Gedeelte 4. Verheerliking van Jesus op die berg tot by die Fees van die Tempelwyding (insidente118-184)

Insident 118        Verheerliking van Jesus op die berg, Moses en Elia verskyn. Julie 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Berg Tabor volgens oorlewering.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Mat, Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus word verheerlik 8 Markus 9:2-8 Hierdie gebeure herinner aan wat met Moses in Eksodus 24:15-18 gebeur het: Hy was vir ses dae op die berg wat deur ’n wolk (God se teenwoordigheid) omring was. Op die sewende dag het God uit die wolk na hom geroep.   In die voorafgaande gedeelte (8:27 – 9:1) het Markus beklemtoon dat Jesus die Messias is. Nou beklemtoon hy dat Jesus ook die Seun van God is (ook 1:1 en 1:9-11). Anders as wat ons nou weet, het die Jode verwag dat die Messias bloot ’n besondere mens sou wees. Jesus is egter ook God se Seun en dus Goddelik. Deur die verheerliking op die berg kry die binnekring van die dissipels die kans om Jesus se Goddelike heerlikheid met hulle eie oë te sien. Dit is te verstane dat dié Goddelike gesig die dissipels geweldig laat skrik het (9:6).    Elia en Moses – twee baie belangrike persone uit die Ou Testament wat op daardie stadium reeds in die hemel was, praat met Jesus. Dit wys dat Jesus tuis is in die hemelse atmosfeer. Elia is deur die Jode as verteenwoordiger van die profete en Moses as die verteenwoordiger van die wet beskou. In die voorafgaande hoofstukke het Markus egter reeds gewys dat Jesus eintlik belangriker is as Elia en Moses (6:14-29 en 7:31-44).   In 9:7 bevestig God self dat Jesus wel die Seun van God is. Net soos in 1:9-11 praat Hy uit die hemel en noem Jesus: die Een wat Ek liefhet. (Vgl die bespreking by 1:9-11.) Daar kan dus absoluut geen twyfel hieroor wees nie. God beveel ook die dissipels om te doen wat Jesus vir hulle sê.   Die boodskap van hierdie gedeelte is aangrypend: Jesus is nie net die lydende Messias nie, maar ook die Seun van God. Hierdie diepe misterie moet elke volgeling van Jesus gelowig aanvaar.   Elia hét al gekom 8 Markus 9:9-13 Jesus beveel die dissipels om nie te praat oor wat hulle op die berg gesien het nie. Hierdie opdrag is nog ’n voorbeeld van die Messiasgeheim* in die Markusevangelie. Jesus wou hê dat hulle daaroor moes stilbly tot Hy, die Seun van die Mens (vgl die bespreking van hierdie uitdrukking by 2:1-12), uit die dood opgestaan het. Om dit nou al te vertel sou die verkeerde uitwerking hê, want dit sou die mense se aandag te veel aftrek van Jesus se kruisiging. Die mense moes eers die kruisiging sien om te verstaan dat Jesus nie gekom het om met prag en praal oor die mense te heers nie, maar om te kom ly. Nadat Hy egter uit die dood opgestaan het, kon hulle maar vertel wat hulle gesien het. Dit sou dan juis ’n bevestiging wees van die feit dat Jesus die Messias en die Seun van God is.   Weereens is die dissipels se onvermoë om te verstaan opvallend. Ten spyte van wat hulle so pas met Jesus se verheerliking gesien en gehoor het, verstaan hulle nog nie. Hulle onkunde sou eers ná Jesus se opstanding verdwyn.   Omdat die dissipels so pas vir Elia saam met Jesus op die berg gesien het (9:4), vra hulle vir Jesus na Elia se koms. Op grond van Maleagi 4:5-6 het die Jode verwag dat daar weer iemand soos Elia sou kom voordat die Messias kom. In 9:12-13 sê Jesus dat hulle reg is. Hulle hoef egter nie langer te wag dat “Elia” nog moet kom nie, want hy het klaar gekom. Jesus praat natuurlik van Johannes die Doper wat die Elia was. Hy is egter doodgemaak. Dit verwys na 6:14-29 waar Herodes Johannes laat onthoof het. Vir Markus is Johannes die Doper nie net die een wat Jesus kom aankondig het nie, maar ook sy voorloper. Sy gewelddadige dood was ’n vooruitwysing na wat met Jesus self sou gebeur.  
Mat 17:1-13
Loading...
1  Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en sy broer Johannes saamgeneem en hulle op ‘n hoë berg gebring waar hulle alleen was. 2  Daar het sy voorkoms voor hulle oë verander: sy gesig het begin straal soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. 3  Skielik het Moses en Elia aan hulle verskyn en met Jesus gepraat. 4  Toe sê Petrus vir Jesus: “Here, dit is goed dat ons hier is. As U wil, sal ek hier drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.” 5  Terwyl hy nog praat, het ‘n helder ligte wolk skielik sy skaduwee oor hulle gegooi, en ‘n stem uit die wolk het gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.” 6  Toe sy dissipels dit hoor, het hulle baie bang geword en op die grond neergeval. 7  Maar Jesus het na hulle toe gekom, hulle aangeraak en gesê: “Staan op en moenie bang wees nie.” 8  Toe hulle opkyk, het hulle niemand gesien nie, net Jesus alleen. 9  Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle beveel: “Wat julle gesien het, moet julle vir niemand vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgewek is nie.” 10  Die dissipels vra Hom toe: “Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elia eers moet kom?” 11  “Elia kom wel om alles weer reg te maak,” antwoord Hy, 12  “maar Ek sê vir julle Elia het al gekom, maar hulle het hom nie herken nie en met hom gemaak net wat hulle wou. So sal ook die Seun van die mens deur hulle mishandel word.” 13  Toe het die dissipels verstaan dat Hy met hulle van Johannes die Doper gepraat het.
Mar 9:2-13
Loading...
2  Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle op ‘n hoë berg gebring waar hulle heeltemal alleen was. Toe het sy voorkoms voor hulle oë verander, 3  en sy klere het blink geword, spierwit soos niemand op aarde dit kan maak nie. 4  Elia en Moses het toe aan hulle verskyn en met Jesus gestaan en praat. 5  Toe sê Petrus vir Jesus: “Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.” 6  Hy het nie geweet wat hy sê nie, so verskrik was hy saam met die ander. 7  Daar het toe ‘n wolk gekom wat sy skaduwee oor hulle laat val het; en uit die wolk het daar ‘n stem gekom: “Dit is my geliefde Seun. Luister na Hom.” 8  En meteens, toe hulle weer kyk, sien hulle niemand meer nie, net Jesus alleen by hulle. 9  Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle opdrag gegee om wat hulle gesien het, vir niemand te vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgestaan het nie. 10  Hulle het hulle toe aan hierdie opdrag gehou, maar onder mekaar geredeneer oor wat dit beteken as Hy sê dat die Seun van die mens uit die dood sal opstaan. 11  Hulle vra Hom toe: “Waarom sê die skrifgeleerdes dat Elia eers moet kom?” 12  “Elia kom wel eers om alles weer reg te maak,” antwoord Hy hulle. “En hoe staan daar ook oor die Seun van die mens geskrywe? Hy moet baie ly en verag word. 13  Maar Ek sê vir julle: Elia het reeds gekom, en die mense het met hom gemaak wat hulle wou, net soos daar oor hom geskrywe staan.”
Luk 9:28-36
Loading...
28  Omtrent ag dae nadat Jesus hierdie woorde gesê het, het Hy vir Petrus en Johannes en Jakobus saamgeneem die berg op om te gaan bid. 29  Terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy gesig anders geword en sy klere skitterend wit. 30  Skielik was daar twee manne wat met Hom praat. Dit was Moses en Elia. 31  Hulle het in hemelse glans verskyn en met Hom gepraat oor sy uittog wat Hy in Jerusalem sou voltooi. 32  Petrus en die ander het intussen vas aan die slaap geraak, en toe hulle wakker word, sien hulle die hemelse glans van Jesus en ook die twee manne wat by Hom staan. 33  Toe die manne aanstaltes maak om van Hom af weg te gaan, sê Petrus vir Jesus: “Here, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.” Hy het nie geweet wat hy sê nie. 34  Terwyl hy nog praat, kom daar ‘n wolk en gooi sy skaduwee oor hulle, en toe die wolk hulle insluit, het die dissipels bang geword. 35  Daar kom toe ‘n stem uit die wolk wat sê: “Dit is my Seun wat Ek uitverkies het. Luister na Hom.” 36  Toe die stem praat, merk hulle dat Jesus alleen daar is. Hulle het hieroor stilgebly en in daardie tyd vir niemand anders enigiets vertel van wat hulle gesien het nie.

Insident 119        Genesing van die jong man met epilepsie. Julie 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Berg Tabor.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus maak ’n duiwelbesete seun gesond 8 Lukas 9:37-43a Hier het ons ’n kort, eenvoudige verhaal van Jesus wat van die berg af kom en vind dat sy dissipels wat agtergebly het, nie in staat was om ’n seun wat kort-kort deur ’n bose gees beetgepak word, gesond te maak nie. Dit staan in skerp teenstelling met wat op die berg gebeur het waar dit geblyk het dat Jesus die Here is. In die gebeure onder by die berg het ons te doen met die wêreld van bose geeste wat die mens teister.   Dit kan wees dat ons hier met ’n aanval van epilepsie te doen het. Dit is ’n ongesteldheid van die brein en die senuweestelsel en dit kan reeds van kleins af by kinders voorkom.   In hierdie toneel kom Jesus te staan voor die onmag van sy dissipels in ’n wêreld wat deur bose magte geteister word. Die pa van die kind gee ’n lewendige beskrywing van die seun se toestand (9:39). Die dissipels se onmag ontlok ’n sterk verwyt by Jesus: Julle ontaarde en ongelowige mense! Hoe lank moet Ek nog by julle wees en julle verdra? (9:41). Jesus is teleurgesteld oor sy dissipels se ongeloof en gevolglike onmag. Dit is verstaanbaar in die lig van die mag oor die bose geeste wat Hy aan hulle gegee het (9:1).   Jesus verwyt sy dissipels omdat die tyd min word terwyl daar ’n dringende behoefte is dat hulle moet leer wat nodig is vir die sendingtaak wat vir hulle voorlê. Jesus maak die seun gesond en gee hom terug aan sy pa (9:42). Die mense is almal verslae oor hierdie wonderbaarlike uiting van God se krag (9:43a). Dit is ’n verdere antwoord op die vraag van Herodes (9:9): Jesus is die Een in wie God sigbaar word.
Mat 17:14-18
Loading...
14  Toe hulle weer by die mense kom, het ‘n man voor Hom kom kniel 15  en gesê: “Here, ontferm U tog oor my seun, want hy is geestelik versteurd en hy ly verskriklik. Hy val dikwels in die vuur en dikwels in die water. 16  Ek het hom al na u dissipels toe gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.” 17  “Ongelowige en ontaarde geslag,” het Jesus gesê, “hoe lank moet Ek nog saam met julle wees? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring hom hier vir My!” 18  Jesus het die bose gees skerp aangespreek, en die bose gees het van die seun af weggegaan. Van daardie oomblik af het die seun gesond geword.
Mar 9:14-27
Loading...
14  Toe hulle weer by die ander dissipels kom, sien hulle ‘n groot menigte mense daar rondom hulle en skrifgeleerdes wat met hulle redeneer. 15  Die hele menigte was verras toe hulle Jesus skielik sien, en het nader gehardloop om Hom te verwelkom. 16  Hy het vir die skrifgeleerdes gevra: “Waaroor redeneer julle met my dissipels?” 17  Een van die mense het Hom geantwoord: “Meneer, ek het my seun na U toe gebring omdat hy van ‘n gees besete is wat hom stom maak. 18  En elke keer as die gees hom gryp, gooi hy hom op die grond neer. Dan kry hy skuim om die mond en hy kners op sy tande, en sy spiere trek saam. Ek het u dissipels gevra om die gees uit te drywe, en hulle kon nie.” 19  Jesus sê toe vir hulle: “Ongelowige geslag, hoe lank moet Ek nog by julle wees? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring hom hier na My toe.” 20  Hulle het die seun na Hom toe gebring. Net toe die gees vir Jesus sien, het hy die seun geweldige stuiptrekkings laat kry. Hy het op die grond neergeslaan en rondgerol, met skuim om die mond. 21  Jesus het vir die pa gevra: “Hoe lank is dit al dat dit hom oorkom?” 22  “Van kleins af,” antwoord hy, “en baiekeer het die gees hom al in vuur en in water gegooi om hom dood te maak. As U tog miskien iets daaraan kan doen, kry ons jammer en help ons.” 23  ” ‘As U iets kan doen,’ sê jy,” antwoord Jesus. “Vir die een wat glo, kan alles.” 24  “Ek glo,” roep die seun se pa dadelik uit. “Help my in my ongeloof.” 25  Toe Jesus sien dat ‘n menigte mense aangestroom kom, het Hy die onrein gees skerp aangespreek: “Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou: Gaan uit hom uit en moet nooit weer in hom invaar nie!” 26  Die gees het hom laat skreeu en hewige stuiptrekkings laat kry en toe uit hom uitgegaan. Dit het gelyk of die seun dood is, sodat baie mense gesê het: “Hy is dood.” 27  Jesus het hom egter aan die hand gevat en opgehelp, en hy het opgestaan.  
Luk 9:37-43
Loading...
37  Die volgende dag, toe hulle die berg afkom, het ‘n groot klomp mense Jesus tegemoet gekom. 38  Meteens roep daar ‘n man uit die skare: “Meneer, ek smeek U, kyk bietjie na my seun. Hy is my enigste kind. 39  ‘n Gees pak hom onverwags beet, dan gaan hy skielik aan die skreeu en hy kry stuiptrekkings en ook skuim om die mond. Die gees hou aan om hom te verniel en laat hom nie maklik weer los nie. 40  Ek het u dissipels gesmeek om die gees uit te dryf, maar hulle kon nie.” 41  Toe antwoord Jesus: “Ongelowige en ontaarde geslag! Hoe lank moet Ek nog by julle wees en julle verdra? Bring jou seun hier.” 42  Terwyl die seun nog aankom, gooi die bose gees hom op die grond neer en laat hom hewige stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onrein gees skerp aangespreek, die kind gesond gemaak en hom aan sy pa teruggegee. 43  Almal was verslae oor die grootheid van God.

Insident 120        Jesus se dissipels vra Hom oor die wonderwerk. Julie 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die                                               ligging van Berg Tabor.

KommentaarMattheusMarkus
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.   Gebed 8 In Markus 9:28-29 gee Jesus weer vir die dissipels private onderrig om hulle op dié manier gereed te maak vir hulle latere werk. As hulle vir Jesus vra hoekom hulle nie daardie onrein gees kon uitdryf nie, sou ’n mens verwag dat Jesus vir hulle ook sou sê dat hulle nog te ongelowig was – soos die skare en die seun se pa. Hy gee egter ’n ander rede: Hulle het nie gebid nie. Die fout wat hulle gemaak het, was om die gees uit eie krag te probeer uitdryf. As hulle liewer gebid het en so hulle afhanklikheid van God bely het, sou hulle – soos vroeër (6:12-13) – sukses gehad het. Uit eie krag kon hulle dit nie regkry nie. As ’n mens mooi daaroor nadink, was dít eintlik ook maar ’n vorm van ongeloof. Vir Markus is geloof juis om te besef dat jou menslike vermoëns jou nie meer kan help nie. Solank ’n mens op jou eie menslike vermoëns staatmaak, kan jy nie glo nie. In plaas daarvan om die hand na Christus uit te steek, steek jy dit eintlik na jouself uit.  
Mat 17:19-20
Loading...
19  Die dissipels het toe alleen na Jesus toe gekom en gevra: “Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?” 20  “Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos ‘n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” “Maar hierdie goed kan net deur gebed en vas uitgedryf word.”
Mar 9:28-29
Loading...
28  Nadat Jesus huis toe gegaan het, toe hulle alleen was, het sy dissipels Hom gevra: “Waarom kon ons die gees nie uitdrywe nie?” 29  Hy het vir hulle gesê: “Hierdie goed kan met niks anders as met gebed uitgedrywe word nie.”

Insident 121       Tweede voorspelling van Jesus se kruisiging. Julie 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Galilea.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus praat oor die komende verraad 8 Lukas 9:43b-45 Terwyl die skare nog verwonderd is oor die wonderlike dinge wat Jesus gedoen het, wend Hy Hom weer tot sy dissipels om sy vroeëre aankondiging dat Hy baie vreeslike dinge gaan ly (9:22), te beklemtoon. Hierdie toneel is vol skynbare teenstrydighede. Terwyl hulle nog verwonderd is oor sy wonderdade, kondig Jesus aan dat Hy deur die mense uitgelewer sal word. Ten spyte van sy mag en sy deernis aan die mense, sal Hy tog deur dieselfde mense verwerp word.   Die toneel eindig met die opmerking dat die onmag en gebrek aan insig van die dissipels só groot is dat hulle selfs te bang was om Hom uit te vra oor wat Hy bedoel. Daar is ’n verdere teenstrydigheid in die feit dat die dissipels, wat aanvanklik vol bewondering was oor sy magsdade, nou stomgeslaan is. Die verskriklike waarheid dat Jesus moet sterf, bring hulle tot stilswye.   Die Evangelie volgens Lukas bereik hier ’n dieptepunt. Jesus het sy eerste lydensaankondiging (9:22) opgevolg met ’n oproep aan sy dissipels om Hom na te volg in sy lyding. Hierdie keer herinner Hy hulle net aan sy komende lyding sonder enige oproep om Hom daarin te volg. Lukas verwys ook net na die komende dood van Jesus en nie na sy opstanding soos in 9:22 nie.  
Mat 17:22-23
Loading...
22  Toe die dissipels weer in Galilea bymekaar was, het Jesus vir hulle gesê: “Die Seun van die mens gaan oorgelewer word in die hande van mense, 23  en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy uit die dood opgewek word.” Hieroor het hulle baie bedroef geword.
Mar 9:30-32
Loading...
30  Toe het hulle daarvandaan weggegaan en deur Galilea gereis. Jesus wou nie hê dat iemand anders dit te wete moes kom nie. 31  Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: “Die Seun van die mens word in die hande van mense oorgelewer, en hulle sal Hom doodmaak; en drie dae nadat Hy doodgemaak is, sal Hy opstaan.” 32  Hulle het dit nie verstaan nie, maar hulle was te bang om Hom daaroor uit te vra.
Luk 9:44-45
Loading...
44  Terwyl almal verbaas was oor alles wat Jesus gedoen het, sê Hy vir sy dissipels: “Wat julle betref, hou hierdie woorde goed in gedagte: Die Seun van die mens gaan in die hande van mense oorgelewer word.” 45  Maar hulle het hierdie uitspraak nie verstaan nie. Die betekenis daarvan was vir hulle bedek sodat hulle dit nie kon begryp nie, maar hulle was te bang om Jesus daaroor uit te vra.

Insident 122        Jesus betaal Tempel belasting. Augustus 29 nC. Sien Kaart 10.4vir die                                                       ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.

KommentaarMattheus
Mat skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus betaal die tempelbelasting 8 Matteus 17:24-27 Hierdie gedeelte is besonder moeilik om reg te verstaan. Die volgende aspekte moet die hoofklem ontvang.   Eerstens, nadat Jesus vir die tweede maal sy lyding en opstanding aangekondig het (17:22-23, vgl ook 16:21; 20:17-19), het Matteus ’n gedeelte wat net by hom voorkom. Waarom juis hier? Matteus volg ’n bepaalde patroon sedert hoofstuk 13. Periodiek word die insig van die dissipels omtrent Jesus aangestip (13:11, 16, 51; 14:33; 16:16). Hierdie gedagte word nou herbevestig met Petrus se Natuurlik betaal Hy dit (17:25). Namens die dissipels gee hy te kenne dat hy Jesus se standpunt oor die stekelrige kwessie van die tempelbelasting verstaan. Matteus sluit dus die gedeelte sedert die derde groot preek van Jesus (13:1-52) en vóór die begin van die vierde (18:1-35), af deur weer daarop te wys dat die dissipels, ten spyte van hulle kleingeloof wat kort-kort deurslaan, die identiteit en taak van Jesus gesnap het.   Dit lei tot die tweede aspek: dat die dissipels insig in Jesus as die Seun van God toon. Jesus se Seunskap word op drie maniere sigbaar: (1) Hy beskik oor besondere kennis, want Hy weet waaroor Petrus met die belastinggaarders buite die huis gepraat het (17:25). (2) Met Jesus se opmerking dat die koning se seuns nie belastingpligtig is nie (17:26), stel Hy Homself voor as die Seun van die God van die tempel. Hy is dus vry van tempelbelasting. Dit beteken verder dat Jesus die nuwe tempel is. Hy is immers God by ons (1:23). Die ou tempel se dae is getel (vgl die simboliese uitsprake en handeling in 12:6; 24:2; 27:51; 21:12-13). (3) Derdens bevestig Jesus sy Seunskap op ’n besondere manier. Hy kommandeer ’n vis op om met die belasting vorendag te kom (17:27). Vir ons klink dit sprokiesagtig, maar vir die mens van destyds bevat dit die boodskap dat Jesus in beheer is van die skepping. Alles is tot sy beskikking, ook vir sy dissipels, want die muntstuk is terselfdertyd vir Petrus se belasting. Jesus lei ons die ware vryheid in.   As die Seun ons bevry het, is ons waarlik vry (
Joh 8:36
Loading...
).  
Mat 17:24-27
Loading...
24  By hulle aankoms in Kapernaum het die amptenare wat die tempelbelasting invorder, na Petrus toe gegaan en gesê: “Wat van julle leermeester? Betaal hy dan nie tempelbelasting nie?” 25  “Ja, natuurlik,” antwoord hy. Toe hy in die huis kom, was Jesus hom voor met die vraag: “Simon, hoe dink jy: Van wie vorder die konings van die wêreld tol of belastings in? Van hulle seuns of van ander mense?” 26  Toe Petrus antwoord: “Van ander mense,” sê Jesus vir hom: “Dan is die seuns mos vrygestel. 27  Maar ons moenie hierdie mense aanstoot gee nie. Gaan see toe en gooi hoek in, en die eerste vis wat byt, moet jy uittrek. As jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n silwermuntstuk daarin kry. Vat dit en betaal hulle die belasting vir My en vir jou.”

Insident 123        Die belangrikste in die hemel. Augustus 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Mat skryf verder vanaf die vorige insident.   Oor werklike grootheid 8 Lukas 9:46-48 Die laaste twee episodes van Jesus se bediening in Galilea is toegespits op die gesindheid van die dissipels. Hulle houding teenoor mekaar en teenoor ander bondgenote kom hier op die voorgrond. Die apostels* se stryery oor wie van hulle die belangrikste sou wees (9:46), wys dat hulle nog nie verstaan wat Jesus oor lyding en vernedering gesê het nie.   Jesus gebruik ’n kindjie om die les by sy volgelinge tuis te bring. ’n Kind kan nie met grootmense meeding nie en daarom is ’n kind ’n simbool van iemand wat die minste is. Jesus gebruik die kind as ’n simbool van nederigheid en as voorbeeld vir die dissipels wat stry oor wie die belangrikste is. Terselfdertyd gebruik Jesus die verwelkoming van ’n geringe persoon as beeld van hoe Hy verwelkom behoort te word. Hy gebruik die kind as voorbeeld van sy eie verhouding tot God. Wie Jesus eer, eer die Een wat Hom gestuur het. Wie God se Gestuurde onteer, onteer God.  
Mat 18:1-6
Loading...
1  In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?” 2  Hy het ‘n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan 3  en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. 4  Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. 5  En wie so ‘n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.” 6  “Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met ‘n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink.
Mar 9:33-37
Loading...
33  Toe hulle daarna in Kapernaum by die huis kom, het Hy vir hulle gevra: “Waaroor het julle langs die pad geloop en praat?” 34  Hulle het egter niks geantwoord nie, want hulle het langs die pad met mekaar gestry oor wie van hulle die belangrikste is. 35  Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” 36  Toe het Hy ‘n kindjie geneem en hom tussen hulle laat staan. Hy het sy arm om hom gesit en vir hulle gesê: 37  “Elkeen wat so ‘n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My gestuur het.”
Luk 9:46-48
Loading...
46  Daar het ‘n stryery onder hulle ontstaan oor wie van hulle die belangrikste is. 47  Jesus het geweet met watter gedagtes hulle besig was, en Hy trek ‘n kindjie nader om langs Hom te kom staan. 48  Toe sê Hy vir hulle: “Elkeen wat hierdie kindjie in my Naam ontvang, ontvang My, en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het. Wie die minste onder julle almal is, hy is groot.”

Insident 124        Johannes se passie sonder begrip. Augustus 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.

KommentaarMarkusLukas
Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Die tweede episode (
Luk 9:49-50
Loading...
) sluit Jesus se bediening in Galilea af.8
Die dissipels moet nou leer dat, net soos die kind in die vorige episode, ook die ander persoon wat bose geeste uitdryf, aanvaar moet word. Al behoort hy nie tot die binnekring van Jesus se volgelinge nie, moet hy met respek behandel word. Jesus wys vir Johannes en sy mededissipels daarop dat dit onder gelowiges nie om mag en beheer gaan nie. Dit gaan eerder oor die feit dat selfs die geringste persoon wat in Jesus se diens is, belangrike werk doen. Voordat die volgende fase van Jesus se bediening begin, moet die dissipels bewus gemaak word van hulle onmag en beperkings. Hulle moet ’n openheid teenoor die buitewêreld aanleer. Sodoende sal hulle leer dat Jesus mag het, ook buite sy dissipelkring.  
Mar 9:38-41
Loading...
38  Johannes het toe vir Hom gesê: “Here, ons het iemand gesien wat in u Naam bose geeste uitdrywe. Ons het hom probeer keer, omdat hy ons nie volg nie.” 39  “Moet hom nie keer nie,” sê Jesus, “want daar is niemand wat ‘n kragtige daad in my Naam sal doen en net daarna minagtend van My sal kan praat nie. 40  Wie nie téén ons is nie, is vír ons. 41  Elkeen wat vir julle ‘n beker water te drinke sal gee omdat julle aan Christus behoort, hy sal beslis die beloning daarvoor kry. Dit verseker Ek julle.
Luk 9:49-50
Loading...
49  Toe sê Johannes: “Here, ons het iemand gesien wat in u Naam bose geeste uitdryf, en ons het hom probeer keer omdat hý U nie saam met ons volg nie.” 50  Maar Jesus sê vir hom: “Moet hom nie keer nie, want wie nie teen julle is nie, is vír julle.”

Insident 125        Jesus waarsku oor struikelblokke. Augustus 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.

KommentaarMattheusMarkus
Mar skryf verder vanaf die vorige insident.   Sorg vir die geringstes (
Mar 9:42
Loading...
).8
Jesus verwag van sy volgelinge om besonder versigtig te wees om nie die oorsaak te wees dat die kleintjies (die swakkes in die geloof) sonde doen en so in die geloof struikel nie. Hoe onverantwoordelik dit is om so iets te doen word op ’n treffende manier uitgebeeld. ’n Meulsteen was ’n baie swaar, plat maalklip met ’n gat in die middel wat bo-op ’n ander klip gepas is en deur ’n donkie in die rondte gedraai is. Dit is beter dat so iemand so ’n klip as ’n “boordjie” dra en in die see gegooi word as om God se toorn oor sy verkeerde optrede teenoor die swakkes te verduur. •   Geen opoffering is te veel nie (
Mar 9:43-48
Loading...
).
In hierdie gedeelte waarsku Jesus teen die gevaar dat mense wat Hom wil volg dalk sake in hulle lewe het wat dié voorneme kan kelder. In so ’n geval moet sulke dinge opgeoffer word ter wille van Jesus. Hierdie opdragte moet nie letterlik verstaan word nie. Dit gaan oor die gedagte van opoffering ter wille van Jesus. ’n Voorbeeld: As die enigste manier waarop jy bevordering in jou werk kan kry, is dat jy jou geloof in Jesus moet prysgee of moet verswyg, moet jy die bevordering weier. Bereidheid om te ly (9:49). Die beproewing waarvan Jesus hier praat, verwys na lyding waardeur die gelowige gelouter word. Gelowiges moet verwag om swaar te kry ter wille van Jesus en die evangelie. Dit het egter ook iets goeds tot gevolg. Letterlik staan daar dat die gelowige op dié manier gesout word, dit wil sê smaak kry, en so vir God aangenaam word. Sout is in die leefwêreld van Markus ook as bederfwerende middel gebruik.   Strewe na vrede (9:50). Gelowiges is soos sout. Hier verbind Jesus dit spesifiek aan die gedagte dat sy volgelinge in vrede met mekaar moet lewe. Omdat hulle aan Jesus behoort en die wonderlike nuus dat die koningsheerskappy van God ’n werklikheid geword het, binne-in hulle dra, kan hulle werklik in opregte vrede met mekaar lewe.  
Mat 18:7-10
Loading...
7  Hoe jammer tog vir die wêreld dat daar dinge is wat die mens afvallig maak! Sulke dinge kom noodwendig, maar wee die mens deur wie dit kom. 8  As jou hand of jou voet jou van My afvallig maak, kap hom af en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om vermink of kreupel die lewe in te gaan as om met altwee jou hande of voete in die ewige vuur gegooi te word. 9  En as jou oog jou van My afvallig maak, ruk hom uit en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan as om met altwee oë in die vuur van die hel gegooi te word. 10  Julle moet nooit een van hierdie kleintjies minag nie, want Ek verseker julle dat hulle engele in die hemel gedurigdeur by my hemelse Vader is.
Mar 9:42-50
Loading...
42  Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig laat word, vir hom is dit baie beter as ‘n groot meulsteen aan sy nek vasgemaak en hy in die see gegooi word. 43  As jou hand jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy vermink in die lewe ingaan as dat jy altwee jou hande het en na die hel toe gaan, in die onblusbare vuur. en: Daar gaan die wurm nie dood nie en word die vuur nie geblus nie. 45  En as jou voet jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy kreupel die lewe ingaan as dat jy altwee jou voete het en in die hel gegooi word. en: Daar gaan die wurm nie dood nie en word die vuur nie geblus nie. 47  En as jou oog jou van My afvallig laat word, pluk hom uit! Dit is beter dat jy met een oog die koninkryk van God ingaan as dat jy altwee oë het en in die hel gegooi word. 48  Daar gaan die wurm nie dood nie en word die vuur nie geblus nie. 49  Almal sal met die vuur van beproewing gelouter word. 50  Sout is goed, maar as sout sy krag verloor het, waarmee sal ‘n mens dit weer sout maak? Julle moet werklik sout wees en in vrede met mekaar lewe.”

Insident 126        Gelykenis van die verlore skaap. Augustus 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.

KommentaarMattheus
Mat skryf verder vanaf die vorige insident.  
Mat 18:10-14
Loading...
.8 Die argument van 18:6-9 word nou verder gevoer (dit gaan nog steeds oor die kleinstes, 18:10, 14). Neersien in 18:10 dui in dié konteks daarop dat sommige lidmate deur hulle traak-my-nieagtige optrede veroorsaak dat ander (die kleinstes) van die gemeente vervreem word. Geen moeite word gedoen om hulle terug te wen nie. Dít is wat gebeur wanneer ’n gemeente so selfvoldaan en hoogmoedig word dat daar geen uitreiking is na hulle wat eenkant toe geskuif voel nie.   Met twee argumente word vertel hoe belangrik die kleinstes vir God is. Eers word by ’n Ou-Testamentiese gedagte aangesluit dat die engele wat altyd in die teenwoordigheid van God verkeer en by geleentheid die gelowiges help (Eks 23:20; Ps 91:11), permanent oor die kleinstes waak (18:10). Dit gaan dus nie hier oor die populêre opvatting dat kinders beskermengele sou hê nie, maar oor grootmense wat maklik in hulle geloof struikel en oor wie God begaan is.   Tweedens illustreer ’n kort gelykenis* hoe God al die skape tussen die rantjies los om één wat weggeraak het, terug te kry. En hoe groot is die blydskap nie wanneer dié teruggevind word nie (18:13). Dit herinner aan die blydskap met die terugkeer van die verlore seun (
Luk 15:23-24
Loading...
, 32). Uiteindelik word hierdie hele optrede pertinent as die wil van die Vader (18:14) beskryf. Dit staan in skrille kontras met die harteloosheid van sommige gemeentelede.
 
Mat 18:12-14
Loading...
12  Hoe dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle raak weg, sal hy nie die nege en negentig daar in die bergveld laat staan en die een wat weg is, gaan soek nie? 13  En as hy hom kry, verseker Ek julle, is hy blyer oor hom as oor die nege en negentig wat nie weggeraak het nie. 14  So is dit ook nie die wil van julle Vader in die hemel dat een van hierdie kleintjies verlore moet gaan nie.

Insident 127        Instruksies oor kerklike tug. Augustus 29 nC. Sien Kaart 10.4vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.

KommentaarMattheus
Mat skryf verder vanaf die vorige insident.  
Mat18:15-20
Loading...
handel steeds oor afvalligheid, maar nou as gevolg van ’n lidmaat se eie sonde.8
Hierdie verse word soms ’n “tugreglement” genoem. Maar omdat die woordjie “tug” so negatief belas is, moet ’n mens eerder van die kerk se liefdesuitreiking na sondaars praat. Die sleutelwoord waarmee die sondaar beskryf word, is medegelowige (18:15). Dit bevestig dat die een wat sondig, nie onmiddellik ’n buitestander word nie, maar deel bly van die geloofsgesin. Die verantwoordelikheid teenoor so ’n gelowige word juis soveel groter.   Die liefdesuitreiking wat in 18:15-17 beskryf word, is een van uitkringende betrokkenheid: eers net jy en die sondaar alleen (want tug as kerklike liefdesuitreiking wil nie vuil wasgoed in die openbaar was nie). Eers wanneer daar hardkoppigheid by die sondaar is, word ander gelowiges betrek (18:16), totdat die hele gemeente later bykom (18:17). Alles dien om die sondaar te laat besef dat almal oor hom bekommerd is, God self ook. En slegs as uiterste maatreël word die sondaar wat hom of haar nie bekeer nie, van die gemeente afgesny (soos ’n ongelowige of ’n korrupte tollenaar behandel, 18:17). Nie om van hom ontslae te raak nie, maar sodat hy onder die indruk van die erns van sy sonde gebring kan word, en nou soos enige ander ongelowige die voorwerp van evangelisering word. Hy of sy word nou as buitestander van nuuts af geëvangeliseer. Hierdie hele proses is maar net ’n ander manier om die opsoekende liefde van God vir die weggeraakte skaap (18:12-13) te beskryf. Wanneer ’n gemeente met soveel opregte liefde uitreik, bekragtig God hulle optrede (18:18). Die sondaar moet weet dis nie grappies nie; God self is met hom of haar besig. Verder, die belofte van Christus se teenwoordigheid in die gemeente (18:19-20), dien as versterking van 18:18. Slegs wanneer die gemeente in biddende afhanklikheid van God na sondaars uitreik, strek dit tot heil van die sondaar en dra dit Christus se goedkeuring weg. Gebed maak dat ’n gemeente in pas met God bly. Tug is nooit selfverheffende, eiegeregtige optrede nie, maar wil slegs doen waartoe God opdrag gee. Kerklike tug vind altyd in die ondersoekende teenwoordigheid van die Immanuel plaas (18:20: is Ek immers ook saam met hulle daar).  
Mat 18:15-20
Loading...
15  As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. 16  Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesê word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word. 17  En as hy na hulle nie luister nie, sê dit vir die gemeente. As hy ook na die gemeente nie luister nie, moet jy hom as ‘n heiden en ‘n tollenaar behandel. 18  Dit verseker Ek julle: Wat julle ook al op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat julle ook al op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly. 19  Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, 20  want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”

Insident 128        Petrus se vraag oor vergifnis. Augustus 29 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Jesus se tuisdorp Kapernaum.            

KommentaarMattheus
Mat skryf verder vanaf die vorige insident.   Die voorbeeld van die onvergewensgesinde amptenaar Matteus 18:21-35 8 Hierdie verse vorm deel twee van Jesus se vierde groot preek (18:1-35). Dit wys hoe kerklidmate se betrokkenheid by mekaar se afdwaling en sonde, soos in deel een beskryf (18:1-20), rus op die onbeperkte liefde van God vir sondaars. Die kerk is in sy optrede niks anders nie as ’n spieël vir hierdie groot liefde. Deel twee bestaan uit omramende verse (18:21-22, 35) en die gelykenis* van die onvergewensgesinde amptenaar (18:23-34). In 18:21 roer Petrus die kwessie van vergifnis aan. Die sleutelterm van 18:15, medegelowige, word herhaal. So bind Matteus die gedeeltes aan mekaar. 18:21-35 bring net ’n verdere dimensie by: die medegelowige wat iets verkeerds gedoen het (18:15), kan moontlik berou kry. Interessant is egter dat, anders as by die parallel, Lukas 17:3, die berou van die medegelowige nie vermeld word nie. Dit word waarskynlik geïmpliseer, hoewel Matteus met sy weglating daarvan alle klem wil plaas op die liefdesplig van die lydende party om te vergewe. Medegelowiges moet so gereedstaan om mekaar te vergewe dat berou nie eens eksplisiet ter sprake hoef te wees nie. Petrus vra spesifiek hoeveel keer hy moet vergewe (18:21). Hy is nogal ruimhartig met sy voorstel van sewe keer, aangesien drie keer die aanvaarde grens by die destydse Jode was. Maar dan boul Jesus hom uit met sy antwoord: nie sewe keer nie, maar selfs sewentig maal sewe keer (18:22). Is 490 keer dus nou die nuwe grens? Nee, die voortvloeiende gelykenis* verduidelik wat met sewentig maal sewe keer bedoel word.   Die gelykenis stel twee uiterstes teenoor mekaar: die onbegryplike barmhartigheid van die koning (God) wat miljoene rande afskryf (18:24, 27), en die onbegryplike benepenheid, kleinlikheid, gevoelloosheid (daar is eintlik nie genoeg woorde om ’n mens se weersin te beskryf nie) van hierdie vrygespreekte wat ’n medeamptenaar (medegelowige) nie eens ’n paar rand kan kwytskeld nie (18:28, 30). Die saak waaroor dit gaan, is dat God ons almal ’n onbetaalbare groot sondeskuld kwytgeskeld het, en dat die dankbaarheid oor God se onbeperkte liefde ons so oorstelp behoort te laat dat ons nie haastig genoeg mekaar se bietjie skuld sal afskryf nie. Eintlik skuld ons mekaar niks nie, behalwe om mekaar lief te hê (Rom 13:8). Sewentig maal sewe keer vergewe beteken dus nie 490 keer nie, maar onbeperk – tot in die oneindigheid toe, onophoudelik. Daarom dat 18:35 nie meer sommetjies maak nie, maar sê: Jy moet jou medegelowige met jou hele hart vergewe. Want dit is soos God met ons maak. Boonop gee Hy sy goedheid sommer vir die slegtes ook (5:45). Wie is ons dan om ons goedheid te beperk? Alleen wanneer ’n gemeente so vanuit die liefdeshart van God leef, kan elkeen die ander een hoër ag as hom- of haarself, kan ons mekaar volhardend respekteer, agternaloop en vergewe (18:1-20). Sonder hierdie liefde val ’n gemeente se boom uit.  
Mat 18:21-35
Loading...
21  Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?” 22  Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer. 23  Daarom kan die koninkryk van die hemel vergelyk word met ‘n koning wat besluit het om saam met sy amptenare hulle boeke na te gaan. 24  Toe hy daarmee begin, is een amptenaar na hom toe gebring wat miljoene rand geskuld het. 25  Hy kon dit nie betaal nie, en daarom het die koning beveel dat hy en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, verkoop en die skuld betaal moet word. 26  Die man het voor hom neergeval en gesoebat: ‘Gee my tog uitstel; ek sal u alles terugbetaal.’ 27  Die koning het hom jammer gekry, hom laat gaan en sy skuld afgeskryf. 28  Toe daardie man buite kom, het hy een van sy medeamptenare raakgeloop wat hom net ‘n paar rand geskuld het. Hy het hom gegryp en gewurg, en gesê: ‘Betaal wat jy skuld!’ 29  Sy medeamptenaar het voor hom neergeval en hom gesmeek: ‘Gee my tog uitstel, ek sal jou betaal.’ 30  Maar hy wou nie en hy is daar weg om hom in die tronk te laat gooi totdat hy die skuld betaal het. 31  Toe sy medeamptenare sien wat gebeur het, was hulle diep teleurgesteld, en hulle het alles wat gebeur het, vir hulle koning gaan vertel. 32  Die koning het hom laat haal en vir hom gesê: ‘Jou skurk! Al daardie skuld het ek vir jou afgeskryf omdat jy my gesoebat het. 33  Moes jy nie ook jou medeamptenaar jammer gekry het soos ek jou jammer gekry het nie?’ 34  Die koning was woedend en het hom oorgegee om gemartel te word totdat hy al die skuld betaal het. 35  So sal my Vader wat in die hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.”

Insident 129        Jesus gaan na Perea , Oos van die Jordaan maar aangrensend aan Judea . September 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete na Perea wat grens Judea aan die oostekant van die Jordaan en Kaart 10.1wat die provinsies ook aandui.

KommentaarMatMar
Mat skryf verder vanaf die vorige insident en Mar vervolg vanaf insident 125.   Volgens die Nuwe Lewende Vertaling het Jesus van Galilea vertrek en in Perea aangekom. Hierdie gebied het aan Judea gegrens, maar was aan die Oostekant van die Jordaan geleë.  
Mat 19:1
Loading...
1  Nadat Jesus klaar gepraat het, het Hy uit Galilea vertrek en in die gebied van Judea anderkant die Jordaan gekom.
Mar 10:1
Loading...
1  Jesus het Hom gereed gemaak en daarvandaan na die gebied Judea toe vertrek, oorkant die Jordaan langs. Baie mense het weer na Hom toe gekom en, soos Hy gewoond was, het Hy hulle geleer.

Insident 130        Fariseërs en dissipels vra oor egskeiding. September 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete na Perea wat grens Judea aan die oostekant van die Jordaan en wat die provinsies aandui.

 KommentaarMatMar
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 19:2-12
Loading...
2  Groot menigtes het agter Hom aan gegaan, en Hy het hulle daar gesond gemaak. 3  Daar was Fariseërs wat Hom op die proef wou stel, en hulle kom toe by Hom met die vraag: “Mag ‘n man sommer oor enige ding van sy vrou skei?” 4  Hy het hulle geantwoord: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie? 5  Daarby het Hy gesê: ‘Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.’ 6  Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag ‘n mens nie skei nie.” 7  Hulle vra Hom toe: “Waarom het Moses dan bepaal dat, as iemand sy vrou ‘n skeibrief gee, hy van haar kan skei?” 8  Hy antwoord hulle: “Dit is oor die hardheid van julle harte dat Moses julle toegelaat het om van julle vrouens te skei, maar dit was nie van die begin af so nie. 9  Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met ‘n ander een trou, pleeg egbreuk.” 10  Sy dissipels sê toe vir Hom: “As dit is hoe die saak met man en vrou staan, is dit beter om nie te trou nie.” 11  Maar Hy sê vir hulle: “Wat julle nou sê, is nie vir almal moontlik nie, net vir dié aan wie dit gegee is. 12  Daar is mense wat nie kan trou nie omdat hulle van hulle geboorte af so is, ander is deur mense so gemaak, en ander het self so gekies ter wille van die koninkryk van die hemel. Wie dit kan doen, laat hy dit doen.”  
Mar 10:2-12
Loading...
2  Daar het ook Fariseërs gekom, en om Hom op die proef te stel, het hulle Hom gevra: “Mag ‘n man van sy vrou skei?” 3  Hy het daarop vir hulle gevra: “Wat het Moses julle beveel?” 4  “Moses het toegelaat dat iemand ‘n skeibrief opstel en skei,” het hulle geantwoord. 5  Toe sê Jesus vir hulle: “Dit is oor die hardheid van julle harte dat hy hierdie bepaling vir julle gemaak het. 6  Maar van die begin af, van die skepping af, ‘het God hulle man en vrou gemaak.’ 7  ‘Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, 8  en hulle twee sal een wees,’ sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. 9  Wat God dan saamgevoeg het, mag ‘n mens nie skei nie.” 10  In die huis het die dissipels Hom weer hieroor uitgevra. 11  Hy sê toe vir hulle: “Elkeen wat van sy vrou skei en met ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen sy vrou. 12  En as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk.”

Insident 131        Ongeloof van Jesus broers. Oktober 29 nC. Sien Kaart 10.5 vir die uitleg van Jerusalem.

KommentaarJohannes
Johannes 7: 2  “En die fees van die Jode, die huttefees, was naby“.    Die huttefees is aan die begin van Oktober.   Selfs sy eie broers het nie in Hom geglo nie Johannes 7:1-9 8 In Johannes 7 loop daar veral twee hooflyne deur. As alles wat Jesus in hierdie hoofstuk spesifiek sê, saam gelees word, kry ’n mens ’n interessante oorsig oor die verkondiging van Jesus aan die wêreld. Die een hooflyn beklemtoon dat God in beheer is, nie mense nie. Die ander hooflyn beskryf reaksies uit verskillende hoeke op Jesus en sy boodskap. Die Joodse Huttefees* was een van die drie pelgrimsfeeste van die Jode. Dié fees vier God se voorsiening aan die Jode gedurende hulle omswerwings in die woestyn. Veral water en lig het ’n belangrike rol in dié fees gespeel. In 7:38 speel water ’n belangrike rol en van 8:12 af word lig ’n sentrale tema. Jesus se broers het Hom aangemoedig om na die fees toe te gaan. Dit is egter meer om eie eer te gaan soek en mense met Hom te gaan beïndruk. Dit wat Jesus werklik kom doen het, naamlik om aan mense die pad na die ewige lewe te openbaar, speel by hulle geen rol nie, want hulle glo nie in Jesus nie (7:5). Jesus reageer deur hulle versoek af te wys (7:8). Sy regte geleentheid het nog nie gekom nie. Dit herinner baie aan die manier waarop Hy in Johannes 2 teenoor sy ma opgetree het. Soos vir sy ma sê Hy dat sy geleentheid nog nie gekom het nie. Daarmee dui Jesus aan dat sy lewe volgens ’n spesifieke plan, die plan van God, ontvou. Wanneer die tyd ryp is, sal Hy doen wat Hy moet doen. Sy broers se tyd is egter altyd daar, wat beteken dat hulle kan besluit wat hulle wil doen.  
Joh 7:2-10
Loading...
2  Maar die huttefees van die Jode was naby. 3  Jesus se broers sê toe vir Hom: “Gaan ‘n bietjie hiervandaan na Judea toe dat jou dissipels daar ook die wonderdade kan sien wat jy doen. 4  ‘n Mens wat oral bekend wil wees, doen nie iets in die geheim nie. Aangesien jy dan hierdie dinge doen, maak jou openlik aan die wêreld bekend.” 5  Selfs sy broers het nie in Hom geglo nie. 6  Jesus sê toe vir hulle: “Vir My het die tyd nog nie gekom nie, maar vir julle is enige tyd reg. 7  Die wêreld kan vir julle nie haat nie; maar hy haat My, omdat Ek openlik verklaar dat sy dade sleg is. 8  Gaan julle maar fees toe. Ek gaan nie na hierdie fees toe nie, omdat die tyd vir My nog nie reg is nie.” 9  Dit het Hy vir hulle gesê, en Hy het daar in Galilea gebly. 10  Nadat Jesus se broers na die huttefees toe vertrek het, het Hy self tog ook gegaan, nie openlik nie maar onopvallend.

Insident 132            Die onderrig by die huttefees. Oktober 29 nC. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die tempel in Jerusalem.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.   Moenie onbillik oor My oordeel nie! Johannes 7:10-24 8 Ten spyte van wat Jesus aan sy broers gesê het (7:8), het Hy toe later ook self gegaan (7:10). Hy gaan in elk geval nie soos sy broers voorgestel het nie. Hy wil nie mense bloot beïndruk met wat Hy doen nie. In die mense se reaksie op Hom was daar egter verskil van mening (7:10-13). Party het gevoel dat Hy ’n goeie man is, wat dan beteken dat God aan sy kant is. Ander het Hom weer aan die kant van die misleier, die duiwel, geplaas. Wie se pad met Jesus se pad kruis, kan dus nie neutraal staan nie. Elke persoon móét ’n besluit neem. Onder die skare was daar sommer baie bespiegeling oor Jesus (7:12). Gedurende die fees begin Jesus toe om in die tempel mense te onderrig. Hy praat nie sommer uit en oor Homself nie. Sy onderrig is nie sy eie nie, maar kom van God af. Hy leer hulle werklik van God. Hy soek nie sy eie eer, soos sy broers voorgestel het nie. Hy is nie daar om sy eie saak te bevorder nie, maar die saak van die Vader wat Hom gestuur het. Dit staan nogal in kontras met wat die Jode doen. Hulle luister nie na die wil van die Vader soos Moses dit vir hulle gegee het nie, want hulle wil Jesus doodmaak (7:19). Die implikasie is dat hulle nie soveel vir die wil van God omgee nie.   Jesus se antwoord op die Jode se belediging dat Hy van die duiwel besete is, is in die vorm van ’n tipiese debat. Deur jou argument bewys jy jou opponent verkeerd en maak hom op dié manier belaglik. Die argument is dat die Jode baie ernstig is oor wette oor sabbatsonderhouding. Daar is ook egter ’n wet wat sê dat ’n kind op die agtste dag besny moet word. Dit was die teken van die verbond*. As die agtste dag nou op die Sabbat val, bots daar twee wette. Een wet moet dan belangriker as die ander wet wees. Die besnydeniswet is in dié geval as die belangrikste wet beskou. Dit kon maar op ’n Sabbat plaasvind. Die sabbatswet word gebreek net om nie die wet van Moses te breek nie. Nou is Jesus se vraag: Is dit nie baie belangriker om ’n mens te help as om ’n dooie wet te probeer hou nie? Daar is ook so ’n bietjie sarkasme* in die woorde van Jesus. Besnydenis raak net ’n klein deel van die liggaam. Hy het egter die man se hele liggaam gesond gemaak, soos in Johannes 5 beskryf. Die Jode is oor die klein dingetjies bekommerd, maar vergeet die groot dinge. Daarom sluit Jesus in 7:24 af met die opmerking dat die Jode weer ’n keer moet nadink oor die maatstawwe waarvolgens hulle hulle oordele vel: Moenie oordeel net op wat julle sien nie; oordeel billik.   Hierdie man doen dan wondertekens soos die Messias Johannes 7:25-39 8 Hoewel die Joodse leiers besluit het om Jesus dood te maak en Jesus ook nie bang is om hulle in die openbaar te konfronteer nie, het die feesmenigte agtergekom dat hulle niks aan Jesus doen nie. Jesus preek rustig voort. Hulle verklaring is dat die leiers moontlik in Jesus begin glo (7:26). Tog weet Johannes van beter. Hulle kan niks teen Jesus doen nie, omdat sy tyd nog nie daar is nie. God het besluit dat dit nog nie tyd is nie (7:30). Wat die skare egter laat twyfel of Jesus regtig die Messias is, is dat Hy aan hulle almal bekend is. Die Jode het geglo dat die Messias ’n mens sal wees, maar dat niemand Hom vir eers sal ken nie. Skielik sal Hy egter sterk op die voorgrond tree en dan sal daar nie meer oor Hom gewonder word nie. Daarmee saam was daar verwagtings dat sy herkoms tog ietwat misterieus en in die duister gehul sal wees. Dit dui daarop dat die Messias tog bo mense staan. Iets van die misterie van die Goddelike kleef aan Hom. En dit is juis die probleem met Jesus. Hulle ken Hom al te lank. Hy voldoen nie aan die misterieuse vereistes wat hulle vir die Messias stel nie (7:27).   Jesus se antwoord in 7:28 kan in Grieks as ’n stelling of ’n vraag gelees word: Julle ken My en julle weet waarvandaan Ek kom. Hoe dit ook al sy, in beide gevalle word die Jode se onkunde beklemtoon. Hulle praat asof hulle Hom ken, maar hulle ken nie die ware Een wat Jesus gestuur het nie. Hulle is dus heeltemal onbewus van die herkoms van sy sending (7:28). Jesus ken egter die ware Een wat Hom gestuur het, omdat Hy van Hom af kom (7:29). Nou is dit nie so belangrik waar Jesus gebore is nie, maar waar sy boodskap vandaan kom (7:16-19). Hulle moet na Jesus luister omdat Hy God self openbaar. Die Jode wou Jesus arresteer, maar daar was tog mense wat Jesus as die Messias aanvaar het. Sy dade wys dat Hy van God af kom.   Die klimaks kom op die laaste dag van die fees Johannes      7:37-39 8 Die laaste dag in 7:37 verwys na die sewende dag wat die groot dag van die Huttefees* was. Dit was die hoogtepunt. Op elke dag van die fees het die feesgangers water by die Siloamput gaan haal en dit na die tempel toe gebring. Die water is dan by die altaar uitgegooi terwyl die volk sing, takkies swaai en sitrusvrugte (as teken van die oes) in die lug hou. Die water was simbolies van die water wat God in die woestyn aan sy volk gegee het. Vir die Israeliete was dit simbolies van God se sorg asook van die Gees wat Hy in die laaste dae aan sy volk sal gee. Daar is geglo dat daar in die laaste dae ’n stroom water uit die tempelrots gaan kom wat deur die hele wêreld gaan vloei (sien ook Eseg. 47:1-9, Sag 13:1). Hierdie water gaan oral lewe bring.   In sy preek op die sewende dag sluit Jesus juis by hierdie motiewe aan. Soos Jesaja 55:1 sê, roep Hy: As jy dors is, kom dan na My toe en drink. Riviere lewende water sal uit sy binneste vloei. Wie in Hom glo, sal self soos ’n fontein van die lewende (of lewegewende) water wees. Soos ’n rivier lewe rondom homself skep, so sal die persoon uit wie dié water vloei, ook die lewe van God vir ander laat toekom. Die water sal nie soos ’n rivier deur die wêreld loop nie, maar in die lewe van mense. Dit is moontlik omdat die mense die Gees sal ontvang wat die tekens van die nuwe lewe uit hulle sal laat vloei. God gaan dus die lewe deur die wêreld laat vloei, en wel deur die uitstorting van die Heilige Gees. Die Gees was nog nie daar nie omdat Jesus nog nie verheerlik is nie (7:39). Dit beteken dat Hy nog nie uit die dood opgestaan het nie. Daarvan lees ons in 20:22.   Met hierdie woorde sê Jesus dus dat die plan wat God vir die laaste tye gemaak het, in Hom in vervulling gegaan het. Wat die Jode daar by die tempel tydens die Huttefees* gevier het, het in Jesus waar geword.   Wie is Jesus werklik? Johannes 7:40-52 8 Die reaksie van die mense word in 7:43 goed saamgevat: Onder die skare het daar toe verdeeldheid oor Jesus gekom. Hulle was nie seker presies wat om van Jesus te glo nie. ’n Klomp het positief gereageer. Hulle was oortuig dat Jesus die profeet is (soos Moses) wat in die laaste dae sou kom (7:40). Ander het sommer prontuit gesê dat hulle dink Jesus is die Messias, die Christus (7:41).   Maar die reaksie was nie net positief nie. Jesus het volgens sommige nie van die regte plek af gekom om die Messias te wees nie. Hy was van Nasaret. Volgens die Skrifte moet die Messias uit Betlehem kom. Hy moet uit die stam van Dawid kom. Volgens sommige Jode kwalifiseer Jesus dus nie. Die vraag is natuurlik of Jesus nie inderdaad in Betlehem gebore is nie? Ons lees dit dan in Matteus 2:1 en in Lukas 2:4. Johannes maak egter niks daarvan nie. Dit lyk amper of hy nie weet dat Jesus wel in Betlehem gebore is nie. Die oplossing vir die probleem lê waarskynlik daarin dat Johannes nie in die aardse geboorte van Jesus belangstel nie. Jesus het wel mens geword (1:14) maar het van altyd af bestaan (1:1).   In 7:45-52 kry ons ’n kykie hoe die Joodse leiers op Jesus gereageer het. Die wagte wat in kontak met Jesus was, kom lewer positiewe getuienis (7:46). Dit beïndruk die Joodse leiers egter nie. Hulle motivering lê daarin dat enigiemand wat die wet ken, sal weet dat Jesus nie die Messias kan wees nie. Daarom loop die skares agter Hom aan, maar nie enige leier of Fariseër nie. Die skares is tog nie in staat om die regte oordeel te vel nie. Die bewys daarvoor is dat die kenners van die wet, naamlik die lede van die Joodse Raad of die Fariseërs, nie in Jesus glo nie. Hulle weet van beter. Ironies* genoeg sit Nikodemus tussen hulle. Hy het Jesus in die nag besoek (3:1-10). Hy probeer vir Jesus intree. Hy vra die Raad om Jesus nie sonder meer te veroordeel nie, maar eers na Hom te luister en te hoor wat Hy sê. Daarmee wys Johannes dat die Joodse leiers nie eers die moeite gedoen het om na Jesus te luister nie. Dit sou wel later gebeur, soos daar in 18:19 vertel word, maar toe het hulle al klaar besluit wat om met Hom te doen.   Die antwoord van die Jode aan Nikodemus sentreer weer om die probleem dat Jesus volgens hulle nie aan die vereistes van die Skrif voldoen nie. Daarom kwalifiseer Hy nie as Messias nie en moet daarom, volgens hulle, ’n bedrieër wees. Daar het tog nog nooit ’n profeet uit Galilea na vore getree nie! Tussen Judea en Galilea was daar spanning. Die mense van Judea het gevoel dat die Galileërs agterlik was. Die Skrif het dit bevestig, soos hulle vinnig vir Nikodemus sê (7:52). Geen groot profeet sal volgens die Skrifte uit Galilea kom nie. Dit eggo die beswaar wat in 1:46 deur Natanael ook gemaak is.  
Joh 7:11-53
Loading...
11  Die Jode het toe by die fees na Hom gesoek en gevra: “Waar is hy?” 12  Onder die feesmenigte is daar baie oor Hom gefluister. Party mense het gesê: “Hy is ‘n goeie man.” Maar ander het gesê: “Nee, hy mislei die mense.” 13  Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie, omdat hulle bang was vir die Jode. 14  Toe die feestyd al halfpad verby was, het Jesus na die tempel toe gegaan en die mense daar geleer. 15  Die Jode was verbaas en het gesê: “Waar kom hy aan die geleerdheid? Hy het dan geen opleiding gehad nie!” 16  Jesus het vir hulle gesê: “Wat Ek die mense leer, kom nie van Myself af nie, maar van Hom wat My gestuur het. 17  As iemand gewillig is om die wil van God te doen, sal hy weet of hierdie leer van God af kom, en of Ek uit my eie praat. 18  Wie uit sy eie praat, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van die Een wat Hom gestuur het, is geloofwaardig, en daar is niks oneerliks in Hom nie. 19  Het Moses nie die wet vir julle gegee nie? En tog hou nie een van julle die wet nie. Waarom wil julle My dan doodmaak?” 20  “Jy is van die duiwel besete!” het die mense uitgeroep. “Wie wil jou doodmaak?” 21  Jesus het toe verder vir hulle gesê: “Julle is almal ontsteld oor een ding wat Ek gedoen het. 22  Omdat Moses die besnydenis vir julle gegee het – en eintlik kom dit nie eens van Moses af nie, maar van die aartsvaders – besny julle ook op ‘n sabbatdag. 23  As iemand op ‘n sabbatdag die besnydenis mag ontvang om nie die wet van Moses te verbreek nie, waarom is julle dan vir My kwaad omdat Ek op ‘n sabbatdag iemand se hele liggaam gesond gemaak het? 24  Moenie op die oog af oordeel nie, oordeel regverdig.” 25  Intussen het party van die inwoners van Jerusalem gesê: “Is dit nie die man vir wie hulle wil doodmaak nie? 26  En hier praat hy nou in die openbaar, en hulle sê niks teen hom nie. Het die lede van die Joodse Raad miskien werklik tot die oortuiging gekom dat hy die Christus is? 27  Ons weet tog waar hierdie man vandaan kom; maar wanneer die Christus kom, sal niemand weet waar Hý vandaan kom nie.” 28  Terwyl Jesus die mense in die tempel leer, het Hy uitgeroep: “Ja, julle ken My, en julle weet ook waar Ek vandaan kom. En tog het Ek nie uit my eie gekom nie, maar dit is die ware God wat My gestuur het, en vir Hom ken julle nie. 29  Ek ken Hom, omdat Ek van Hom af kom en Hy My gestuur het.” 30  Hulle wou Hom toe gevange neem, en tog het niemand dit gedoen nie, omdat sy tyd nog nie gekom het nie. 31  Maar baie van die mense het tot geloof in Hom gekom en het gesê: “Wanneer die Christus kom, sal Hy tog seker nie meer wondertekens doen as wat hierdie man gedoen het nie?” 32  Die Fariseërs het gehoor wat die mense oor Hom fluister, en hulle en die priesterhoofde het wagte gestuur om Hom gevange te neem. 33  Jesus sê toe: “Nog net ‘n kort tydjie is Ek by julle, en dan gaan Ek terug na Hom toe wat My gestuur het. 34  Julle sal My soek en My nie kry nie, want waar Ek dan is, kan julle nie kom nie.” 35  Toe sê die Jode vir mekaar: “Waarheen sou hy van plan wees om te gaan dat ons hom nie sal kry nie? Hy is tog nie van plan om na die Griekssprekende Jode in die buiteland te gaan en die Grieke daar te leer nie? 36  Wat bedoel hy met die woorde: Julle sal My soek en My nie kry nie, want waar Ek dan is, kan julle nie kom nie?” 37  Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! 38  Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” 39  Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie. 40  Party van die mense wat hierdie woorde gehoor het, het gesê: “Hy is werklik die Profeet.” 41  Party het gesê: “Hy is die Christus.” Maar party het gesê: “Die Christus kom tog nie uit Galilea nie? 42  Die Skrif sê mos die Christus kom uit die nageslag van Dawid en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was.” 43  Daar het toe verdeeldheid oor Hom onder die mense gekom. 44  Party van hulle wou Hom gevange neem, maar niemand het dit gedoen nie. 45  Daarna het die wagte na die priesterhoofde en die Fariseërs toe teruggegaan, en dié het vir hulle gevra: “Waarom het julle hom nie gebring nie?” 46  Die wagte het geantwoord: “Nog nooit het iemand gepraat soos hierdie man nie.” 47  Die Fariseërs sê toe vir hulle: “Is julle tog nie ook mislei nie? 48  Het een van die lede van die Joodse Raad miskien in hom geglo, of een van die Fariseërs? 49  Nee, dit is net hierdie vervloekte klomp mense wat nie ons wet ken nie!” 50  Nikodemus, wat voorheen na Jesus toe gekom het en wat een van hulle was, sê toe vir hulle: 51  “Volgens ons wet kan ons mos nie sommer iemand veroordeel sonder om eers sy kant van die saak te hoor en vas te stel wat hy doen nie.” 52  Hulle sê toe vir hom: “Jy kom tog nie ook van Galilea af nie? Ondersoek die Skrif en jy sal sien dat God niemand wat uit Galilea kom, as profeet roep nie.” 53  Hierna is hulle elkeen na sy huis toe,

Insident 133        Die vrou wat op egbreuk betrap was. Oktober 29 nC. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van                       die Olyfberg en die tempel in Jerusalem.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.   Die vrou wat op heterdaad betrap is Johannes 8:1-11 8 Hierdie verse kom nie in die oudste en mees betroubare manuskripte voor nie. Dit is eers later tot die Evangelie bygevoeg. Tog verskil dit wat in die gedeelte gesê word nie van die res van die boodskap van dié Evangelie nie.   Die skrifkenners en Fariseërs het met bymotiewe die vrou na Jesus toe gebring. Die wyse waarop die rabbi dié saak hanteer, sal dan vir almal wys of hy betroubaar is en waar hy ten opsigte van die wet staan. Op grond daarvan sal die menigtes hom dan aanvaar en eer. Daar was dus heelwat op die spel. Die skrifkenners wou Jesus in die moeilikheid bring. Jesus se keuses was beperk. Volgens die Joodse wet moes die vrou gestenig word. As Hy só sou sê, sou Hy in twee ander slaggate trap.   • Die man moes saam met haar gestenig word (Lev 20:10; Deut 22:22). As nét sy gestenig is, sou dit ’n bewys wees dat Jesus die wet nie goed genoeg ken nie.   • Volgens 18:31 mag die Jode nie iemand doodmaak nie. Jesus sou dus ’n oortreding van die Romeinse wet voorstel. Indien Jesus egter sê dat die vrou nie gestenig moet word nie, sou Hy wys dat Hy teen die wet van Moses ingaan, wat dit voorskryf (8:5). Dan keur Hy sonde goed. Jesus is in ’n moeilike posisie geplaas om te kyk of Hy uit die probleem kon kom (8:6). As Hy nie kon nie, sou dit sy posisie in die oë van die mense baie skade aandoen. Afgesien daarvan sou hulle dan rede hê om Jesus óf by die Joodse Raad óf by die Romeine te gaan aankla, afhangend van wat Hy sou antwoord (8:6).   In sy antwoord vermy Hy al die slaggate wat vir Hom gegrawe is. Hy stel die Skrifkenners voor die noodsaaklikheid van vergifnis. Die Joodse opvatting dat jy nie aan ander moet doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie, speel hier ’n rol. As een van die omstanders dus ’n klip sou optel, sou hy of sy hulle aan dieselfde soort veroordeling blootstel. Jesus maak dus elke mens die regter van sy eie lewe. Is die maatstawwe wat jy vir ander stel, maatstawwe waaraan jyself kan voldoen? Indien nie, moet jy jou maatstawwe só aanpas dat daar ruimte gelaat word vir ander mense. Dit is wat vergifnis aan mense doen. Dit is ook wat God aan mense doen. Jesus wys dit toe Hy vir die vrou sê dat Hy haar ook nie veroordeel nie (8:11). Hy is mos die Lam wat die sonde van die mensdom wegneem (1:29). Daarmee erken Hy nie sy eie sonde nie, maar illustreer Hy God se vergifnis en genade (1:14). Dit is merkwaardig dat die aanklaers een vir een weggaan. Daarmee het hulle die saak teen Jesus opgegee en is hulle eie verkeerde motiewe blootgelê. Deurdat die aanklaers weggaan, word die saak teen die vrou outomaties teruggetrek. Hulle tree as die sondaars uit die stryd; húlle is eintlik die mense wat gestenig moet word.  
Joh 8:1-11
Loading...
1  maar Jesus het na die Olyfberg toe gegaan. 2  Die volgende môre vroeg was Hy weer in die tempel en die hele volk het na Hom toe gekom. Hy het gaan sit en hulle geleer. 3  Die skrifgeleerdes en die Fariseërs bring toe ‘n vrou wat op owerspel betrap is, en laat haar in die middel van die kring mense staan. 4  Hulle het vir Hom gesê: “Meneer, hierdie vrou is op heter daad betrap waar sy owerspel gepleeg het. 5  Moses het ons in die wet beveel om sulke vrouens te stenig, maar u, wat sê u?” 6  Dit het hulle gevra om Hom uit te lok, sodat hulle iets kon kry waaroor hulle Hom kon aankla. Maar Jesus het gebuk en met sy vinger op die grond geskrywe. 7  Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat ‘n skoon gewete het, eerste ‘n klip op haar gooi.” 8  Daarna het Hy weer gebuk en op die grond geskrywe. 9  Toe hulle hoor wat Hy sê, het hulle een vir een begin wegloop, die familiehoofde eerste. Jesus is alleen agtergelaat saam met die vrou daar in die middel van die kring mense. 10  Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” 11  “Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

Insident 134        Gesprek van Jesus aangaande Sy goddelike sending. Oktober 29 nC. Sien Kaart                                      10.5 vir die ligging van die tempel in Jerusalem.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.    
Joh 8:12-59
Loading...
12  Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” 13  Die Fariseërs sê toe vir Hom: “Jy getuig oor jouself; jou getuienis is dus nie geldig nie.” 14  Daarop sê Jesus vir hulle: “Al getuig Ek ook oor Myself, is my getuienis geldig, omdat Ek weet waar Ek vandaan gekom het en waarheen Ek teruggaan. Maar julle weet nie waar Ek vandaan kom of waarheen Ek gaan nie. 15  Julle oordeel oor iemand volgens sy uiterlike; Ek oordeel oor niemand nie. 16  En as Ek oor iemand oordeel, is my oordeel reg, omdat dit nie Ek alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het. 17  In julle wet staan daar geskrywe dat die getuienis van twee persone geldig is. 18  Nou ja, oor My getuig Ek self én die Vader wat My gestuur het.” 19  Toe vra hulle vir Hom: “En waar is die vader van jou?” Jesus het geantwoord: “Julle ken My nie en ook nie my Vader nie. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het.” 20  Hierdie dinge het Hy gesê in die vertrek waar die offergawe kiste gestaan het. Hy was toe besig om die mense in die tempel te leer. En tog het niemand Hom gevange geneem nie, omdat sy tyd nog nie gekom het nie. 21  Verder het Jesus vir hulle gesê: “Ek gaan weg, en julle sal My soek, maar julle sal in julle sonde sterwe. Waar Ek heen gaan, kan julle nie kom nie.” 22  Die Jode het toe gesê: “Gaan hy dalk selfmoord pleeg, dat hy sê: Waar Ek heen gaan, kan julle nie kom nie?” 23  Toe sê Hy vir hulle: “Julle is van hier onder; Ek is van daar bo. Julle behoort tot hierdie wêreld; Ek behoort nie tot hierdie wêreld nie. 24  Daarom het Ek vir julle gesê julle sal in julle sondes sterwe, want as julle nie glo dat Ek is wat Ek is nie, sal julle in julle sondes sterwe.” 25  Hulle vra Hom toe: “Wie is jy?” Jesus het hulle geantwoord: “Waarom praat Ek eintlik nog met julle? 26  Ek kan baie dinge oor julle sê en ‘n oordeel oor julle uitspreek; maar Hy wat My gestuur het, is geloofwaardig, en net wat Ek by Hom gehoor het, sê Ek vir die wêreld.” 27  Hulle het nie begryp dat Hy met hulle van die Vader gepraat het nie. 28  Daarna sê Jesus vir hulle: “Eers wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, sal julle begryp dat Ek is wat Ek is, en dat Ek niks uit my eie doen nie, maar net verkondig wat die Vader My geleer het. 29  Hy wat My gestuur het, is by My. Hy het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hy wil.” 30  Terwyl Hy hierdie dinge gesê het, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom. 31  Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32  en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” 33  Hulle het Hom geantwoord: “Ons is die nageslag van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sê: ‘Julle sal vry word’?” 34  Jesus sê toe vir hulle: “Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is ‘n slaaf van die sonde. 35  ‘n Slaaf bly nie vir altyd by ‘n huisgesin nie; ‘n seun bly vir altyd. 36  Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees. 37  Ek weet julle is die nageslag van Abraham. Maar julle wil My doodmaak omdat my woorde nie ingang by julle vind nie. 38  Ek praat oor wat Ek by my Vader gesien het; en julle doen wat julle by julle vader gehoor het.” 39  Hulle het vir Hom gesê: “Ons vader is Abraham.” Daarop sê Jesus vir hulle: “As julle kinders van Abraham was, sou julle doen wat Abraham gedoen het. 40  Maar nou wil julle My doodmaak, vir My wat die waarheid wat Ek by God gehoor het, aan julle verkondig. Dít is nie wat Abraham gedoen het nie. 41  Julle doen wat julle vader gedoen het.” Hulle sê toe vir Hom: “Ons is nie uit owerspel gebore nie. Ons het net die een Vader, naamlik God.” 42  Maar Jesus sê vir hulle: “As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van God af gekom, en hier is Ek nou. Ek het immers ook nie uit my eie gekom nie, maar Hý het My gestuur. 43  Waarom begryp julle nie wat Ek sê nie? Omdat julle my boodskap nie kán verstaan nie! 44  Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af ‘n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ‘n leuenaar en die vader van die leuen. 45  En omdat Ek die waarheid praat, glo julle nie in My nie. 46  Wie van julle kan sonde by My aanwys? As Ek dan die waarheid praat, waarom glo julle nie in My nie? 47  Wie ‘n kind van God is, luister na die woorde van God. Juis daarom luister julle nie, omdat julle nie kinders van God is nie.” 48  Die Jode het toe vir Hom gesê: “Ons het mos gesê jy is ‘n Samaritaan en van die duiwel besete!” 49  Jesus het geantwoord: “Ek is nie van die duiwel besete nie, maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan. 50  Ek soek egter nie na eer vir Myself nie; daar is Een wat eer vir My soek, en Hy is regter. 51  Dít verseker Ek julle: As iemand my woorde ter harte neem, sal hy in alle ewigheid nooit sterwe nie.” 52  Die Jode sê toe vir Hom: “Nou is ons seker dat jy van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete ook, en tog sê jy: ‘As iemand my woorde ter harte neem, sal hy in alle ewigheid nooit sterwe nie.’ 53  Jy is tog nie groter as ons voorvader Abraham wat gesterf het nie? En die profete het gesterwe. Wie verbeel jy jou is jy?” 54  Maar Jesus antwoord: “As Ek Myself verheerlik, beteken my heerlikheid niks. Dit is my Vader wat My verheerlik. Julle sê: ‘Hy is ons God,’ 55  en tog ken julle Hom nie. Maar Ek ken Hom. As Ek sê Ek ken Hom nie, sal Ek net soos julle ‘n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom, en Ek neem sy woorde ter harte. 56  Abraham, julle voorvader, het hom daaroor verheug dat hy die dag van my koms sou sien, en hy het dit gesien en was bly.” 57  Die Jode sê toe vir Hom: “Jy is nog nie eens vyftig jaar oud nie, en het jy vir Abraham gesien?” 58  Jesus het hulle geantwoord: “Dít verseker Ek julle: Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is.” 59  Hulle het toe klippe opgetel om Hom daarmee te gooi. Maar Jesus het gaan skuil en van die tempel af weggegaan.  

Insident 135        Genesing van die man wat blind gebore was.  Oktober 29 nC. Sien Kaart 10.5 vir die bad                     van Siloam.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus genees ’n man wat blind gebore is Johannes 9:1-12 8 Die vraag van die dissipels in 9:2 weerspieël ’n opvatting destyds dat siekte die gevolg van sonde is. God is gesien as die God van lewe en van die goeie. As ’n mens siek word, kan dit tog nie van God af kom nie. Dit is eerder die sonde wat sy greep op die mens kry en só iets van die goeie skepping van God uit sy lewe wegneem deur hom siek te maak. Dat die man van geboorte af al siek was, kon beteken dat sy ouers se sonde ’n greep op hom gekry het. Vandaar die moontlikheid dat hy óf sy ouers verantwoordelik kon gewees het (9:2).   Jesus maak egter ’n regstelling (9:3). Daar is ’n ander rede vir die siekte. Dit is sodat God se werke in hom sigbaar kan word. As Jesus hom gesond maak, is dit ’n bewys dat God die tekens van die sonde en dood in hierdie wêreld kan oorwin. As Jesus dit doen, sal dit verder ook as bewys dien dat Hy van God af kom.   ’n Interessantheid is dat Jesus die blinde man nie daar genees nie. Nadat Jesus die klei wat hy met spoeg aangemaak het, op die man se oë geplak het, het Hy die blinde na die bad van Siloam gestuur om hom te gaan was. Die bad is deur Hiskia gebou. Siloam beteken “gestuurde”. Dit is moontlik ’n sinspeling op Jesus as Gestuurde van die Vader af, maar ook dat die man die gestuurde van Jesus word. Mense moet Jesus se boodskap as gestuurdes gaan uitdra (vgl 20:21-23). Daarom is dit belangrik om daarop te let dat hierdie die enigste verhaal in die Evangelie is waar Jesus Hom nie teen die Joodse leiers hoef te verdedig nie, maar waar iemand anders dit doen. Sonder Jesus verdedig die man Hom tot op die punt waar hy uit die sinagoge geban word (9:34). In sekere sin word die verhaal van hierdie blinde man die verhaal van elkeen wat die Lig sien. Jou sending word om vir en van Jesus te getuig, al beteken dit konfrontasie met en verguising deur jou gemeenskap.  
Joh 9:1-41
Loading...
1  Terwyl Jesus wegstap, sien Hy ‘n man wat van sy geboorte af blind was. 2  Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s’n?” 3  En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s’n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word. 4  So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom, wanneer niemand kan werk nie. 5  Terwyl Ek in die wêreld is, is Ek die lig vir die wêreld.” 6  Nadat Hy dit gesê het, spoeg Hy op die grond en maak met die spoeg ‘n bietjie klei aan. Toe smeer Hy die klei aan die man se oë 7  en sê vir hom: “Gaan was jou in die Siloambad.” Siloam beteken die een wat gestuur is. Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien. 8  Sy bure en die ander mense wat hom voorheen as bedelaar geken het, sê toe: “Maar is dit dan nie die man wat gesit en bedel het nie?” 9  Party van hulle het gesê: “Dit is hy!” Maar party het gesê: “Nee, hy lyk maar net soos daardie man.” “Dit is ek!” het hy self gesê. 10  Hulle vra toe vir hom: “Maar hoe het jou oë dan reg gekom?” 11  En hy antwoord: “Die man met die naam Jesus het ‘n bietjie klei aangemaak en dit aan my oë gesmeer en vir my gesê: ‘Gaan na Siloam toe en was jou.’ Ek het gegaan en my gewas, en ek kon sien!” 12  “Waar is hy nou?” vra hulle hom toe. “Ek weet nie,” was sy antwoord. 13  Daarna het die mense die man wat eers blind was, na die Fariseërs toe gebring. 14  Dit was op ‘n sabbatdag dat Jesus die klei aangemaak en die man se oë genees het. 15  Die Fariseërs het hom ook weer gevra hoe dit gekom het dat hy kan sien. Hy het hulle geantwoord: “Hy het klei op my oë gesit en ek het my gewas, en nou sien ek.” 16  Party van die Fariseërs sê toe: “Hierdie man kom nie van God nie, want hy hou nie die sabbatdag nie.” Maar van die ander het gesê: “Hoe kan iemand wat ‘n sondaar is, sulke wondertekens doen?” En daar was verdeeldheid onder hulle. 17  Hulle sê toe weer vir die man wat blind was: “Wat sê jý van hom? Hy het mos jou oë genees.” “Hy is ‘n profeet,” het hy geantwoord. 18  Die Jode het nie geglo dat die man blind was en nou kon sien nie, totdat hulle sy ouers geroep 19  en vir hulle gevra het: “Is dit julle seun van wie julle beweer dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?” 20  “Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is,” het sy ouers geantwoord. 21  “Maar hoe hy nou sien, weet ons nie. En wie sy oë genees het, weet ons ook nie. Vra hom self. Hy is oud genoeg; hy kan vir homself praat.” 22  Sy ouers het dit gesê omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het toe al klaar met mekaar afgespreek dat iemand wat openlik verklaar dat Jesus die Christus is, uit die sinagoge geban sal word. 23  Daarom het sy ouers gesê: “Hy is oud genoeg; vra hom self.” 24  Die Jode het toe die tweede keer die man wat blind was, geroep en vir hom gesê: “Praat die waarheid voor God; ons weet mos hierdie man is ‘n sondaar.” 25  Daarop het hy gesê: “Of hy ‘n sondaar is, dit weet ek nie. Een ding weet ek wel: ek was blind, en nou sien ek.” 26  Hulle sê toe vir hom: “Wat het hy met jou gemaak? Hoe het hy jou oë genees?” 27  “Ek het julle mos al vertel, en julle het nie geluister nie,” antwoord hy. “Hoekom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook dissipels van hom word nie?” 28  Toe skel hulle hom uit en sê: “Jý is ‘n dissipel van hom. Óns is dissipels van Moses. 29  Ons weet dat God met Moses gepraat het; maar hierdie man – ons weet nie waar hy vandaan kom nie.” 30  “Dis darem snaaks,” sê hy daarop vir hulle. “Julle weet nie waar hy vandaan kom nie, en tog het hy my oë genees. 31  Ons weet dat God nie na sondaars luister nie; maar as iemand vir Hom ontsag het en doen wat Hy wil hê, luister God na hom. 32  Van ewigheid af is daar nog nooit gehoor dat iemand die oë van een wat blind gebore is, genees het nie. 33  As hierdie man nie van God was nie, sou hy niks kon doen nie.” 34  Hulle sê toe vir hom: “Jy is van jou geboorte af die ene sonde, en wil jy ons staan en leer?” En hulle het hom uitgeban. 35  Jesus het gehoor dat die Jode die man uitgeban het; en toe Hy hom kry, vra Hy vir hom: “Glo jy in die Seun van die mens?” 36  Hy het geantwoord: “Wie is dit, Meneer, sodat ek in Hom kan glo?” 37  Jesus het vir hom gesê: “Jy sien Hom. Dit is Hy wat met jou praat.” 38  Die man sê toe: “Ek glo, Here!” En hy het Hom aanbid. 39  Toe sê Jesus: “Ek het na hierdie wêreld toe gekom met die oog op ‘n beslissing, sodat dié wat nie sien nie, kan sien, en dié wat sien, kan blind word.” 40  Party Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesê: “Ons is mos nie blind nie!” 41  Jesus antwoord hulle: “As julle blind was, sou julle nie skuldig gewees het nie; maar nou sê julle: ‘Ons sien.’ Daarom bly julle skuldig.”

Insident 136        Ek is die goeie Herder. Oktober 29 nC. Sien Kaart 10.5vir die ligging van die tempel in   Jerusalem.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.   Die skape wat die stem van die Goeie Herder ken, volg Hom Johannes 10:1-6 8 Hoofstuk 10 moet nie los van hoofstuk 9 gelees word nie. Dit is eintlik ’n verduideliking van die groot verskil tussen Jesus en die Joodse leiers met behulp van die beeld van skaapboerdery. As jy hoofstuk 10 klaar gelees het, weet jy hoekom jy vír Jesus gekies het, of moet kies.   Die eerste vyf verse van hoofstuk 10 vertel bloot ’n storie om die leser in te lei in die beelde wat gebruik gaan word. Van 10:7 af word hierdie storie op Jesus toegepas. 10:6 sê dat Jesus inderdaad deur beeldspraak gepraat het, maar dat die mense nie verstaan het wat Hy bedoel nie.   Neem nou die beeld wat in 10:1-5 gebruik word. Hoe moet ’n mens dit verstaan? Dit hang natuurlik af wie jy dink die herder of die diewe is. As die Jode dink hulle is soos die herder, sal Jesus en sy volgelinge die rowers word. Dan het die beeld heeltemal ’n ander betekenis as wat Jesus bedoel het. Om die beeld reg te verstaan moet die leser verstaan wat Jesus met die beeld bedoel. Dit volg van 10:7 af. Daar is egter nie net een toepassing nie.   Voordat ons na Jesus se toepassing kyk, moet ons eers let op die belangrike punte in die beeld self. Dit is wat Jesus wil hê raakgesien moet word. Die eerste opmerking (10:1-2) stel twee groepe mense teenoor mekaar: die diewe en rowers wat nie deur die hek ingaan nie, teenoor die herder wat deur die hek ingaan. Die hek is dus die plek waar daar besluit word of iemand eg is of nie. Die skape sal saam met die herder deur die hek ingaan. Dit sal wys dat hulle saam met die regte herder is.   tussen die herder en sy skape. Jesus gaan vervolgens hierdie lesse wat uit skaapboerdery geleer word, op Hom en sy volgelinge toepas.   Die tweede deel van die beeld (10:3) vertel van die verhouding wat daar tussen die herder en sy skape bestaan. Hulle luister fyn na sy stem en Hy roep hulle op hulle name. Die derde deel van die beeld (10:4-5) vertel van die vertroue wat die skape in die herder het en die hegte band wat daar tussen hulle bestaan. Hy loop voor hulle uit en die skape hou aan om Hom te volg. Hulle sal ’n vreemdeling nie volg nie, want dieselfde verhouding bestaan nie tussen hulle en die vreemdeling nie. Die klem val hier dus op die verhouding tussen die herder en sy skape.    Jesus gaan vervolgens hierdie lesse wat uit skaapboerdery geleer word, op Hom en sy volgelinge toepas.
Joh 10:1-21
Loading...
1  “Dít verseker Ek julle: Wie nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie maar van ‘n ander kant af inklim, is ‘n dief en ‘n rower. 2  Maar hy wat deur die hek ingaan, is die skape se herder; 3  vir hom maak die hekwagter oop. Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. 4  Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. 5  Hulle sal nooit ‘n vreemde volg nie maar van hom af weghardloop, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie.” 6  Deur hierdie beeld het Jesus met hulle gepraat, maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy vir hulle wou sê nie. 7  Toe het Jesus verder gesê: “Dít verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. 8  Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9  Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. 10  ‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. 11  Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 12  ‘n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy ‘n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. 13  Hy is ‘n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie. 14  Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15  net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. 16  Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder. 17  Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. 18  Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het.” 19  Daar het toe verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde. 20  Baie van hulle het gesê: “Hy is van die duiwel besete, hy is mal! Hoekom luister julle nog na hom?” 21  Ander het gesê: “Dit is nie die woorde van ‘n besetene nie. ‘n Duiwel kan tog nie blindes se oë genees nie?”  

Insident 137      Jesus gaan na Judea toe vir die laaste keer. November 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf  Insident 124.   Jesus vertrek uit Sy tuisdorp Kapernaum in die Galilea gebied om nooit weer daarna terug te keer nie.  
Luk 9:51
Loading...
51  Toe die tyd nader kom dat Jesus in die hemel opgeneem sou word, het Hy vasbeslote die reis na Jerusalem begin

Insident 138        Samaritane verwerp Jesus. Jakobus en Johannes bestraf vir hulle houding November 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Die Samaritane wil niks met Jesus te doen hê nie Lukas 9:51-56 8 Die aankondiging dat Jesus na Jerusalem op pad is, is vir die leser wat reeds weet wat met Jesus in Jerusalem gaan gebeur, ’n teken dat Hy Hom gereedmaak om te ly en te sterf, maar dat Hy ook dáár gaan wys dat Hy die Here is. Die woord wat met terugkeer hemel toe, vertaal word, beteken letterlik opvaart en sluit sy dood, opstanding en hemelvaart in.   Dit is ’n dorp van die Samaritane waar Jesus sy eerste besoek buite Galilea wil aflê. Die besoek realiseer egter nie, want hulle wil Hom nie ontvang nie omdat Hy na Jerusalem op pad is. Die Samaritane en die Jode was oor ’n ou historiese vete nie op vriendskaplike voet met mekaar nie. Aan die begin van die Galileaverhaal is Jesus deur sy eie mense in sy tuisdorp Nasaret verwerp (4:16-30). Aan die begin van die reisverhaal* word Hy nou ook deur buitestanders verwerp.   Die Samaritane se land was tussen Judea en Galilea, wes van die Jordaan. Hulle het vyande van die Jode en veral van Jerusalem geword toe Jerusalem en die tempel na die ballingskap herbou is en die herbouers nie hulle hulp wou aanvaar nie (Esra 4:2-24; Neh 2:19; 4:2-9).    Die dissipels is so kwaad oor dié belediging dat hulle sommer vuur uit die hemel wil laat kom om die Samaritane te verbrand. Hulle wil Jesus wreek omdat die Samaritane Hom so verneder het. Hulle verstaan nog nie dat Hy op ’n geestelike manier en sonder geweld werk, en dat Hy sy roeping moet volbring deur te ly en verwerp te word nie. Hulle faal as dissipels omdat hulle nog nie verstaan hoe die wil van God in en deur Jesus uitgewerk word nie.  
Luk 9:52-56
Loading...
52  en boodskappers voor Hom uit gestuur. Hulle het vertrek en in ‘n dorp van die Samaritane gekom om daar vir Hom verblyf te reël. 53  Maar die inwoners wou Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem toe op pad was. 54  Toe die twee dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: “Here, wil U hê ons moet vuur uit die hemel afroep om hulle te verteer?” 55  Maar Hy het omgedraai en hulle skerp tereggewys. 56  Daarna het hulle die reis voortgesit na ‘n ander dorp toe.

Insident 139        Hoe Jesus gevolg moet word.  November  29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarMattheusLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Navolging van Jesus is nie goedkoop nie Lukas 9:57-62 8 Terwyl Jesus na Jerusalem op pad is, verduidelik Hy aan drie mense wat sê dat hulle Hom wil volg wat nodig is om Hom te kan volg. Wie vir Jesus wil volg, moet weet wie dit is wat hulle volg en presies watter opofferings dit inhou. Dit beteken nie maar net om Jesus se leerstellings met die verstand te aanvaar nie. Dit beteken dat jy met jou hele lewe moet kies vir dit waarvoor Jesus staan. Dit sluit in dat jy jou moet vereenselwig met die manier waarop Jesus God se wil doen en met woord en daad wys dat God regeer.   Die eerste persoon moet leer dat Jesus op reis is sonder die sekuriteit van ’n huis of gesin. Selfs die diere en die voëls is beter daaraan toe as Hy. Die tweede moet leer dat jy jou nie met allerlei ander dinge – selfs belangrike dinge – moet besig hou as jy eers besluit het om Jesus te volg nie. Iemand wat Jesus wil volg, moet sonder versuim doen wat God wil hê. Die derde moet leer dat niks die aandag mag aftrek van hierdie taak nie – selfs nie familiebande nie.   Jesus se opdrag: Laat dié wat geestelik dood is, omsien na hulle eie dooies, druis in teen die Jode se beskouings oor wat reg is. Dit dui egter hier daarop dat navolging van Jesus belangriker is as die konvensionele eise van die samelewing. Wie agterbly, kan self omsien dat die konvensies nagekom word.  
Mat 8:19-22
Loading...
19  ‘n Skrifgeleerde kom toe nader en sê vir Hom: “Meneer, ek sal u volg waar u ook al gaan.” 20  Jesus sê vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens ‘n rusplek vir sy kop nie.” 21  Iemand anders, een van sy dissipels, sê vir Hom: “Here, laat my toe om eers terug te gaan en my pa te begrawe.” 22  Maar Jesus antwoord hom: “Volg My, en laat die dooies hulle eie dooies begrawe.”
Luk 9:57-62
Loading...
57  Terwyl hulle op pad was, sê iemand vir Hom: “Ek sal U volg waar U ook al gaan.” 58  Toe sê Jesus vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens ‘n rusplek vir sy kop nie.” 59  Aan ‘n ander een sê Hy: “Volg My.” Maar hy antwoord: “Here, laat my toe om eers terug te gaan om my pa te begrawe.” 60  Toe sê Jesus vir hom: “Laat die dooies hulle eie dooies begrawe, maar gaan verkondig jy die koninkryk van God.” 61  Nog een het gesê: “Ek sal U volg, Here, maar laat my toe om eers my familie by die huis te gaan groet.” 62  Toe sê Jesus: “Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie.”

Insident 140        Uitstuur van die 70 dissipels. November 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.  
Luk 10:1
Loading...
En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom.
Jesus is nog steeds oppad na Jerusalem en het die 70 dissipels vooruit gestuur.   Twee-twee uitgestuur om die groot oes te gaan insamel Lukas 10:1-20 8 In Lukas 10:1-16 beskryf Lukas ’n tweede uitsending van dissipels deur Jesus, hierdie keer 70. Die eerste uitsending is in 9:1-6 beskryf. Nie net die twaalf apostels* is geroep om van die koningsheerskappy van God te gaan vertel nie, maar ook die ander volgelinge.   Hierdie sending is só belangrik dat Jesus dit verbind met God wat My gestuur het (10:16c). Daarmee beklemtoon Hy dat dit eintlik God self is wat hulle uitstuur. Die dissipels wat Jesus voor Hom uitstuur, herinner aan die rol van Johannes die Doper wat as voorloper voor Jesus uitgestuur is (7:27). Die dissipels sit dus eintlik ook die werk van Johannes voort.   Die 70 moet vir mense gaan vertel dat die koningsheerskappy van God nou baie naby hulle is (10:9, 11). Die sendelinge moet hulle egter klaarmaak om net soos Jesus behandel te word. Jesus waarsku hulle dat Hy hulle soos lammers tussen wolwe uitstuur (10:3). Hy gee ook vir hulle ’n uitvoerige gedragskode wat hulle tydens die sending moet nakom (10:4-5). Verder gee Hy vir hulle riglyne oor wat hulle moet doen as hulle goed ontvang word (10:6-9) of as hulle weggejaag word (10:10-11). Om nie geld saam te vat of ’n reissak nie, moet wys dat hulle heeltemal van God afhanklik is en al hulle vertroue in Hom stel.  Die gedragskode en riglyne wys hoe dringend die boodskap is wat hulle moet uitdra. Dit waarsku hulle ook oor die weerstand. Dit word by hulle ingeskerp dat om Jesus se opdrag uit te voer, hulle in konflik met mense sal bring wat die boodskap van Jesus verwerp. Jesus gee ook vir hulle ’n voorbeeld van stede wat sy boodskap verwerp het. Hy spreek ellende uit oor hierdie stede, naamlik Gorasin, Betsaida en Kapernaum (10:13-15). Tirus en Sidon was twee bekende handelstede in die nie-Joodse wêreld, geleë aan die kus van Fenisië. Jesus troos hulle deur te noem dat wat aan hulle gedoen word, eintlik aan Homself gedoen word. En wat aan Jesus gedoen word, word aan God gedoen. Die verwyt aan daardie stede wys wat die gevolg is as iemand die mag van God in Jesus ervaar en dit dan tog verwerp.  
Luk 10:1-16
Loading...
1  Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan. 2  Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3  Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in. 4  Moenie ‘n beurs of ‘n reissak of skoene saamdra nie, en moenie langs die pad met groetery tyd verkwis nie. 5  As julle in ‘n huis kom, moet julle eerste woorde wees: ‘Vrede vir hierdie huis.’ 6  As daar iemand woon vir wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom bly; so nie, sal dit na julle toe terugkom. 7  Moenie van een huis na die ander trek nie, maar bly in dieselfde huis, eet en drink wat hulle voorhande het, want die arbeider is geregtig op sy loon. 8  As julle in ‘n dorp kom en hulle ontvang julle, eet dan wat hulle vir julle voorsit. 9  Maak die siekes daar gesond en sê vir die mense: ‘Vir julle is die koninkryk van God baie naby!’ 10  Maar as julle in ‘n dorp kom en hulle ontvang julle nie, gaan dan uit in sy strate en sê: 11  ‘Selfs julle dorp se stof wat aan ons voete sit, vee ons af as aanklag teen julle. Maar dit moet julle weet: die koninkryk van God is baie naby.’ 12  Ek sê vir julle: Vir die mense van Sodom sal dit op dié dag draagliker wees as vir daardie dorp. 13  Ellende wag vir jou, Gorasin! Ellende wag vir jou, Betsaida! As in Tirus en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het. 14  Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel draagliker wees as vir julle. 15  En jy, Kapernaum, dink jy jý sal tot die hemel toe verhoog word? Nee, jy sal tot in die doderyk afdaal! 16  Wie na julle luister, luister na My; wie vir julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.”

Insident 141        Die sewentig dissipels keer terug. November 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.  
Luk 10:17-20
Loading...
8
Alhoewel dié sendingaktiwiteit etlike dae moes geduur het, beskryf Lukas die terugkeer van die dissipels in 10:17-20, direk na die beskrywing van hoe Jesus hulle uitgestuur het. Die dissipels rapporteer aan Jesus oor die sukses wat hulle behaal het: selfs die duiwels gehoorsaam ons wanneer ons u Naam gebruik! (10:17). Jesus lewer drievoudige kommentaar op wat die dissipels ervaar het. Twee van hierdie opmerkings verwys na die hemel:  • die Satan wat uit die hemel geval het  • hulle name is opgeteken as burgers van die hemel Die feit dat die Satan uit die hemel geval het, is van minder belang in Jesus se opmerkings. Wat belangriker is, is dat sy volgelinge toegang tot die hemel verkry het. Daardeur wil Hy hulle perspektief regstel. Dit is die hemelse sekerheid wat die belangrikste gevolg van hulle uitvoering van die Messias se opdragte is en nie die sensasionele aardse gebeure nie.   Die voorstelling van die Satan wat soos ’n weerligstraal uit die hemel val, berus op die Ou-Testamentiese gedagte van Satan as die teenstander van die Here. Volgens die Ou-Testamentiese voorstelling is Satan ’n figuur in die hemelse hof van die Here. Daar het hy voortdurend die mensdom by God aangekla. Sy val verwys dan na die beëindiging van hierdie rol van aanklaer van die mensdom by God (Op 12:10).   Jesus se eie dissipels is hoogs bevoorregte mense Lukas 10:21-24 8 Jesus se reaksie op die sukses van die 72 loop daarop uit dat Hy God prys en ’n seën oor sy dissipels uitspreek (10:21-24). Dit begin met Jesus wat God loof oor die besondere status wat aan sy volgelinge toegeken is as getuies van sy prediking. Dit laat ’n mens ook iets agterkom van sy verhouding met sy volgelinge. Eers is daar ’n teenstellende parallelisme* waarin Jesus sy blydskap daaroor uitspreek dat God: • die waarheid verberg het vir hulle wat hulle so slim en wys beskou • en dit aan die kindertjies bekendgemaak het (10:21b)   Dit word opgevolg met ’n oorkruis-parallelisme waarin Jesus bekendmaak dat God die Vader is en dat sy verhouding met God ’n seun-pa-verhouding is:  • Niemand ken werklik die Seun nie, behalwe die Vader  • niemand ken werklik die Vader nie, behalwe die Seun (10:22) Omdat Jesus as Seun dit aan hulle geopenbaar het, weet sy volgelinge nou wie die Vader is (10:22). Lukas wys dat hierdie uitspraak van Jesus gesag dra deur te noem dat Hy dit deur die Heilige Gees gesê het. Daar is nie net ’n spesiale verhouding tussen Jesus as Seun en die Vader nie, maar ook tussen God as Vader en die volgelinge van Jesus (deur Jesus). Die unieke verhouding tussen God die Vader en Jesus word dus deurgetrek na die verhouding van Jesus met sy volgelinge. Dit het geweldige gevolge vir ons as gelowiges dat die opdrag van die Vader aan die Seun ook deurgetrek word na die Seun se volgelinge! Die voorreg om as gelowige ’n kind van God te word beteken dus dat God aan ons dieselfde opdrag gee as aan sy Seun, Jesus Christus.  
Luk 10:17-24
Loading...
17  Die twee en sewentig het vol blydskap teruggekom en gesê: “Here, selfs die bose geeste onderwerp hulle aan ons by die hoor van u Naam.” 18  Toe sê Hy vir hulle: “Ek het die Satan soos ‘n weerligstraal uit die hemel sien val. 19  Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen. 20  En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is.” 21  By daardie selfde geleentheid het Jesus deur die Heilige Gees dit uitgejubel: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling. 22  My Vader het alles aan My toevertrou. Niemand weet wie die Seun is nie behalwe die Vader, en wie die Vader is nie behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil bekend maak.” 23  Toe draai Jesus Hom na sy dissipels afsonderlik en sê vir hulle: “Hoe bevoorreg is die oë wat sien wat julle sien, 24  want Ek sê vir julle: Baie profete en konings het daarna verlang om te sien wat julle nou sien, en hulle het dit nie gesien nie; en om te hoor wat julle nou hoor, en hulle het dit nie gehoor nie.”

Insident 142        Gelykenis van die barmhartige Samaritaan. November 29 nC.  Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Die noodsaaklikheid van die liefde teenoor jou naaste Lukas 10:25-37 8 Hierdie is die eerste openlike konflik van Jesus met ’n teenstander. Dit loop uit op die eerste voorbeeldverhaal* tydens die reisverhaal*. Jesus se botsing met die godsdienstige leiers het gewoonlik berus op ’n verskil van uitgangspunt. Hierdie voorbeeldverhaal het ontstaan omdat Jesus en die wetskenner die wet verskillend geïnterpreteer het.   Die episode begin met ’n wetskenner wat Jesus wou toets deur die vraag te stel oor wat ’n mens moet doen om die ewige lewe te ontvang. Jesus vra hom ’n teenvraag, wat hy foutloos beantwoord. Daarop gee Jesus hom die opdrag om te gaan doen wat hy geantwoord het.   Aangesien hulle oor die eerste vraag saamstem, vra die wetskenner ’n tweede vraag om sy eie standpunt te regverdig (10:29). Die wetsgeleerde wil homself handhaaf, maar wys daardeur hoe hoogmoedig hy eintlik is. Dit is in stryd met wat Jesus verkondig het. Jesus antwoord hierop met ’n voorbeeldverhaal wat eintlik ’n tweede teenvraag aan die wetskenner stel. Die voorbeeldverhaal word dan ook afgesluit met ’n pertinente vraag wat Jesus aan die man stel (10:36). Daarop moet die wetskenner self die antwoord gee sodat hy oor homself kan oordeel.   Die vraag waarom dit in hierdie verhaal gaan, word in 10:29 saamgevat: En wie is my medemens? Die wetskenner het aan die begin ’n vraag gestel oor wat die wet vereis vir die ewige lewe. Daardie vraag word nou konkreet uitgespel in die vraag oor wie sy medemens is. Jesus probeer nie ’n definisie van naaste gee nie. Hy vertel egter ’n voorbeeldverhaal waarmee die hoorder hom so kan vereenselwig dat hy self die antwoord kan gee.   Die voorbeeldverhaal wat Jesus vertel, begin met ’n Joodse man wat van Jerusalem na Jerigo op reis is. Die toneel wat geteken word, is aan die toehoorders bekend. Daarom sal hulle hulle kan vereenselwig met hierdie ongelukkige karakter wat deur die misdadigers aangerand is. Die verhaal word ook in ’n groot mate vanuit hierdie man se perspektief vertel. Hy lê verwond langs die pad en hoop dat ’n verbyganger hom sal help.   Die eerste een wat verbykom, is iemand wat vanweë sy amp as priester veronderstel is om diens te lewer aan sy medemens. Dit is die beste wat die beseerde man kon verwag. Toe die priester die man sien, het hy egter ’n ompad gevat en verbygeloop. Hy wou nie betrokke raak nie.   Ook die tweede persoon, ’n Leviet, beklee ’n godsdienstige amp. Hy behoort vanweë sy amp en sy kennis van die wet bereid te gewees het om te help. Sy reaksie is egter dieselfde as dié van die priester.   Daar kom ’n verrassing in die verhaal wanneer ’n Samaritaan op die toneel verskyn. Hy is ’n buitelander, ’n man met ’n ander godsdienstige en wetlike oortuiging. Hy is eintlik die vyand van die gewonde Jood. Die groot vraag is wat nou verder gaan gebeur. Vir ’n Jood was dit onaanvaarbaar dat ’n Samaritaan hom selfs moet aanraak en dus nog meer onaanvaarbaar dat hy hom moet versorg.   Die Samaritaan ontwrig die verwagting van die Joodse gehoor. Ten spyte van die feit dat hy ’n nie-Jood is, is Hý die een wat werklik weet wat die wet verlang en hy beoefen dit ook, naamlik naasteliefde. Deur sy voorbeeldverhaal* dwing Jesus nou sy hoorders om die vraag te beantwoord: Wie van julle sal toelaat dat hy deur ’n Samaritaan versorg word? Die antwoord behoort te wees: Slegs dié wat niks daardeur kan verloor nie. Die slagoffer het geen keuse as om van hierdie man se hulp gebruik te maak nie.   Dit gaan dus oor die aanvaarding van die hulp en deernis van ’n vyand. Die wetskenner se vraag oor wie sy medemens is, het veronderstel dat ’n mens jou naaste kan afbaken en besluit waar die grens is. Jesus het daardie grens nou afgebreek. Hy het plek gemaak vir die uitlander en vir dié een wat nie die wet onderhou soos die wetskenner hom dit voorgestel het nie. Jesus se voorbeeldverhaal het gewys dat dit die Samaritaan was wat die wet nagekom het deur regtig om te gee vir iemand in nood. Deur die voorbeeldverhaal wys Jesus dat ook nie-Jode tot die verbond* kan behoort en dat Jode daarbuite kan beland.   Jesus verskil nie met die Joodse godsdienstige leiers oor die gesag van die wet nie. Hy verskil wel met hulle oor die interpretasie en die uitleef daarvan. Die wetskenner wou weet wie sy medemens is. Jesus het egter die vraag verander na: Vir wie is jy ’n naaste? Dit beteken dat ’n mens aktief betrokke moet wees by ander mense. Dit moet gebeur selfs al bestaan daar sosiale of godsdienstige hindernisse tussen hulle. Die godsdienstige leiers wou hulle godsdiens suiwer hou. Jesus wou egter juis hierdie soort eksklusiwiteit verander. Jesus roep ons ook op om in ons eie situasie te wys dat God regeer deur God se liefde en omgee uit te straal.
Luk 10:25-37
Loading...
25  Daar was ‘n wetgeleerde wat aan Jesus ‘n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: “Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” 26  Jesus sê vir hom: “Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees jy daar?” 27  Hy antwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.” 28  “Jy het reg geantwoord,” sê Jesus vir hom. “Doen dit en jy sal die lewe verkry.” 29  Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: “En wie is my naaste?” 30  Jesus gaan toe nader daarop in deur te sê: “Toe ‘n man eenmaal op pad was van Jerusalem af na Jerigo toe, het rowers hom aangeval. Hulle het hom kaal uitgetrek en hom geslaan dat hy halfdood bly lê, en toe padgegee. 31  Dit gebeur toe dat daar ‘n priester met daardie pad langs kom, en toe hy hom sien, gaan hy ver langs verby. 32  Net so het daar ook ‘n Leviet by die plek gekom, en toe hy hom sien, gaan hy ook ver langs verby. 33  Maar ‘n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. 34  Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na ‘n herberg toe geneem en hom daar verder versorg. 35  Die volgende dag haal hy twee muntstukke uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê: ‘Sorg vir hom, en as jy meer onkoste met hom het, sal ek jou betaal wanneer ek hierlangs terugkom.’ 36  Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het?” 37  Die wetgeleerde antwoord: “Die man wat aan hom medelye bewys het.” Toe sê Jesus vir hom: “Gaan maak jy ook so.”  

Insident 143        Martha en Maria. November 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum oor Samaria na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Volgens
Joh 11:1
Loading...
en 12:1-3 het Martha en Maria saam met hulle broer Lasarus in Betanië naby Jerusalem gewoon. Hierdie gebeurtenis was nie in hulle tuisdorp nie maar wel in ‘n dorp oppad na Jerusalem.
Luk 10:38-42
Loading...
38  Op hulle reis het Jesus in ‘n dorp gekom waar ‘n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. 39  Sy het ‘n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. 40  Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” 41  Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, 42  maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”  

Insident [a]144[/a]        Jesus leer die dissipels hoe om te bid. November 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus herhaal hier wat Hy in Matteus 6:9-13 gesê het, sien insident 67.   Daar word baie bespiegel oor Lukas 11:4   ’……… en lei ons nie in versoeking nie, …’   Vergelyk dit met Mattheus 6:13 volgens die Nuwe Lewende Vertaling van die Bybel: “Bewaar ons sodat ons nie aan verleiding toegee nie;”  
Luk 11:1-4
Loading...
1  Jesus was êrens op ‘n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” 2  En Hy sê vir hulle: “Wanneer julle bid, sê dan: Vader, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom. 3  Gee ons elke dag ons daaglikse brood; 4  en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie.”

Insident 145        Gelykenis van die vriend om middernag. November 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Die voorbeeldverhaal van die vrymoedige vriend Lukas 11:5-13 8 Jesus sê verder wat gebed beteken, maar doen dit met ’n voorbeeldverhaal*. Hy wys hoe daar gebid moet word. Hy beklemtoon dat die dissipels mág bid tot God en dat hulle baie mag verwag. Dit is moontlik omdat God graag hulle gebede wil verhoor.   Die voorbeeldverhaal handel oor ’n man wie se vriend hom om middernag kom wakker maak. Hy wil drie brode leen sodat hy gasvryheid aan ’n onverwagte besoeker kan betoon. Hulle vriendskap word getoets, want in die Midde-Oosterse wêreld is daar verwag dat ’n mens altyd gasvryheid moet betoon aan mense in nood.   Lukas kom tot die gevolgtrekking dat selfs al sou die man in die huis nie ter wille van die vriendskap sy vriend in nood help nie, hy dit sal doen sodat sy naam nie skade ly nie.   Jesus roep mense dikwels op om in die gebed te volhard (18:1-8). In hierdie voorbeeldverhaal is dit egter God se gewilligheid om te gee vir dié wat vra wat eintlik sentraal staan. Selfs die mees ontydige en skaamtelose versoek sal gehoor word.   Die episode word afgesluit met ’n aanmoediging om te bid tot hierdie God wat so graag gee aan diegene wat tot Hom bid. Die perikoop* het begin met die hemelse Vader en eindig met Hom. Mense word daaraan herinner dat soos ’n aardse pa weet om vir sy kinders goeie dinge te gee, soveel te meer gee die hemelse Vader goeie dinge vir sy kinders.   Juis omdat die hemelse Vader goed is, sal Hy nie net goeie dinge gee vir dié wat daarom vra nie, maar nog baie meer doen. Hy sal die hoogste gawe, die Heilige Gees, gee vir dié wat vra. Die goeie gawe van die hemelse Vader is nie in die eerste plek aardse goed nie, selfs nie goeie goed nie, maar die Heilige Gees. Jy kan vir seker weet: As jy die Heilige Gees vir God vra, sál God sy Gees aan jou gee!  
Luk 11:5-13
Loading...
5  Verder sê Hy vir hulle: “Sê nou een van julle het ‘n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my bietjie drie brode, 6  want ‘n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het niks om vir hom voor te sit nie.’ 7  En die ander antwoord van binne af: ‘Moet my nie lastig val nie! Die deur is al gesluit, en ek en my kinders is al in die bed. Ek kan nie opstaan om dit vir jou te gee nie…’ 8  Ek sê vir julle: Al sou hy nie opstaan en dit vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog opstaan en hom alles gee wat hy nodig het, omdat hy hom nie skaam om aan te hou vra nie. 9  Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. 10  Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. 11  Is daar ‘n pa onder julle wat as sy seun vir hom ‘n vis vra, vir hom ‘n slang sal gee in plaas van die vis? 12  Of as hy ‘n eier vra, vir hom ‘n skerpioen sal gee? 13  As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”

 Insident [a]146[/a]       Godslastering en onderrig oor duiwels. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Sien insident 81 waar Mattheus en Markus ook godslastering gerapporteer het.  
Luk 11:14-26
Loading...
14  Jesus het op ‘n keer ‘n bose gees uitgedryf uit iemand wat nie kon praat nie. Net nadat die bose gees uitgegaan het, het die stom man begin praat. Die mense het hulle verwonder, 15  maar party van hulle het gesê: “Dit is met die hulp van Beëlsebul, die aanvoerder van die bose geeste, dat hy geeste uitdrywe.” 16  Ander wou Hom op die proef stel deur van Hom ‘n wonderteken uit die hemel te vra. 17  Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: “Elke koninkryk wat onderling verdeeld is, gaan te gronde, en ‘n huisgesin wat onderling verdeeld is, spat uitmekaar. 18  As die Satan dan teen homself verdeeld is, hoe kan sy ryk bly staan? Julle sê mos Ek dryf bose geeste uit met die hulp van Beëlsebul. 19  As Ek wel deur Beëlsebul bose geeste uitdryf, met wie se hulp doen julle eie volgelinge dit dan? Dus, hulle bewys self dat julle verkeerd is. 20  Aangesien Ek dus deur die vinger van God bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom. 21  Wanneer ‘n sterk man hom goed bewapen en sy huis bewaak, is al sy besittings veilig. 22  Maar as daar een kom wat sterker as hy is en hom oorwin, neem hy al die wapens af waarop hy hom verlaat het, en hy verdeel sy besittings as buit. 23  Wie nie aan my kant is nie, is teen My. En wie nie saam met My die skape bymekaarmaak nie, jaag hulle uitmekaar. 24  Wanneer ‘n onrein gees uit ‘n mens uitgaan, swerf hy deur dor streke op soek na ‘n rusplek. As hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis toe waar ek uitgegaan het.’ 25  Hy kom dan terug en kry dit skoon en aan die kant. 26  Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek in en gaan woon daar. Aan die einde is so ‘n man slegter daaraan toe as aan die begin.”  

Insident 147        ‘n Vrou seën Maria. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 11:27-28
Loading...
27  Terwyl Jesus nog besig was om te praat, het ‘n vrou uit die menigte hardop uitgeroep en vir Hom gesê: “Hoe bevoorreg is die vrou wat U in haar liggaam gedra en aan haar bors gevoed het!” 28  Maar Hy sê: “Nog meer bevoorreg is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou.”

Insident [a]148[/a]        Die teken van Jona. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Die Skrifgeleerdes en die Fariseërs het voorheen ook vir ‘n teken gevra. Sien insident 82. Toe het Jesus die teken van Jona die eerste keer gegee.   Die Fariseërs en Saduseërs het later weer vir Jesus ‘n wonderteken gevra volgens Insident 113. Hy het toe die teken van Jona vir die tweede keer herhaal.   In hierdie Insident (148) is Jesus op sy laaste reis na Judea en die skare is vol verwagting en baie opgewonde. Hy herhaal toe die teken van Jona vir die derde keer.     Jona was ’n teken vir Nineve dat God hom gestuur het Lukas 11:29-32 8 In hierdie toneel antwoord Jesus die mense wat wil hê dat Hy met ’n wonderteken moet bewys dat Hy van God kom (11:16). Hy noem hierdie mense ’n bose geslag omdat hulle wondertekens nodig het om te kan glo. Jesus gee vir hierdie sensasiesoekers twee tekens uit dít wat met Israel gebeur het. Die koningin van Skeba en die mense van Nineve (vir wie Jona gepreek het) sal in die oordeelsdag opstaan en dié mense veroordeel. Die twee voorbeelde het dieselfde doel.  Deur Jona se prediking het die mense van Nineve tot inkeer gekom. Hierdie bekering is die enigste teken wat aan hierdie mense gegee sal word. Jesus is net soos Jona ’n profeet wat van ver kom om te preek. Net so het die koningin van Skeba van ver af gekom om na die wysheid van Salomo te luister. Jesus se prediking en wysheid is die “woord van God”. Daarom is Jesus die Een wat die ware wysheid besit en is Hy groter as Jona (11:32). Die ware teken waarna die mense vra, is Jesus self wat die nuwe tydvak kom aankondig en dit laat aanbreek.  
Luk 11:29-32
Loading...
29  Toe die mense aanhou saamdrom, het Jesus hulle begin toespreek en gesê: “Die mense van hierdie tyd is ‘n verdorwe geslag. Hulle vra ‘n wonderteken, maar daar sal geen teken aan hulle gegee word nie behalwe die teken van Jona. 30  Net soos Jona vir die mense van Nineve ‘n teken was, so sal die Seun van die mens ‘n teken wees vir die mense van vandag. 31  Die koningin van die Suide sal op die oordeelsdag opstaan saam met die mense van vandag en teen hulle getuig. Sy het immers van die uithoeke van die aarde af gekom om na die wysheid van Salomo te luister. En hier staan Een wat groter is as Salomo! 32  Die mense van Nineve sal op die oordeelsdag opstaan saam met die mense van vandag en teen hulle getuig. Die mense van Nineve het hulle immers op die prediking van Jona bekeer. En hier staan Een wat groter is as Jona!”

Insident [a]149[/a]        Die lamp van die liggaam. November 29 nC.  Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident. Jesus het die gelykenis van die lamp hier herhaal. Sien ook Lukas 8:16, insident 84 en Mattheus 5:15, insident 64. Om te leef met sonskyn in jou siel Luka  11:33-36 8 Die uitsprake van Jesus in 11:33-36 sluit aan by die vorige paragraaf, want dit demonstreer Jesus se wysheid. In hierdie uitsprake sê Jesus dat ’n mens se geestelike oog bepaal in hoe ’n mate jou lewe verlig is. Wie egter nie Jesus se prediking en optrede kan herken as die ware teken van God se teenwoordigheid en mag nie, sal wees soos mense wat ’n lamp wegsit of onder ’n mandjie sit. As jou geestelike oog nie goed werk nie, sal dit nie lig in die liggaam kan inlaat om elke hoekie te verlig nie. Dan sal jy in geestelike duisternis leef.  
Luk 11:33-36
Loading...
33  “‘n Mens steek nie ‘n lamp op en sit dit dan weg in ‘n kelder of onder ‘n emmer nie. Nee, jy sit dit op ‘n staander, sodat die mense wat binnekom, die lig kan sien. 34  Die lamp van jou liggaam is die oog. As jou oog goed is, is jou hele liggaam ook verlig. Maar as jou oog sleg is, is jou hele liggaam ook sonder lig. 35  Pas dus op dat die lig in jou nie donker is nie. 36  As jou hele liggaam verlig is en nie ‘n enkele donker plekkie het nie, sal dit heeltemal verlig wees soos wanneer ‘n lamp jou met sy skynsel verlig.”  

Insident [a]150[/a]       Jesus bestraf die Fariseërs en die wetgeleerdes. November 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus het ook die Fariseërs en die skrifgeleerdes bestraf gedurende sy laaste week voordat hy in Jerusalem gekruisig is. Sien insident 215.  
Luk 11:37-54
Loading...
37  Net toe Jesus klaar gepraat het, het ‘n Fariseër Hom uitgenooi om by hom te kom eet. Hy het toe in sy huis ingegaan en aan tafel plek ingeneem. 38  Die Fariseër was verwonderd toe hy sien dat Jesus nie die gebruik nagekom het om voor die ete eers hande te was nie. 39  Maar die Here sê vir hom: “Ja, julle Fariseërs! Julle maak die buitekant van bekers en borde skoon, maar binnekant is julle self vol inhaligheid en gemeenheid. 40  Julle dwase! Het Hy wat die buitekant gemaak het, nie ook die binnekant gemaak nie? 41  Gee liewer wat in die bekers en borde is, vir die armes, dan sal alle dinge vir julle rein wees. 42  Maar ellende wag vir julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van kruisement en wynruit en elke soort kruie, maar verontagsaam die geregtigheid en die liefde vir God. Juis hierdie dinge moet ‘n mens doen en die ander nie nalaat nie. 43  Ellende wag vir julle, Fariseërs, want julle hou van die ereplek in die sinagoges en om op straat eerbiedig begroet te word. 44  Ellende wag vir julle, want julle is soos onherkenbare grafte waaroor die mense loop sonder om dit te weet.” 45  Toe sê een van die wetgeleerdes vir Jesus: “Meneer, as u so praat, beledig u ons ook.” 46  Daarop antwoord Hy: “Julle wetgeleerdes! Ellende wag vir julle ook, want julle laai ondraaglike laste op die mense, en self verroer julle geen vinger om die laste te dra nie. 47  Ellende wag vir julle, want julle bou grafmonumente vir die profete, maar julle voorvaders het hulle vermoor. 48  So bewys julle dat julle die dade van julle voorvaders goedkeur, want húlle het die profete vermoor en júlle bou die grafte. 49  Daarom het Die Wysheid van God gesê: ‘Ek sal profete en apostels na hulle toe stuur, maar hulle sal sommige van hulle doodmaak en ander vervolg.’ 50  So is die huidige geslag dan skuldig aan die bloed van al die profete wat vergiet is van die skepping van die wêreld af: 51  van die bloed van Abel af tot by die bloed van Sagaria, wat tussen die altaar en die tempel doodgemaak is. Ja, Ek sê vir julle, hulle bloed sal van die huidige geslag geëis word! 52  Ellende wag vir julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem. Self het julle nie ingegaan nie, en dié wat wel wou ingaan, vir hulle het julle verhinder.” 53  Toe Hy uit die huis weggaan, het die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom heftig begin aanval. Oor allerlei dinge het hulle aan Hom strikvrae gestel 54  en fyn opgelet of Hy iets sou sê waarop hulle Hom kon vastrek.  

Insident 151        Jesus waarsku sy dissipels teen die suurdeeg van die Fariseërs. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 12:1-3
Loading...
1  Die mense het intussen by die duisende saamgedrom en mekaar vertrap. Toe het Jesus begin praat en Hom in die eerste plek tot sy dissipels gerig: “Pas op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is hulle huigelary. 2  Daar is niks bedek wat nie onthul sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie. 3  Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die daglig gehoor word; en wat julle agter geslote deure vir iemand in die oor gefluister het, sal van die dakke af uitgebasuin word.”  

Insident [a]152[/a]        Jesus leer die skare wie gevrees moet word. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus het hier herhaal wat Hy gesê het toe Hy die 12 dissipels in Matteus 10:28-33 geroep het, sien insident 98.  
Luk 12:4-12
Loading...
4  “Aan julle, my vriende, sê Ek: Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak en daarna niks verder kan doen nie. 5  Ek sal vir julle sê vir wie julle bang moet wees: vir Hom wat mag het om, ná die dood, in die hel te werp. Ja, Ek sê vir julle, Hóm moet julle vrees. 6  Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. 7  Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies. 8  Ek sê vir julle: Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook openlik uitspreek voor die engele van God. 9  Maar hy wat My voor die mense verloën, sal voor die engele van God verloën word. 10  Elkeen wat teen die Seun van die mens iets sê, kan vergewe word; maar hy wat teen die Heilige Gees laster, kan nie vergewe word nie. 11  Wanneer hulle julle voor sinagoges en owerhede en gesagvoerders bring, moet julle julle nie bekommer oor hoe of waarmee julle julle gaan verdedig of wat julle gaan sê nie, 12  want die Heilige Gees sal julle op daardie oomblik leer wat gesê moet word.”  

Insident 153       Jesus waarsku teen gierigheid en die gelykenis van die ryk dwaas. November 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 12:13-21
Loading...
13  Iemand uit die menigte sê toe vir Jesus: “Meneer, sê vir my broer hy moet die erfenis met my deel.” 14  Maar Hy antwoord hom: “Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?” 15  Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want ‘n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.” 16  Toe vertel Hy hulle ‘n gelykenis: “‘n Ryk man se grond het goed gedra. 17  Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. 18  Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. 19  Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’ 20  Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ 21  So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.”  

Insident [a]154[/a]        Die sorge van die lewe. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident. Jesus het hier herhaal wat Hy gesê het, aangaande die sorge van die lewe, tydens die bergpredikasie in Matteus 6:25-34, sien insident 70.  
Luk 12:22-34
Loading...
22  Verder het Jesus vir sy dissipels gesê: “Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. 23  Die lewe is tog belangriker as kos en die liggaam as klere. 24  Kyk na die kraaie: hulle saai nie en oes nie; hulle het geen spens of skuur nie, maar God sorg vir hulle. Julle is tog baie meer werd as voëls. 25  Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een uur verleng? 26  As julle nie eens so ‘n klein dingetjie kan regkry nie, waarom bekommer julle julle oor die ander dinge? 27  Kyk hoe groei die lelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie, maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. 28  As God die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre in die vuur gegooi word, só mooi maak, hoeveel te meer sal Hy julle versorg, julle kleingelowiges! 29  Julle moet julle ook nie gedurig afvra wat julle gaan eet of drink nie, en julle moenie besorg wees nie. 30  Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges in die wêreld begaan is, maar julle het ‘n Vader wat weet dat julle dit nodig het. 31  Beywer julle vir sy koninkryk, dan sal Hy julle ook hierdie dinge gee. 32  Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee. 33  Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes. Skaf vir julle ‘n beurs aan wat nie leeg raak nie, ‘n onuitputlike rykdom in die hemel, waar geen dief dit kan bykom en geen mot dit kan verniel nie. 34  Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.  

Insident [a]155[/a]       Gelykenis van die wakende slaaf. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus herhaal weer wat Hy gesê het oor die waaksame slaaf gedurende Sy laaste week, voor kruisiging, in Jerusalem. Sien insident 222.  
Luk 12:35-48
Loading...
35  Wees gereed, die heupe omgord en die lampe aan die brand! 36  Julle moet wees soos mense wat vir hulle eienaar wag tot hy van die bruilof af terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop. 37  Gelukkig is die slawe vir wie die eienaar by sy koms wakker sal aantref. Dit verseker Ek julle: Hy sal hulle aan tafel laat sit, self ‘n voorskoot aansit en hulle kom bedien. 38  Gelukkig is die slawe wat hy wakker aantref, selfs al sou hy eers om middernag of met hanekraai kom. 39  Maar dit moet julle weet: as die huiseienaar geweet het hoe laat die dief kom, sou hy hom nie in sy huis laat inbreek het nie. 40  Ook julle moet gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n tyd wanneer julle Hom nie verwag nie.” 41  Toe vra Petrus: “Here, is hierdie gelykenis net vir ons bedoel of vir almal?” 42  En die Here antwoord: “Wie is eintlik die getroue en verstandige bestuurder vir wie die eienaar oor sy ander slawe sal aanstel om hulle op tyd hulle kos te gee? 43  Dit is die man vir wie sy eienaar, by sy tuiskoms, so aan die werk sal kry. Gelukkig is hy! 44  Ek sê vir julle die waarheid: Sy eienaar sal hom aanstel oor alles wat hy besit. 45  Maar as die slaaf by homself sê: ‘My eienaar draai lank om te kom,’ en hy die slawe, mans en vroue, begin slaan, terwyl hy self eet en drink en dronk word, 46  sal die eienaar van die slaaf kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur wat hy nie vooraf weet nie. Dan sal sy eienaar hom laat doodmaak, en hom die lot van ontroues laat deel. 47  Die slaaf wat geweet het wat sy eienaar wil hê maar wat nie gereed gemaak of volgens die wil van sy eienaar gehandel het nie, sal ‘n swaar straf kry. 48  Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal ‘n ligte straf kry. Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word.  

Insident 156        Jesus bring vuur en verdeeldheid op die aarde. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 12:49-53
Loading...
49  Ek het gekom om vuur op die aarde aan te steek, en hoe wens Ek dat dit al aan die brand is! 50  Maar daar is ‘n doop waarmee Ek gedoop moet word, en dit sal My heeltemal in beslag neem tot dit afgehandel is! 51  Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring? Nee, sê Ek vir julle, eerder verdeeldheid, 52  want van nou af sal daar vyf mense in een huis onderling verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie. 53  Hulle sal verdeeld wees: vader teen seun en seun teen vader, moeder teen dogter en dogter teen moeder, skoonmoeder teen skoondogter en skoondogter teen skoonmoeder.”  

Insident 157        Die tekens van die eindtyd. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident
Luk 12:54-59
Loading...
54  Jesus het ook vir die skare gesê: “As julle ‘n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: ‘Dit gaan reën!’ en dit gebeur ook. 55  En as die suidewind waai, sê julle: ‘Dit gaan warm word!’ en dit word warm. 56  Huigelaars! Julle weet hoe om die voorkoms van die aarde en die lug te beoordeel. Hoe is dit dan dat julle nie weet hoe om hierdie tyd te beoordeel nie? 57  Waarom maak julle nie vir julleself uit wat die regte ding is om te doen nie? 58  Terwyl jy saam met jou teenstander op pad is hof toe, moet jy moeite doen om die saak met hom te skik, sodat hy jou nie voor die regter sleep en die regter jou aan die polisie oorgee en die polisie jou in die tronk sit nie. 59  Ek verseker jou: Jy sal sekerlik nie daar uitkom voordat jy die laaste sent betaal het nie.”  

Insident 158       Berig oor die lot van die Galileërs aan Jesus gebring en die toring van Siloam. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 13:1-5
Loading...
1  Juis in daardie tyd het mense vir Jesus kom vertel van die Galileërs vir wie Pilatus laat doodmaak het waar hulle besig was om hulle offerdiere te slag. 2  Toe antwoord Jesus hulle: “Dink julle dat hierdie Galileërs groter sondaars was as al die ander Galileërs omdat dit met hulle gebeur het? 3  Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom! 4  Of daardie agtien wat dood is toe die toring van Siloam op hulle ineengestort het, dink julle dat hulle skuldiger was as al die ander inwoners van Jerusalem? 5  Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom.”  

Insident 159        Gelykenis van die vyeboom. November 29 nC.  Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 13:6-9
Loading...
6  Daarna het Hy hierdie gelykenis vertel: “‘n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was. Toe hy vrugte daaraan kom soek maar niks kry nie, 7  sê hy vir die tuinier: ‘Kyk, dis nou drie jaar dat ek aan hierdie vyeboom vrugte kom soek, en ek kry niks nie. Kap hom uit! Waarom moet hy langer die grond uitput?’ 8  Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes. 9  Miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra. Maar so nie, kan u hom uitkap.”  

Insident 160        ‘n Vrou genees op die Sabbat. November 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 13:10-13
Loading...
10  Eenkeer op ‘n sabbatdag was Jesus in een van die sinagoges besig om die mense te leer. 11  Daar was ook ‘n vrou wat al agtien jaar lank gely het onder ‘n bose gees wat haar heeltemal verswak het. Sy was krom getrek en kon glad nie meer regop kom nie. 12  Toe Jesus haar sien, roep Hy haar nader en sê vir haar: “Mevrou, jy is van jou gebrek verlos!” 13  Toe het Hy haar die hande opgelê, en sy het onmiddellik regop gestaan en God begin prys.  

Insident 161        Die owerste van die sinagoge kom in opstand teen Jesus. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 13:14-17
Loading...
14  Die hoof van die sinagoge was verontwaardig omdat Jesus op die sabbatdag iemand gesond gemaak het. Hy sê toe vir die mense: “Daar is ses dae in die week waarop ‘n mens moet werk. Julle moet op een van daardie dae kom om julle te laat gesond maak, nie op die sabbatdag nie.” 15  Toe sê die Here vir hom: “Julle huigelaars! Maak elkeen van julle nie op die sabbatdag sy bees of sy donkie van die krip los en lei hom weg om hom te laat suip nie? 16  En hier is ‘n vrou, ‘n kind van Abraham, wat werklik al agtien jaar lank deur die Satan gebind is. Mag sy dan nie op die sabbatdag van hierdie band losgemaak word nie?” 17  Deur dit te sê, het Jesus al sy teenstanders laat skaam kry, maar die hele skare was bly oor al die wonderbaarlike dinge wat Hy gedoen het.  

Insident [a]162[/a]        Gelykenisse van die mosterdsaadjie en die suurdeeg. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus het hier herhaal wat Hy in Matteus 13:31 en Markus 4:30-34 gesê het, sien insident 84.
Luk 13:18-21
Loading...
18  Jesus het gesê: “Hoe is die koninkryk van God? Waarmee kan Ek dit vergelyk? 19  Dit is soos ‘n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy tuin geplant het. Dit het gegroei en ‘n boom geword, en die voëls het in sy takke kom nes maak.” 20  Verder het Hy gesê: “Waarmee kan Ek die koninkryk van God vergelyk? 21  Dit is soos suurdeeg wat ‘n vrou geneem en in twintig kilogram meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.”  

Insident 163        Jesus is nog steeds oppad na Jerusalem. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Jesus se tuisdorp Kapernaum na Jerusalem oor Samaria.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 13:22
Loading...
22  Terwyl Jesus op pad was Jerusalem toe, het Hy deur stede en dorpe gegaan en oral die mense geleer.  

Insident [a]164[/a]        Hoeveel sal gered word en die nou poort. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus praat in insident 71 van die smal en wye poort.
Luk 13:23-30
Loading...
23  Toe vra iemand Hom: “Here, is dié wat gered word, maar min?” 24  Hy sê vir hulle: “Span al julle kragte in om by die smal deur in te gaan. Baie, verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie. 25  As die eienaar van die huis eers opgestaan en die deur toegesluit het, sal julle buite staan en aan die deur begin klop en roep: ‘Here, maak vir ons oop!’ Maar Hy sal julle antwoord: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.’ 26  Dan sal julle sê: ‘Ons het saam met U geëet en gedrink, en op ons strate het U die mense geleer.’ 27  Maar Hy sal weer vir julle sê: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Niemand van julle het gedoen wat reg is nie. Maak dat julle van My af wegkom!’ 28  Daar sal julle huil en op julle tande kners wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete binne-in die koninkryk van God sal sien, terwyl julle self buitentoe weggejaag word. 29  Daar sal mense uit die ooste en die weste kom, uit die noorde en die suide, en aansit by die feesmaal in die koninkryk van God. 30  Onthou net: Daar is laastes wat eerste sal wees, en eerstes wat laaste sal wees.”  

Insident 165        Fariseërs waarsku Jesus oor Herodes. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 13:31-35
Loading...
31  Op daardie selfde oomblik het ‘n aantal Fariseërs vir Jesus kom sê: “U moet padgee en na ‘n ander plek toe gaan, want Herodes wil u doodmaak.” 32  Maar Hy sê vir hulle: “Gaan sê vir daardie jakkals: ‘Kyk, vandag en môre dryf Ek nog bose geeste uit en maak Ek mense gesond, maar op die derde dag sal Ek my werk klaar maak.’ 33  In elk geval moet Ek vandag en môre en oormôre die reis voortsit, want dit is ondenkbaar dat ‘n profeet op ‘n ander plek as Jerusalem omkom. 34  Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke, maar julle wou nie! 35  Kyk, nou word julle stad aan julleself oorgelaat. Maar Ek sê vir julle: Julle sal My sekerlik nie sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal uitroep: Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!”  

Insident 166        Man met die water genees in ‘n Fariseër se huis op die Sabbat. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 14:1-6
Loading...
1  Op ‘n sabbatdag toe Jesus na die huis van ‘n vooraanstaande Fariseër toe gegaan het om daar te eet, het hulle Hom fyn dopgehou. 2  Reg voor Hom was daar ‘n man wat aan water gely het. 3  Jesus praat toe met die wetgeleerdes en Fariseërs en vra: “Mag ‘n mens iemand op die sabbatdag gesond maak of nie?” 4  Maar hulle het stilgebly. Toe trek Jesus die sieke nader, maak hom gesond en laat hom gaan. 5  Daarna sê Hy vir hulle: “Sê nou ‘n seun of ‘n bees van een van julle val in ‘n put, sal hy hom nie dadelik uithaal nie, al is dit op ‘n sabbatdag?” 6  Hulle kon daar niks op antwoord nie.  

Insident 167        Gelykenis van die gaste en die voorste sitplekke. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 14:7-11
Loading...
7  Toe Jesus merk hoe hulle die voorste plekke aan tafel uitsoek, vertel Hy aan die genooides die volgende gelykenis: 8  “As iemand jou na ‘n bruilof toe uitnooi, moet jy nie sommer op die voorste plek gaan sit nie. Dit kan net wees dat die gasheer iemand uitgenooi het wat belangriker is as jy. 9  Dan sal hy wat julle albei uitgenooi het, na jou toe kom en sê: ‘Gee bietjie die plek af vir hierdie man.’ Jy sal dan tot jou skande die agterste plek moet gaan inneem. 10  Maar as jy uitgenooi is, gaan sit liewer op die agterste plek. Wanneer die gasheer kom, sal hy vir jou kan sê: ‘Vriend, kom sit hier voor.’ Dan sal jy in die agting van al die gaste styg. 11  Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word, en elkeen wat nederig is, sal verhoog word.”  

Insident 168        Gelykenis van die gasheer van die fees. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 14:12-14
Loading...
12  Hy het ook vir die gasheer gesê: “As jy in die middag of in die aand ‘n maaltyd gee, moet dan nie jou vriende of broers of familie of ryk bure uitnooi sodat hulle jou waarskynlik ook weer uitnooi en jou op dié manier vergoed nie. 13  Nee, as jy ‘n feesmaal gee, nooi dan armes, kreupeles, verlamdes en blindes. 14  Jy kan jou gelukkig ag dat hulle niks het om jou mee te vergoed nie, want God sal jou vergoed by die opstanding van dié wat reg gedoen het.”  

Insident [a]169[/a]        Gelykenis van die groot fees. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Jesus het die gelykenis van die groot fees gedurende sy laaste week voor kruisiging in Jerusalem herhaal. Sien insident 210.  
Luk 14:15-24
Loading...
15  Een van dié wat saam aan tafel was, het dit gehoor en vir Hom gesê: “Gelukkig is die man wat aan die maaltyd in die koninkryk van God kan deelneem.” 16  Toe sê Jesus vir hom: “Daar was ‘n man wat ‘n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi het. 17  Toe die maaltyd gereed was, stuur hy sy slaaf om vir die genooides te sê: ‘Kom, die maaltyd staan klaar.’ 18  Maar hulle begin almal, die een na die ander, verskoning maak. Die eerste sê vir hom: ‘Ek het ‘n stuk grond gekoop en dit is noodsaaklik dat ek uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my asseblief.’ 19  ‘n Ander een sê: ‘Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my asseblief.’ 20  Nog ‘n ander een sê: ‘Ek is pas getroud, daarom kan ek nie kom nie.’ 21  Die slaaf kom toe terug en vertel dit alles aan sy eienaar. Toe word die man kwaad en sê vir sy slaaf: ‘Gaan uit na die strate en gangetjies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hierheen.’ 22  Later kom die slaaf sê: ‘Meneer, u opdrag is uitgevoer, en daar is nog plek.’ 23  Toe sê die man vir die slaaf: ‘Gaan uit na die paaie en lanings en dring by hulle daarop aan om in te kom, sodat my huis vol kan word. 24  Dit verseker ek julle: Nie een van die mense wat genooi is, sal sy mond aan my kos sit nie.’  

Insident 170        Skare reis saam met Jesus en die koste van dissipelskap. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 14:25-35
Loading...
25  ‘n Groot menigte het saam met Jesus gereis. Hy draai toe om en sê vir hulle: 26  As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe. 27  Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie. 28  Wie van julle wat ‘n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie? 29  Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf. 30  Hulle sal sê: ‘Hier is ‘n man wat begin bou het maar nie kon klaar maak nie.’ 31  Of watter koning wat met ‘n ander koning in ‘n oorlog betrokke raak, sal nie eers gaan sit en oorweeg of hy met sy tien duisend man sterk genoeg is om die ander een teen te staan wat met twintig duisend teen hom optrek nie? 32  Anders stuur hy ‘n afvaardiging om vredesvoorwaardes te vra terwyl die ander een nog ver is. 33  So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie. 34  Sout is ‘n goeie ding. Maar as sout verslaan het, waarmee sal dit weer sout gemaak word? 35  Dit is nie eers bruikbaar vir die grond of vir die mishoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, moet luister!”  

Insident 171        Jesus eet saam met sondaars en gelykenisse van die verlore skape en die muntstuk. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 15:1-10
Loading...
1  Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. 2  Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.” 3  Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis: 4  “Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. 5  En as hy hom kry, is hy bly en tel hom op sy skouers. 6  As hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: ‘Wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was, weer gekry.’ 7  Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.” 8  “Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie ‘n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? 9  En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’ 10  Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”  

Insident 172        Gelykenis van die verlore seun. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 15:12-32
Loading...
12  Die jongste het vir sy pa gesê: ‘Pa, gee my die deel van die besittings wat my toekom.’ Hy het toe die goed tussen hulle verdeel. 13  Nie lank daarna nie het die jongste seun alles tot geld gemaak en van die ouerhuis af na ‘n ver land toe vertrek. Daar het hy sy geld verkwis deur losbandig te lewe. 14  Nadat hy alles deurgebring het, het daar ‘n kwaai hongersnood in daardie land gekom, en ook hy het begin gebrek ly. 15  Hy het toe sommer by een van die mense van daardie land gaan bly, en dié het hom na sy plaas toe gestuur om varke op te pas. 16  Daar het hy gewens hy kon sy honger stil met die peule wat die varke eet, maar niemand het hom daarvan gegee nie. 17  Toe kom hy tot inkeer en sê: ‘My pa het wie weet hoeveel dagloners, en hulle het almal oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger. 18  Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig! 19  Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie. Behandel my soos een van Pa se dagloners.’ 20  En hy het sonder versuim na sy pa toe teruggegaan. Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom. 21  Toe sê die seun vir hom: ‘Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie.’ 22  Maar sy pa roep sy werksmense: ‘Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom ‘n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! 23  En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier! 24  Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier. 25  Sy oudste seun was nog in die veld. Toe hy terugkom en naby die huis was, hoor hy die musiek en die singery. 26  Hy roep toe een van die bediendes nader en vra hom wat aan die gang is. 27  Die bediende antwoord: ‘U broer het gekom, en u pa het die vetgemaakte kalf geslag omdat hy hom behoue en gesond teruggekry het.’ 28  Toe het die oudste seun kwaad geword en hy wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa gaan toe uit en praat mooi met hom; 29  maar hy antwoord: ‘Kyk, al die jare werk ek soos ‘n slaaf vir Pa. Nog nooit het ek ‘n opdrag van Pa verontagsaam nie, en vir my het Pa nog nooit eers ‘n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende kan feesvier nie. 30  Maar nou dat hierdie seun van Pa, wat Pa se goed met prostitute deurgebring het, terugkom, het Pa vir hom die vetgemaakte kalf geslag!’ 31  Toe sê die pa vir hom: ‘Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune. 32  Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry.’ ”  

Insident 173        Gelykenis van die onregverdige bestuurder geprys. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 16:1-13
Loading...
1  Jesus het vir sy dissipels ook gesê: “‘n Ryk man het ‘n bestuurder in diens gehad, en dié is by hom aangekla omdat hy sy geld verkwis het. 2  Hy ontbied hom toe en sê vir hom: ‘Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake, want jy kan nie langer bestuurder wees nie.’ 3  Die bestuurder dink toe by homself: wat moet ek nou doen, want my werkgewer neem die bestuurderskap van my af weg. Vir handearbeid sien ek nie kans nie; en om te bedel, skaam ek my. 4  Maar wag, nou weet ek wat ek sal doen sodat daar mense sal wees wat my in hulle huise sal ontvang as ek uit die bestuurderskap ontslaan is. 5  Toe roep hy die skuldenaars van sy werkgewer een vir een en vra vir die eerste: ‘Hoeveel skuld jy my werkgewer?’ 6  Hy antwoord: ‘Honderd vate olyfolie.’ Toe sê hy vir hom: ‘Vat jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.’ 7  Daarna vra hy vir ‘n ander een: ‘En jy, hoeveel skuld jy?’ Hy antwoord: ‘Honderd sak koring.’ En hy sê vir hom: ‘Vat jou skuldbewys en skryf tagtig.’ 8  Die werkgewer het die oneerlike bestuurder geprys vir die slim ding wat hy gedoen het. Die mense van hierdie wêreld tree onder mekaar slimmer op as die mense van die lig. 9  En Ek sê vir julle: Gebruik die oneerlike Mammon om vir julle vriende te maak sodat wanneer die geld nie meer kan help nie, hulle julle in die ewige wonings sal ontvang. 10  Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik. 11  As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike Mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou? 12  As julle met ‘n ander man se goed nie betroubaar is nie, wie sal dan iets aan julle gee om as julle eie te besit? 13  Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.”  

Insident 174        Die wet en die koninkryk van God, lering oor egskeiding. November 29 nC. Sien Kaart                         10.1 vir die roete na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 16:14-18
Loading...
(14)  En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp. (15)  En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God. (16)  Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin. (17)  Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val. (18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.  

Insident 175        Ryk man en Lasarus. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete van na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 16:19-31
Loading...
19  Daar was ‘n ryk man wat duur en deftige klere gedra en elke dag feestelik en weelderig geleef het. 20  En daar was ‘n arm man met die naam Lasarus wat by die deur van die ryk man gelê het in die hoop dat hy van die oorskiet van die ryk man se tafel te ete sou kry. Hy was oortrek van die swere en selfs die honde het daaraan kom lek. 22  Toe die arm man te sterwe kom, is hy deur die engele weggedra na die ereplek langs Abraham. Die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. 23  Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en sien vir Abraham daar in die verte en vir Lasarus langs hom en hy roep: 24  ‘Vader Abraham, ontferm u oor my. Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur.’ 25  Maar Abraham sê: ‘My kind, onthou dat jy in jou leeftyd altyd die goeie gekry het en Lasarus die slegte. Nou gaan dit hier goed met hom, maar jy word gepynig. 26  En buitendien is daar ‘n groot kloof tussen ons en julle, sodat dié wat hiervandaan wil oorgaan na julle toe, nie kan nie, en dié wat dáár is, ook nie na ons toe kan oorkom nie.’ 27  Toe sê hy: ‘Ek smeek u dan, vader, stuur hom tog na my pa se huis toe. 28  Ek het nog vyf broers. Laat hy hulle dringend gaan waarsku sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie.’ 29  Maar Abraham sê: ‘Hulle het die woorde van Moses en die profete. Laat hulle daarna luister.’ 30  Hy antwoord egter: ‘Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dood na hulle toe gaan, sal hulle hulle bekeer.’ 31  Maar hy sê vir hom: ‘As hulle na Moses en die profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie al sou iemand uit die dood opstaan.’ ”  

Insident 176       Jesus gee opdrag aan Sy dissipels aangaande struikelblokke, vergifnis, geloof en dienaars. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 17:1-10
Loading...
1  Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. 2  So ‘n mens kan eerder met ‘n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies ‘n struikelblok word. 3  Wees dus self op julle hoede. As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. 4  Selfs as hy sewe maal op ‘n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.” 5  Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.” 6  Maar die Here antwoord: “As julle maar geloof so groot soos ‘n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: ‘Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see,’ en hy sou julle gehoorsaam. 7  Sê nou een van julle het ‘n slaaf wat ploeg of vee oppas. Sal hy vir die slaaf sê as hy van die veld af inkom: ‘Kom eet eers gou’? 8  Natuurlik nie! Maar hy sal vir hom sê: ‘Maak vir my iets klaar vir aandete. Sit dan jou voorskoot aan en kom bedien my terwyl ek eet en drink. Daarna kan jy self eet en drink.’ 9  ‘n Slaaf wat sy opdrag uitgevoer het, word mos nie bedank nie, of hoe? 10  So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.”  

Insident 177        Jesus genees 10 melaatses en ‘n Samaritaan kom terug om Hom te dank. November 29 nC.  Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.  
Luk 7:11
Loading...
Jesus is nog steeds oppad na Jerusalem.
Luk 17:11-19
Loading...
(11)  En op sy reis na Jerusalem het Hy deur Samaría en Galiléa gegaan. (12)  En toe Hy in ‘n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat op ‘n afstand bly staan het. (13)  En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig! (14)  En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword. (15)  En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met ‘n groot stem verheerlik. (16)  En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was ‘n Samaritaan. (17)  Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege? (18)  Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie? (19)  En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.  

Insident 178        Fariseërs vra uit oor die koninkryk, Jesus waarsku die dissipels oor die toekoms. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 17:20-37
Loading...
20  Toe die Fariseërs vir Jesus vra wanneer die koninkryk van God dan kom, het Hy hulle geantwoord: “Die koms van die koninkryk van God kan nie uit voortekens bereken word nie. 21  Hulle sal nie kan sê: ‘Kyk, hier is dit!’ of: ‘Daar is dit!’ nie, want die koninkryk van God is hier by julle.” 22  Daarna sê Hy vir die dissipels: “Daar sal dae kom wanneer julle daarna sal verlang om net een van die dae van die Seun van die mens te sien, maar julle sal dit nie sien nie. Hulle sal wel vir julle sê: ‘Kyk, daar is Hy!’ of: ‘Kyk, hier is Hy!’ 23  Maar moenie gaan nie en moenie agter hulle aanloop nie! 24  Soos die weerlig wat uitslaan, die hele lugruim van die een kant na die ander verlig, so sal die Seun van die mens kom as die dag van sy koms daar is. 25  Maar eers moet Hy baie ly en deur die mense van hierdie tyd verwerp word. 26  Net soos dit in die tyd van Noag gegaan het, so sal dit ook gaan in die tyd van die Seun van die mens: 27  hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. Toe kom die sondvloed, en dit het hulle almal uitgewis. 28  In die tyd van Lot het dit ook net so gegaan: hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink, gekoop en verkoop, geplant en gebou. 29  Maar op die dag toe Lot Sodom verlaat het, het vuur en swael uit die hemel gereën, en dit het almal uitgewis. 30  Net so sal dit ook gaan op die dag wanneer die Seun van die mens verskyn. 31  Dan moet die man wat op die dakstoep sit, nie ingaan om sy besittings in die huis te gryp nie. Net so moet ook die man wat op die land is, nie omdraai huis toe nie. 32  Onthou wat met die vrou van Lot gebeur het! 33  Elkeen wat sy lewe probeer behou, sal dit verloor, maar elkeen wat dit verloor, sal dit behou. 34  Ek sê vir julle: Dan sal twee mense op een bed slaap, die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat word. 35  Twee vroue sal koring maal, die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat word.” 37  Toe vra hulle Hom: “Waar, Here?” Hy sê vir hulle: “Waar aas lê, daar sal aasvoëls ook bymekaarkom.”  

Insident 179        Gelykenis van die onregverdige regter. November 29 nC. Sien Kaart 10.1

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 18:1-8
Loading...
1  Jesus het vir hulle ‘n gelykenis vertel om duidelik te maak dat ‘n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word. 2  Hy het gesê: “In ‘n sekere stad was daar ‘n regter wat geen eerbied vir God of agting vir ‘n mens gehad het nie. 3  En in dieselfde stad het ‘n weduwee gewoon wat hom herhaaldelik kom vra het: ‘Doen aan my reg in my saak teen my teenparty.’ 4  ‘n Tyd lank wou hy nie, maar later het hy vir homself gesê: Vir God het ek wel geen eerbied nie, en aan ‘n mens steur ek my nie, 5  maar aangesien hierdie weduwee so aanhou om my lastig te val, sal ek haar in haar regsaak help, anders kom klap sy my op die ou end ook nog.” 6  Toe sê die Here: “Hoor wat sê die onregverdige regter. 7  Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag? 8  Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook! Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind?  

Insident 180        Gelykenis van die Fariseër en die tollenaar. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 18:9-14
Loading...
9  Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het, het Jesus hierdie gelykenis vertel: 10  Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was ‘n Fariseër en die ander een ‘n tollenaar. 11  Die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: ‘O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieërs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie. 12  Ek vas twee keer in die week en ek gee ‘n tiende van my hele inkomste.’ 13  Maar die tollenaar het daar ver bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het bedroef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my, sondaar, genadig.’ 14  Ek sê vir julle: Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word.”  

Insident 181        Jesus seën die kinders. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarMatMarLuk
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 19:13-15
Loading...
13  Die mense het kindertjies na Hom toe gebring dat Hy hulle die hande moet oplê en vir hulle moet bid. Sy dissipels het met hulle daaroor geraas. 14  Maar Jesus het gesê: “Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.” 15  Nadat Hy hulle die hande opgelê het, het Hy daarvandaan weggegaan.  
Mar 10:13-16
Loading...
13  Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Sy dissipels het met die mense daaroor geraas. 14  Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. 15  Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” 16  Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën.
Luk 18:15-17
Loading...
15  Die mense het ook kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Toe die dissipels dit sien, het hulle met die mense daaroor geraas. 16  Maar Jesus het die kindertjies nader geroep en gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. 17  Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.”

Insident 182     Die ryk jongman. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na               Jerusalem.

KommentaarMatMarLuk
Mat, Mat, Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Die “naald se oog” waarna Jesus hier verwys, was nie ‘n naaldwerk naald soos ons dit ken nie.   Dit was ‘n klein deur in die stadspoort van daardie tyd wat groot genoeg was vir ‘n mens om daardeur te gaan, maar nie kamele nie.   Dit was veral in die nag wanneer hulle die hekke in die stadspoorte toegesluit het dat die kamele buitekant moes bly.    
Mat 19:16-26
Loading...
16  Daar het iemand na Hom toe gekom en gesê: “Meneer, watter goeie daad moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” 17  Hy het vir hom gesê: “Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Daar is net Een wat goed is. Maar as jy die ewige lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.” 18  “Watter gebooie bedoel u?” het hy vir Hom gevra. Jesus het gesê: “Dit: Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis aflê nie, 19  eer jou vader en jou moeder en: jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 20  “Dit alles het ek nagekom,” het die jongman gesê. “In watter opsig skiet ek nog te kort?” 21  Jesus het hom geantwoord: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My.” 22  Toe die jongman dit hoor, het hy bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad. 23  Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “Dit verseker Ek julle: ‘n Ryk mens sal moeilik in die koninkryk van die hemel kom. 24  Ek stel dit nog sterker: Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te kom as vir ‘n ryke om in die koninkryk van God te kom.” 25  Toe die dissipels dit hoor, het dit hulle geweldig ontstel, en hulle het gesê: “Wie kan dan gered word?” 26  Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”  
Mar 10:17-27
Loading...
17  Net toe Jesus uit die huis uitkom om verder te gaan, kom daar iemand aangehardloop. Hy val toe voor Hom op sy knieë en vra Hom: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” 18  Daarop sê Jesus vir hom: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen. 19  Jy ken die gebooie: ‘Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis aflê nie,’ jy mag nie iemand veronreg nie, eer jou vader en jou moeder.” 20  “Meneer,” sê hy vir Hom, “dit alles het ek van my kinderdae af nagekom.” 21  Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: “Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My!” 22  Hy het egter geskrik toe hy dit hoor en het bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad. 23  Jesus kyk toe na sy dissipels rondom Hom en sê vir hulle: “Hoe moeilik sal mense wat ryk is, in die koninkryk van God kom.” 24  Die dissipels was verbaas oor hierdie woorde van Hom. Jesus sê toe verder vir hulle: “Kinders, hoe moeilik is dit om in die koninkryk van God te kom. 25  Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te kom as vir ‘n ryke om in die koninkryk van God te kom.” 26  Dit het hulle geweldig ontstel en hulle het vir mekaar gesê: “Wie kan dan gered word?” 27  Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.”
Luk 18:18-27
Loading...
18  ‘n Man van aansien het aan Jesus die vraag gestel: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” 19  Jesus het geantwoord: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen. 20  Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis gee nie, eer jou vader en moeder.” 21  Maar hy antwoord: “Al hierdie dinge het ek van my kinderdae af onderhou.” 22  Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hom: “Een ding kom jy nog kort: gaan verkoop alles wat jy het, en deel die geld aan die armes uit. Dan sal jy ‘n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My.” 23  Toe hy dit hoor, was hy diep teleurgesteld, want hy was baie ryk. 24  Toe Jesus sien dat hy teleurgesteld is, sê Hy: “Hoe moeilik is dit tog vir mense wat ryk is, om in die koninkryk van God te kom. 25  Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te kom as vir ‘n ryke om in die koninkryk van God te kom.” 26  Dié wat dit gehoor het, sê toe: “Maar wie kan dan gered word?” 27  Daarop antwoord Hy: “Wat vir die mense onmoontlik is, is vir God moontlik.”

Insident 183         Die dissipels se beloning. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarMatMarLuk
Mat, Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 19:27-30
Loading...
27  Toe sê Petrus vir Hom: “Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal ons daarvoor kry?” 28  Jesus antwoord hulle: “Dit verseker Ek julle: Wanneer alles nuut gemaak word, as die Seun van die mens op sy koninklike troon sit, sal ook julle wat My gevolg het, op twaalf trone sit en oor die twaalf stamme van Israel regeer. 29  En elkeen wat ter wille van my Naam afgesien het van huise of broers of susters of vader of moeder of kinders of grond, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe as erfenis kry. 30  Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.”
Mar 10:28-30
Loading...
28  Petrus sê toe vir Hom: “Kyk, óns het alles verlaat en ons volg U.” 29  Jesus antwoord: “Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van My en ter wille van die evangelie afgesien het van sy huis of broers of susters of moeder of vader of kinders of eiendom nie, 30  of hy kry nou in hierdie tyd honderd keer soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en eiendom, saam met baie vervolging, en in die bedeling wat kom, die ewige lewe.
Luk 18:28-30
Loading...
28  Toe sê Petrus: “Kyk, óns het van ons besittings afgesien en U gevolg.” 29  En Jesus antwoord: “Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van die koninkryk van God afgesien het van huis of vrou of broers of ouers of kinders nie, 30  of hy ontvang in hierdie tyd al baiekeer soveel terug, en in die tyd wat kom, die ewige lewe.”

Insident [a]184[/a]        Diegene wat laaste is sal eerste wees en die wat eerste is, laaste. November 29 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete na Jerusalem.

KommentaarMatMarkus
Mar skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 20:1-16
Loading...
1  “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met die eienaar van ‘n wingerd wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur. 2  Nadat hy met die arbeiders ooreengekom het om hulle die gewone dagloon te betaal, stuur hy hulle om in sy wingerd te gaan werk. 3  Teen nege-uur gaan hy weer uit en sien ander werkloos op die mark rondstaan, 4  en hy sê vir hulle: ‘Gaan werk julle ook in my wingerd, en wat billik is, sal ek julle betaal.’ 5  Hulle is toe soontoe. Teen twaalfuur en teen drie-uur het hy weer uitgegaan en dieselfde gedoen. 6  Omtrent vyfuur gaan hy uit en kry ander wat daar rondstaan, en hy sê vir hulle: ‘Waarom staan julle heeldag werkloos hier rond?’ 7  Hulle antwoord hom: ‘Omdat niemand ons gehuur het nie.’ ‘Gaan werk julle ook in my wingerd,’ sê hy toe vir hulle. 8  Toe dit aand word, sê die eienaar van die wingerd vir sy voorman: ‘Roep die arbeiders en betaal hulle hulle loon. Begin by die laastes en eindig by die eerstes.’ 9  Dié wat teen vyfuur gehuur is, kom toe en kry elkeen die gewone dagloon. 10  Die mense wat eerste gehuur is, het gedink hulle sou meer kry, maar toe hulle aan die beurt kom, kry hulle ook elkeen die gewone dagloon. 11  Hulle vat toe die geld maar begin by die eienaar kla 12  en sê: ‘Hierdie laastes het net een uur gewerk, en nou betaal u hulle dieselfde loon as vir ons wat die hele dag hard gewerk het in die warm son.’ 13  Maar hy antwoord een van hulle: ‘Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir die gewone dagloon nie? 14  Vat jou geld en gaan huis toe. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou. 15  Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?’ 16  So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste.”  
Mar 10:31
Loading...
(31)  Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste.