Hy vra toe vir hulle: “Glo julle dat Ek dit kan doen?” “Ja, Here,” antwoord hulle Hom. (29)  Toe raak Hy aan hulle oë en sê: “Wat julle glo, sal gebeur.” (30)  Hulle kon toe sien, maar Jesus het hulle baie streng beveel: “Hiervan moet niemand hoor nie.” (31)  Maar toe hulle daar weg is, het hulle in daardie hele omgewing van Hom vertel.

Insident 96.         Jesus genees ‘n stom besetene Desember 28 nC. Sien Kaart 10.4 vir die                                                          van Jesus se tuisdorp Kapernaum.

KommentaarMattheus
Mat skryf verder vanaf die vorige insident.   ’n Stom persoon begin praat Matteus 9:32-35 8 Hierdie verse het ’n opsommende en deurskouende karakter. Dit vat die gebeure in hoofstuk 8-9 saam en interpreteer terselfdertyd wat agter die skerms aan die gebeur is. Die verskillende reaksies op die genesing van die stom man illustreer dit.   Die menigte was oorweldig. Dis weliswaar nog nie die regte reaksie van geloof nie, maar dis ’n stap in die regte rigting. Hulle erken dat wat onder hulle gebeur het, ongekend is (9:33). Daarmee word die wesenlik Messiaanse aard van Jesus se optrede bevestig. Daarteenoor skryf die Fariseërs Jesus se werk aan die baasduiwel toe (9:34). Hierdie weerstand van die Joodse leiers sal van nou af hewiger word, in so ’n mate dat Jesus dit selfs ’n onvergeeflike sonde sal noem (12:31-32).   Vers 35 slaan terug op 4:23 met die sleutelwoorde aankondig/verkondig, onderrig en gesond gemaak. Die afgelope vyf hoofstukke het presies hierdie optrede van Jesus beskryf. Vers 35 bind egter nie net agtertoe nie, maar ook vorentoe. Matteus 10:1, 7-8 herhaal immers die sleutelgedagtes van aankondig/verkondig, en gesond gemaak. Dit wys hoe die gang van die verhaal op ’n kunstige wyse deur die outeur gestuur word.  
Mat 9:32-34
Loading...
(32)  Nadat die twee blindes die huis verlaat het, het die mense ‘n man na Hom toe gebring wat stom was omdat hy in die mag van ‘n bose gees was. (33)  Nadat die bose gees uitgedryf is, het die stom man begin praat. Die menigte het hulle verwonder en gesê: “So iets het nog nooit in Israel gebeur nie.” (34)  Maar die Fariseërs het gesê: “Dit is met die hulp van die aanvoerder van die bose geeste dat hy die bose geeste uitdryf.”

Insident [a]97[/a].         Jesus die tweede keer in Nasaret verwerp. Januarie 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die roete                          van Kapernaum na Nasaret.

KommentaarMattheusMarkus
Mar skryf verder vanaf insident 94. Sien insident 39 vir die eerste verwerping.

Verwysing 15 skryf die volgende”: “Even though there remains a debate over the genre of Luke (e.g., history, biography, historiography, or ancient document) and the chronological issue between
Luke 4:16
Loading...
–30, Matthew 13:54–58, and
Mark 6:1
Loading...
–6a (86),…..”

 
Hierdie Insident (nommer 97) beskryf die tweede verwerping van Jesus in Nasaret ongeveer een jaar later.
Luk 4:16-30
Loading...
beskryf die eerste verwerping van Jesus in Nasaret.
 

Jesus se eie dorpsmense wil niks van Hom weet nie Markus 6:1-6 8 Hierdie gedeelte staan in skrille kontras met die voorafgaande gedeelte (5:21-43). In plaas van geloof is daar nou slegs naakte ongeloof (6:6). Die vyandigheid wat Jesus hier ondervind, sluit aan by die teenstand waarvan Markus reeds vroeër in sy Evangelie vertel het. Vergelyk byvoorbeeld 3:31-35. Enige volwasse man kon destyds gevra word om in die sinagoge voor te gaan. Waarskynlik het Jesus op dié manier ’n beurt gekry. In 6:2 vertel Markus hoe verbaas sy tuisdorp se mense oor Hom was. Sy woorde was buitengewoon omdat dit getuig het van Goddelike wysheid. Hulle het ook kennis gedra van al die wonders wat Hy gedoen het. Dit is egter vreemd dat hulle Jesus ten spyte hiervan verwerp. Vir hulle lê die struikelblok in Jesus se herkoms. Hy was ’n blote timmerman en ’n seun van een van die gesinne in die dorp. In die samelewing van destyds was daar ’n streng sosiale struktuur waarvolgens elkeen “sy plek moes ken”. As timmerman was Jesus en sy gesin nie besonder arm nie en sou hulle nie in die heel onderste laag van die sosiale opset geval het nie. Hulle sou eerder in die middelgroep tuisgehoort het. Hulle sou egter beslis nie in die boonste groep (bv die “intellektueles”) geval het nie. Dit is waarskynlik ook die rede waarom sy tuisdorp Hom verwerp. Volgens hulle het Hy opgetree asof Hy in die boonste klas tuishoort terwyl Hy nie eintlik daarop geregtig was nie en daarom het hulle ernstig aanstoot geneem aan sy optrede. (Dit was waarskynlik wat sy familie wou verhoed deur Hom in 3:20-21 te gaan haal.) 6:3 Vir die feit dat Jesus die seun van Maria en nie die seun van Josef genoem word nie, kan daar moontlik twee verklarings wees: (1) In die destydse samelewing kon dit as ’n belediging bedoel gewees het omdat dit daarop kon sinspeel dat Jesus ’n buite-egtelike kind sou wees; (2) Maria was dalk op daardie stadium reeds ’n weduwee. Jesus reageer hierop deur hulle te wys op die ironie dat Hy orals elders as ’n profeet aanvaar word, maar dat hulle Hom verwerp. Hy doen ook geen besondere wonder nie. Dit sou hulle in elk geval nie oortuig het nie. Hulle weet klaar van sy wonders (6:2), maar staar hulle blind teen sy menslike herkoms.  
Mat 13:54-58
Loading...
(54)  Hy het in die dorp gekom waar Hy grootgeword het, en Hy het die mense in hulle sinagoge so geleer dat hulle verstom was en gesê het: “Waar kry hy hierdie wysheid vandaan en die vermoë om die kragtige dade te doen? (55)  Is hy dan nie die timmerman se seun nie? Is sy ma nie Maria en sy broers Jakobus, Josef, Simon en Judas nie? (56)  En sy susters, is hulle nie almal hier by ons nie? Waar kry hy dan al hierdie dinge vandaan?” (57)  En hulle wou niks van Hom weet nie. Jesus sê toe vir hulle: “’n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring.” (58)  Vanweë hulle ongeloof het Hy daar nie baie wonderwerke gedoen nie.
Mar 6:1-6
Loading...
(1)  Jesus het daarvandaan weggegaan. Hy het in die dorp gekom waar Hy grootgeword het, en sy dissipels was saam met Hom. (2)  En toe die sabbatdag aanbreek, het Hy die mense in die sinagoge begin leer. Baie het na Hom geluister en is deur sy woorde aangegryp. Hulle het vir mekaar gesê: “Waar kom hy aan al hierdie dinge, en watter besondere gawe van wysheid het hy dat daar sulke kragtige dade deur sy hande plaasvind? (3)  Is hy dan nie ‘n timmerman, ‘n seun van Maria en die broer van Jakobus, Joses, Judas en Simon nie? En is dit dan nie sy susters wat hier by ons woon nie?” Die mense wou niks van Hom weet nie. (4)  Jesus sê toe vir hulle: “’n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring en sy gesin.” (5)  Hy kon daar geen enkele wonderwerk doen nie, behalwe dat Hy sy hande op ‘n paar siekes gelê en hulle gesond gemaak het. (6)  Hy was verbaas oor die ongeloof van die mense. Daarna het Hy by die dorpies in die omtrek rondgegaan en die mense daar geleer.

Insident [a]98[/a].          Jesus stuur die 12 dissipels uit. Februarie 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Mar skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus stuur sy twaalf dissipels op ’n sending uit Markus 6:7-13 8 Hierdie gebeure sluit aan by dit wat Markus reeds vroeër oor die dissipels vertel het. Reeds by hulle roeping (1:16-20) het Jesus dit duidelik gemaak dat hulle vissers van mense sou wees (3:13-19). Nou stuur Jesus hulle uit om sendingwerk te gaan doen. Dit word nie gesien as iets totaal aparts of nuuts nie, maar is ’n voortsetting van Jesus se sending in die wêreld. Hulle taak sal basies dieselfde as dié van Jesus wees: om te gaan verkondig dat die koningsheerskappy van God naby gekom het. Daarom word hulle sendingwerk ook gekenmerk deur dieselfde dinge as wat Jesus gedoen het: gesag oor onrein geeste (6:7), ’n oproep op mense om in die lig van God se koningsheerskappy tot inkeer te kom (6:12; vgl. ook 1:15) en genesings (6:13).   In hierdie gedeelte kry ons as’t ware ook ’n kykie hoe die vroeë kerk in die praktyk sendingwerk gedoen het (
Matt 10:9-14
Loading...
en
Luk 10:4-11
Loading...
). Hulle het gewoonlik twee-twee gewerk. Die rede daarvoor was moontlik dat dit destyds gevaarlik was om alleen te reis. Andersins het dit gebeur omdat twee persone volgens Joodse gebruik nodig was om die waarheid van ’n saak te bevestig. Die voorskrifte in 6:8-10 het basies almal met twee sake te make: afhanklikheid van God en die vermyding van enige vorm van selfverryking of gemaksug. Deur net die noodsaaklikste goed saam te neem was hulle geheel en al aangewese op dit wat God deur ander mense aan hulle voorsien het. Dit sou ook verhoed dat hulle miskien stelselmatig langs die pad al hoe meer goed kon bykry of selfs sou probeer om hulleself te verryk deur hulle sendingwerk. Hulle mag ook nie in dieselfde dorp van een huisgesin na ’n ander huisgesin skuif terwyl hulle sendingwerk doen nie (6:10). Dit moes voorkom dat hulle voor die versoeking kon swig om na ’n lekkerder blyplek te skuif.
  In 6:11 word gewaarsku dat die reaksie op hulle sendingwerk nie altyd positief sal wees nie. Hulle moet dan die stof van hulle voete afskud. Dit was ’n simboliese gebaar waardeur hulle moes wys dat hulle niks meer met daardie plek te doen wou hê nie. In ’n sekere sin kan dit ook as ’n oordeelsaankondiging gesien word.   Wat is die boodskap van hierdie gedeelte vir hedendaagse gelowiges? Dié gedeelte sê dat sending nie maar net ’n bysaak in die kerk is nie, maar eintlik die heel belangrikste rede is waarom die kerk bestaan. Die kerk bestaan sodat hy na die wêreld gestuur kan word. Dié taak mag gelowiges nooit op hulle eie aanpak nie. Sending moet plaasvind met Jesus se volmag en in algehele afhanklikheid van Hom. Dit is nie nodig dat ons in ons huidige omstandighede moet probeer om al die voorskrifte in 6:8-10 net so na te kom nie. Ons moet egter na die onderliggende beginsels streef: volle afhanklikheid van God en geen motief van selfverryking of enige vorm van selfsug terwyl ons besig is om Jesus se opdrag uit te voer nie (1 Tess 2:3-6).  

Jesus het hier herhaal wat Hy gesê het toe Hy die 12 dissipels in Matteus 10:28-33 geroep het, sien insident 152.
Matthew 9:35-38
35 Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak.
36 Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie ‘n wagter het nie.
37 Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min.
38 Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.”
Mat 10:1-42
Loading...
1  Jesus het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle mag gegee om onrein geeste uit te dryf en om elke soort siekte en kwaal gesond te maak. 2  Die name van die twaalf apostels was: in die eerste plek Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas; 3  Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes; Filippus en Bartolomeus; Tomas en Matteus die tollenaar; Jakobus seun van Alfeus, en Taddeus; 4  Simon die Kananeër, en Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het. 5  Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en die volgende opdragte aan hulle gegee: “Moenie met ‘n pad na die heidennasies toe afdraai nie en moenie in ‘n dorp van die Samaritane ingaan nie. 6  Gaan liewer na die verlore skape van die volk Israel toe. 7  Gaan verkondig: ‘Die koninkryk van die hemel het naby gekom.’ 8  Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet. 9  Moenie vir goud of silwer of koper in julle beursies sorg nie 10  en moenie vir die pad ‘n reissak aanskaf of nog ‘n kledingstuk of skoene of ‘n stok nie. ‘n Arbeider is tog geregtig op onderhoud. 11  As julle in ‘n stad of dorp kom, stel dan vas by wie julle daar kan tuis gaan en bly by hom totdat julle die reis voortsit. 12  As julle in die huis kom, wens die mense vrede toe. 13  As die huismense se gesindheid goed is, handhaaf julle vredewens vir die huis. Maar as hulle nie goedgesind is nie, trek julle vredewens dan terug. 14  As iemand julle nie ontvang nie en nie na julle woorde luister nie, gaan uit sy huis of uit daardie dorp uit en skud die stof van julle voete af. 15  Dit verseker Ek julle: Dit sal in die oordeelsdag vir die gebied Sodom en Gomorra draagliker wees as vir daardie dorp. 16  Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe. 17  Pas op vir die mense. Hulle sal julle aan die geregshowe uitlewer, en in hulle sinagoges sal hulle julle gesel. 18  Ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word ter wille van My. Dit sal julle geleentheid wees om voor hulle en voor die heidennasies van My te getuig. 19  Wanneer hulle julle uitlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe of wat julle moet sê nie, want op daardie oomblik sal God aan julle gee wat julle moet sê. 20  Dan is dit nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat. 21  Die een broer sal die ander uitlewer om doodgemaak te word, en selfs ‘n pa sy kind; kinders sal teen hulle ouers in opstand kom en hulle doodmaak. 22  Julle sal ter wille van my Naam deur almal gehaat word. Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word. 23  As hulle julle in een dorp vervolg, vlug na ‘n ander een toe. Dit verseker Ek julle: Julle sal sekerlik nie klaar wees met die dorpe van Israel voordat die Seun van die mens kom nie. 24  ‘n Leerling is nie hoër as sy leermeester en ‘n slaaf nie hoër as sy eienaar nie. 25  ‘n Leerling moet tevrede wees as dit met hom gaan soos met sy leermeester, en ‘n slaaf as dit met hom gaan soos met sy eienaar. As hulle die hoof van die huis die skeldnaam Beëlsebul gegee het, sal hulle dan nie sy huisgenote met baie erger name uitskel nie? 26  Moet dus nie vir mense bang wees nie. Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie. 27  Wat Ek vir julle in die donker sê, moet julle in die daglig sê, en wat in julle oor gefluister word, moet julle van die dakke af uitbasuin. 28  Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan. 29  Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. 30  Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. 31  Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies. 32  Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is. 33  Maar hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemel is. 34  Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard. 35  Ek het gekom om tweedrag te bring ‘tussen ‘n man en sy vader en tussen ‘n dogter en haar moeder, tussen ‘n skoondogter en haar skoonmoeder; 36  ja, ‘n man se huismense sal sy vyande wees.’ 37  Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie. 38  Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie. 39  Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind. 40  Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het. 41  Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal ‘n profeet se beloning ontvang; en wie ‘n goeie mens ontvang omdat hy goed is, sal ‘n goeie mens se beloning ontvang. 42  Wie aan een van hierdie geringstes net ‘n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sál sy beloning kry. Dit verseker Ek julle.”
Matthew 11:1
1 Toe Jesus klaar was met die opdragte aan sy twaalf dissipels, het Hy daarvandaan weggegaan om die mense in hulle dorpe te leer en vir hulle te preek.
Mar 6:7-13
Loading...
(7)  Jesus het die twaalf nader geroep en hulle twee-twee begin uitstuur. Hy het aan hulle mag oor onrein geeste gegee. (8)  Verder het Hy hulle bevel gegee om niks vir die pad saam te vat nie, net ‘n kierie – geen kos, geen reissak, geen geld in die beursie nie. (9)  Hulle moes wel skoene aantrek maar nie nog ‘n kledingstuk saamvat nie. (10)  Daarby het Hy vir hulle gesê: “Waar julle in ‘n plek kom en in ‘n huis ontvang word, bly daar totdat julle van die plek af weggaan. (11)  En as ‘n plek julle nie wil ontvang en die mense nie na julle luister nie, gaan dan daarvandaan weg en skud selfs die stof onderaan julle voete af as aanklag teen hulle.” (12)  Hulle het toe gaan verkondig dat die mense hulle moet bekeer. (13)  Daarby het hulle baie bose geeste uitgedrywe en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.
Luk 9:1-6
Loading...
(1)  Jesus het die twaalf bymekaargeroep en aan hulle mag en gesag gegee om alle bose geeste uit te dryf en siektes te genees. (2)  Toe het Hy hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak. (3)  Hy het vir hulle gesê: “Moet niks vir die pad saamvat nie, nie ‘n kierie of ‘n reissak of brood of geld of nog ‘n kledingstuk nie. (4)  En as julle in ‘n huis tuis gaan, bly dan in dieselfde huis totdat julle die reis voortsit. (5)  As daar mense is wat julle nie wil ontvang nie, moet julle van so ‘n plek af weggaan en die stof van julle voete afskud as aanklag teen hulle.” (6)  Hulle het toe vertrek en van die een dorp na die ander gegaan om oral die evangelie te verkondig en siekes gesond te maak.

Insident 99.          Onthoofding van Johannes die Doper. Februarie 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die ligging van Jerusalem.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Johannes die Doper word deur Herodes doodgemaak Markus 6:14-29 8 Dit lyk asof Markus die verhaal oor hoe Johannes die Doper onthoof is doelbewus hier vertel. In die gedeeltes direk voor (6:7-13) en na (6:30-34) hierdie verhaal vertel hy van die groot sukses wat die twaalf dissipels op hulle sendingwerk het. Die dood van Johannes die Doper is egter ’n somber herinnering daaraan dat die teenstand teen Jesus nog heftig sal toeneem.   In 6:14-16 noem Markus verskillende menings oor Jesus. Die dissipels se sendingwerk (6:7-13) was blykbaar so suksesvol dat Jesus se Naam oral bekend geraak het. Die mense was egter onseker oor wie Hy was. Omdat Markus alreeds die lesers in 1:1 ingelig het dat Jesus die Seun van God is, sal hulle besef dat al hierdie menings oor Jesus verkeerd is. Hy is nie Johannes die Doper soos sommige (Herodes ingesluit; vgl. 6:16) meen nie. Hy is ook nie die verwagte Elia nie. Op grond van Maleagi 4:5-6 het die Jode destyds verwag dat daar weer ’n profeet soos Elia sou wees voordat die Messias sou kom. Eintlik was Johannes die Doper die verwagte Elia. (Vgl. die bespreking by 1:2-8.) Jesus is ook nie ’n profeet soos een van die ou profete nie. Hy is baie meer as dit. Hy is inderdaad die verwagte Messias en ook die Seun van God.   Alhoewel al hierdie menings wat die mense oor Johannes die Doper huldig verkeerd is, gebruik Markus hierdie vertelling om sy lesers daaraan te herinner wie Johannes die Doper werklik was. In 1:2-8 het hy reeds gewys dat Johannes die Doper die verwagte Elia is wat as die voorloper van Jesus sou optree. Nou neem hy hierdie gedagte ’n stappie verder: Johannes die Doper het nie net kom aankondig dat die Messias op pad is nie. Hy is ook Jesus se voorloper deur die wyse waarop hy sterf. Vir Markus is die gewelddadige manier waarop Johannes aan sy einde kom dus ’n vooruitwysing na die gewelddadige manier waarop Jesus later doodgemaak sou word.   In die verhaal oor Johannes die Doper se dood is dit veral Herodes en Herodias wat ’n belangrike rol speel.   Die Herodes van wie hier gepraat word, is Herodes Antipas (een van Herodes die Grote se seuns). Hy het oor Galilea en Perea regeer. Hy was dus die regeerder oor die gebied waar Jesus tot dusver opgetree het. Hy het nie op eie gesag regeer nie, maar is deur die Romeinse keiser as ’n viervors (dus nie ’n koning nie) aangestel. Herodias was aanvanklik die vrou van Herodes se halfbroer, maar Herodes het sy eerste vrou gelos om met Herodias te trou. Herodias het ’n dogter uit haar eerste huwelik gehad met die naam Salome.   Johannes die Doper is in hegtenis geneem omdat hy Herodes se huwelik met Herodias veroordeel het. Volgens die Joodse wet (Lev. 18:16 en 20:21) mag ’n man nie met sy broer se vrou getrou het terwyl sy broer nog geleef het nie. Dié kritiek gee aanleiding tot die wrok wat Herodias teen hom koester.   Hoewel Markus dit duidelik maak dat Herodias eintlik die oorsaak van Johannes se dood is, is Herodes ook nie te verontskuldig nie. Hy tree baie onverantwoordelik op: Hy laat hom deur sy vrou manipuleer, hy luister graag na Johannes, maar doen nie wat hy behoort te doen nie, hy laat sy stiefdogter voor sy gaste dans (dit was gewoonlik meisies met ’n swak reputasie wat vir die partytjiegangers gedans het) en maak (in sy dronkenskap?) ’n baie onverskillige belofte wat hom later ernstig berou. Dit is juis hierdie onverskillige belofte wat vir Herodias die kans gee waarop sy lank gewag het: Sy raak ontslae van die man wat haar op haar sonde gewys het. So kom die voorloper van Jesus op ’n gewelddadige wyse tot sy einde. Omdat hy ’n getroue profeet was, tref die “lot van die profeet” hom. Dit sal ook met Jesus gebeur.  
Mat 14:1-12
Loading...
(1)  Daardie tyd het Herodes, die heerser, gehoor wat van Jesus vertel word, (2)  en hy het vir sy paleispersoneel gesê: “Maar dit is mos Johannes die Doper! Hy is uit die dood opgewek, daarom werk die kragte in hom!” (3)  Vroeër het Herodes vir Johannes laat vang, laat boei en in die tronk laat opsluit. Dit het hy gedoen oor Herodias die vrou van sy broer Filippus, (4)  want Johannes het vir Herodes gesê: “U mag haar nie as vrou vat nie.” (5)  Herodes wou hom daaroor doodmaak maar was tog bang vir die mense, omdat hulle hom as ‘n profeet beskou het. (6)  Met Herodes se verjaarsdagviering het die dogter van Herodias voor die gaste gedans. Herodes was so in sy skik met haar (7)  dat hy ‘n eed afgelê het dat hy vir haar sal gee net wat sy vra. (8)  Haar ma het haar voorgesê en sy het gevra: “Gee vir my hier in ‘n skottel die kop van Johannes die Doper.” (9)  Hieroor het die koning baie sleg gevoel, maar vanweë die eed wat hy voor die gaste afgelê het, het hy opdrag gegee dat aan haar versoek voldoen moet word. (10)  Hy het iemand gestuur en Johannes in die tronk laat onthoof. (11)  Hulle het sy kop in ‘n skottel ingebring en aan die meisie gegee, wat dit na haar ma toe gevat het. (12)  Sy dissipels het sy liggaam kom haal en begrawe; en hulle het dit vir Jesus gaan vertel.
Mar 6:14-29
Loading...
(14)  Koning Herodes het van Jesus gehoor, want sy Naam het bekend geraak. Party mense het gesê: “Johannes die Doper is uit die dood opgewek. Daarom werk die kragte in hom.” (15)  En party het gesê: “Dit is Elia.” Ander het gesê: “Hy is ‘n profeet soos een van die ou profete.” (16)  Toe Herodes dit dan hoor, het hy gesê: “Die Johannes wat ek onthoof het, is uit die dood opgewek.” (17)  Vroeër het Herodes self gestuur en Johannes laat vang. Hy het hom in die tronk opgesluit op aandrang van Herodias die vrou van sy broer Filippus. Herodes het met haar getrou, (18)  en Johannes het vir hom gesê: “U mag nie u broer se vrou vat nie.” (19)  Herodias het daarna ‘n wrok teen hom gekoester en wou hom laat doodmaak, maar sy kon nie, (20)  want Herodes was bang vir Johannes omdat hy besef het dat hy ‘n opregte en godvresende man is. Hy het vir Johannes onder sy beskerming geneem en elke keer wanneer hy hom aangehoor het, het hy in ‘n ernstige tweestryd geraak. Tog het hy graag na hom geluister. (21)  Op ‘n dag het Herodias ‘n goeie kans gekry. Toe Herodes op sy verjaarsdag vir sy hoofamptenare en die opperbevelhebbers en die hoëlui van Galilea ‘n feesmaal gegee het, (22)  het die dogter van Herodias daar ingekom en vir hulle gedans. Dit het groot byval by Herodes en sy gaste gevind. Die koning het toe vir die meisie gesê: “Vra my net wat jy wil hê, en ek sal dit vir jou gee.” (23)  Daarby het hy dit herhaaldelik met ‘n eed vir haar bevestig: “Net wat jy my vra, sal ek vir jou gee, tot selfs die helfte van my koninkryk.” (24)  Sy het toe uitgegaan en vir haar ma gesê: “Wat moet ek vra?” Dié het gesê: “Die kop van Johannes die Doper.” (25)  Sy het haastig reguit na die koning toe geloop en vir hom gevra: “Ek wil hê u moet vir my dadelik in ‘n skottel die kop gee van Johannes die Doper.” (26)  Die koning was baie verslae, maar omdat hy dit voor die gaste met ‘n eed belowe het, wou hy haar dit nie weier nie. (27)  Hy het dadelik iemand van sy lyfwag opdrag gegee en hom gestuur om Johannes se kop te gaan haal. Hy het hom in die tronk gaan onthoof, (28)  sy kop in ‘n skottel gebring en dit vir die meisie gegee, en die meisie het dit vir haar ma gegee. (29)  Toe Johannes se volgelinge daarvan hoor, het hulle gekom en sy lyk weggeneem en begrawe.
Luk 9:7-9
Loading...
(7)  Herodes, die heerser, het gehoor van al die dinge wat gebeur, en hy was in die war omdat party mense gesê het: “ Johannes is uit die dood opgewek; ” (8)  party: “Elia het verskyn, ” en ander: “Een van die profete van die ou tyd het opgestaan. ” (9)  Maar Herodes het gesê: “ Johannes het ek self laat onthoof. Maar wie is hierdie man van wie ek sulke dinge hoor?” En hy het geprobeer om Hom te sien te kry.

Insident 100.       Die 12 dissipels rapporteer terug en hulle onttrek. Maart 29 nC. Sien kaart 10.4 vir die vaart vanaf Kapernaum na Betsaida.

Kommentaar  MattheusMarkusLukasJohannes
Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 14:13
Loading...
(13)  Toe Jesus dit hoor, het Hy met ‘n skuit daarvandaan weggegaan na ‘n stil plek om alleen te wees. Die mense het hiervan gehoor en Hom van die dorpe af te voet gevolg.
Mar 6:30-32
Loading...
(30)  Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het. (31)  Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na ‘n stil plek toe en rus ‘n bietjie.” (32)  Hulle het met ‘n skuit na ‘n stil plek toe vertrek waar hulle alleen kon wees.  
Luk 9:10
Loading...
(10)  Toe die apostels terugkom, het hulle Jesus alles vertel wat hulle gedoen het. Daarna het Hy hulle saamgeneem in die rigting van die dorp Betsaida waar hulle alleen kon wees.
Joh 6:1
Loading...
(1)  Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word.

Insident 101.       Jesus leer en genees die skare. Maart 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Betsaida.

Kommentaar MattheusMarkusLukasJohannes
Mat, Mar, Luk en Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 14:14
Loading...
(14)  Toe Hy uit die skuit klim, het Hy die groot menigte mense daar gesien. Hy het hulle innig jammer gekry en die siekes onder hulle gesond gemaak.
Mat 6:33-34
Loading...
(33)  Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. (34)  Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”  
Luk 9:11
Loading...
(11)  Maar die mense het dit te wete gekom en agter Hom aan gegaan. Hy het hulle verwelkom en met hulle gepraat oor die koninkryk van God, en dié wat genesing nodig gehad het, het Hy gesond gemaak.
Joh 6:2
Loading...
(2)  ‘n Groot klomp mense het agter Hom aan gekom omdat hulle die wondertekens gesien het wat Hy aan die siekes gedoen het.

Insident 102.       Eerste vermeerdering van die brood en vis volgens oorlewering by die tradisionele Tabgha. Maart 29 nC.  Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Tabgha tussen Kapernaum en Gennesaret.

KommentaarMattheusMarkusLukasJohannes
Mat, Mar, Luk en Joh skryf verder vanaf die vorige insident.   Volgens
Joh 6:4
Loading...
het hierdie insident voor die Pasga op 18 April 29 nC plaasgevind. Daarom was dit in Maart 30 nC.   Die feit dat daar 12 mandjies vol brood oorgebly het kan simbolies beteken 1 mandjie vir elke stam van Israel of 1 vir elke dissipel. Die vermeerdering was in die Jode se gebied.   Kyk na insident 112 waar die brode die tweede keer vermeerder is en wel in die heidense gebied. Toe het daar 7 mandjies vol oorgebly. Dit verwys simbolies na 7 heidense nasies rondom Israel.   Meer as vyfduisend mense kry genoeg om te eet Johannes 6:4-15 8Die verwysing in 6:4 na die Pasga* wat naby is, kan moontlik daarop sinspeel dat Jesus die ou betekenis van die fees met ’n nuwe betekenis vervang. Daar word drie maal in dié Evangelie na ’n Paasfees* verwys. Die eerste maal is in 2:13, 23 waar daar oor die dood van Jesus gepraat word. In die verwysing in 11:55-57 is Jesus al op pad kruis toe. Hier in hoofstuk 6 gee Jesus die brood van die lewe wat sy liggaam is. Dit is nie soos die manna wat net tydelik lewe gee nie, maar die brood wat Jesus gee, gee die ewige lewe. Die Paasfees was die fees waarop die Jode die uittog uit Egipte gevier het. Die bloed van die paaslam wat geslag is, het verseker dat die Jode die doodsengel vryspring. In dié Evangelie sterf Jesus as die Lam van God (1:29, 36) terwyl die Jode die Paasfees vier. Filippus is bekommerd oor die geld wat ’n ete gaan kos. Dit is inderdaad ’n klein fortuin (6:7). In die grondteks staan daar “200 denarii”. Een denarius was die ekwivalent van een dag se arbeidsloon. Dié 200 denarii is dus die geld wat ’n handearbeider in sowat ’n jaar verdien het. Daarmee kon hy sy gesin beswaarlik aan die lewe hou. Dit is nie eers genoeg vir kos nie. In die lig van die menslike onvermoë word die vermoë van God juis groter. Andreas se opmerking in 6:9 beklemtoon juis die hopeloosheid van die situasie vanuit menslike hoek. Wat is vyf garsbrode (gewoonlik die armer mense se kos) en twee vissies (waarskynlik gesout en gedroog) vir so baie mense? In 6:10 word dit duidelik hoe groot die probleem regtig is. Net die mans was ongeveer 5 000 – dit beteken ’n broodjie tussen 1 000 mans! Elke man sal dan weer dié brood onder sy gesin moes verdeel. Die bymekaarmaak van die kos wat oorgebly het, was ’n Joodse gewoonte. Twee sake val op. Daar is meer kos ná die tyd oor as wat daar vóór die tyd was – twaalf mandjies vol het oorgebly! Dit het hoogs waarskynlik simboliese betekenis. Daar was een broodjie vir elke 1 000 mans. Nou is daar ’n mandjie vol vir elkeen van die twaalf dissipels! Wat Jesus aan sy kerk en die gelowiges voorsien, sal nooit opraak nie. Dit vier gelowiges nog met elke nagmaal. Die reaksie van die mense volg in 6:14. Die wonderteken wat Jesus gedoen het, het hulle oortuig dat Hy die profeet is wat sou kom; hulle bedoel waarskynlik ’n profeet soos Moses (Deut. 18:15-19). Die eerste-eeuse Jode het dié profeet as Messiaanse figuur gesien. Die brood wat Jesus vermeerder, laat aan die manna van Moses dink, soos uit die res van Johannes 6 blyk. Hulle probeer Jesus egter binne hulle beperkte politieke opvattings inpas. Hulle wil Hom daar en dan Jerusalem toe vat en Hom as koning aankondig. Dit impliseer politieke revolusie, want Pilatus en die Romeinse Ryk sal eers onttroon moet word. En 5 000 mans is in alle geval genoeg vir ’n goeie rebellie. Jesus was egter nie ’n politieke Messias nie. Hy was die Koning van die koninkryk wat nie van hierdie wêreld is nie (18:36). Daarom het Jesus verder die berg uitgeklim, net Hy alleen. Hy wil nie net die paar Jode in Palestina in die eerste eeu red nie, maar moet die wêreld van die mag van die owerste van die wêreld, die Satan, red. Daarom is Hy vandag nog ons Redder.
Mat 14:15-21
Loading...
(15)  Toe dit al aand begin word, het sy dissipels vir Hom kom sê: “Dit is ‘n afgeleë plek en dit het al laat geword. Stuur die mense terug dat hulle vir hulle kan gaan kos koop in die dorpe.” (16)  Maar Jesus sê vir hulle: “Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet.” (17)  Hulle sê toe vir Hom: “Ons het hier net vyf brode en twee visse.” (18)  “Bring dit vir My hier,” sê Hy. (19)  Hy het die menigte beveel om op die groen gras te gaan sit om te eet. Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en vra die seën. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan sy dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee. (20)  Al die mense het geëet en genoeg gekry, en hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood wat oorgebly het. (21)  Daar was omtrent vyf duisend mans wat geëet het, afgesien van die vrouens en kinders.
Mar 6:35-44
Loading...
(35)  Toe dit al baie laat was, het Jesus se dissipels vir Hom kom sê: “Dit is ‘n afgeleë plek hierdie en dit is al baie laat. (36)  Stuur die mense terug sodat hulle op die plase in die omtrek en in die dorpies vir hulle iets te ete kan koop.” (37)  Maar Hy sê vir hulle: “Gee julle vir hulle iets om te eet.” Hulle antwoord Hom: “Moet ons met twee honderd mense se dagloon brood gaan koop om vir hulle iets te ete te gee?” (38)  Hy vra vir hulle: “Hoeveel brood het julle? Gaan kyk.” Nadat hulle gaan kyk het, sê hulle: “Vyf, en twee visse.” (39)  Hy het hulle opdrag gegee om al die mense klompies-klompies op die groen gras te laat sit om te eet. (40)  Die mense het in groepe van honderd en in groepe van vyftig gaan sit. (41)  Toe het Hy die vyf brode en die twee visse geneem, na die hemel opgekyk en die seën gevra. Daarna het Hy die brood gebreek en dit vir sy dissipels gegee om aan die mense voor te sit. Hy het ook die twee visse onder hulle almal verdeel. (42)  Al die mense het geëet en genoeg gekry. (43)  Hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood en die vis. (44)  Van dié wat van die brood geëet het, was net die mans vyf duisend.
Luk 9:12-17
Loading...
(12)  Toe die son begin sak, kom die twaalf na Hom toe en sê: “Stuur die mense weg dat hulle by die dorpe en plase in die omtrek slaapplek en kos kan gaan soek, want ons is hier op ‘n verlate plek.” (13)  “Gee julle vir hulle iets om te eet,” sê Hy toe vir hulle. Maar hulle antwoord: “Ons het hier niks meer as vyf brode en twee visse nie. Of moet ons self vir hierdie klomp mense gaan kos koop?” (14)  Net die mans bymekaar was al omtrent vyf duisend. Toe sê Jesus vir sy dissipels: “Laat die mense in groepe van sowat vyftig gaan sit om te eet.” (15)  Hulle het toe so gemaak en almal laat regsit. (16)  Daarna het Hy die vyf brode en die twee visse geneem, na die hemel opgekyk en die seën gevra. Toe breek Hy dit en gee dit vir die dissipels om aan die mense voor te sit. (17)  Almal het geëet en genoeg gekry. Wat oorgebly het, het hulle bymekaargemaak, twaalf mandjies vol.
Joh 6:3-15
Loading...
(3)  Jesus het toe teen die berg opgegaan en met sy dissipels daar gaan sit. (4)  Die Paasfees van die Jode was naby. (5)  Toe Jesus rondkyk en sien dat ‘n groot klomp mense na Hom toe aankom, sê Hy vir Filippus: “Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet?” (6)  Dit het Hy net gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self goed geweet wat Hy gaan doen. (7)  Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle ‘n stukkie brood te laat kry nie.” (8)  ‘n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: (9)  “Hier is ‘n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?” (10)  Toe sê Jesus: “Laat die mense gaan sit.” Daar was baie gras op daardie plek en die mense het gaan sit. Die mans alleen was omtrent vyf duisend. (11)  Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel aan die mense wat daar gesit het, en net so ook soveel van die vis as wat hulle wou hê. (12)  Nadat die mense versadig was, sê Hy vir sy dissipels: “Maak die stukke bymekaar wat oorgebly het sodat daar niks verlore gaan nie.” (13)  Hulle het dit toe bymekaargemaak. Daar was twaalf mandjies vol met die stukke wat van die vyf garsbrode oorgebly het nadat die mense klaar geëet het. (14)  Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” (15)  Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.  

Insident 103.       Jesus bid alleen en loop op die see. Maart 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die bootrit vanaf die                       plek waar die skare gevoed is na Betsaida.

KommentaarMattheusMarkusJohannes
Mat, Mar en Joh skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus loop op die water Matteus 14:22-27 8 Dis ’n droom so oud soos die mensdom self: om letterlik die water aan jou voete te hê. Reeds in antieke tye is dit as een van die menslik onmoontlike dinge gereken. Iemand wat sou durf beweer hy kan op water loop, moes hom gereedmaak vir die spot van die gemeenskap. Dis immers ’n eienskap wat slegs die gode of gode-seuns beskore was.   Die verhaal van Jesus wat op die See van Galilea loop, vertoon sterk ooreenkomste met die stilmaak van die storm in Matteus 8:23-27. Hier is ook sprake van die dissipels in ’n skuit (14:22), van ’n storm wat woed (14:24, 30) en gaan lê (14:32), van die vrees van die dissipels (14:26), van ’n hulpkreet: Here, red (14:30), van Jesus se ligte verwyt: Jou geloof is maar bitter klein (14:31), en van Jesus se dissipels wat Hom vereer (14:33). Die ooreenkomste vestig die leser se aandag daarop dat ook hierdie vertelling iets meer inhou as ’n blote weergawe van ’n dramatiese gebeurtenis op see. Dit word ’n voorbeeld van die bekendstelling van Jesus se identiteit, en van hoe individuele gelowiges hulle vrees en omstandighede kan oorkom deur alle vertroue in Jesus te stel.   Na die vermeerdering van die brood gaan put Jesus eers krag uit gebed terwyl sy dissipels solank in die skuit vooruitvaar (14:22-23). Die skuit word egter deur ’n sterk teenwind geteister (14:24). Die feit dat die dissipels teen die woeste golwe moes veg, laat ons aan iets meer as net moeilike weersomstandighede dink. Dit wys in die rigting van allerlei angswekkende gebeure waardeur die gelowige bedreig word. Ook die nag en water dui daarop. In die Bybel word hulle dikwels as simbole gebruik vir benouende omstandighede (vgl. Ps. 18:16-17; 32:6; 91:5-6).   Om alles te kroon sien hulle ’n figuur oor die water aangeloop kom. In die lig van mense se opvattings destyds oor loop op water, is dit te verstane dat hulle dit as ’n bonatuurlike verskynsel verstaan en bang uitroep dat dit ’n spook is (14:26).   Jesus se woorde: Toemaar, moet julle nie ontstel nie. Dit is Ek (14:27), vervul ’n tweërlei doel. Eerstens omskep dit ’n vreesaanjaende bonatuurlike gebeure tot iets alledaags: dit is Jesus vir wie hulle mos goed ken. En tweedens herinner dit aan die Naam waarmee God Hom by die brandende doringbos aan Moses bekend gestel het: Ek is soos wat Ek is (Eks 3:14). Beide gedagtes bring kalmte en verdryf die bangheid: Dit is Jesus, die bekende en vertroude, maar Hy is terselfdertyd die getroue Verbondsgod wat uitkoms in hulle nood kan gee. Hy is Immanuel, God-by-ons (1:23), en aan Hom behoort die volle mag (28:18).
Mat 14:22-27
Loading...
(22)  Net daarna het Jesus sy dissipels in die skuit laat klim om solank voor Hom uit te vaar na die oorkant toe terwyl Hy nog eers die mense huis toe laat gaan. (23)  Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen. (24)  Die skuit was reeds ‘n paar kilometer van die kus af en is deur die golwe geteister, want die wind was van voor. (25)  Met dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom. (26)  Toe sy dissipels Hom op die see sien loop, het hulle groot geskrik en gesê: “Dis ‘n spook!” Van angs het hulle hard begin skreeu. (27)  Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”
Mar 6:45-52
Loading...
(45)  Net daarna het Jesus sy dissipels aangesê om in die skuit te klim en solank vooruit te gaan na die oorkant, na Betsaida toe, terwyl Hy nog eers die mense huis toe stuur. (46)  Nadat Hy hulle laat gaan het, het Hy die berg op gegaan om te bid. (47)  Toe dit aand word, was die skuit al ver weg die see in en Jesus alleen op die strand. (48)  Hy het gesien hulle roei swaar, want die wind was teen hulle. Teen dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom, en Hy wou langs hulle verbygaan. (49)  Toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gedink dit is ‘n spook. Hulle het hard geskreeu, (50)  want hulle het Hom almal gesien en groot geskrik. Maar Hy het dadelik met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.” (51)  Hy het toe by hulle in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Hulle was heeltemal uit die veld geslaan, (52)  want hulle het nie werklik verstaan wat die vermeerdering van die brood beteken nie; hulle kon dit nog nie begryp nie.  
Joh 6:16-21
Loading...
(16)  Toe dit aand word, het Jesus se dissipels na die see toe gegaan, (17)  in ‘n skuit geklim en weggevaar na Kapernaum toe, oorkant die see. Dit was al donker en Jesus was nog steeds nie by hulle terug nie. (18)  Daarby het die see onstuimig geword, omdat daar ‘n sterk wind gewaai het. (19)  Toe hulle sowat vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom, en hulle het bang geword. (20)  Maar Hy sê vir hulle: “Dit is Ek; moenie bang wees nie.” (21)  Hulle was toe gewillig om Hom in die skuit te neem, en daarna het die skuit by die land aangekom waarheen hulle op pad was.

Insident 104.       Petrus loop op die see en sink. Maart 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die bootrit vanaf die                                               plek waar die skare gevoed is na Betsaida.

KommentaarMattheus
Mat skryf verder vanaf die vorige insident.   Petrus loop op die water.
Mat 14:28-33
Loading...
8
Nou skep Petrus moed. Hy wil ook op die water loop. En dan gebeur die menslik onmoontlike. Hy, ’n gewone mens net soos die ander dissipels, begin op die water loop. Dat die twyfel egter vlak in sy gemoed lê, blyk uit twee waarnemings: Petrus se woorde as dit regtig U is (14:28), en dat die hoë golwe uiteindelik die oorhand kry en hy begin sink (14:30).   Hierdie gebeure tipeer die gewone gelowige se lewe: deur angs en paniek geteister, selfs vol twyfel oor God, maar in staat om op die bevel van die Here – Kom dan (14:29) – bo die bangheid en twyfel uit te styg en die onmoontlike te doen; om by wyse van spreke op water te loop.   Ons moet egter onthou dat dit nie hier oor menslike bravade en triomfantisme gaan nie. Dis ’n loop in geloof. Jy is voortdurend bewus van jou eie twyfel, en dit gaan kort-kort met insinking gepaard waaruit ons telkens gered moet word (14:30). Tog hoor ons elke keer die Here se stem: Kom! Hy wíl hê dat ons dit sal waag op die pad van radikale liefde en gehoorsaamheid en só ons bangheid en kleingeloof oorkom.
Mat 14:28-33
Loading...
(28)  Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.” (29)  “Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (30)  Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!” (31)  Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?” (32)  Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. (33)  Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is waarlik die Seun van God.”  

Insident 105.        Jesus genees in Gennesaret. Maart 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Gennesaret.

KommentaarMattheusMarkus
Mat skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus maak almal gesond Matteus 14:34-36 8 Twee sake val op in hierdie gedeelte. Die eerste is dat Matteus telkens ’n soort opsommingsberig plaas oor die genesingsarbeid van Jesus – vergelyk 4:24; 8:16; 9:35; 12:15; 14:14; 15:29-31 en 21:14. Daarmee beklemtoon hy hoe intens Jesus jammer kry. Hy het ’n oog vir mense se nood gehad. Geen wonder nie dat Jesus in 11:5 dit as die tipiese eienskap van die Messias uitlig toe Johannes die Doper aan Jesus begin twyfel het.   Die tweede saak is hoe wyd en omvattend Jesus se gesondmaakwerk gestrek het. Vers 35-36 praat van daardie hele omgewing se siekes en dat Hy almal gesond gemaak het. Dit beklemtoon die gedagte dat Jesus se barmhartigheid Hom vooruit geloop het en mense na Hom toe getrek het.   Hierin lê iets besonders opgesluit vir die kerk van vandag. Wat mense ook al van ons dink en sê, een ding moet vasstaan, en dit is dat ons liefde en barmhartigheid wyd bekend sal wees.
Mat 14:34-36
Loading...
(34)  Hulle het toe land toe gevaar en by Gennesaret aan wal gegaan. (35)  Net toe die mense van daardie plek agterkom wie Hy is, het hulle boodskappers deur daardie hele omgewing gestuur, en die mense het almal wat ongesteld was, na Hom toe gebring. (36)  Hulle het Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak. En almal wat dit gedoen het, het gesond geword.
Mar 6:53-56
Loading...
(53)  Hulle het toe land toe gevaar en by Gennesaret aan wal gegaan. (54)  Toe hulle uit die skuit klim, het die mense Hom dadelik herken (55)  en in daardie hele landstreek rondgegaan en dié wat ongesteld was, op draagbare begin aandra na waar hulle gehoor het dat Hy is. (56)  Waar Hy ook al in dorpe of stede of op plase gekom het, het die mense die siekes op die bymekaarkomplekke neergesit en Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak; en almal wat aan Hom geraak het, het gesond geword.  

Insident 106.       Jesus die brood van die lewe vir die gelowiges. Maart 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die                                 ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.

KommentaarJohannes
Joh 6: 22 Volgens Johannes was hierdie insident een dag na die insident 103 en dus nog steeds in Maart 29 nC.  
Joh 6:59
Loading...
  Dit het Jesus gesê toe Hy die mense in die sinagoge in Kapernaum geleer het.   Dus het Jesus die mense in Kapernaum toegespreek.  
Joh 7:1
Loading...
(1)  Hierna het Jesus in Galilea rondgegaan. In Judea wou Hy dit nie doen nie, omdat die Jode daar Hom wou doodmaak.   Dus het hy eers in Galilea rond beweeg.   Jesus is die ware brood wat lewe gee Johannes 6:22-40 8 Die paragraaf 6:22-25 vorm die agtergrond vir die res van die gesprek. Daar word vertel hoe die Jode Jesus kom soek. Wat sou dit beteken? In 6:26 verwys Jesus na die rede waarom hulle Hom soek. Hulle het van die brode geëet en versadig geword. Daarom kom hulle weer na Hom soek. Maar, sê Jesus, die werklike betekenis agter die wonderteken het hulle nie raakgesien nie. Dit skep die spanningslyn vir wat volg. Gaan hulle uiteindelik die dieper betekenis van wat met hulle gebeur het, raaksien of gaan die brood maar net vir hulle gewone brood bly? Gaan dit vir hulle maar net daaroor dat hulle huidige behoefte aan kos bevredig is? Die antwoord kom later in 6:66-71. In die loop van hierdie gesprek moet elkeen wat dit lees, ook sy eie antwoord op die gebeure gee.   Die mense het baie moeite gedoen om Jesus te soek met die hoop om vir hulleself weer kos te kry. Nou moedig Jesus hulle aan om ook moeite te doen om die geestelike kos te kry (6:27). Dit is die kos wat nie net tydelik versadig nie, maar ’n mens vir ewig versadig hou. Hoe spesiaal dié brood is, word deur die twee opmerkings in 6:27 beklemtoon. Die Seun van die Mens sal die ware brood gee. Die Seun van die Mens word uit Daniël 7 met die hemelse Persoon verbind wat in die laaste dae die oordeel en ook redding van God sal bring. Dat die Seun van die Mens dit doen, beteken dat Hy God se finale gawe in die laaste dae is.   Die tweede opmerking is dat die Vader die Seun daartoe bestem het om dit te doen. In die Grieks staan daar dat die Vader die Seun “verseël” het. Dit beteken dat die Vader sy totale goedkeuring en ondersteuning aan die Seun gegee het. In 5:19-25 is daar reeds gesê dat die Vader die Seun alles gewys en gegee het, ook om die lewe te gee. Wie dus nie Jesus se woorde aanvaar nie, is eintlik ongehoorsaam aan God.   Die Jode het Jesus reg verstaan, want in 6:30 vra hulle vir Hom: Watter wonderteken doen U dan? Hy doen dit as bewys dat hulle juis in Hom moet glo. Die Jode het verwag dat hulle messias sal bewys dat hy van God af kom deur wonderlike dinge te doen. Dit sal wees soos Moses van ouds wat God se volk deur die krag van God moet lei. Hy sal dit doen omdat God dit vir hom moontlik maak. As iemand dus sulke wonderlike dinge doen, sal die Jode in hulle Skrifte gaan kyk of die persoon aan al die profesieë* voldoen. As alles mooi klop, sal hulle weet dit is die Messias van God. Daarom vra hulle hier ’n wonderteken van Jesus. Hulle is ook spesifiek oor die aard van die wonderteken. As Jesus die leier van die volk is soos wat Moses was, moet Hy soos Moses manna kan gee: Hy het aan hulle brood uit die hemel gegee om te eet (6:31). Manna, so bewys hulle deur die aanhaling, moontlik uit Psalm 78:24 (of Neh. 9:15, Eks 16:4, Ps. 105:40), kom uit die hemel, van God af. As Jesus dít kan gee, sal dit as bewys dien dat Hy inderdaad goeie kontak met God het.   Die Jode se reaksie op Jesus se antwoord is positief: Meneer, gee altyd vir ons hierdie brood. (6:34). Hulle wil van die brood hê. Jesus gee dit aan hulle (6:35), maar die vraag is of hulle die wil van die Vader gaan doen deur die brood te eet (te glo). Die negatiewe toon in 6:36 wys dat ’n mens met die Brood vóór jou kan staan, maar nie wil eet nie.   Die vraag is natuurlik hoekom die Jode, wat die Messias verwag het, nou nie die Messias wil aanvaar nie. Hy doen baie groter dinge as Moses. In 6:37 word die eerste maal melding gemaak van die Goddelike voorafbepaling in Johannes: Elkeen wat die Vader aan My gee, sal na My toe kom. Dit is egter nie asof die mens nou ’n blote pion word, wat willoos heen en weer tussen redding en verdoemenis geskuif word nie. Die mens wat glo, word weergebore en die mens wat weergebore word, glo. En dis God wat hierdie nuwe geboorte bewerk (1:12-13). Johannes los nêrens in sy Evangelie hierdie spanning op nie, maar laat dit as twee kante van dieselfde munt langs mekaar staan.   God die Vader het Jesus met ’n doel gestuur, en Jesus voer sy wil uit. Daarom sal Jesus nie ’n enkele een verlore laat gaan nie (vgl. 10:28-29). Die verwysing na elkeen wat op die laaste dag sal opstaan in 6:39, beklemtoon dat, hoewel gelowiges nou reeds die ewige lewe het, daar tog in die toekoms ’n spesiale oomblik gaan aanbreek waarop God sy plan van redding in die wêreld finaal gaan voltooi. Dan gaan Jesus die mense in die grafte laat opstaan. Dit beteken dat hulle ’n verheerlikte liggaam gaan kry om as volledige mens op te staan. Hoewel daar verskeie volke in die antieke wêreld was wat in lewe ná die dood geglo het, was die gedagte vreemd dat mense weer ’n fisieke liggaam gaan kry. Met sy terugkeer maak Jesus egter die gelowige weer volledig mens. Die opgewekte mens is dus nie die een of ander gees nie.   Jesus leer die Jode dat Hy die gawe van God is Johannes 6:41-59 8Die reaksie van die Jode in 6:41-42: Is hierdie man nie Jesus, die seun van Josef nie? bevestig dat hulle nie verstaan wie Jesus is nie. Vir hulle is Hy maar net mens, die seun van Josef. Hulle ken sy ma en pa, en hulle is ook maar net mense. Hulle sien Hom nie vir wie Hy is nie en glo daarom nie dat Hy uit die hemel kan kom nie (let op 6:40 se sien en glo). Binne die wêreldbeeld van destyds impliseer die koms uit die hemel Goddelikheid, want die hemel is die woonplek van God.   Jesus se reaksie in 6:43-46 gryp weereens terug na die Vader wat in beheer van alles is. Diegene wat aan die Vader behoort en van Hom leer, laat Hy na Jesus toe kom. Hierdie verse word soms geïnterpreteer asof die mens maar net kan hoop dat God hom of haar na Jesus toe sal trek. Tog sluit dit nie die oproep tot geloof uit nie (soos uit die daaropvolgende 6:47 blyk). Dit kan wees dat Johannes hier sterk klem lê op God wat mense na Jesus toe laat kom as antwoord op die Jode se snaakse, ongelowige gedrag. Die klem in dié verse val egter op mense wat deur die Vader onderrig word en na Hom luister en van Hom leer. Wie is hulle? Hulle is die mense wat hulle deur Jesus laat leer. Hy is die enigste Een wat die Vader gesien het en dus eerstehands weet wat die Vader sê en leer.   Daarom is dit belangrik om te besef dat Hy inderdaad uit die hemel kom. Die mense wat hulle dus deur Jesus laat leer, kan weet dat hulle deur God na Hom getrek is.   In 6:47-51 verduidelik Jesus die verskil tussen wat Hy doen en wat ’n gewone mens kan doen. Weereens speel die verskil tussen die aardse en die hemelse ’n belangrike rol. Die manna in die woestyn het die Jode se honger tydelik gestil, maar kon niks meer doen nie. Almal het nogtans gesterf. Jesus gee die brood wat alle (geestelike) behoeftes vir ewig stil. Wie van hierdie brood uit die hemel eet, sal vir altyd lewe. Natuurlik gaan dit hier om ’n beeld. Jesus is die brood en dit is sy liggaam. Die eet van die brood verwys na geloof en wat daarmee saamhang. Dit is die keuse waarvoor Jesus elkeen plaas: Gaan jy van die hemelse brood eet, en só die ewige lewe kry? Om dit moontlik te maak het Jesus sy liggaam gegee (6:51). Dit verwys natuurlik na die kruisdood van Jesus. Dit is ter wille daarvan dat die wêreld kan lewe beteken nie dat al die mense in die wêreld gered sal word nie. Dit beteken eenvoudig dat deur Jesus die moontlikheid om die ewige lewe te kry, vir almal oopgegaan het.   Die Skrifdeel 6:52-58 staan bekend as die nagmaalsgedeelte van Johannes, veral omdat daar van die eet van sy liggaam en die drink van sy bloed sprake is. Johannes gebruik egter nie die woord “nagmaal” hier nie, net soos hy ook nie na die nagmaal in die res van die Evangelie verwys nie. Die laaste ete met sy volgelinge (13:1-17) val byvoorbeeld nie met die paasmaaltyd saam nie. As die paaslammers in die tempel vir die maaltyd geslag word, hang Jesus reeds aan die kruis. Die rede waarom Johannes nie direk na die nagmaal self verwys nie, is nie heeltemal duidelik nie. Waarskynlik was daar mense wat die nagmaal oorbeklemtoon het en selfs gedink het dat die nagmaal genoeg is om die redding te verseker. Deur wel daaroor te praat (soos in 6:52-58), maar dit nie direk te noem nie, toon Johannes sy afkeer van hierdie oorbeklemtoning van die nagmaal. Destyds het mense dikwels iemand of iets se naam geïgnoreer om dit so ’n bietjie te onderbeklemtoon. Die nagmaal is nie daar ter wille van die nagmaal nie, maar omdat Jesus daar is. Die nagmaal moet ’n mens by Jesus uitbring om enigsins van waarde te wees.   Wie Jesus se liggaam eet en sy bloed drink, hét die ewige lewe. Dit is die boodskap van die nagmaal. Wie dit só vier, verstaan waaroor dit in die nagmaal gaan. In 6:56 sê Jesus dat die een wat sy liggaam eet, beleef ’n innige verhouding met My en Ek met hom. Dit is die tipiese Johannes se manier waarop die intieme verhouding wat tussen Jesus en die gelowige tot stand kom, beskryf word. Dit gaan egter nie oor ’n soort mistieke vereniging nie, maar moet prakties verstaan word. Dit gaan daaroor dat Jesus se invloed en alles wat Hy gedoen het, op daardie persoon oorgaan. Daardie persoon kry die nuwe lewe (of nuwe bestaanswyse) saam met Jesus en die Vader (6:57). Hy of sy moet gevolglik in ooreenstemming met hierdie nuwe status leef. Dit is wat die innige verhouding met mekaar beteken. ’n Nuwe lewe begin. Die mens word oorspoel deur die gawes van Christus, maar word tegelyk ook opgeneem in die verantwoordelikhede wat dit meebring om ’n kind van God te wees. Die nagmaal herinner jou dus nie net aan wat Jesus vir jou gedoen het nie, maar ook aan wat jy vir Hom moet doen.   Baie van sy dissipels sien net nie meer kans om Jesus te volg nie Johannes 6:60-71 8 Johannes 6:60 en 66 dui daarop dat daar skeuring onder die volgelinge van Jesus gekom het. Wat Jesus gesê het, was te erg. Dit gaan nie net oor die eet en drink van die liggaam en bloed van Jesus nie. Die Jode het dit sekerlik ook figuurlik verstaan. Omdat die tema van Jesus se dood klem in hierdie gedeelte ontvang (en ook in 6:64, 70-71 in fokus kom), is die implikasie dat die volgelinge ook soos Jesus bereid moet wees om hulle lewe op te offer. Jesus het immers ’n innige verhouding met hulle. Dit kan ook ’n rede wees waarom van Jesus se volgelinge nie by Hom wou bly nie. Die belydenis van Petrus is aangrypend en leersaam. Wat maak die verskil tussen mense wat by Jesus bly en dié wat nie by Hom wil bly nie? Die verskil is Jesus. Wie Jesus vir jou is en wat Hy vir jou doen, maak die hele verskil. Hy is die Heilige van God, die unieke Seun van God by, en net by Hom kan die ewige lewe gevind word.   
Joh 6:22-71
Loading...
(22)  Die mense wat oorkant die see was, het gesien dat daar net een skuitjie is en geweet dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit geklim het nie, maar dat hulle alleen weggevaar het. Die volgende dag (23)  kom daar toe ander skuitjies van Tiberias af aan naby die plek waar die mense die brood geëet het nadat die Here daarvoor gedank het. (24)  Toe die mense sien dat Jesus nie daar is nie en sy dissipels ook nie, het hulle in die skuitjies geklim en na Kapernaum toe gevaar op soek na Jesus. (25)  En toe hulle Hom oorkant die see kry, vra hulle vir Hom: “Rabbi, wanneer het u hierheen gekom?” (26)  Jesus antwoord hulle: “Dít verseker Ek julle: Julle soek My, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brood geëet en versadig geword het. (27)  Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen.” (28)  Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?” (29)  En Jesus antwoord hulle: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.” (30)  Hulle sê toe vir Hom: “Watter wonderteken kan u doen sodat ons dit kan sien en in u kan glo? Wat gaan u doen? (31)  Ons voorouers het manna in die woestyn geëet, soos daar geskrywe staan: Hy het aan hulle brood uit die hemel gegee om te eet.” (32)  Jesus het hulle geantwoord: “Dít verseker Ek julle: Dit is nie Moses wat vir julle die brood uit die hemel gegee het nie, maar dit is my Vader wat vir julle die ware brood uit die hemel gee. (33)  Die brood wat God gee, is Hy wat uit die hemel kom en aan die wêreld die lewe gee.” (34)  Hulle sê toe vir Hom: “Meneer, gee ons tog altyd hierdie brood.” (35)  Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie. (36)  Maar wat julle betref, Ek het reeds gesê: Julle sien My, en tog glo julle nie in My nie. (37)  Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie. (38)  Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. (39)  En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan. (40)  Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.” (41)  Die Jode het gemor omdat Hy gesê het: “Ek is die brood wat uit die hemel gekom het.” (42)  Hulle het gesê: “Is dit nie Jesus die seun van Josef nie? Ons ken mos sy pa en ma. Hoe kan hy nou sê: Ek kom uit die hemel?” (43)  Jesus sê toe vir hulle: “Moenie so onder mekaar mor nie. (44)  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. (45)  By een van die profete staan daar geskrywe: ‘En hulle sal almal mense wees wat deur God geleer is.’ Elkeen wat na die Vader geluister en van Hom geleer het, kom na My toe. (46)  Dit wil nie sê dat iemand anders al die Vader gesien het nie; net Hy wat van God af kom, Hy het die Vader gesien. (47)  Dit verseker Ek julle: Wie in My glo, het die ewige lewe. (48)  Ek is die brood wat lewe gee. (49)  Julle voorouers het in die woestyn manna geëet en tog gesterwe. (50)  Maar hier is die brood wat uit die hemel kom sodat ‘n mens daarvan kan eet en nie sterwe nie. (51)  Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.” (52)  Die Jode het toe onder mekaar begin stry en gesê: “Hoe kan hy sy liggaam vir ons gee om te eet?” (53)  Maar Jesus sê vir hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle nie die liggaam van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle nie die lewe in julle nie. (54)  Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. (55)  My liggaam is die ware voedsel, en my bloed is die ware drank. (56)  Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. (57)  Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur Hom lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe. (58)  Hierdie brood wat uit die hemel gekom het, is nie soos die manna wat julle voorouers geëet het nie. Hulle het dit geëet en tog gesterwe. Wie hierdie brood eet, sal ewig lewe.” (59)  Dit het Jesus gesê toe Hy die mense in die sinagoge in Kapernaum geleer het.   Baie van Jesus se dissipels sien nie meer kans om Hom te volg nie (60)  Toe hulle dit hoor, het baie van Jesus se dissipels gesê: “Wat Hy nou sê, is darem te erg. Wie kan daaraan gehoor gee?” (61)  Jesus het vanself geweet dat sy dissipels hieroor mor, en Hy sê vir hulle: “Skrik dit julle af? (62)  Wat dan nog as julle die Seun van die mens sien opvaar na waar Hy voorheen was? (63)  Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees en gee lewe. (64)  Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie.” Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat Hom sou verraai. (65)  Verder het Hy gesê: “Daarom het Ek vir julle gesê niemand kan na My toe kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie.” (66)  Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie. (67)  Toe vra Jesus vir die twaalf: “Wil julle nie ook weggaan nie?” (68)  Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. (69)  En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is.” (70)  Jesus het daarop vir hulle gesê: “Het Ek nie self julle twaalf uitgekies nie? En een van julle is ‘n duiwel!” (71)  Hy het Judas die seun van Simon Iskariot bedoel, want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.
Joh 7:1
Loading...
(1)  Hierna het Jesus in Galilea rondgegaan. In Judea wou Hy dit nie doen nie, omdat die Jode daar Hom wou doodmaak.

Insident 107.       Jesus bestraf die oorlewering van die ou mense. Maart 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die                                              ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.

KommentaarMattheusMarkus
Mat en Mar skryf hier verder vanaf insident 105.   Sien
Joh 7:1
Loading...
Hierna het Jesus in Galilea rondgegaan. In Judea wou Hy dit nie doen nie, omdat die Jode daar Hom wou doodmaak.   Dus het Jesus vir ‘n geruime tyd in Galilea en om Sy Tuisdorp Kapernaum.   Jesus het Judea dus doelbewus vermy. Dit was nog nie die tyd dat hy gekruisig moes word nie. Nou kom die Fariseërs na Hom toe met hulle strik vrae.   God se opdrag is belangriker as enige menslike tradisie Markus 7:1-23 8 In hierdie gedeelte laat val Markus weereens die fokus op die gesag waarmee Jesus die mense onderrig het. Die gebeure kan in drie gedeeltes opgedeel word: ’n konfrontasie tussen Jesus en die godsdienstige leiers (7:1-13), Jesus se onderrig aan die menigte (7:14-15) en sy onderrig aan die dissipels (7:17-23).   In die eerste gedeelte (7:1-13) vertel Markus van die konfrontasie tussen Jesus en sommige van die Joodse godsdienstige leiers. Die aanleiding tot hierdie konfrontasie is die feit dat die Fariseërs en sommige skrifkenners wat van Jerusalem af gekom het, opgelet het dat party van Jesus se dissipels hulle kos geëet het voordat hulle hulle hande deeglik gewas het. Vir ons vandag lyk dit miskien na ’n onbenulligheid, maar in die Joodse godsdienstige opset was dit ’n baie belangrike saak. Hulle het ’n magdom voorskrifte gehad waarvolgens onderskei is tussen wie en wat rein en onrein was. Baie van hierdie voorskrifte het nie in die Ou Testament self gestaan nie, maar was mensgemaakte reëls wat met die jare bygekom het. Dit is die voorvaderlike tradisie waarvan Markus in 7:3 praat. Vir die Fariseërs en die skrifkenners was hierdie gebruike net so belangrik as die Ou Testament.   Volgens hierdie voorskrifte moes ’n mens byvoorbeeld gereeld jou hande was – nie soseer omdat hulle vuil was nie, maar omdat jy deur die ritueel* gesorg het dat jy rein bly. ’n Voorbeeldige Jood sou eers gewas het nadat hy op die markplein was omdat hy daar miskien kontak met onrein mense of goed gehad het (7:4). Agter al hierdie voorskrifte was daar ’n dieper motief, naamlik om jouself vir God aanvaarbaar te maak. Daarom het die Fariseërs en die skrifkenners met groot erns probeer om die voorskrifte stiptelik na te kom.   Uit wat Markus reeds vroeër in die Evangelie vertel het, is dit duidelik dat Jesus Hom doelbewus nie aan hierdie voorskrifte tussen wat rein en onrein was, gehou het nie: Hy het aan ’n melaatse geraak (1:41), saam met “onreines” geëet (2:16), aan ’n lyk geraak (5:41), toegelaat dat ’n “onrein” vrou aan Hom vat (5:27-28) en in ’n heidense streek sy boodskap gaan verkondig (5:1-20). Nou vind daar ’n openlike konfrontasie tussen Jesus en die voorstanders van die reinheidsvoorskrifte plaas. Op hierdie wyse probeer hulle om in die openbaar te wys dat Jesus ’n swak leermeester is. Dit is dus nie bloot ’n woordewisseling met Jesus nie, maar ’n poging om Hom in die openbaar te verneder en so sy werk te ondermyn. Jesus verdedig Homself egter op ’n skitterende wyse. Hy antwoord nie bloot op die vraag wat hulle vra nie. Hy wys vir hulle waar hulle eintlike probleem lê: hulle skynheiligheid. Jesus sluit aan by Jesaja 29:13. In hierdie aanhaling is daar twee sake wat belangrik is: (1) Daar is ’n groot verskil tussen opregte godsdiens wat uit ’n mens se hart kom en oppervlakkige godsdiens wat bloot lippetaal is. (2) Dit is verkeerd om dinge wat mense uitgedink het voor te hou asof dit opdragte is wat van God af kom. Jesus verwyt hulle dat hulle besig is om God se opdrag te ignoreer en vas te hou aan menslike tradisies* (7:8). In 7:9-13 wys Jesus dat hulle nog ’n erger fout maak. Hulle gebruik die menslike tradisies* om God se opdragte opsy te skuif. Die Here verwag byvoorbeeld van mense om hulle ouers te eer. Die godsdienstige leiers het egter ’n mensgemaakte voorskrif gehad (ook korban* genoem) wat ’n uitkomkans uit hierdie gebod gebied het vir mense wat nie vir hulle ouers iets wou gee nie. Markus vertel nie wat die Fariseërs en die skrifkenners se reaksie hierop was nie. ’n Mens kan egter die afleiding maak dat hulle, soos vorige kere, niks terug kon antwoord nie. In die tweede deel (7:14-15) roep Jesus die menigte nader en onderrig hulle weer. Deur hierdie optrede wys Hy dat Hy inderdaad ’n gesagvolle Leermeester is. Die aanslag van die Joodse leermeesters het misluk. Jesus se onderrig aan die skare is kort en kragtig – net soos in die geval van die voorbeelde in 4:1-32. Met die kort uitspraak in 7:15 antwoord Jesus nou meer direk op die vraag wat die Fariseërs en die skrifkenners gevra het. Op ’n verrassende manier trek Jesus ’n streep deur die hele Joodse reinheidsisteem! Dit is nie die dinge wat van buite af kom (bv “onrein kos”) wat ’n mens onrein maak nie, maar wel die onrein dinge wat uit mense uitgaan. Hierdie onderskeid sluit aan by die aanhaling wat Hy in 7:6-7 gebruik het. Uit 7:18 blyk dit dat die skare nie werklik daardie uitspraak van Jesus verstaan het nie.
Mat 15:1-11
Loading...
(1)  In dié tyd het daar Fariseërs en skrifgeleerdes van Jerusalem af by Jesus gekom en Hom gevra: (2)  “Hoekom verontagsaam u dissipels die oorgelewerde gebruike van die voorgeslagte? As hulle gaan eet, was hulle nie hulle hande nie.” (3)  “Waarom verontagsaam julle self die gebod van God ter wille van julle oorgelewerde gebruike?” het Jesus geantwoord. (4)  “God het tog gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder’ en: ‘Wie sy vader of sy moeder vloek, moet sekerlik doodgemaak word.’ (5)  Maar julle bepaal: ‘As iemand vir sy pa of sy ma sê: Die hulp wat u van my sou kon kry, maak ek ‘n offergawe vir God, (6)  dan hoef hy nie meer sy plig teenoor sy pa na te kom nie.’ So ontneem julle die woord van God sy gesag ter wille van julle oorgelewerde gebruike. (7)  Huigelaars! Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom toe hy gesê het: (8)  Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. (9)  Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie.” (10)  Toe het Jesus die menigte nader geroep en vir hulle gesê: “Julle moet nou luister en mooi verstaan! (11)  Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak nie. Maar wat by die mond uitkom, dit maak ‘n mens onrein.”
Mar 7:1-16
Loading...
(1)  Die Fariseërs en sommige skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, kom toe by Jesus. (2)  Hulle het gesien party van sy dissipels eet hulle kos met onrein hande, dit is met hande wat nie gewas is nie. (3)  Die Fariseërs, en tewens die Jode oor die algemeen, eet immers nie as hulle nie eers hulle hande behoorlik gewas het nie. So hou hulle hulle aan die oorgelewerde gebruik van die voorgeslagte. (4)  En wanneer hulle van die dorp af kom, eet hulle nie as hulle nie eers gewas het nie. Daar is ook nog baie ander oorgelewerde gebruike waaraan hulle hulle hou soos hoe om koppies, bekers, bakke en stoele te was. (5)  Die Fariseërs en die skrifgeleerdes vra Hom toe: “Waarom handel u dissipels nie volgens die oorgelewerde gebruik van die voorgeslagte nie en eet hulle met onrein hande?” (6)  Hy antwoord hulle: “Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom. Julle is skynheiliges, soos daar geskrywe staan: Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. (7)  Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie. (8)  Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas.” (9)  Hy het verder vir hulle gesê: “Julle verstaan die kuns goed om die gebod van God opsy te skuiwe en julle oorgelewerde gebruike in stand te hou. (10)  Moses het gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder’ en: ‘Wie sy vader of sy moeder vloek, moet sekerlik doodgemaak word.’ (11)  Maar julle sê: ‘Iemand kan vir sy pa of sy ma sê: Enige gawe wat u van my sou kon kry, is korban,’ dit wil sê: ‘n offergawe vir God. (12)  En so laat julle hom toe om hoegenaamd niks vir sy pa of sy ma te doen nie. (13)  So ontneem julle die woord van God sy gesag deur julle oorgelewerde gebruike wat julle op julle beurt weer oorgelewer het. Daar is ook nog baie ander sulke dinge wat julle doen.” (14)  Daarna het Jesus weer die menigte nader geroep en vir hulle gesê: “Luister julle almal hier na My en verstaan dit goed: (15)  Niks wat van buite af in ‘n mens ingaan, kan hom onrein maak nie; maar die dinge wat uit ‘n mens uitkom, dít maak hom onrein.”
Mar 7:16
Loading...
(16)  As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor!  

Insident 108.       Gelykenis privaat verduidelik. Maart 29 nC.  Sien Kaart 10.4 vir die ligging van                                        Kapernaum.

KommentaarMattheusMarkus
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.   Markus 7:17-23 8 Daarna volg die derde deel van die gebeure. Jesus en sy dissipels is alleen in ’n huis – dus weer ’n geleentheid vir die dissipels se besondere voorreg van private onderrig (4:34). Dit blyk dat die dissipels ook nie Jesus se uitspraak verstaan het nie. (Vgl. die vollediger bespreking oor die dissipels se onkunde by 8:14-21.) Net soos in die geval van die voorbeeldverhale (vgl. die bespreking by 4:10-12) was dit vir hulle soos raaisels. Jesus se vollediger verduideliking bestaan uit twee dele:   In 7:18-19 verduidelik Jesus die eerste deel van sy uitspraak: Begryp julle nie dat wat jy eet jou nie onrein kan maak nie? Dit kom daarop neer dat die kos wat ’n mens eet so ’n pad deur die liggaam loop dat dit nie naastenby naby ’n mens se hart (jou geestelike lewe) uitkom nie. Daarmee wil Jesus sê dat die onderskeid tussen rein en onrein kos niks met die wesenlike sake in ’n mens se verhouding met God te doen het nie. Hoe belangrik hierdie uitspraak van Jesus vir Markus is, kan ’n mens sien uit die feit dat hy sy lesers se aandag vestig op die implikasies daarvan: Daarmee het Jesus gewys dat ’n mens enige soort kos mag eet.   In 7:20-23 verduidelik Jesus die tweede deel van sy uitspraak: Wat uit ’n mens gaan, dít is wat jou onrein maak. Hier wys Hy baie duidelik dat dit die innerlike gesindheid van ’n mens is wat hom/haar onrein maak. Om ’n klomp voorskrifte te hê wat op uiterlike dinge konsentreer, help niks. Al sou ’n mens al die reëls stiptelik nakom, is dit nog geen waarborg dat ’n mens se innerlike gesindheid nie steeds onrein is nie. Vir hedendaagse gelowiges is die onderskeid tussen rein en onrein kos nie eintlik meer ’n twispunt nie. Nogtans is daar ’n paar belangrike sake wat ons moet raaksien:   • Godsdiens wat gebaseer is op ’n klomp moets en moenies is geen waarborg dat ’n mens se innerlike gesindheid reg is nie (Kol 2:8, 16-17). God verwag dat ’n mens se hart aan Hom moet behoort. As ’n mens se hart aan God behoort, sal dit ’n mens se hele lewe ingrypend beïnvloed.   • Dit is heeltemal verkeerd om enige menslike voorskrif aan ander gelowiges voor te hou asof dit Goddelike opdragte is.   • Dit is belangrik om raak te sien op watter gesagvolle wyse Jesus hier onderrig. Die ander rabbi’s se onderrig het daaruit bestaan dat hulle dit wat reeds in die Ou Testament en deur die oorgelewerde gebruike (soos hier) vasgelê is, uitgelê het. Omdat Jesus die Seun van God is, lê Hy nie net die Ou Testament uit nie. Hy kan selfs Ou-Testamentiese voorskrifte (bv die onderskeid tussen rein en onrein) ophef.  
Mat 15:12-20
Loading...
12  Daarna het die dissipels na Hom toe gekom en gesê: “Weet U dat die Fariseërs hulle vererg het toe hulle gehoor het wat U sê?” 13  Maar Jesus antwoord: “Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal uitgetrek word. 14  Laat staan hulle maar; hulle is blinde leiers van blindes. As ‘n blinde ‘n blinde lei, val altwee in die sloot.” 15  Petrus sê toe vir Hom: “Verduidelik tog vir ons die beeldspraak.” 16  “Verstaan ook julle dit nog nie?” antwoord Jesus. 17  “Begryp julle nie dat alles wat by die mond ingaan, na die maag toe gaan en daarna uit die liggaam uitgaan nie? 18  Maar wat by die mond uitkom, kom uit die hart, en dít is die dinge wat die mense onrein maak. 19  Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery. 20  Dít is die dinge wat ‘n mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te eet, maak ‘n mens nie onrein nie.”
Mar 7:17-23
Loading...
17  Toe Hy van die menigte af weer huis toe gegaan het, het sy dissipels Hom oor hierdie beeldspraak uitgevra. 18  Hy sê toe vir hulle: “So, dan verstaan julle dit ook nie? Begryp julle nie dat niks wat van buite af in ‘n mens ingaan, hom onrein kan maak nie, 19  omdat dit nie in sy hart ingaan nie maar in sy maag, en daarna uit sy liggaam uitgaan?” Daarmee het Hy alle kos rein verklaar. 20  “Maar,” het Hy verder gesê, “wat van binne af uit ‘n mens kom, dít maak ‘n mens onrein. 21  Van binne af, uit die hart van die mens, kom die slegte gedagtes: onkuisheid, diefstal, moord, 22  owerspel, hebsug, kwaadwilligheid, bedrog, losbandigheid, afguns, kwaadpratery, hoogmoed, ligsinnigheid. 23  Al hierdie slegte dinge kom van binne af en dit maak ‘n mens onrein.”

Insident 109.       Siro-Fenisiese (Kananitiese) Vrou. April 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf Kapernaum na Sidon.

KommentaarMattheusMarkus
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus se bestraffing van die Fariseërs veroorsaak al meer spanning. Nou gaan Hy na die heidene.   Dit moet ‘n lang reis na Tirus en Sidon gewees het..
 
Die volgende Joodse Pasga was op 18 April volgens Verwysing 5. Jesus het dit doelbewus nie bygewoon nie en Hy het na noordwaarts na Tirus en Sidon gereis. Ons kry die rede in
Joh 7:1
Loading...
(1)  Hierna het Jesus in Galilea rondgegaan. In Judea wou Hy dit nie doen nie, omdat die Jode daar Hom wou doodmaak.” Dit was nog nie die tyd van Sy kruisiging nie. waarskynlik na Maart 29 nC.   Jesus reageer positief op die besondere geloof van ’n heidense vrou Markus 7:24-30 8    Die bediening in Fenisië   Hierdie gebeure speel in ’n nie-Joodse gebied af. Jesus het nie daarheen gegaan om te gaan preek nie, maar wel om te gaan rus Hy is egter reeds hier ook al bekend en ’n nie-Joodse vrou kom vra Hom om haar dogter van ’n onrein gees te bevry. Met hierdie verhaal wil Markus drie sake beklemtoon:   • Jesus is na Israel gestuur. Die Jode was God se uitverkore volk met wie Hy ’n verbond* gesluit het. Daarom is Jesus oorspronklik na hulle toe gestuur. Sy woorde in 7:27 bevestig dit: Dis glad nie mooi om die kindertjies se kos weg te vat en dit vir die huishondjies te gooi nie. Op dié manier sê Jesus vir haar dat Hy eintlik na die Jode gestuur is en nie na die nie-Jode nie. Die nie-Jode sal wel later ’n kans kry: Wag dat die kinders eers klaar eet.    • Die vrou se reaksie kry Jesus se goedkeuring. Volgens 7:28 erken sy dat die Jode op daardie stadium die voorkeur het, maar vra sy dat Jesus ook aan haar as ’n nie-Jood moet dink. Hierdie vrou se insig is besonder opvallend – veral as ’n mens daaraan dink dat Markus tot dusver voortdurend gewys het dat die Joodse skare en selfs die dissipels nie verstaan nie. Hierdie nie-Joodse vrou verstaan wat die Jode nie verstaan nie! Alhoewel Markus nie die woord “geloof” gebruik nie, is dit nogtans wat hy hier uitbeeld. Die vrou besef dat Jesus haar enigste hoop op redding is en daarom hou sy aan glo – selfs al het Jesus reeds “nee” gesê. Op hierdie manier gee Markus ’n aangrypende tekening van die krag van geloof.   • Jesus se almag is opvallend. Jesus dryf die onrein gees uit die meisie uit sonder dat Hy eers naby haar is. Hy sê bloot dat sy reeds gesond is.  
Mat 15:21-28
Loading...
21  Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon toe vertrek. 22  ‘n Kanaänitiese vrou wat in daardie gebied gewoon het, het onverwags by Hom aangekom. Sy het aanhoudend geroep: “Ontferm U oor my, Here, Seun van Dawid! My dogter is in die mag van ‘n bose gees, en dit gaan sleg.” 23  Maar Hy het haar niks geantwoord nie. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Stuur haar weg, want sy hou aan met skreeu hier agter ons.” 24  Jesus antwoord: “Ek is net na die verlore skape van die volk Israel toe gestuur.” 25  Maar die vrou kom kniel voor Hom en sê: “Here, help my!” 26  Hy sê vir haar: “Dit is nie mooi om die kinders se brood te vat en vir die hondjies te gooi nie.” 27  “Dit is waar, Here,” sê sy, “maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval.” 28  “Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” Van daardie oomblik af was die dogter gesond.
Mar 7:24-30
Loading...
24  Jesus het Hom gereed gemaak en daarvandaan weggegaan na die gebied van Tirus toe. Daar het Hy in ‘n sekere huis tuis gegaan, en Hy wou nie hê dat iemand dit te wete moes kom nie. Tog kon Hy nie onopgemerk bly nie. 25  ‘n Vrou wie se dogtertjie van ‘n onrein gees besete was, het gou van Hom te hore gekom. Sy het gekom en voor sy voete neergeval. 26  Hierdie vrou was ‘n Griek wat in Siro-Fenisië gebore is. Sy het Hom gevra om die bose gees uit haar dogter uit te drywe. 27  Maar Hy het vir haar gesê: “Wag dat die kinders eers klaar eet, want dit is nie mooi om die kinders se kos te vat en vir die hondjies te gooi nie.” 28  Sy het Hom geantwoord: “Here, die hondjies eet darem onder die tafel die kindertjies se oorskiet.” 29  Toe sê Hy vir haar: “Op grond van wat jy gesê het, kan jy maar huis toe gaan; die bose gees het al klaar uit jou dogter uitgegaan.” 30  Toe sy by die huis kom, kry sy haar kindjie op die bed lê en die bose gees was al klaar uit haar uit.

 Insident 110.      Genesing van die doof stom man in Dekapolis. April 29 nC. Sien kaart 10.1 vir die roete vanaf Sidon na Gerasa aan die see van Galilea deur Dekapolis. Dit was in die gebied van heidene.

KommentaarMarkus
Mar skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus maak ’n dowe man gesond Markus 7:31-37 8 Soos die vorige episode (7:24-30) vind hierdie gebeure ook in ’n nie-Joodse streek plaas. Die manier waarop Jesus hierdie wonderwerk doen (vgl ook 8:22-26, wat saam met hierdie wonderwerk gelees moet word), herinner nogal sterk aan die manier waarop die wonderwerkers in die nie-Joodse wêreld te werk gegaan het. Hulle het allerhande gebare, tegnieke en selfs woorde uit vreemde tale gebruik wanneer hulle mense gesond probeer maak het. Dit is egter belangrik om ook raak te sien dat Markus eintlik wil aantoon dat Jesus baie meer as ’n blote wonderwerker is.   Jesus doen die volgende: Hy steek sy vingers in die man se oor (dit is waar die probleem gelê het), smeer spoeg aan sy tong (destyds het die mense gedink dat spoeg genesende krag besit), kyk op na die hemel (om sy afhanklikheid van God te toon), sug (dit het waarskynlik iets met gebed te make; Rom 8:22-27) en sê dan ’n enkele gesagvolle woord in Aramees (Jesus se moedertaal) om die man te genees.   Die feit dat Jesus die mense opdragte gee om dit vir niemand te vertel nie (7:36), is nog ’n voorbeeld van die Messiasgeheim*. Dit is vir hulle egter onmoontlik om stil te bly oor die wonder. Wat die mense oor Jesus sê (7:37), is baie belangrik omdat Markus daardeur die boodskap van die wonderwerk verduidelik: Hy het alles so wonderlik gedoen. Dié woorde sluit aan by Genesis 1:31 en wys dat Jesus nie maar nog ’n wonderwerker is nie, maar besig is met God se werk. Die dowes laat Hy hoor en die stommes laat Hy praat. Dié woorde sluit aan by Jesaja 35:5-6, waar Jesaja die Messiaanse tydperk beskryf. Hierdie mense verstaan dus dat die wonderwerk ’n teken is dat die koningsheerskappy van God inderdaad ’n werklikheid geword het (1:14-15) en dat Jesus die Messias is. Dit is weereens opvallend dat dit nie-Jode is wat verstaan wat aan die gebeur is (vgl ook 7:24-30), terwyl die Jode en selfs die dissipels dit nog steeds nie begryp nie.  
Mar 7:31-37
Loading...
31  Jesus is weer uit die gebied van Tirus weg en deur Sidon na die See van Galilea toe in die gebied van Dekapolis. 32  Die mense bring toe ‘n dowe man wat ook ‘n spraakgebrek het na Hom toe en vra Hom om tog sy hand op hom te lê. 33  Hy het hom eers eenkant toe gevat, weg van die mense af. Toe het Hy sy vingers in die man se ore gesteek en spoeg aan sy tong gesmeer. 34  Daarna het Hy na die hemel toe opgekyk, gesug en vir hom gesê: “Effata!” Dit beteken: Gaan oop! 35  Sy ore het dadelik oopgegaan, die belemmering van sy spraak het verdwyn, en hy het reg gepraat. 36  Jesus het die mense belet om dit vir iemand anders te vertel, maar hoe meer Hy hulle belet het, hoe meer het hulle dit verkondig. 37  Hulle is geweldig aangegryp en het gesê: “Alles wat Hy doen, is goed: die dowes laat Hy hoor en die stommes laat Hy praat.”

Insident 111.       Baie gesond gemaak op ‘n berg. April 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir Gerasa                       oorkant die See van Galilea in heidense gebied.

KommentaarMattheus
Mat skryf verder vanaf insident 109.
Mat 15:29-31
Loading...
29  Jesus het daarvandaan vertrek en by die See van Galilea gekom. Hy het teen die berg opgegaan en daar gaan sit. 30  Baie mense het na Hom toe gekom met verlamdes, blindes, gebreklikes, dowes en nog baie ander, en hulle voor Hom neergesit. Hy het hulle gesond gemaak, 31  sodat die menigte hulle verwonder het toe hulle sien dat stommes praat, gebreklikes herstel is, verlamdes loop en blindes sien. En hulle het die God van Israel geprys.  

Insident 112.       Tweede vermeerdering van brood en vis, hierdie keer vir die heidene in Dekápolis. April  29 nC. Sien Kaart 10.4 vir Gerasa oorkant die See van Galilea in heidense gebied.

KommentaarMattheusMarkus
Mat skryf Verde vanaf die vorige insident.   Die feit dat daar 7 mandjies vol brood oorgebly het kan simbolies beteken 1 mandjie vir elke heidense nasie.   Kyk na insident 102 waar die brode die eerste keer vermeerder is en wel in die Jode se gebied. Dit dui simbolies op 1 vir elke stam van Israel.   Jesus gee vir vierduisend mense kos Markus 8:1-10 8 Die gebeure waarvan Markus hier vertel, kom tot ’n groot mate ooreen met die voeding van die menigte in 6:35-44. (Baie navorsers dink dat ons eintlik met twee weergawes van dieselfde gebeurtenis te doen het.) Ten spyte van die ooreenkomste is daar ook ’n paar verskille: sewe brode in plaas van vyf; ’n paar vissies in plaas van twee; 4 000 mense in plaas van 5 000 en sewe mandjies oorskiet in plaas van twaalf. Daar is ook ander verskille: In die eerste geval het Jesus ’n diep deernis met die mense gehad oor hulle geestelike nood en hierdie keer gaan dit oor die feit dat hulle nie kos het om te eet nie; in die eerste geval het die dissipels dit onder Jesus se aandag gebring dat die mense honger is, maar hierdie keer bring Jesus dit onder die dissipels se aandag; in die eerste geval het Markus baie klem geplaas op die gedagte dat Jesus die Herder is wat die Joodse volk verwag het; in hierdie wonder speel dié gedagte egter nie ’n groot rol nie.   Wat wou Markus met hierdie vertelling beklemtoon? Daar is drie sake wat belangrik is:   • Markus wys weereens op Jesus se Goddelike almag. Omdat Hy die Seun van God is, kan Hy die menslik onmoontlike regkry. Met ’n klein bietjie kos kan Hy ’n skare van omtrent 4 000 mense voed – en dan bly daar nog meer oor as waarmee Hy begin het! Verder, soos al Jesus se ander wonders, is hierdie wonderwerk ook ’n teken dat God se koningsheerskappy ’n werklikheid geword het en dat dit tot die mensdom se voordeel begin het. Die oorvloed is ’n teken van die oorvloed wat kenmerkend is van die nuwe Messiaanse tydperk wat Jesus kom inlui het.   • Dit is belangrik om raak te sien dat hierdie gebeure (soos die ander gebeure in 7:24 – 8:26) in ’n nie-Joodse gebied plaasvind. Op hierdie manier wys Jesus dat Hy nie net na die Jode gekom het nie, maar dat sy koms voordelig is vir alle mense. Hier wys Hy dat Hy inderdaad nie gebonde is aan die Joodse onderskeid tussen wie en wat rein of onrein is nie (7:1-23).   • As hierdie wonderverhaal saam met die vorige keer toe Jesus die menigte gevoed het, gelees word, is die dissipels se onkunde verbysterend (6:35-44). Hulle tree op asof hulle glad nie daar was toe Jesus die eerste keer in min of meer dieselfde situasie die mense op ’n wonderbaarlike manier gevoed het nie. Hierdie optrede van die dissipels sluit aan by ’n patroon van onkunde en ongeloof in hulle optrede wat Markus alreeds in die vorige hoofstukke laat blyk het. Dit is nog meer opvallend as ’n mens daaraan dink dat sommige nie-Jode ’n baie beter reaksie as die dissipels toon (vgl 7:24-30 en 7:37). (In 8:14-21 konfronteer Jesus die dissipels hieroor.)  
Mat 15:32-39
Loading...
32  Jesus het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Ek kry hierdie mense innig jammer, want hulle is nou al drie dae lank hier by My en hulle het niks om te eet nie. En Ek wil hulle ook nie sonder kos huis toe stuur nie, want hulle kan miskien op pad beswyk.” 33  Sy dissipels sê vir Hom: “Waar sal ons in hierdie verlate plek genoeg brood kry om so baie mense kos te gee?” 34  “Hoeveel brood het julle?” vra Hy vir hulle. “Sewe,” antwoord hulle, “en ‘n paar vissies.” 35  Hy het gesê die mense moet op die grond gaan sit. 36  Toe neem Hy die sewe brode en die visse en dank God daarvoor. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan die dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee. 37  Almal het geëet en genoeg gekry. En die dissipels het nog sewe mandjies vol bymekaargemaak van die stukke wat oorgebly het. 38  Daar was vier duisend mans wat geëet het, afgesien van die vrouens en kinders. 39  Daarna het Hy die mense huis toe gestuur, in die skuit geklim en na die gebied van Magadan vertrek.
Mar 8:1-10
Loading...
1  In daardie selfde tyd was daar weer ‘n keer ‘n groot menigte mense by Jesus, en hulle het niks gehad om te eet nie. Hy roep toe sy dissipels nader en sê vir hulle: 2  “Ek kry hierdie mense innig jammer, want hulle is nou al drie dae lank hier by My en hulle het niks om te eet nie. 3  As Ek hulle nou sonder kos huis toe stuur, sal hulle langs die pad beswyk. Party van hulle kom van ver af.” 4  Maar die dissipels sê vir Hom: “Waar sal ‘n mens in hierdie verlatenheid genoeg brood vir hulle kan kry?” 5  Hy vra hulle toe: “Hoeveel brood het julle?” “Sewe,” antwoord hulle. 6  Toe gee Hy die mense bevel om op die grond te gaan sit. Nadat Hy die sewe brode geneem en God gedank het, het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee om uit te deel, en hulle het dit aan die mense voorgesit. 7  Hulle het ook ‘n paar vissies gehad; en nadat Hy die seën gevra het, het Hy gesê hulle moet dit ook uitdeel. 8  Die mense het geëet en genoeg gekry. En hulle het nog sewe mandjies vol bymekaargemaak van die stukke wat oorgebly het. 9  Daar was omtrent vier duisend mense. Daarna het Hy hulle huis toe gestuur. 10  Hy het toe dadelik saam met sy dissipels in die skuit geklim en na die gebied Dalmanuta toe gegaan.

Insident [a]113[/a].       Die teken van Jona en die suurdeeg van die Fariseërs. April 29 nC. Sien                                                      Kaart 10.4 vir die bootrit vanaf Gerasa na Mágdala.

KommentaarMattheusMarkus
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.   Die Skrifgeleerdes en die Fariseërs het voorheen ook vir ‘n teken gevra. Sien insident 82. Toe het Jesus die teken van Jona die eerste keer gegee.   In hierdie Insident (113) gee Jesus die teken van Jona vir die tweede keer.   Jesus het die teken van Jona die derde keer herhaal op Sy laaste reis na Judea toe die skare baie opgewonde begin raak het.  Sien Insident 148.   Jesus wys ’n tweede versoek vir ’n wonderteken af Matteus 16:1-12 8 Hierdie gedeelte bestaan uit twee dele, 16:1-4 en 16:5-12, wat deur Jesus se konflik met die Fariseërs en Sadduseërs (vgl 16:1, 6, 11-12) gekoppel word. 16:1-4 Die Fariseërs en Sadduseërs was normaalweg vyande, want die Fariseërs was ’n populêre volksbeweging en die Sadduseërs ’n elite party wat sy lede uit die priesterstand getrek het. Daarbenewens het hulle dikwels oor leeraangeleenthede met mekaar oorhoops gelê, byvoorbeeld oor die opstanding (vgl Hand 23:6-10). Maar in Jesus vind hulle ’n gesamentlike vyand.   Hoe sterk hulle haat vir Jesus was, blyk daaruit dat dit die tweede keer is dat Joodse godsdienstige leiers Jesus konfronteer vir bewyse dat Hy van God kom (eerste keer: 12:38-42, skrifkenners en Fariseërs). Verder vra hulle nou ’n Goddelike wonderteken (16:1). ’n “Gewone wonder” is nie goed genoeg nie. (Die woord wonderteken in die NLV kom nie in die Grieks voor nie.) En laastens spreek hulle sataniese boosheid daaruit dat hulle Jesus wou toets (16:1). Dit herinner aan die tyd toe die duiwel Jesus in die woestyn versoek het (4:1-11).   Jesus maak egter korte mette met die afvaardiging. Hulle (tweede) versoek is heeltemal buite orde. As hulle nóú nog nie die tekens (16:3) kan lees nie en in die lig van die oorweldigende getuienis wat uit Jesus se optrede straal, die regte afleidings omtrent sy Goddelike herkoms kan maak nie, is hulle óf baie dom óf moedswillig. En aangesien dit nie eersgenoemde is nie, moet dit opperste moedswilligheid wees. Jesus verduidelik ook nie, soos wel die eerste keer, wat Hy met die teken van Jona (16:4) bedoel nie. Hy verwys hulle bloot na sy vorige antwoord en gaan dan van hulle af weg (16:4). Dit wys die oordeel van God oor hulle bose motiewe.   16:5-12 Intussen het die dissipels weer by Jesus aangesluit. En nou ontstaan daar ’n kommunikasiebreuk. Jesus en die dissipels praat by mekaar verby. Maar presies so stel hierdie Skrifgedeelte sy saak.   Dit gaan oor brood, suurdeeg en die leer van die Fariseërs en die Sadduseërs. Jesus se konfrontasie met laasgenoemde is nog vars in die geheue. En toe die dissipels by Hom kom, waarsku Hy hulle teen dié se leer (soos duidelik blyk uit 16:12). Hiervoor gebruik Jesus die beeld van die suurdeeg. Soms word suurdeeg positief gebruik (vgl 13:33), maar meestal negatief, soos hier (vgl ook 1 Kor 5:6-8). Die dissipels dink egter dit gaan oor die brood wat hulle vergeet het (16:7). In 16:7-10 kry ons dan ’n tussenstuk waar Jesus eers op die misverstand van die dissipels ingaan. Hoe kan hulle na twee broodvermeerderingswonders nog twyfel aan sy vermoë om genoeg kos vir hulle te gee? As Hy eers 5 000 en dan 4 000 mense kon voed, is twaalf mos niks. Geen wonder dat Jesus hulle aanspreek oor hulle min vertroue in Hom nie (16:8).   Vervolgens keer Jesus terug na die hoofsaak: die waarskuwing teen die leer van die Joodse leiers (16:11-12). Daarmee word die verwydering tussen dissipels en Joodse leiers, en waarskynlik tussen die Matteaanse* gemeente en die Jode van hulle tyd, duidelik sigbaar. God se nuwe volk het rondom Jesus ontstaan. Hý is nou hulle leier (23:8-10). Na sý leer moet hulle luister. Sy juk is sag en sy las is lig (11:30). Weg is die swaar laste wat die Joodse leiers op die volk lê. Die vryheid en vreugde van ’n lewe naby God te lewe het nou aangebreek. Sy Messias het immers by hulle kom woon en vir hulle ’n pad van liefde en geregtigheid oopgemaak.   Jesus maak seker dat die dissipels dit verstaan (let op die sleutelgedagte verstaan in 16:3 en 16:9, 11, 12). Verstaan óns dit? Léér ons steeds van Jesus?
Mat 16:1-12
Loading...
1  Die Fariseërs en die Sadduseërs het gekom om Jesus op die proef te stel. Hulle het Hom gevra om vir hulle as teken uit die hemel ‘n wonder te doen. 2  Maar Hy antwoord hulle: “In die aand sê julle: ‘Daar kom mooi weer, want die lug is rooi;’ 3  in die môre sê julle: ‘Vandag sal dit onweer wees, want die lug is dynserig rooi.’ Julle weet hoe om die voorkoms van die lug te beoordeel, maar die tekens van die tye kan julle nie onderskei nie. 4  ‘n Slegte en afvallige geslag wil ‘n teken hê, en geen teken sal aan hulle gegee word nie behalwe die teken van Jona.” Hy het hulle daar gelaat en weggegaan. 5  Die dissipels het na die oorkantste oewer toe gegaan, maar vergeet om brood saam te neem. 6  Jesus het vir hulle gesê: “Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.” 7  Hulle het toe met mekaar daaroor gepraat en gesê: “Dit is omdat ons nie brood saamgebring het nie.” 8  Jesus het geweet wat hulle praat, en Hy sê vir hulle: “Kleingelowiges! Hoekom praat julle met mekaar daaroor dat julle nie brood het nie? 9  Verstaan julle nog nie en onthou julle nie die vyf brode vir die vyf duisend en hoeveel mandjies vol julle bymekaargemaak het nie? 10  En die sewe brode vir die vier duisend en hoeveel mandjies vol julle bymekaargemaak het nie? 11  Hoe is dit dan dat julle nie verstaan dat Ek nie met julle oor brood gepraat het nie? Ek het gesê: Pas op vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.” 12  Toe het hulle verstaan dat Hy nie bedoel het dat hulle vir gewone suurdeeg op hulle hoede moet wees nie maar vir die leer van die Fariseërs en die Sadduseërs.  
Mar 8:11-21
Loading...
11  Daar kom toe Fariseërs wat met Jesus begin redeneer. Om Hom op die proef te stel, wou hulle van Hom ‘n wonderteken uit die hemel hê. 12  Hy het diep gesug en gesê: “Waarom wil hierdie geslag ‘n teken hê? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie ‘n teken gegee word nie.” 13  Hy het hulle daar laat staan, weer in die skuit geklim en na die oorkant van die see toe gegaan. 14  Die dissipels het vergeet om brood saam te vat; hulle het net een by hulle in die skuit gehad. 15  Jesus het hulle toe gewaarsku: “Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.” 16  Hulle het toe vir mekaar gesê dit is omdat hulle nie brood het nie. 17  Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Waarom praat julle daaroor dat julle nie brood het nie? Begryp en verstaan julle nog nie? Is julle nog steeds so traag van begrip? 18  Julle wat oë het, sien julle dan nie? Julle wat ore het, hoor julle dan nie? Onthou julle nie, 19  toe Ek die vyf brode vir die vyf duisend gebreek het, hoeveel mandjies vol stukke brood julle oorgehou het nie?” “Twaalf,” sê hulle vir Hom. 20  “En sewe brode vir die vier duisend, hoeveel mandjies vol stukke het julle toe oorgehou?” “Sewe,” sê hulle vir Hom. 21  Toe sê Hy vir hulle: “Verstaan julle dan nog nie?”

Insident 114.       Genesing van die blinde man in Betsaida. April 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Betsaida.

KommentaarMarkus
Mar skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus maak ’n blinde man in Betsaida gesond Markus 8:22-26 8 Hierdie wonderwerk toon nogal baie ooreenkomste met 7:31-37: die prosedure wat Jesus volg; die Messiasgeheim* wat weer na vore kom; en die basiese gedagte dat Jesus nie bloot nog ’n wonderwerker is nie, maar dat Hy die langverwagte Messias is wat dowes laat hoor en blindes laat sien.   Daar is egter nog iets wat belangriker is om raak te sien. Dit lyk of Markus hierdie wonderverhaal doelbewus vertel direk nadat Jesus die dissipels gekonfronteer het oor hulle geestelike blindheid. Die feit dat die man se genesing uit twee fases bestaan (blind/swaksiende/100% gesond), is belangrik. Markus wil waarskynlik hê dat dit simbolies verstaan moet word. Anders as die mense wat Jesus geheel en al verwerp, is die dissipels nie meer volledig geestelik blind nie. Die feit dat hulle egter nog nie volledig verstaan nie, toon dat hulle nog geestelik swaksiende is. Nogtans sal hulle ook – soos hierdie man – uiteindelik (ná die kruisiging en opstanding) volledig geestelik kan sien. Markus sluit dus die eerste groot deel in sy Evangelie op ’n besonder bemoedigende toon af: Jesus, die groot Leermeester, sal sorg dat sy volgelinge uiteindelik verstaan.  
Mar 8:22-26
Loading...
22  Hulle het in Betsaida aangekom, en toe bring die mense ‘n blinde man na Jesus toe en vra Hom om hom aan te raak. 23  Hy het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp uit gelei. Toe het Hy op sy oë gespoeg, sy hande daarop gesit en vir hom gevra: “Sien jy al iets?” 24  Hy het sy oë geknip en gesê: “Ek sien mense, iets soos bome. Ek sien hulle loop.” 25  Daarna het Jesus weer sy hande op sy oë gesit. Die man het sy oë oopgemaak, en hulle was reg. Hy het alles duidelik gesien. 26  Jesus het hom huis toe gestuur en gesê: “Moenie by die dorp aangaan nie.”

Insident 115.       Petrus bely dat Jesus die Messias is, in Cesaréa-Filippi. Mei 29 nC Sien Kaart 10.1 vir Cesaréa-Filippi. 

KommentaarMattheusMarkusLukas
Mar skryf verder vanaf die vorige insident.   Nog ‘n lang reis na Cesaréa-Filippi. Petrus bely dat Jesus die Messias is Lukas 9:18-21 8 Die vraag wie Jesus werklik is, word nou oop en bloot gestel. Die antwoord word uiteindelik in die vorm van ’n belydenis gegee.   Op Herodes se vraag in 9:7-8 het die mense beweer dat Jesus óf Johannes die Doper óf Elia, óf een van die profete van die ou tyd is. Nou neem Jesus die vraag oor wie Hy is, self op (9:18). Op sy vraag oor wie die mense sê dat Hy is, kry Hy presies dieselfde antwoord as Herodes. Herodes het geen direkte antwoord gekry nie. Jesus ontvang egter ’n uitdruklike uitspraak by monde van Petrus: U is die Messias wat deur God gestuur is! (9:20b).   Teenoor Markus 8:29b, wat net die titel “Messias” gebruik, praat Lukas van die Messias wat deur God gestuur is (8:20b). Lukas beklemtoon dat God die inisiatief neem en dat Jesus in gehoorsaamheid aan God optree.   Ten spyte van Jesus se spesifieke vraag oor wie sy dissipels dink Hy is, belet Hy hulle om dit wat Petrus bely het, vir ander te vertel. Miskien wil Lukas daarmee te kenne gee dat die dissipels nog nie Jesus se Messiaanse rol verstaan het nie. Dit kan ook wees dat hierdie Messiaanse rol nog nie openlik bekendgestel behoort te word nie.  
Mat 16:13-20
Loading...
13  Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?” 14  Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.” 15  “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” 16  Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.” 17  “Gelukkig is jy, Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie ‘n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is. 18  En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. 19  Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.” 20  Toe het Jesus sy dissipels beveel om vir niemand te sê dat Hy die Christus is nie.
Mar 8:27-30
Loading...
27  Daarna het Jesus en sy dissipels na die dorpies naby Sesarea-Filippi gegaan. Langs die pad het Hy vir die dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is Ek?” 28  Hulle antwoord Hom: “Johannes die Doper, party sê weer Elia, en party een van die profete.” 29  “Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?” Petrus antwoord Hom: “U is die Christus!” 30  Toe belet Hy hulle om dit vir iemand anders te vertel.
Luk 9:18-21
Loading...
18  Op ‘n keer terwyl Jesus eenkant besig was om te bid, het sy dissipels by Hom saamgekom. Toe vra Hy hulle: “Wie, sê die mense, is Ek?” 19  Hulle antwoord: “Johannes die Doper; party sê weer: Elia, en party: ‘n profeet van die ou tyd het opgestaan.” 20  “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” Toe antwoord Petrus: “Die Gesalfde van God.” 21  Jesus het hulle uitdruklik belet om dit vir ander mense te vertel,

Insident 116.       Eerste voorspelling van Jesus se kruisiging en Jesus bestraf vir Petrus. Junie 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die ligging van Cesaréa-Filippi. 

KommentaarMattheusMarkusLukas
Mat, Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus begin nou om Sy dissipels voor te berei dat Hy gekruisig moet word.   Markus 9:22 8 Jesus verklaar self waarom Hy hulle die swye oplê. Dit is nodig ter wille van sy komende lyding en die opdrag aan die dissipels om Hom in sy lyding te volg (9:22). Daarmee wil Jesus sê dat lyding en opstanding ’n noodsaaklike deel van sy Messiasskap is.
Mat 16:21-23
Loading...
21  Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels duidelik begin stel dat Hy Jerusalem toe moet gaan en baie moet ly onder die familiehoofde, die priesterhoofde en die skrifgeleerdes, en dat Hy doodgemaak moet word, en die derde dag uit die dood opgewek moet word. 22  Petrus het Hom toe opsy geneem en Hom begin berispe: “Mag God dit verhoed, Here! Dit sal beslis nie met U gebeur nie.” 23  Maar Jesus het na Petrus toe gedraai en vir hom gesê: “Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.”
Mar 8:31-33
Loading...
31  Jesus het hulle toe begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly, dat Hy deur die familiehoofde en die priesterhoofde en die skrifgeleerdes verwerp moet word en doodgemaak moet word, en drie dae later moet opstaan. 32  Hy het met hulle hieroor reguit gepraat. Toe het Petrus Hom opsy geneem en Hom begin berispe. 33  Hy het egter omgedraai, na sy dissipels gekyk en vir Petrus berispe. “Moenie in my pad staan nie, Satan,” het Hy gesê, “want jy dink nie aan wat God wil hê nie maar aan wat die mense wil hê.”  
Luk 9:22
Loading...
22  “want,” het Hy gesê, “die Seun van die mens moet baie ly, deur die familiehoofde, priesterhoofde en skrifgeleerdes verwerp word, en Hy moet doodgemaak word, en op die derde dag opgewek word.”

Insident [a]117[/a].       Die opneem van die kruis. Junie 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die ligging van Cesaréa-Filippi. 

KommentaarMattheusMarkusLukas
Mat, Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Markus 9:23-27 8 Jesus begin deur te sê dat elkeen wat Hom wil volg, tot drie dinge bereid moet wees (8:23):   1. jou selfsugtige ambisie aflê 2. jou kruis opneem 3. Jesus volg   Daarna gee Jesus drie slagspreuke in ’n oorkruisvorm oor wat dit in praktyk beteken om dié drie dinge te doen (8:24-26):   1. ’n Mens moet bereid wees om jou lewe vir Jesus op te gee, want alleen só sal jy ware lewe vind. 2. Die hele wêreld as wins beteken niks as jy jou eie siel, jou eie menswees verloor nie. 3. Wie hom skaam vir Jesus en sy boodskap, vir hom sal die Seun van die Mens Hom ook skaam.   Ten slotte maak Hy ’n belofte aan diegene wat aan hierdie eise voldoen (9:27). Hy belowe hulle dat ware volgelinge nie sal sterf voordat hulle die koningsheerskappy van God gesien het nie.   Die oproep om jou selfsugtige ambisie af te lê en bereid te wees om jou lewe vir Jesus op te gee, beteken dat jou natuurlike geaardheid nie meer jou gedrag bepaal nie. Dan kan God se koningsheerskappy nou reeds beleef word. Daaruit blyk dit dan ook dat die oproep om jou kruis op te neem net ’n pad na die doel is, en nie ’n doel in sigself nie.   Om jou selfsugtige ambisie af te lê is ’n uniek Christelike opdrag waarin ’n persoon afstand moet doen van dit wat nie tot ware menswees behoort soos God dit bedoel het nie.  
Mat 16:24-28
Loading...
24  Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, 25  want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. 26  Wat sal dit ‘n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal ‘n mens gee in ruil vir sy lewe? 27  Die Seun van die mens gaan saam met sy engele kom. Hy sal beklee wees met dieselfde heerlikheid as sy Vader en sal elkeen volgens sy dade vergeld. 28  Dit verseker Ek julle: Daar is party van dié wat hier staan wat beslis nie sal sterwe voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.”
Mar 8:34-38
Loading...
34  Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, 35  want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou. 36  Wat help dit ‘n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor? 37  Wat sal ‘n mens kan gee in ruil vir sy lewe? 38  Wie hom dan vir My en my woorde skaam te midde van hierdie ontroue en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom saam met die heilige engele, en beklee is met dieselfde heerlikheid as sy Vader.”  
Mar 9:1
Loading...
1  Verder het Hy vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle: Daar is party van dié wat hier staan, wat beslis nie sal sterwe voordat hulle gesien het dat die koninkryk van God met krag gekom het nie.”
Luk 9:23-27
Loading...
23  Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, 24  want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou. 25  Wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan? 26  Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele. 27  Ek sê vir julle die waarheid: Daar is party van dié wat hier staan wat beslis nie sal sterf voordat hulle die koninkryk van God gesien het nie.”