Gedeelte 1. Jesus was van die begin af daar, sy geboorte, kinderjare, die doop en die begin van Sy bediening (insidente 1-41)

Insident 1.               Jesus was van die begin af daar

Kommentaar hoofsaaklik oor die Volgorde en die Datum van InsidenteJoh
Slegs Johannes gee die bestaan van Jesus van die begin af.  
Joh 1:1-18
Loading...
  8
Die manier waarop ’n boek destyds begin het, was baie belangrik. Daar is gesê dat die inleiding mense reg moes instel vir die res van die boek.   Hierdie Johannes evangelie het een van die treffendste inleidings in die hele Bybel. Dit begin (1:1-18) met ’n lied waarin Jesus en wat Hy kom doen het, besing word.   Die lied kan in twee dele opgedeel word: 1:1-13 en 1:14-18.   In 1:1-13 lees ons die geskiedenis van Jesus. Dit begin voor die skepping en bring ons tot waar Hy tussen sy eie mense is. Nou kan die verhaal voortgaan …   In 1:14-18 val die klem op Jesus wat belangriker is as al die groot geestelike leiers soos Moses of Johannes die Doper. Hy is die Een wat God se onverdiende goedheid op ’n spesiale manier vir ons bring en die verskil vir ons kan maak.  
Joh 1:1-18
Loading...
(1)  In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. (2)  Hy was reeds in die begin by God. (3)  Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. (4)  In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. (5)  Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. (6)  Daar was ‘n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes. (7)  Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom. (8)  Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. (9)  Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. (10)  Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie. (11)  Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. (12)  Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. (13)  Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ‘n mens of die besluit van ‘n man nie, maar hulle is uit God gebore. (14)  Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. (15)  Johannes getuig van Hom en roep uit: “Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: Hy wat ná my kom, is my vóór, want Hy was voor my reeds daar.” (16)  Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. (17)  God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. (18)  Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

Insident 2.           Die geslagsregister van Jesus

KommentaarMatLuk
Mattheus gee die geslagsregister van Jesus deur Josef en Lukas gee dit deur Maria.   Jesus se geslagsregister teruggevoer tot by Adam Lukas 3:23-38 8. Die uitlê van familiebande kan vervelig wees. Net so kan geslagsregisters in die Bybel sinloos voorkom. Lukas gebruik Jesus se geslagsregister om op Jesus se besondere verhouding met God én die mens te wys. Lukas gee Jesus se geslagsregister tot op Adam. Dit dui daarop dat Hy in ’n besondere verhouding tot die hele mensheid staan – nie net tot Israel nie. Dit wys dat Jesus Hom volledig met ons identifiseer, maar ook met God, ons hemelse Vader.   Die lys name word in die verhaal ingevleg om deel daarvan te vorm. Deur die opnoem van Jesus se voorgeslagte wil Lukas sê dat Jesus uit ’n eervolle familie stam. Hierdie geslagsregister vorm ’n verbinding tussen Jesus se doop (3:21-22) en sy versoeking (4:1-13). By sy doop is Hy as geliefde Seun van God aangedui (3:22) en tydens sy versoeking (4:1-13) sal Hy as Seun van God getoets word om sy ware identiteit te bewys. Dat Jesus as die Seun van God beskou word, blyk reeds aan die begin van die geslagsregister waar gesê word Hy was bekend as die seun van Josef (3:23b). Daarmee wil Lukas te kenne gee dat Jesus in die eerste plek Seun van God is en slegs “bekend was” as die seun van ’n aardse man.   Lukas se weergawe van Jesus se geslagsregister verskil heelwat van Matteus s’n (
Matt 1:1-17
Loading...
). Een van die belangrike verskille is dat Matteus by Abraham begin en by Jesus eindig. Lukas keer die orde van die name om; hy voer die geslagsregister terug tot by Adam. Matteus noem drie maal veertien geslagte (in totaal 42 name) tussen Abraham en Jesus. Lukas noem ’n totaal van 77 geslagte. Tussen Serubbabel en Jesus het Matteus net twaalf name teenoor Lukas se 21. Daar is ’n patroon van ’n herhalende sewe of veelvoud van sewes in Lukas se geslagsregister. So kry ons ’n totaal van 77 geslagte van Jesus tot by Adam (dus 11 x 7). Dit is betekenisvol dat bekende Ou-Testamentiese figure aan die begin staan van verskeie van hierdie sewetalle, soos Dawid, Abraham en Henog. Dit gee ons dus goeie rede om die indeling soos volg te maak:
  Van Josef tot by Sealtiël: 3 x 7 geslagte: ná die ballingskap van Israel.Van Neri tot by Dawid: 3 x 7 geslagte: voor die ballingskap. Van Isai tot by Abraham: 2 x 7 geslagte: die begin van Israel se   geskiedenis.Van Tera tot by God: 3 x 7 geslagte: die algemene menslike geskiedenis. Hierdie gebruik van sewe was ’n manier om mense te help onthou op ’n tydstip toe die familie lyste nog mondeling oorgedra en onthou moes word. Uit die geslagsregister blyk dit dat Jesus, net soos Adam (3:38), die seun van God genoem word. Die verste voorvader van Jesus was volkome mens, maar word “seun van God” genoem. Jesus is Seun van God, maar Hy het ’n menslike geslagsregister en is daarom verbonde aan Adam, die seun van God. Lukas het dus Jesus se geslagsregister in sy verhaal opgeneem om daarmee aan te dui wat Jesus se verhouding sowel tot God as tot die mens is.
Mat 1:1-17
Loading...
(1)  Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2)  Abraham was die vader van Isak, Isak van Jakob, en Jakob van Juda en sy broers; (3)  Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, Peres van Gesron, en Gesron van Ram; (4)  Ram was die vader van Amminadab, Amminadab van Nagson, en Nagson van Salmon; (5)  Salmon was die vader van Boas by Ragab, Boas van Obed by Rut, Obed van Isai; (6)  Isai was die vader van koning Dawid. Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija; (7)  Salomo was die vader van Rehabeam, Rehabeam van Abia en Abia van Asa; (8)  Asa was die vader van Josafat, Josafat van Joram, en Joram van Ussia; (9)  Ussia was die vader van Jotam, Jotam van Agas, en Agas van Hiskia; (10)  Hiskia was die vader van Manasse, Manasse van Amon, en Amon van Josia; (11)  Josia was die vader van Jojagin en sy broers. Toe is die volk weggevoer na Babilonië toe. (12)  En na die Babiloniese ballingskap was dit so: Jojagin was die vader van Sealtiël, en Sealtiël van Serubbabel; (13)  Serubbabel was die vader van Abihud, Abihud van Eljakim, en Eljakim van Asor; (14)  Asor was die vader van Sadok, Sadok van Agim, en Agim van Elihud; (15)  Elihud was die vader van Eleasar, Eleasar van Mattan, en Mattan van Jakob; (16)  Jakob was die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word. (17)  Altesaam was daar dus veertien geslagte van Abraham af tot by Dawid, veertien van Dawid af tot by die Babiloniese ballingskap en veertien van die Babiloniese ballingskap af tot by Christus.  
Luk 3:23-38
Loading...
(23)  Toe Jesus met sy werk begin het, was Hy omtrent dertig jaar oud. Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef. Josef was die seun van Eli, (24)  seun van Mattat, seun van Levi, seun van Melgi, seun van Jannai, seun van Josef, (25)  seun van Mattatias, seun van Amos, seun van Nahum, seun van Hesli, seun van Naggai, (26)  seun van Mahat, seun van Mattatias, seun van Semeïn, seun van Josek, seun van Joda, (27)  seun van Johanan, seun van Resa, seun van Serubbabel, seun van Sealtiël, seun van Neri, (28)  seun van Melgi, seun van Addi, seun van Kosam, seun van Elmadam, seun van Er, (29)  seun van Josua, seun van Eliëser, seun van Jorim, seun van Mattat, seun van Levi, (30)  seun van Simeon, seun van Juda, seun van Josef, seun van Jonam, seun van Eljakim, (31)  seun van Melea, seun van Menna, seun van Mattata, seun van Natan, seun van Dawid, (32)  seun van Isai, seun van Obed, seun van Boas, seun van Sala, seun van Nagson, (33)  seun van Amminadab, seun van Admin., seun van Arni, seun van Gesron, seun van Peres, seun van Juda, (34)  seun van Jakob, seun van Isak, seun van Abraham, seun van Tera, seun van Nahor, (35)  seun van Serug, seun van Rehu, seun van Peleg, seun van Heber, seun van Sala, (36)  seun van Kenan, seun van Arpagsad, seun van Sem, seun van Noag, seun van Lameg, (37)  seun van Metusalag, seun van Henog, seun van Jered, seun van Mahalalel, seun van Kenan, (38)  seun van Enos, seun van Set, seun van Adam, die seun van God.

Insident 3.            Sterre verskynsels wat die sterrekykers van die Ooste na Bethlehem laat kom het. 7-5 vC (ongeveer 2 jaar voor Jesus Christus se geboorte)1 Sien ook Figure 11.4 en 11.5 vir Tydlyne rondom Jesus se geboorte.

KommentaarMat 2: 1&2
Sterrekundige en historiese bewyse dui daarop dat die Ster van Betlehem ‘n komeet was wat in 5 vC sigbaar was en in antieke  rekordsbeskryf is.1, 25
Mat 2:1-2
Loading...
  Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom  2  en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.”  

Insident 4.               Inleiding tot die Lukas Evangelie

KommentaarLukas
Lukas 1: 3   “Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf.

Sien Verwysing 14 vir Fung se doktorale bevestiging dat die Evangelie van Lukas in chronologiese volgorde geskryf is en Verwysing 15 se kommentaar daarop.
 
Verwysing 15 skryf onder andere die volgende”: “Even though there remains a debate over the genre of Luke (e.g., history, biography, historiography, or ancient document) and the chronological issue between
Luke 4:16-30
Loading...
,
Mat 13:54-58
Loading...
, and
Mark 6:1-6
Loading...
,…..”

 
Volgens Insident 39 ondertoe word Jesus se eerste verwerping in Nasaret beskryf soos blyk in
Luk 4:16-30
Loading...
.
 
Jesus is ongeveer een jaar later weer in Nasaret verwerp. Sien Insident 97 waar Mat 13;54-58 en
Mark 6:1-6
Loading...
hierdie verwerping beskryf.
 
Dus kan ons aanvaar dat die Evangelie van Lukas in chronologiese volgorde geskryf is.
Luk 1:1-4
Loading...
(1)  Hooggeagte Teofilus! Daar is baie wat onderneem het om ‘n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het. (2)  Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was. (3)  Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. (4)  So kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is.  

Insident 5.           Geboorte van Johannes die Doper aangekondig in die tempel in Jerusalem. 31 Oktober 7  vC 2. Sien kaart 10.5 vir die ligging van die tempel in Jerusalem.

KommentaarLukas
Volgens
Luk 1: 5 was Sagaria uit die diensgroep  van Abía. 
 
Luk 2:26
Loading...
In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur na ‘n maagd in Nasaret, ‘n dorp in Galilea.
 
Trek 6 maande van die datum van insident 6 af en dit gee Januarie 6 vC toe Elizabeth bevrug is.
 
Volgens die  diens program in Lanser2 was Abia se diensgroep, voor Januarie 6vC, op 31 Oktober 7 vC aan diens.  
Luk 1:5-25
Loading...
(5)  In die tyd van koning Herodes van Judea was daar ‘n priester met die naam Sagaria, uit die diensgroep van Abia. Ook sy vrou het van Aäron afgestam, en haar naam was Elisabet. (6)  Hulle was albei getrou aan die wet van God en het onberispelik al die gebooie en voorskrifte van die Here onderhou. (7)  Hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was. Buitendien was albei reeds op ver gevorderde leeftyd. (8)  Op ‘n keer toe Sagaria in die beurt van sy diensgroep besig was om die priesterdiens voor God te verrig, (9)  is hy volgens die priesterlike gebruik deur die lot aangewys om in die tempel van die Here in te gaan en die wierook op die altaar te brand. (10)  Terwyl die wierookoffer gebring is, was die hele volksmenigte buite besig om te bid. (11)  Toe verskyn daar aan die regterkant van die wierookaltaar ‘n engel van die Here aan hom. (12)  Sagaria het geskrik toe hy hom daar sien staan en hy het baie bang geword, (13)  maar die engel sê vir hom: “Moenie bang wees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor. Jou vrou, Elisabet, sal aan jou ‘n seun skenk, en jy moet hom Johannes noem. (14)  Hy sal ‘n bron van blydskap en vreugde vir jou wees, en baie sal bly wees oor sy geboorte, (15)  want hy sal groot wees in die oë van die Here. Wyn en bier sal hy glad nie drink nie, en reeds van sy geboorte af sal hy met die Heilige Gees vervul wees. (16)  Hy sal baie uit die volk Israel laat terugkeer tot die Here hulle God. (17)  En hy sal voor die Here uit gaan in dieselfde gees en krag as Elia, om vaders en kinders met mekaar te versoen, om ongehoorsames op die regte pad terug te bring en om so vir die koms van die Here ‘n volk voor te berei.” (18)  Toe sê Sagaria vir die engel: “Waaraan sal ek dit weet? Ek is ‘n ou man, en my vrou is al op ver gevorderde leeftyd.” (19)  Die engel antwoord hom: “Ek is Gabriël, wat in diens van God staan. Ek is gestuur om met jou te praat en hierdie goeie tyding vir jou te bring. (20)  Kyk, jy sal stom wees en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde, wat op die bestemde tyd vervul sal word, nie geglo het nie.” (21)  Intussen het die volk vir Sagaria gestaan en wag en begin wonder waarom hy so lank in die tempel bly. (22)  Toe hy uitkom, kon hy nie met hulle praat nie. Hulle kom toe agter dat hy in die tempel ‘n gesig gesien het. Hy het net aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly. (23)  Toe die tyd van sy tempeldiens om was, het hy huis toe gegaan. (24)  Na daardie tyd het sy vrou Elisabet swanger geword en haar vyf maande lank afgesonder. Sy het gesê: (25)  “Die Here het dit vir my gedoen. Nou het Hy na my omgesien om my smaad onder die mense weg te neem.”  

Insident 6.    Geboorte van Jesus aangekondig in Nasaret. 17 Julie 6 vC. Sien kaart 10.1 vir  die ligging van Nasaret.

KommentaarLukas
Luk vervolg vanaf die vorige insident.   Sien insident 10 se datum en trek 9 maande af vir Maria se swangerskap.
Luk 1:26-38
Loading...
(26)  In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur na ‘n maagd in Nasaret, ‘n dorp in Galilea. (27)  Sy was verloof aan Josef, ‘n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria. (28)  Toe die engel by haar kom, sê hy: “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.” (29)  Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken. (30)  Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. (31)  Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. (32)  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, (33)  en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.” (34)  Maar Maria sê vir die engel: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met ‘n man gehad het nie?” (35)  Die engel antwoord haar: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God. (36)  Kyk, ‘n bloedverwant van jou, Elisabet, het in haar ouderdom self ook ‘n seun ontvang, en sy wat as onvrugbaar bekend was, is nou al in haar sesde maand. (37)  Niks is vir God onmoontlik nie.” (38)  Maria sê toe: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” Toe het die engel van haar af weggegaan.  

Insident 7.           Maria besoek Elisabet in ‘n dorp van Juda (tradisionele Bet-Kerem, 6 km wes van                                  Jerusalem volgens oorlewering) en haar lofsang. 17 Julie 6 vC. Sien kaart 10.5 vir die uitleg                                van Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Volgens Kaart 10.1 het Maria heel waarskynlik nie kortpad na die tradisionele Bet-Kerem (6 km wes van Jerusalem) gereis nie. Die Jode het gewoonlik Samaria vermy en oos van die Jordaan gereis. Die reis moes omtrent 7 dae geneem het.        
Luk 1:39-56
Loading...
(39)  Maria het haar sonder versuim gereed gemaak en haastig na ‘n dorp in die bergstreek van Judea gegaan. (40)  Daar het sy in Sagaria se huis ingegaan en vir Elisabet gegroet. (41)  Net toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in Elisabet se moederskoot beweeg, en sy is met die Heilige Gees vervul (42)  en het hard uitgeroep: “Geseënd is jy onder die vroue en geseënd is die vrug van jou moederskoot! (43)  Waaraan het ek dit te danke dat die moeder van my Here na my toe kom? (44)  Kyk, net toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my van vreugde beweeg. (45)  Gelukkig is sy wat glo dat in vervulling sal gaan wat die Here vir haar gesê het!” (46)  En Maria het gesê: “Ek besing die grootheid van die Here, (47)  ek juig oor God, my Verlosser, (48)  omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem, (49)  omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam! (50)  Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer. (51)  Kragtige dade het Hy met sy arm verrig: hoogmoediges in hulle eiewaan het Hy uitmekaargejaag; (52)  maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog; (53)  behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes en rykes met leë hande weggestuur. (54)  Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekom deur te dink aan sy beloftes van ontferming (55)  soos Hy dit toegesê het aan ons voorvaders, aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.” (56)  Maria het omtrent drie maande by Elisabet gebly en daarna teruggegaan huis toe.  

Insident 8.           Geboorte van Johannes die Doper in ‘n stad van Juda (tradisionele Bet-Kerem 6 km wes                      van Jerusalem volgens oorlewering). 17 Oktober 6 vC. Sien kaart 10.5 vir die uitleg van                                               Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Voeg 3 maande  by insident 6 en kry 17 Oktober 6 vC.  
Luk 1:57-66
Loading...
(57)  Toe die tyd gekom het dat Elisabet se kind gebore moes word, het sy ‘n seun in die wêreld gebring. (58)  Haar bure en familie het gehoor dat die Here aan haar groot ontferming bewys het, en hulle was saam met haar bly. (59)  Op die agste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle wou hom Sagaria noem na sy pa. (60)  Maar sy ma het gesê: “Nee! Hy moet Johannes genoem word.” (61)  Hulle sê vir haar: “Daar is niemand in jou familie wat die naam het nie!” (62)  Met gebare vra hulle toe sy pa hoe hy wil hê dat die kindjie genoem moet word. (63)  Hy vra toe ‘n skryfbordjie en skryf daarop: “Johannes is sy naam.” En almal was verbaas. (64)  Onmiddellik het Sagaria sy spraak teruggekry en begin praat en God geprys. (65)  Almal wat rondom hulle gewoon het, is met ontsag vervul, en in die hele bergstreek van Judea is daar baie gepraat oor al hierdie dinge. (66)  Almal wat dit gehoor het, het daaroor nagedink en gevra: “Wat sal hierdie kindjie eendag word?” Dit was duidelik dat die Here by hom was.

Insident 9.            Lofsang van Sagaria. 24 Oktober 6 vC. Sien kaart 10.5 vir die ligging van die tempel in Jerusalem.

KommentaarLukas
 Luk skryf verder vanaf die vorige insident. Johannes is 8 dae later besny. Die Jode het die 1 ste dag ook getel (ingesluit).
Luk 1:67-80
Loading...
(67)  Sagaria, die kindjie se pa, is met die Heilige Gees vervul en het as profeet gesê: (68)  “Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk. (69)  ‘n Sterk Verlosser het Hy vir ons laat opstaan uit die huis van sy dienaar Dawid. (70)  So het die Here dit reeds van oudsher belowe deur die mond van sy heilige profete: (71)  om ons te verlos van ons vyande en uit die hand van al ons haters; (72)  om Hom te ontferm oor ons voorvaders en sy heilige verbond te onthou. (73)  Met ‘n eed het Hy dit bevestig aan ons voorvader Abraham dat Hy sou gee dat ons, (74)  gered uit die hand van vyande, Hom onbevrees kan dien (75)  in vroomheid en opregtheid al die dae van ons lewe. (76)  En jy, kindjie, ‘n profeet van die Allerhoogste sal jy genoem word, want jy sal voor die Here uit gaan om sy pad gereed te maak, (77)  om kennis van verlossing aan sy volk mee te deel: verlossing deur vergifnis van hulle sondes, (78)  danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, (79)  om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die padvas vrede.” (80)  Die kindjie het opgegroei en sterk geword deur die Gees en het in die woestyn gebly tot  op die dag van sy openbare verskyning in Israel.  

Insident 10.       Geboorte van Jesus in Bethlehem. Maandag 17 April 5 vC 18.               Sien kaart 10.1 vir die roete vanaf                                              Nasaret na Bethlehem.

KommentaarMattheusLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident. Verwysing 12 verduidelik hoekom word Kersfees op 25 Desember gevier. 12
Mat 1:18-25
Loading...
(18)  Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. (19)  Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. (20)  Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. (21)  Sy sal ‘n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” (22)  Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word: (23)  “Die maagd sal swanger word en ‘n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam beteken God by ons. (24)  Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en met haar getrou. (25)  Hy het egter nie met haar omgang gehad voordat sy haar Seun in die wêreld gebring het nie. En Josef het Hom Jesus genoem.
Luk 2:1-7
Loading...
(1)  In daardie tyd het keiser Augustus ‘n bevel uitgevaardig dat ‘n volkstelling in die hele ryk gehou moet word. (2)  Hierdie eerste volkstelling het plaasgevind toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië. (3)  Almal het gegaan om hulle te laat inskryf, elkeen na sy eie stad toe. (4)  Ook Josef het gegaan. Hy het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea toe gegaan, na Betlehem, die stad van Dawid, omdat hy tot die huis en geslag van Dawid behoort het. (5)  Maria, sy verloofde, wat swanger was, het saamgegaan om ingeskryf te word. (6)  Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. (7)  Sy het haar Eersteling seun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ‘n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Insident 11.     Herders van Bethlehem. 17 April 5 vC. Sien kaart 10.1 vir die ligging van Bethlehem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.    
Luk 2:8-20
Loading...
(8)  Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. (9)  Meteens staan daar ‘n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. (10)  Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. (11)  Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! (12)  En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ‘n krip lê.” (13)  Skielik was daar saam met die engel ‘n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: (14)  “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het!” (15)  Nadat die engele van hulle af weggegaan het na die hemel toe, sê die skaapwagters vir mekaar: “Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het.” (16)  Hulle gaan toe haastig daarheen en kry vir Maria en Josef, en die Kindjie wat in die krip lê. (17)  Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. (18)  Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het. (19)  Maria het alles wat gesê is, onthou en telkens weer by haarself daaroor nagedink. (20)  Die skaapwagters het toe teruggegaan terwyl hulle God loof en prys oor alles wat hulle gehoor en gesien het. Dit was alles net soos dit vir hulle gesê is.  

Insident 12.          Besnydenis van Jesus in Bethlehem. 24 April 5 vC. Sien kaart 10.1 vir die ligging van Bethlehem.

KommentaarLukas
Sien insident 10 en tel 8 dae by.  
Luk 2:21
Loading...
Ag dae later, toe dit tyd was om die Kindjie te besny, het Hy die naam Jesus gekry, die naam wat deur die engel genoem is nog voordat Hy in die moederskoot ontvang is.

Insident 13.          Jesus word aan die Here gewy in die tempel in Jerusalem. 26 Mei 5 vC. Sien kaart 10.5 vir die ligging van die tempel in Jerusalem.

KommentaarLuk
Tel 40 dae by  insident10.
Luk 2:22-24
Loading...
(22)  Toe die reinigings tyd soos deur die wet van Moses bepaal, vir hulle verby was, het hulle Hom na Jerusalem toe gebring om Hom tot beskikking van die Here te stel. (23)  In die wet van die Here staan immers geskrywe: “Elke eersteling van die manlike geslag moet vir die Here afgesonder word.” (24)  Hulle het ook die reinigingsoffer gebring volgens die voorskrif in die wet van die Here, naamlik “’n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.”  

Insident 14.          Simeon en Anna in Jerusalem. 26 Mei 5 vC. Sien kaart 10.5 vir die ligging van die tempel in Jerusalem.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.    
Luk 2:25-38
Loading...
(25)  Daar het destyds ‘n man met die naam Simeon in Jerusalem gewoon. Hy was getrou aan die wet en vroom, en het uitgesien na die koms van die Verlosser van Israel. Die Heilige Gees was op Simeon (26)  en het aan hom bekend gemaak dat hy nie sou sterwe voordat hy die Gesalfde van die Here gesien het nie. (27)  Deur die Gees gelei, het hy opgegaan na die tempel toe. Toe die ouers die Kindjie Jesus bring om vir Hom die gebruiklike bepaling van die wet na te kom, (28)  het Simeon Hom in sy arms geneem en God geprys en gesê: (29)  “Here, laat u dienaar nou in vrede gaan volgens u woord, (30)  omdat my oë u verlossing gesien het (31)  wat U gereed gemaak het voor die oë van al die volke: (32)  ‘n lig tot verligting van die nasies en tot eer van u volk Israel.” (33)  Sy vader en moeder was verwonderd oor die dinge wat van Hom gesê is. (34)  Simeon het hulle geseën en vir Maria, sy moeder, gesê: “Kyk, hierdie Kindjie is bestem tot ‘n val en ‘n opstanding van baie in Israel en tot ‘n teken wat weerspreek sal word. (35)  So sal die gesindheid van baie mense aan die lig kom. En wat jou betref, ‘n swaard sal deur jou siel gaan.” (36)  Daar was ook ‘n profetes, Anna, ‘n dogter van Fanuel uit die stam Aser. Sy was al baie oud. As jong vrou was sy sewe jaar getroud, en na haar man se dood (37)  het sy weduwee gebly. Sy was nou al vier en tagtig jaar oud. Sy het nie van die tempel af weggebly nie en het God dag en nag gedien deur te vas en te bid. (38)  Juis op daardie oomblik het sy nader gekom en God gedank en oor die Kindjie gepraat met almal wat na die verlossing van Jerusalem uitgesien het.  

Insident 15.          Wyse manne uit die Ooste kom in Bethlehem aan. Na 26 Mei 5 VC. Sien kaart 10.3 vir die moontlike roete wat die wyse manne moes gevolg het.

KommentaarMattheus

Mt. 2:11 Toe hulle by die huis kom, sien hulle die kind by sy moeder Maria, …

Na die sensus het die skare Betlehem verlaat en sodoende kon Josef en Maria verblyf in ‘n huis kry.

Hier kan ons weer God se volmaakte tydsberekening sien. Josef en Maria het reeds die baba Jesus na die tempel geneem om die offer te bring, na ‘n reinigingsperiode van 40 dae. Hulle was heel waarskynlik net op die punt om hul reis terug na Nasaret aan te pak toe die wyse manne opgedaag het.  
Mat 2:1-12
Loading...
(1)  Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom (2)  en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.” (3)  Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld. (4)  Hy het toe die priester hoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word. (5)  Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur ‘n profeet geskrywe: (6)  En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal ‘n leier voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.” (7)  Daarna het Herodes die sterrekykers in die geheim ontbied en noukeurig by hulle vasgestel wanneer die ster verskyn het. (8)  Hy het hulle na Betlehem toe gestuur met die woorde: “Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom kry, laat my weet, sodat ek ook aan Hom hulde kan gaan bewys.” (9)  Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. (10)  Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. (11)  Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. (12)  En omdat God hulle in ‘n droom gewaarsku het om nie na Herodes toe terug te gaan nie, het hulle met ‘n ander pad na hulle land toe teruggegaan.

Insident 16.         Die vlug na Egipte. Na 26 Mei 5 vC. Sien kaart 10.2 vir die moontlike roete na Egipte.

KommentaarMattheus
Mat skryf verder vanaf die vorige insident.   Volgens kaart 10.2 was die afstand na Egipte ongeveer 1000 km. Dus moes die reis ongeveer 50 dae geduur het.  
Mat 2:13-15
Loading...
(13)  Nadat hulle vertrek het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.” (14)  Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek (15)  en daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat die Here deur ‘n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.”

Insident 17.          Herodes vermoor alle seuntjies onder 2 jaar in Bethlehem. Na 26 Mei vC. Sien kaart 10.1 vir die ligging van Bethlehem.

KommentaarMattheus
Mat skryf verder vanaf die vorige insident.    
Mat 2:16-18
Loading...
(16)  Toe Herodes agterkom dat die sterrekykers hom in die steek gelaat het, het hy woedend geword. Hy stuur toe soldate en laat in Betlehem en die hele omgewing al die seuntjies van twee jaar en jonger doodmaak, ooreenkomstig die tyd wat hy noukeurig by die sterrekykers uitgevra het. (17)  Toe is die woord vervul wat die Here deur die profeet Jeremia gesê het: (18)  “’n Gekerm word op Rama gehoor, ‘n gehuil en groot gejammer: Ragel treur oor haar kinders en wil nie getroos word nie, omdat hulle nie meer daar is nie.”  

Insident 18.          Josef en sy gesin keer terug uit Egipte. Maart/April 4 vC, volgens Verwysing 29, toe Herodes gesterf het.  Sien kaart 10.2 vir die moontlike roete van terugkeer na Bethlehem. Sien ook kaart 10.1 vir die roete vanaf Bethlehem na Nasaret.

KommentaarMat
Mat  skryf verder vanaf die vorige insident.   Volgens Mat 2: 22 en 23 het Josef verby Bethlehem gereis en in Nasaret gaan woon.
Mat 2:19-23
Loading...
(19)  Na die dood van Herodes verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef in Egipte (20)  en sê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en gaan terug na die land van Israel toe, want die mense wat die Kindjie se lewe gesoek het, is dood.” (21)  Josef het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder geneem en na die land van Israel toe teruggegaan. (22)  Toe hy egter verneem dat Argelaos in die plek van sy vader Herodes oor Judea regeer, was Josef bang om daarheen te gaan. Nadat God hom in ‘n droom ‘n aanwysing gegee het, is hy na die landstreek Galilea toe. (23)  Daar aangekom, het hy gaan woon in ‘n dorp met die naam Nasaret. So is vervul wat deur die profete gesê is: Hy sal Nasarener genoem word.  

Insident 19.         Kinderjare van Jesus en Sy ontmoeting met die wyse manne in die tempel in Jerusalem                        tydens die Pasga van 9 nC op 28 Maart. Sien kaart 10.1 vir die roete vanaf Nasaret na Jerusalem.

KommentaarLukas
Lukas 2:42. (AFR 83): “Toe Hy 12 jaar oud was…”     Volgens verwysing 16 was die Paasfees in 9 nC op 28 Maart 9nC. Pas verwysing 17 toe en kry 12 jaar en 11 maande.
Luk 2:39-52
Loading...
(39)  Toe Josef-hulle alles nagekom het wat die wet van die Here voorskryf, het hulle na Galilea toe teruggegaan, na hulle eie dorp, Nasaret. (40)  Die Kindjie het gegroei en sterk geword, en Hy was vol wysheid, en die genade van God was op Hom. (41)  Jesus se ouers het elke jaar vir die Paasfees Jerusalem toe gegaan. (42)  Toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle weer soos gebruiklik daarheen gegaan vir die fees. (43)  En toe die feesdae verby was, het sy ouers die terugreis begin, maar die Kind Jesus het in Jerusalem gebly sonder dat hulle dit geweet het. (44)  Omdat hulle gedink het Hy is by die reisgeselskap, het hulle ‘n dag lank gereis voordat hulle Hom onder die familie en bekendes begin soek het. (45)  Toe hulle Hom nie kry nie, het hulle omgedraai na Jerusalem toe op soek na Hom. (46)  Na drie dae het hulle Hom by die tempel gekry waar Hy tussen die geleerdes sit en na hulle luister en hulle uitvra. (47)  Almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy insig en sy antwoorde. (48)  Toe sy ouers Hom sien, was hulle verslae, en sy moeder sê vir Hom: “Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het met angs na jou gesoek.” (49)  Maar Hy antwoord hulle: “Waarom het u na My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die huis van my Vader moet wees nie?” (50)  Hulle het nie begryp wat Hy daarmee bedoel het nie. (51)  Hy het toe saam met hulle na Nasaret toe teruggegaan, en Hy was aan hulle onderdanig. Sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar. (52)  En Jesus het verstandelik en liggaamlik gegroei en in guns by God en die mense toegeneem.  

Insident 20.          Prediking van Johannes die Doper.  26 nC18. Sien kaart 10.1 vir die ligging van die Judea Woestyn om die Soutsee.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Sien
Luk 3:1
Loading...
.   Volgens  Verwysing 3 was die 15e jaar van keiser Tiberius vanaf September 26 nc to Augustus 27 nC.
Mat 3:1-12
Loading...
(1)  In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek (2)  en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” (3)  Hy is die een wat die profeet Jesaja bedoel het toe hy gesê het: “Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.” (4)  Hierdie Johannes het klere van kameelhaar gedra met ‘n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe. (5)  In dié dae het Jerusalem en die hele Judea en die hele omgewing van die Jordaan na hom toe gestroom. (6)  Hulle het hulle sondes bely en hulle deur hom in die Jordaan rivier laat doop. (7)  Toe hy merk dat baie van die Fariseërs en die Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, sê hy vir hulle: “Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug? (8)  Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. (9)  Julle moet julle nie verbeel dat julle by julleself kan sê: ‘Ons het Abraham as voorvader’ nie. Dit sê ek vir julle: God kan uit hierdie klippe kinders vir Abraham verwek. (10)  Die byl lê klaar teen die wortel van die bome. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. (11)  Ek doop julle wel met water omdat julle julle bekeer het, maar Hy wat ná my kom, is my meerdere, en ek is nie eers werd om sy skoene uit te trek nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. (12)  Hy het sy skop in sy hand en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Sy koring sal Hy na die skuur toe bring, maar die kaf sal Hy met ‘n onblusbare vuur verbrand.”  
Mar 1:1-8
Loading...
(1)  Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin só: (2)  In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe: “Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak. (3)  Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.” (4)  Só het Johannes die Doper in die woestyn opgetree. Hy het verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe. (5)  Die hele landstreek van Judea en al die inwoners van Jerusalem het na hom toe gestroom. Hulle het hulle sondes bely en is deur hom in die Jordaan rivier gedoop. (6)  Johannes het klere van kameelhaar gedra met ‘n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe. (7)  Hy het gepreek en gesê: “Die Een wat ná my kom, is my meerdere. Ek is nie eers werd om te buk en sy skoene los te maak nie. (8)  Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.”
Luk 3:1-20
Loading...
(1)  Dit was die vyftiende regerings jaar van keiser Tiberius. Pontius Pilatus was goewerneur van Judea, en Herodes heerser van Galilea. Sy broer Filippus was heerser van Iturea en Tragonitis, en Lisanias heerser van Abilene. Annas en Kajafas was die hoëpriesters. (2)  In daardie tyd het die woord van God tot Johannes, die seun van Sagaria, in die woestyn gekom. (3)  Hy het deur die hele Jordaan streek gegaan en verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe. (4)  So staan dit geskrywe in die boek van die profeet Jesaja: “Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit. (5)  Elke kloof moet opgevul en elke berg en bult platgemaak word; die krom paaie moet reguit en die ruwe paaie gelyk word. (6)  En al die mense sal die verlossing sien wat van God kom.” (7)  Die mense het in groot getalle uitgegaan om deur Johannes gedoop te word. Hy het vir hulle gesê: “Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug? (8)  Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. En moenie by julleself sê: ‘Ons het Abraham as voorvader’ nie, want dit sê ek vir julle: God kan uit hierdie klippe kinders vir Abraham verwek. (9)  Die byl lê al klaar teen die wortel van die bome. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.” (10)  Die mense vra hom toe: “Wat moet ons dan doen?” (11)  Hy antwoord hulle: “Wie twee kledingstukke het, moet dit deel met iemand wat nie het nie, en wie kos het, moet dieselfde doen.” (12)  Daar kom toe ook tollenaars om gedoop te word en hulle sê vir hom: “Meneer, wat moet ons doen?” (13)  En vir hulle sê hy: “Moenie meer invorder as wat vir julle vasgestel is nie.” (14)  Ook soldate het hom uitgevra: “En ons, wat moet ons doen?” Hy antwoord hulle: “Moet van niemand deur geweld of vals aanklag geld afpers nie, maar wees tevrede met julle betaling.” (15)  Die volk was vol verwagting, en almal het hulle begin afvra of Johannes nie miskien die Christus is nie. (16)  Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. (17)  Hy het sy skop in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Die koring sal Hy in sy skuur bymekaarbring, maar die kaf sal Hy met onblusbare vuur verbrand.” (18)  Ook oor baie ander dinge het hy dikwels die volk vermaan en die goeie boodskap aan hulle verkondig. (19)  Hy het ook vir Herodes, die heerser, tereggewys oor Herodias, die vrou van sy broer, en oor al die ander slegte dinge wat Herodes gedoen het. (20)  Maar Herodes het nog verder gegaan en Johannes in die tronk opgesluit.

Insident 21.          Doop van Jesus en Sy bediening begin direk daarna. 18 November 26 nC18 . Sien kaart 10.1 vir die roete vanaf Nasaret na die tradisionele plek oos van die Jordaan (Bet-Bara) waar Jesus volgens oorlewering gedoop is.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Sien verwysing 18 vir datum.
Joh 1:28
Loading...
(NLV): “ Dit het oorkant die Jordaan in Betanië gebeur, waar Johannes besig was om te doop. “ Dus was die doping van Jesus in die omgewing van Betánië oos van die Jordaan.
Mat 3:13-17
Loading...
(13)  In daardie tyd het Jesus van Galilea af na Johannes toe by die Jordaan gekom om deur hom gedoop te word. (14)  Maar Johannes het dit probeer verhinder deur te sê: “Ek moet eintlik deur U gedoop word, en U kom na my toe?” (15)  Jesus het hom geantwoord: “Nogtans moet jy dit nou doen, want op hierdie manier moet ons aan die wil van God voldoen.” Daarna het Johannes ingestem. (16)  Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos ‘n duif sien neerdaal en op Hom kom. (17)  Daar was ook ‘n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.”
Mar 1:9-11
Loading...
(9)  Jesus het in daardie selfde tyd van Nasaret in Galilea af gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop. (10)  Net toe Hy uit die water kom, het Hy die hemel sien oopskeur en die Gees soos ‘n duif na Hom toe sien neerdaal. (11)  Daar was ook ‘n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”
Luk 3:21-23
Loading...
(21)  Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan (22)  en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos ‘n duif op Hom neergedaal. Daar was ook ‘n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.” (23)  Toe Jesus met sy werk begin het, was Hy omtrent dertig jaar oud. Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef. Josef was die seun van Eli,

Insident 22.          Versoeking Jesus. November tot Desember 26 nC18 . Sien kaart 10.1 vir die ligging van die Judea Woestyn waar Jesus gevas het en versoek is.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Die doop van Jesus Volgens Markus 1:12 het die 40 dae versoeking van Jesus direk na sy doop gebeur.
Mat 4:1-11
Loading...
(1)  Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. (2)  Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. (3)  Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” (4)  Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: ‘n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” (5)  Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan (6)  en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: Hy sal sy engele oor jou opdrag gee en: Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ‘n klip sal stamp nie.” (7)  Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.” (8)  Toe neem die duiwel Hom na ‘n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag (9)  en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” (10)  Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” (11)  Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.  
Mar 1:12-13
Loading...
(12)  Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, (13)  waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg.  
Luk 4:1-13
Loading...
(1)  Jesus het vol van die Heilige Gees van die Jordaan af teruggekom, en deur die Gees is Hy na die woestyn toe gelei, (2)  waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is. Die hele tyd het Hy niks geëet nie, sodat Hy aan die einde daarvan honger was. (3)  Die duiwel sê toe vir Hom: “As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dit moet brood word.” (4)  Maar Jesus antwoord hom: “Daar is geskrywe: ‘n Mens leef nie net van brood nie.” (5)  Daarna bring die duiwel Hom op ‘n hoogte en wys Hom in ‘n oogwink al die koninkryke van die wêreld. (6)  Toe sê die duiwel vir Hom: “Aan U sal ek al hierdie mag en majesteit gee, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. (7)  Dit sal alles aan U behoort as U maar net voor my buig en my aanbid.” (8)  Daarop antwoord Jesus: “Daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” (9)  Hierna neem die duiwel Hom na Jerusalem toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan, en sê: (10)  “As U die Seun van God is, spring hier af! Daar staan mos geskrywe: Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm, (11)  en ook: Op hulle hande sal hulle jou dra sodat jy nie jou voet teen ‘n klip sal stamp nie.” (12)  Maar Jesus antwoord hom: “Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.” (13)  Nadat die duiwel met al die versoekings klaar was, het hy Jesus ‘n tyd lank met rus gelaat.

Insident 23.          Johannes se getuienis oor Jesus Christus. April 27 nC. Sien kaart 10.1 vir die ligging van Betanië oos van die Jordaan waar Johannes gedoop het.

KommentaarJohannes
Sien die kommentaar by Insident 28 vir die berekening van die datum.
Joh 1:19-24
Loading...
(19)  Die Jode het priesters en Leviete van Jerusalem af na Johannes toe gestuur om hom te vra: “Wie is jy?” Toe het hy hierdie getuienis afgelê (20)  en dit duidelik en ondubbelsinnig gestel en openlik verklaar: “Ek is nie die Christus nie.” (21)  Hulle vra hom toe: “Wie is jy dan? Is jy Elia?” “Nee, ek is nie,” sê hy. “Is jy dan die Profeet?” “Nee!” het hy geantwoord. (22)  “Nou maar wie is jy dan? Ons moet ‘n antwoord gaan gee aan dié wat ons gestuur het,” sê hulle vir hom. “Wat het jy oor jouself te sê?” (23)  Hy antwoord toe: “Ek is die een wat in die woestyn roep: Maak die pad vir die Here reguit.” Dit is soos die profeet Jesaja gesê het. (24)  Daar was Fariseërs onder dié wat gestuur is,  

Insident 24.         Johannes die Doper se getuienis aan boodskappers deur die Fariseërs gestuur. April 27         nC. Sien kaart 10.1 vir die ligging van Betanië oos van die Jordaan waar Johannes              gedoop het.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident. Sien die kommentaar by Insident 28 vir die berekening van die datum.
Joh 1:25-28
Loading...
(25)  en hulle het vir hom gevra: “Nou maar waarom doop jy dan as jy nie die Christus is nie en ook nie Elia nie en ook nie die Profeet nie?” (26)  Johannes het hulle geantwoord: “Ek doop met water, maar tussen julle staan daar Iemand vir wie julle nie ken nie. (27)  Dit is Hy wat ná my kom, wie se skoene ek nie werd is om los te maak nie.” (28)  Dit het oorkant die Jordaan in Betanië gebeur, waar Johannes besig was om te doop.  

Insident 25.         Johannes die Doper doen verslag oor Jesus se doop. April 27 nC. Sien kaart 10.1 vir die                        ligging van Betanië oos van die Jordaan waar Johannes gedoop het.

KommentaarJohannes
Sien die kommentaar by Insident 28 vir die berekening van die datum.
Joh 1:29-34
Loading...
(29)  Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom. Hy sê toe: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! (30)  Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: ‘Ná my kom daar ‘n Man wat my vóór is, want Hy was voor my reeds daar.’ (31)  Ek het self ook nie geweet wie Hy is nie, maar ek het gekom en ek doop met water sodat Hy aan Israel bekend gestel kan word.” (32)  Verder het Johannes getuig: “Ek het duidelik die Gees soos ‘n duif uit die hemel sien kom, en Hy het op Hom gebly. (33)  Ek het self ook nie geweet wie Hy is nie, maar God wat my gestuur het om met water te doop, het vir my gesê: ‘Die Een op wie jy die Gees sien kom en bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.’ (34)  Ek het dit self gesien en daarom getuig ek: Hy is die Seun van God.”  

 Insident [a]26[/a].        Eerste dissipels. April 27 nC. Sien kaart 10.1 vir die ligging van Betanië oos van die                                               Jordaan waar Johannes gedoop het en vir die roete na Galilea waarlangs Jesus terug                            gekeer het na Nasaret waar hy gewoon het.

KommentaarJohannes
Sien die kommentaar by Insident 28 vir die berekening van die datum.
Joh 1:35-51
Loading...
(35)  Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan, met twee van sy volgelinge by hom. (36)  Toe Jesus verbyloop, het Johannes stip na Hom gekyk en gesê: “Dáár is die Lam van God!” (37)  Die twee het hom dit hoor sê en hulle het Jesus gevolg. (38)  Toe Jesus omkyk en sien dat hulle Hom volg, vra Hy vir hulle: “Wat soek julle?” en hulle het Hom geantwoord: “Rabbi” – dit beteken leermeester – “waar gaan U tuis?” (39)  Hy sê toe vir hulle: “Kom saam, dan sal julle sien.” Hulle het toe gegaan en gesien waar Hy tuis gaan. Dit was omtrent vieruur die middag, en hulle het die res van die dag by Hom gebly. (40)  Andreas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Jesus gevolg het. (41)  Daarna het hy eers sy broer Simon gaan soek en vir hom gesê: “Ons het die Messias gekry!” Messias beteken Christus. (42)  Hy het hom na Jesus toe gebring. Jesus het stip na hom gekyk en gesê: “Jy is Simon seun van Johannes; jy sal Sefas genoem word.” Sefas beteken dieselfde as Petrus. (43)  Die volgende dag het Jesus besluit om na Galilea toe te gaan. Hy kry toe vir Filippus en sê vir hom: “Volg My!” (44)  Filippus was van Betsaida afkomstig, van dieselfde dorp as Andreas en Petrus. (45)  Filippus kry toe vir Natanael en sê vir hom: “Ons het Hom gekry van wie Moses in die wet geskrywe het en van wie die profete ook geskrywe het. Dit is Jesus van Nasaret, die seun van Josef.” (46)  Maar Natanael sê vir hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” “Kom kyk,” het Filippus hom geantwoord. (47)  Toe Jesus vir Natanael na Hom toe sien aankom, sê Hy van hom: “Hier is ‘n ware Israeliet, ‘n man in wie daar geen bedrog is nie.” (48)  Natanael vra Hom toe: “Waarvandaan ken U my?” “Voordat Filippus jou geroep het,” antwoord Jesus hom, “toe jy nog onder die vyeboom was, het Ek jou al gesien.” (49)  Toe roep Natanael uit: “Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!” (50)  Daarop sê Jesus vir hom: “Glo jy omdat Ek vir jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom gesien het? Jy sal nog groter dinge as dit sien.” (51)  Verder sê Jesus vir hom: “Dit verseker Ek julle: Julle sal die hemel oop sien en julle sal die engele van God sien op- en afklim na die Seun van die mens toe.”  

Insident 27.         Eerste wonderwerk by die bruilof in Kana. April 27 nC. Sien kaart 10.1 vir die roete                                             vanaf Nasaret na Kana.

KommentaarJohannes
Sien die kommentaar by Insident 28 vir die berekening van die datum.   Die eerste wonderteken gebeur by ’n bruilof: water in wyn Johannes 2:1-118 By die bruilof in Kana doen Jesus sy eerste wonderteken (2:11). Wondertekens is buitengewone dinge wat Jesus doen met ’n spesiale boodskap. Dit vertel meer van Hom.   Die verhaal vertel nie veel van die bruilof self – wat tot ’n week kon duur – nie. Dit vertel net van een insident: toe die wyn opgeraak het. Na ’n aanvanklike onwilligheid om op sy ma se versoek te reageer, verander Jesus water in wyn. Toe die seremoniemeester die water proe wat wyn geword het, is hy verstom oor die kwaliteit daarvan.   Maar eintlik staan daar baie meer in hierdie verhaal. Dat Jesus water in wyn verander, is nie toevallig nie. Destyds was dit die bruidegom se taak om genoeg wyn by die bruilof te hê. As Jesus wyn maak, beteken dit eintlik dat Hy die plig van die bruidegom oorneem. Daarby was ’n bruilof destyds dikwels as beeld vir God se finale redding gebruik, met Jesus as die hemelse Bruidegom (Op 19:5-10). Sy wyn is beter (2:10) as die wyn van die aardse bruidegom. Hy maak dit ook in oorvloed, sowat 700 liter (2:6-7). Elke kan het meer as 100 liter gehou. Die hemelse Bruidegom sorg altyd in oorvloed vir sy mense. Dit is asof Johannes die Doper later by hierdie gebeure aansluit as hy Jesus die bruidegom noem (
Joh 3:29
Loading...
).
  Hierdie oorvloed van wyn is op sigself al ’n teken. Dit is ’n tipiese Ou-Testamentiese beeld van die vreugde van die Messiaanse tyd. In Amos 9:13-14 staan daar byvoorbeeld dat die berge in die tyd van die Messias van druiwesap sal drup en dat die volk Israel dán wyn sal drink.   Jesus se klipkanne, naamlik die reinigingskanne van die Jode (2:6), vertel ook hulle eie verhaal. Juis hierdie kanne wat dit vir die Jode moontlik maak om hulle godsdienstige reinheidsvoorskrifte na te kom, gebruik Jesus as wynhouers. Dit impliseer natuurlik dat die Jode nou nie meer water het om hulleself mee te reinig nie, want die water het wyn geword. Daarmee sê Johannes ook iets spesiaals. Met die begin van die groot bruilof, met die koms van Jesus, is hierdie Joodse reinigingsgebruike vir altyd iets van die verlede. Jesus, die Bruidegom, reinig ons nou, nie meer die water uit kanne nie (13:10-11). Jesus het die wetskanne in feeskanne verander!   Iets wat ’n mens ook dikwels laat wonder, is die kort gesprek tussen Jesus en sy ma. Sy vra Hom om te help, en Jesus antwoord negatief, asof die probleem Hom nie aangaan nie (2:3-4).   ’n Mens sou die Grieks ook só kon vertaal: Wat het dit met My en jou te doen, Mevrou? Die snaaksste is dat Jesus kort daarna wel help. Dit lyk of Hy Hom bedink het. Hiermee wil Johannes vir ons sê dat Jesus nie sy lewe inrig volgens die planne van mense nie, maar slegs volgens die plan van God. Hy is aan sy Vader alleen gehoorsaam en laat Hom nie deur mense – nie eers sy ma – voorskryf nie (sien ook 7:3-11). Deur negatief teenoor sy ma te reageer beteken dat Jesus nie die taak van bruidegom op Hom neem omdat sy ma so gesê het nie, maar omdat sy Vader dit wil hê. Wanneer die Vader se tyd ryp is, sal Hy doen wat Hy moet doen.   Hier, by die eerste wonderteken, sien die dissipels wie Jesus eintlik is. Uit hierdie verhaal leer ons ’n kernboodskap oor Jesus. Om te besef wie Jesus is, moet ’n mens verder kyk en dieper sien. Hy is in die gewone, alledaagse dáár! Dit vat egter geloof om Hom juis daarin raak te sien.  
Joh 2:1-11
Loading...
(1)  Op die derde dag was daar ‘n bruilof in Kana in Galilea, en die moeder van Jesus was daar. (2)  Jesus en sy dissipels is ook na die bruilof toe genooi. (3)  Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.” (4)  Maar Hy sê vir haar: “Waarom sê u dit vir My? My tyd het nog nie gekom nie.” (5)  Sy moeder sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.” (6)  Daar het ses klip kanne gestaan vir water wat die Jode by hulle reiniging gebruik het. Elkeen het tussen negentig en honderd liter gehou. (7)  Jesus sê toe vir die kelners: “Maak die kanne vol water.” Hulle het dit tot bo toe volgemaak. (8)  Toe sê Hy vir hulle: “Skep nou daarvan uit en gaan gee dit vir die seremoniemeester.” Hulle het dit gedoen. (9)  Die seremoniemeester het nie geweet waar dit vandaan kom nie, maar die kelners wat die water uitgeskep het, het geweet. Toe die seremoniemeester die water proe wat wyn geword het, roep hy die bruidegom (10)  en sê vir hom: “’n Mens sit gewoonlik eers die goeie wyn voor, en as die mense goed gedrink het, dié van swakker gehalte; maar jy het die goeie wyn tot nou toe teruggehou.” (11)  Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana in Galilea gedoen. Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom.

 Insident 28.        Jesus gaan na Kapernaum met Sy dissipels en familie. April 27 nC. Sie Kaart 10.4 vir die                    roete vanaf Nasaret na Kapernaum  .

KommentaarJohannes
Om die datum van bostaande gebeure vanaf Insident 23 vas te stel, kyk na die 3  dae (
Joh. 2:1
Loading...
) plus ‘n “nie baie lank” (
Joh. 2:12
Loading...
) wat almal afspeel net voor ons by die volgende insident, die Pasga gedurende April, kom. Daarom moes al  die bogenoemde gebeure, van Johannes 1:19 tot Johannes 2:12, gedurende April plaasgevind  het.
Joh 2:12
Loading...
(12)  Hierna het Hy, sy moeder, sy broers en sy dissipels na Kapernaum toe gegaan, maar hulle het nie baie lank daar gebly nie.  

Insident [a]29[/a].          Pasga in Jerusalem, die eerste reiniging van die tempel. Tydens die Pasga van 10 April 27 nC. Sien kaart 10.5 vir die ligging van die tempel in Jerusalem.

KommentaarJohannes
Die Pasga op 210 April 27 nC volgens verwysing 26. Die tweede reiniging van die tempel was ongeveer 3 jaar later op 3 April 30 nC. Sien insident 204.  
Joh 2:13-17
Loading...
(13)  Die Paasfees van die Jode was naby, en Jesus het daarvoor na Jerusalem toe gegaan. (14)  Op die tempelplein het Hy die verkopers van beeste, skape en duiwe gekry en die geldwisselaars wat daar sit. (15)  Toe het Hy met toutjies ‘n sweep gemaak en almal uit die tempel uitgejaag, ook die skape en die beeste. Die geld van die geldwisselaars het Hy op die grond gegooi en hulle tafels omgekeer. (16)  Vir die mense wat die duiwe verkoop het, het Hy gesê: “Vat hierdie goed hier weg! Moenie die huis van my Vader ‘n besigheidsplek maak nie.” (17)  Toe het sy dissipels daaraan gedink dat daar geskrywe staan: “Die liefde vir u huis verteer my.”

Insident 30.          Jesus kan die tempel in 3 dae bou. April 27 nC. Sien kaart 10.5 vir die ligging van die tempel in Jerusalem.

KommentaarJohannes
Jesus het die tempel in Jerusalem vir die eerste keer na Sy doop in die maand Abib, (die eerste Joodse maand) besoek en Hy het ‘n  gesprek met die leiers van die Jode gehad. Sien
Joh 3:19
Loading...
. Hulle antwoord toe volgens
Joh 3:20
Loading...
.    Volgens Verwysing 30 het Herodes die herbou van die tempel in 20 vC begin het. Dit beteken dat 46 jaar van die herbou het verloop teen  27 nC.  
Joh 2:18-25
Loading...
(18)  Maar die Jode het Hom aangespreek en vir Hom gesê: “Met watter wonderteken kan u vir ons bewys dat u hierdie dinge mag doen?” (19)  Jesus het hulle geantwoord: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig.” (20)  Die Jode sê toe: “Ses en veertig jaar lank is daar aan hierdie tempel gebou, en u sal hom in drie dae oprig?” (21)  Met “hierdie tempel” het Hy egter sy liggaam bedoel. (22)  Later, nadat Hy uit die dood opgewek is, het sy dissipels daaraan gedink dat Hy dit gesê het, en hulle het die Skrif en die woorde van Jesus geglo. (23)  Terwyl Jesus vir die viering van die Paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen. (24)  Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is. (25)  Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van ‘n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is.

Insident 31.         Jesus leer Nikodemus oor die wedergebore.  April 27 nC. Sien Kaart 10.1 vir die                     ligging van Jerusalem.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.    
Joh 3:1-21
Loading...
(1)  Daar was ‘n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was ‘n lid van die Joodse Raad. (2)  Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet dat u ‘n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie.” (3)  Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” (4)  Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan ‘n mens gebore word as hy al ‘n ou man is? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?” (5)  Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. (6)  Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. (7)  Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. (8)  Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.” (9)  Nikodemus vra Hom toe: “Maar hoe is dit moontlik?” (10)  En Jesus antwoord hom: “Jy is die bekende leermeester van Israel en jy verstaan dit nie? (11)  Dit verseker Ek jou: Ons praat oor wat ons weet, en ons getuig oor wat ons gesien het, en tog aanvaar julle nie ons getuienis nie. (12)  Ek het julle van die aardse dinge vertel en julle glo dit nie, hoe sal julle glo as Ek vir julle van die hemelse vertel? (13)  Niemand op die aarde was al in die hemel nie behalwe Hy wat uit die hemel gekom het, naamlik die Seun van die mens. (14)  Moses het die slang in die woestyn hoog op ‘n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, (15)  sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê. (16)  God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. (17)  God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. (18)  Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie. (19)  En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. (20)  Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. (21)  Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”  

Insident 32.          Jesus preek in Judea en sy dissipels doop. Mei 27 nC. Sien Kaart 10.1 vir die ligging van Salim en Enon.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.    
Joh 3:22-24
Loading...
(22)  Hierna het Jesus en sy dissipels na die platteland van Judea toe gegaan. Hulle het ‘n rukkie daar gebly en mense gedoop. (23)  Johannes was ook besig om te doop, by Enon naby Salim, waar daar baie water was. Die mense het na hom toe gekom en is deur hom gedoop. (24)  Johannes was nog nie in die tronk gesit nie.  

Insident 33.         Johannes die Doper “Hy moet meer word en ek minder”,

Joh 3:30
Loading...
. Mei 27 nC. Sien kaart 10.1 vir Bet-Bara naby Betanië waar Johannes gedoop het.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.    
Joh 3:25-36
Loading...
(25)  Daar het toe tussen Johannes se volgelinge en ‘n Jood ‘n woordewisseling ontstaan oor die reiniging. (26)  Hulle het na Johannes toe gekom en vir hom gesê: “Rabbi, Hy wat oorkant die Jordaan by u was, van wie u getuig het, weet u, Hy doop ook, en almal gaan na Hom toe.” (27)  Johannes het hulle geantwoord: “Niemand besit enige bevoegdheid om iets te doen as dit nie uit die hemel aan hom gegee is nie. (28)  Julle is self my getuies dat ek gesê het: ‘Ek is nie die Christus nie. Ek is maar net voor Hom uit gestuur.’ (29)  Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul. (30)  Hy moet meer word en ek minder. (31)  Hy wat van bo af kom, is bo almal; hy wat van die aarde is, hoort by die aarde en praat die taal van die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. (32)  Wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy, en tog aanvaar niemand sy getuienis nie. (33)  Wie sy getuienis aanvaar het, het daardeur bevestig dat God geloofwaardig is. (34)  God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking. (35)  Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. (36)  Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”  

Insident 34.          Johannes die Doper  in die gevangenis opgesluit. November 27 nC. Sien Kaart 10.1 vir die ligging van Jerusalem.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Mattheus en Markus  beskryf die terugkeer van Jesus na Galilea nadat Johannes die Doper in die gevangenis opgesluit is.  
Mat 4:12
Loading...
(12)  Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan.
Mar 1:14
Loading...
(14)  Nadat Johannes in die tronk opgesluit is, het Jesus na Galilea toe gegaan en die evangelie van God verkondig.
Luk 3:19-20
Loading...
(19)  Hy het ook vir Herodes, die heerser, tereggewys oor Herodias, die vrou van sy broer, en oor al die ander slegte dinge wat Herodes gedoen het. (20)  Maar Herodes het nog verder gegaan en Johannes in die tronk opgesluit.

 Insident 35.        Jesus onttrek uit Judea na Kapernaum in Galilea. Desember 27 AD nC. Sien                            Kaart 10.1 vir die roete vanaf Enon na Sigar.

KommentaarJohannes
Vir tydsberekening sien ook insident 36.
Joh 4:1-3
Loading...
(1)  Die Fariseërs het gehoor dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes. – (2)  Eintlik was dit nie Jesus wat gedoop het nie, maar sy dissipels. – (3)  Toe Jesus dit verneem, het Hy Judea verlaat en weer na Galilea toe gegaan.  

 Insident 36.        Die Samaritaanse vrou (Jesus is nog op pad na Kapernaum in Galilea). Desember 27 nC.                     Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf Enon na Sigar.

KommentaarJohannes
Sien
Joh 04:35
Loading...
Sê julle nie: ‘Nog vier maande, dan is die oes daar’ nie? Maar Ek sê vir julle: Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes.

Koring word gewoonlik teen middel April ge- oes. Dus was hierdie insident in Desember.
Joh 4:4-30
Loading...
(4)  Hy moes deur Samaria gaan. (5)  Hy kom toe by ‘n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. (6)  Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag. (7)  Daar kom toe ‘n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My ‘n bietjie water om te drink.” (8)  Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop. (9)  Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat ‘n Jood is, vir my, ‘n Samaritaanse vrou, water om te drink?” Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie. (10)  Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My ‘n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” (11)  Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer, jy het nie eens ‘n skepding nie, en die put is diep. Waar gaan jy die lewende water vandaan kry? (12)  Jy is tog nie tot meer in staat as ons voorvader Jakob wat hierdie put vir ons gegee het en self saam met sy seuns en sy diere daaruit gedrink het nie?” (13)  Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; (14)  maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ‘n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” (15)  Die vrou het vir Hom gesê: “Meneer, gee vir my van daardie water, sodat ek nie weer dors sal kry en hier hoef te kom water haal nie.” (16)  Hy sê toe vir haar: “Gaan roep jou man en kom terug hierheen.” (17)  Die vrou het Hom geantwoord: “Ek het nie ‘n man nie.” En Jesus sê vir haar: “Dis reg wat jy nou gesê het: ‘Ek het nie ‘n man nie.’ (18)  Jy het reeds vyf gehad, en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Jy het die waarheid gepraat.” (19)  Die vrou het vir Hom gesê: “Meneer, ek sien dat u ‘n profeet is. (20)  Ons voorouers het God op hierdie berg aanbid, en tog sê julle die plek waar ‘n mens God moet aanbid, is in Jerusalem.” (21)  Jesus sê toe vir haar: “Glo My, Mevrou, daar kom ‘n tyd wanneer julle die Vader nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem sal aanbid nie. (22)  Julle aanbid sonder om te weet wat julle aanbid; ons weet wat ons aanbid, want die verlossing kom uit die Jode. (23)  Maar daar kom ‘n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis hê dat die mense wat Hom aanbid, dit so moet doen. (24)  God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid.” (25)  Die vrou het vir Hom gesê: “Ek weet dat die Messias kom, Hy wat ook die Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy alles aan ons bekend maak.” (26)  Toe sê Jesus vir haar: “Dit is Ek, Ek wat met jou praat.” (27)  Net toe het sy dissipels teruggekom en hulle was verbaas dat Hy met ‘n vrou praat. Tog het niemand vir haar gevra: “Wat wil jy hê?” of vir Hom: “Waarom praat U met haar?” nie. (28)  Die vrou het toe haar waterkruik net daar laat staan en na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê: (29)  “Kom kyk, hier is ‘n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?” (30)  Die mense het toe uit die dorp uit na Jesus toe begin kom.  

 Insident 37.        Die oes en die arbeiders. Desember  27 nC. Sien kaart 10.1 vir die ligging van Sigar.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.    
Joh 4:31-42
Loading...
(31)  Intussen het sy dissipels by Hom aangedring: “Rabbi, eet tog ‘n stukkie.” (32)  Maar Hy sê vir hulle: “Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie.” (33)  Die dissipels sê toe vir mekaar: “Sou iemand dalk vir Hom iets te ete gebring het?” (34)  Maar Jesus het vir hulle gesê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi. (35)  Sê julle nie: ‘Nog vier maande, dan is die oes daar’ nie? Maar Ek sê vir julle: Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes. (36)  Nou al ontvang die man wat oes, sy loon en samel hy die oes in vir die ewige lewe. So is die een wat saai, en die een wat oes, saam bly. (37)  Hier is die gesegde waar: ‘Die een saai, en die ander een maai.’ (38)  Ek het julle gestuur om ‘n oes in te samel waaraan julle nie gearbei het nie. Ander het gearbei, en julle pluk die vrug van hulle arbeid.” (39)  Baie van die Samaritane in daardie dorp het tot geloof in Jesus gekom op grond van die woorde van die vrou wat getuig het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.” (40)  Toe die Samaritane by Hom kom, het hulle by Hom daarop aangedring om by hulle te bly. Hy het twee dae daar gebly. (41)  Nog baie meer van hulle het toe tot geloof in Hom gekom op grond van wat Hy gesê het; (42)  en hulle het vir die vrou gesê: “Ons glo nie meer op grond van wat jy vertel het nie, want ons het self na Hom geluister, en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is.”  

Insident 38.         Jesus is nog op pad na Galilea.  Desember 27 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf                                              Sigar na Nasaret.

Kommentaar  LukasJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.    
Luk 4:14-15
Loading...
(14)  Jesus het na Galilea toe teruggegaan vol van die krag van die Gees, en berigte oor Hom het deur die hele omgewing versprei. (15)  Hy het die mense in die sinagoges geleer, en almal het met lof van Hom gepraat.  
Joh 4:43
Loading...
(43)  Ná die twee dae het Jesus daarvandaan na Galilea toe gegaan.

 Insident [a]39[/a].        Die 1 ste Verwerping in Nasaret (Jesus is nog op pad na Kapernaum). Desember 27 nC.                          Sien Kaart 10.4 vir die ligging van Nasaret.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Sien  insident 97 vir die tweede verwer-ping.
Luk 4:16-30
Loading...
(16)  Hy het ook in Nasaret gekom, waar Hy grootgeword het, en soos sy gewoonte was, het Hy op die Sabbatdag na die sinagoge toe gegaan. Toe Hy opstaan om uit die Skrif voor te lees, (17)  is die boek van die profeet Jesaja vir Hom aangegee, en Hy het dit oopgemaak en die plek gekry waar geskrywe staan: (18)  “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, (19)  om die genade jaar van die Here aan te kondig.” (20)  Nadat Hy die boek toegemaak en aan die amptenaar teruggegee het, het Hy gaan sit. Die oë van almal in die sinagoge was op Hom gerig. (21)  Toe begin Hy hulle toespreek: “Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul.” (22)  Almal het hulle instemming met Hom betuig en was verwonderd oor die aangename woorde uit sy mond. En hulle sê: “Is hy dan nie die seun van Josef nie?” (23)  Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal seker die spreekwoord aan My wil voorhou: ‘Geneesheer, genees jouself’ en vir My sê: ‘Ons het gehoor wat alles in Kapernaum gebeur het. Doen nou dieselfde dinge ook hier waar jy grootgeword het.’ (24)  Maar dit verseker Ek julle,” sê Hy verder, “geen profeet word in die plek waar hy grootgeword het, aanvaar nie. (25)  Ek sê vir julle die waarheid: Daar was baie weduwees in Israel in die tyd van Elia toe die hemel drie jaar en ses maande lank toegesluit was, sodat daar ‘n groot hongersnood in die hele land gekom het. (26)  Tog is Elia nie na een van hulle toe gestuur nie, maar wel na ‘n weduwee in Sarfat in die gebied van Sidon. (27)  En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van die profeet Elisa. Tog is nie een van hulle genees nie, maar wel Naäman, die Siriër.” (28)  Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. (29)  Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. (30)  Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan.  

Insident 40.         Aankoms in Galilea.  Desember 27 nC. Sien Kaart 10.4 vir die roete van Nasaret na                                               Kana.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die insident 37.  
Joh 4:43-45
Loading...
(43)  Ná die twee dae het Jesus daarvandaan na Galilea toe gegaan. (44)  Hy het self verklaar dat ‘n profeet nie in sy eie land geëer word nie, (45)  maar toe Hy in Galilea kom, het die Galileërs Hom verwelkom. Hulle het alles gesien wat Hy gedurende die feesvierings in Jerusalem gedoen het, want hulle was self ook by die Paasfees.  

Insident 41.         Tweede wonder, genesing van die seun van die Regeringsamptenaar (Nog oppad na                               Kapernaum). Desember 27 nC. Sien Kaart 10.4 vir die roete van Nasaret na Kana.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.    
Joh 4:46-54
Loading...
(46)  Jesus het toe weer na Kana in Galilea toe gegaan, waar Hy die water wyn gemaak het. In Kapernaum was daar ‘n sekere regeringsamptenaar wie se seun siek was. (47)  Toe hy hoor dat Jesus uit Judea na Galilea toe gekom het, het hy na Hom toe gegaan en Hom gevra om te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê. (48)  Jesus sê toe vir hom: “As julle nie tekens en wonders sien nie, glo julle eenvoudig nie.” (49)  En toe sê die amptenaar vir Hom: “Here, kom tog voordat my kindjie sterwe.” (50)  Maar Jesus sê vir hom: “Gaan maar huis toe, jou seun lewe.” Die man het geglo wat Jesus vir hom gesê het, en gegaan. (51)  Toe hy nog op pad was, het sy werksmense hom al tegemoet gegaan en vertel dat sy kind lewe. (52)  Hy vra hulle toe presies wanneer hy begin beter word het, en hulle antwoord hom: “Gistermiddag eenuur het die koors hom verlaat.” (53)  Die pa het toe besef dat dit op dieselfde oomblik was waarop Jesus vir hom gesê het: “Jou seun lewe.” En hy en sy hele huisgesin het tot geloof in Jesus gekom. (54)  Dit was die tweede wonderteken wat Jesus gedoen het nadat Hy weer uit Judea na Galilea toe gekom het.