Jesus se Geboorte op 17 April 5 vC en die Heilige Week soos in 30 nC met die Paasfees ingesluit, soos dit vanaf die 2e eeu gevier is.

Sien: tabel 12.1 :Heilige Week soos in 30 nC met die Paasfees ingesluit vir meer detail. Sien ook Figuur 11.3 vir ‘n groter voorstelling van die Heilige Week of Passie Week.

Jesus se lewe en optrede is hoofsaaklik opgeteken in die vier Evangelies van die Bybel: Matteus, Markus, Lukas en Johannes. Van die Evangelies gee soms presies dieselfde bewoording oor ’n insident en partykeer ‘n effens verskillende beskrywing. Soortgelyke insidente word in baie Bybels in die vier Evangelies kruisverwys. Die leser mag dan onder die indruk verkeer dat dit dieselfde insident is. In baie gevalle is dit nie dieselfde insident nie en die tydsverloop tussen die insidente, wat lyk asof dit dieselfde gebeurtenis is, kan tot 3 jaar wees soos waar Jesus die Tempel gereinig het.

Die Heilige Gees het my in 2005 geïnspireer en sedertdien baie getrou ge ondersteun om ‘n studie van Jesus se lewe op die aarde te maak en om al die insidente in chronologiese volgorde aan te bied met die vier Evangelies van die Bybel as die belangrikste verwysings en ook ander bronne wanneer dit nodig was. So was dit ook moontlik om datums aan insidente te koppel.

Dit was egter geen maklike taak nie. Daar is soveel insidente dat dit byna onmoontlik is om dit almal chronologies te rangskik en terselfdertyd te verseker dat al die verse in al vier Evangelies ingesluit word. Ek het toe ‘n sistematiese benadering gevolg en al vier Evangelies gelyktydig gelees. Die volgende leidrade het my gehelp om die volgorde van insidente te bepaal:

  • Insidente soos die verskyning van die ster van Betlehem en innligting daaroor op die Internet;
  • Seisoene, maande en datums wat genoem word;
  • Joodse Feeste en die datums wanneer dit gevier is op die Internet;
  • Tydverwande woorde soos “die volgende dag” of “in die aand” tot meer verborge besonderhede soos die redelike hoeveelheid tyd wat dit Jesus en sy dissipels sou neem om te voet tussen dorpe te reis;
  • Insidente wat in meer as een Evangelie beskryf word om so gebeurtenisse tussen Evangelies te sinchroniseer. Die uitdaging was om wel seker te wees dat dit presies dieselfde gebeurtenis was.

Ek het oor ‘n tydperk van verskeie jare die chronologiese volgorde van die insidente só probeer bepaal en was baiekeer heeltemal deurmekaar. Toe het ek  kennis geneem van ‘n stelling in Lukas oor die chronologiese volgorde van gebeure, opgeteken in

Luk 1:3
Loading...
: ” Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. ” Daar is geleerdes wat beweer dat dit nie noodwendig beteken dat gebeurtenisse in Lukas in chronologiese volgorde aangeteken is nie. Ek het aanvaar dat insidente in die Evangelie van Lukas wel in chronologiese volgorde aangeteken is.

Die uitdaging vir my was toe om die insidente in Matteus, Markus en Johannes te sinchroniseer met gebeurtenisse in Lukas. Sodoende het ek gou besef en tot die slotsom gekom dat die insidente in Markus en Johannes ook chronologies opgeteken is. Daarteenoor het Matteus gebeurtenisse volgens soortgelyke insidente gegroepeer en dit nie altyd chronologies aangeteken nie.

Deur God se genade kon ek die studie voltooi en werklike datums, tot die naaste maand in die meeste gevalle, toeken aan alle gebeure wat in die vier Evangelies opgeteken is. Ek het geëindig met ‘n volledige lys van elke insident waar elke vers in die vier Evangelies ingesluit is. Ek was toe baie verlig toe ek in 2022 op Fung14 se doktorale proefskrif afgekom het.  “The meaning of ‘orderly’ (kathexēs) account in

Luke 1:3
Loading...
deur Dr. Benjamin W. W.  Fung waarin hy bewys dat al die insidente in die Evangelie van Lukas inderdaad bo alle twyfel chronologies opgeteken is.

Hierdie studie het my gehelp om die volgende belangrike gebeurtenisse vin Jesus se lewe in meer detail te ondersoek.

1. Jesus is op 17 April 5 vC gebore.

Ons weet almal dat die Betlehem-ster rondom die tyd van Jesus se geboorte verskyn het. Die meeste kenners is dit eens dat dit heel waarskynlik ‘n komeet was wat verskyn het en vir ‘n lang tydperk in die lug gebly het, sodat die wyse manne uit die ooste van Babilon na Betlehem kon reis (ongeveer ‘n reis van twee maande per kameel) om eer te bewys en om geskenke aan die Messias te gee. Ons kan wetenskaplike redenasies rakende die komeet se voorkoms gebruik om die presiese datum hier vas te stel.

Ander bronne het die volgende te sê oor die geboortedatum van Jesus:

  1. John Maxwell 6 het tot die gevolgtrekking gekom dat Jesus iewers tussen 09/03/05 vC en 05/06/05 vC gebore is.
  2. Humphreys3 het die volgende te sê gehad oor die komeet se verskyning in 5 vC: “Evidence from the Bible and astronomy suggests that the Star of Bethlehem was a comet which was visible in 5 BC and described in ancient Chinese records… Jesus was born between 13 and 27 April 5 BC (during Passover).
  3. Volgens die Wikipedia artikel oor die jaar 5 vC4: “The birthdates of John the Baptist and Jesus are not generally known, but 5 BC is often assumed to be the date. The spring Passover feast (often around April 21) has been cited as a possible date for the birth of Christ, assuming that this had relevance to being a Messiah claimant, or that his birthday might have been related to Passover.

In ‘n artikel getiteld  “Die ster van Betlehem was ‘n komeet in die jaar 5 vC”5, het ek illustrasies gebruik van die relatiewe beweging van die aarde en ‘n komeet om die son voor te stel. Ek kon ‘n scenario van die beweging van ‘n komeet saamstel wat perfek pas by die Bybelse beskrywing van die Ster van Betlehem.   

Johannes die Doper het aangedui dat Jesus se goddelike geboorte (en later Sy kruisiging) moontlik saamgeval het met die Pasga, toe hy Jesus vergelyk het met ‘n lam in Johannes. 1:29 (AFR83) “Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom. Hy sê toe: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

Josef en Maria moes na Judea reis vir die Paasfees in Jerusalem en die sensus opname in Betlehem. Die Pasga in 5 vC was op 14 Nisan (Joodse maand) of 21 April.4 Volgens Joodse tradisie moes hulle die paaslam op 10 Nisan of 17 April kies en in bewaring hou vir die Pasga.

Daarom kan die geboortedatum van Jesus (die Lam van God) geneem word as 17 April 5 vC, dieselfde dag waarop die Paaslam gekies is volgens Joodse tradisie.

2.  Jesus se doop en die begin van Sy bediening was op 26 November 26 nC.

Reg van die begin af kry ons ‘n idee van die begin van Jesus se bediening in Lukas 3:22-23 (AFR83): ” en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos ‘n duif op Hom neergedaal. Daar was ook ‘n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.” Toe Jesus met sy werk begin het, was Hy omtrent dertig jaar oud. Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef. Josef was die seun van Eli,”

Uit Lukas se bewoording van hierdie frase kan ons aflei dat Jesus se bediening direk na sy doop begin het. Ons kan dus leidrade rakende beide gebeure gebruik om tot ‘n werklike datum te kom.

In item 1 hierbo het ons gesien dat Jesus op 17 April 5  vC gebore is. Ons weet ook dat  die engel die komende geboorte van Jesus aan Maria aangekondig het toe Johannes se ma Elisabet in haar 6de maand van swangerskap  was uit

Luk 1:26
Loading...
 “In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël na Nasaret, ‘n stad in Galilea, gestuur …” Deur 6 maande vanaf die geboortedatum van Jesus af te trek, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat Johannes die Doper op 17 Oktober 6 vC2 gebore is.

Volgens die Joodse tradisie het die Leviete hulle diens op 30-jarige ouderdom begin, soos in Numeri 4:3 (AFR83) opgemerk is: ” van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om werk by die tent van samekoms te verrig.

As ons dus aanvaar dat Johannes die Doper 30 jaar oud was toe hy met sy bediening begin het, kan ons ‘n berekening met die hulp van verwysing 8 doen om sy ouderdom te bereken toe hy begin preek het, wat op 26 nC kom. Dit stem ooreen met die bewind van Tiberius Caesar7 wat ook op 26 nC kom, soos gesien in Lukas 3:1(AFR83): ” En in die vyftiende jaar van die regering van keiser Tibérius,….”

Jesus se doop deur Johannes kon dus nie voor 26 nC plaasgevind het nie – dit moes gedurende 26 nC of daarna gewees het.

Die evangelies beskryf verskeie Paas feeste  wat Jesus tydens sy bediening bygewoon het. Die eerste is opgeteken in Johannes 2 volgens Johannes 2:13 (AFR83): Die paasfees van die Jode was naby, en Jesus het daarvoor na Jerusalem toe gegaan“. In daardie tyd het Jesus die tempel gereinig en ‘n gesprek met die Jode gehad oor die vernietiging van die tempel en die herbou daarvan in 3 dae. Soos geskrywe in Johannes 2:20 (AFR83): Die Jode sê toe: “Ses en veertig jaar lank is daar aan hierdie tempel gebou, en u sal hom in drie dae oprig?” Herodes het die tempel in 20 vC11 begin herbou. As ons 46 jaar by 20 vC voeg, kom ons by die jaar 27 nC.

Volgens ‘n tabel in verwysing 9, wat die Joodse Pasgas van 26- tot36 nC aandui, val die fees op 10 April 27nC.

Ons weet dus nou dat Jesus se doop gedurende of na 26 nC (die begin van Johannes se bediening) moes plaasgevind het, maar voor 10 April 27 nC (die eerste opgetekende Pasga na die aanvang van Jesus se bediening).

Volgens verwysing 10 het Jesus se bediening drie en ‘n half jaar geduur. Volgens item 3 hieronder, sterf Hy  op 6 April 30 nC, word opgewek op 9 April  30 nC en vaar 40 dae later op 18 Mei 30 nC na die hemel op. Trek drie en ‘n half jaar van hierdie datum af, en dit bring ons by 18 November 26 nC as die datum waarop Hy sy bediening begin het.

Jesus se bediening het volgens Lukas Sy direk na Sy doop begin, en die datum van Sy doop kan dan geneem word as 18 November 26 nC.

As ons tel vanaf die geboortedatum soos beskryf in item 1 hierbo, kan ons sien dat Jesus 30 jaar en 7 maande oud was toe hy gedoop is. Dit stem baie goed ooreen met die vers in Lukas 3:23 “… ongeveer 30 jaar oud …”

3.         Jesus se Kruisiging op Donderdag 6 April 30 nC.

Sien: tabel 12.1 Heilige Week soos in 30 nC met die Paasfees ingesluit.

Dit is algemeen bekend dat Jesus se kruisiging tydens die Pasgafees plaasgevind het. Dit is redelik maklik om die datums te bereken waarop die Pasgafees gedurende die jare van Jesus se lewe op aarde geval het, en dit vorm die belangrikste hoeksteen van hierdie bespreking. Hier is egter meer om te leer deur dieper in die Joodse wette te kyk, spesifiek met betrekking tot die sabbat tydens die Pasga fees.

Kom ons begin by  Levitikus 23:4-8(AFR83), met vetgedruk bygevoeg: “Verder is daar ook die volgende feeste tot my eer, gewyde byeenkomste wat julle op vasgestelde tye moet vier: Op die veertiende van die eerste maand teen skemer moet julle die paasfees vier tot eer van die Here. Op die vyftiende van dieselfde maand begin die fees van ongesuurde brood tot eer van die Here. Sewe dae moet julle ongesuurde brood eet. Op die eerste dag moet julle ‘n gewyde byeenkoms hou: julle mag dan geen werk doen nie. Sewe dae lank moet julle offers aan die Here bring. Die sewende dag moet julle weer ‘n gewyde byeenkoms hou, en niemand mag werk nie.”

Vanuit die vetgedrukte gedeelte in die vers hierbo sien ons dat God die Israeliete beveel het om die eerste dag van die “HERE se Fees van Ongesuurde Brode” te behandel as ‘n sabbatdag, waarop geen werk gedoen mag word nie. Hierdie sabbatdag was op die 15de dag van Nisan, die eerste maand in die Joodse kalender. Soos aangedui, is die Here se Pasga met sononder op die 14de van daardie maand gevier. Hierdie instruksies word ook herhaal in Numeri 28:16 – 18.

Deur hierdie feestelike sabbatdag te gebruik en die oorspronklike Hebreeuse vertaling van die Bybel deeglik te oorweeg, kan ons aantoon dat daar twee opeenvolgende sabbatdae rondom die Pasga was toe Jesus gekruisig is.

Kyk na die vers in Johannes 19:31 (KJV), met boskrifte en vetgedruk bygevoeg: “The Jews therefore, because it was the preparation, that the bodies should not remain upon the cross on the sabbath dayG4521, (for that sabbath day was an high day,), besought Pilate that their legs might be broken, and that they might be taken away.”

Die KJV+-weergawe van die Bybel verbind die woorde “sabbatdag” in die vers hierbo met verwysing G4521. Wanneer hierdie verwysing in die Hebreeuse en Griekse woordeboek van James Strong, S.T.D., LL.D. 1890 opgesoek word, word die volgende betekenis gevind: “sabaton {sab’-bat-on} or Hebrew origin (7676); the Sabbath (i.e. Shabbath), or day of weekly repose from secular avocations (also the observance or institution itself); by extension, a se’nnight, i.e. the interval between two Sabbaths; likewise the plural in all the above applications:–sabbath (day), week. See HEBREW for 07676

Die oorspronklike Hebreeuse woord verwys hier na die interval tussen twee Sabbatte wat rug-aan-rug gehou word – ‘n dubbele Sabbat as jy wil. Wanneer dit meer akkuraat uitgedruk word, moet Johannes 19:31 (KJV) inderdaad soos volg lees: “The Jews therefore, because it was the preparation, that the bodies should not remain upon the cross on the sabbath day(s), (for those sabbath(s)…”

Die volgende verse bevestig hierdie bewering deur ook dieselfde meervoudsvorm van die woord Sabbat te gebruik:

·         Lukas 23:55-56 (KJV) met boskrifte en vetgedruk bygevoeg: “And the women also, which came with him from Galilee, followed after, and beheld the sepulchre, and how his body was laid. And they returned, and prepared spices and ointments; and rested the sabbath dayG4521 according to the commandment.

·         Matteus 28:1 (KJV) met boskrifte en vetgedruk bygevoeg: “In the end of the sabbathG4521, as it began to dawn toward the first day of the week, came Mary Magdalene and the other Mary to see the sepulchre.

·         Markus 16:1 (KJV) met boskrifte en vetgedruk bygevoeg: “And when the sabbathG4521 was past, Mary Magdalene, and Mary the mother of James, and Salome, had bought sweet spices, that they might come and anoint him.

In al hierdie verse word die woord “sabbat” weer verbind met verwysing G4521. Dus moet “sabbat” in elke vers in werklikheid gelees word as “sabbat(e)” – in meervoudsvorm.

Tradisioneel word die weeklikse Joodse sabbat op ‘n Saterdag gehou. As gevolg van die vloei van dae en weke was daar egter sekere jare waarin die Paasfees (14de dag van Nisan) op ‘n Donderdag geval het, en gevolglik sou die volgende dag (15de dag van Nisan en die eerste dag van die Fees van Ongesuurde Brode) op ‘n Vrydag val en as ‘n spesiale sabbatdag onderhou word volgens die opdrag in Levitikus 23.

Gevolglik was daar in werklikheid twee sabbat dae wat hier rug-aan-rug gevier is – die eerste wat die eerste dag van die Fees van Ongesuurde Brode gevier het, en die tweede wat die weeklikse sabbatdag gevier het. Dit is waarskynlik die rede waarom al die verse hierbo gebruik maak van die meervoudsvorm van die woord “Sabbat”.

Hieruit is dit hoogs moontlik dat Jesus op ‘n Donderdag gekruisig kon word, met die volgende twee dae wat dan albei Sabbatte was.

Johannes noem 3 Pasga’s tydens Jesus se bediening – sien Johannes 2:13, Johannes 5:1 en Johannes 13:1. Die tabel in verwysing 9 bevat al die Gregoriaanse kalender datums van die Pasga fees (14 Nisan) wat in Jerusalem gehou is vanaf die jaar 26 nC tot die jaar 36 nC.

 In hierdie tabel kan ons nou soek na ‘n Pasga wat op ‘n Donderdag val. Hierdie Pasga moet ongeveer 3 jaar wees vanaf die tyd dat Johannes die Doper sy bediening in 26 nC begin het. Deur inspeksie van die tabel is daar egter geen Pasga’s op ‘n Donderdag nie. Die naaste is Vrydag 7 April 30 nC. Hierdie dag word gemerk met ‘n † met die volgende opmerking: “In elk van hierdie gevalle is dit nie onmoontlik nie, maar hoogs onwaarskynlik dat 14 Nisan op die voorafgaande dag sou plaasgevind het.9

Jesus en sy dissipels het ook die dag tevore die “Pasga”-maaltyd geëet. Daar word vermoed dat dit ‘n “voorbereidende” maaltyd was waarin Jode al hul gesuurde brood klaargemaak het in afwagting op die Fees van Ongesuurde Brode, met die ware Pasga-gebeurtenis wat die volgende aand plaasgevind het. Dit word ondersteun deur die feit dat die woord wat tydens hierdie maaltyd vir brood gebruik word, suurdeeg brood aandui. Die Bybel maak ook geen melding van die dissipels wat lamsvleis by hierdie geleentheid geëet het nie (wat die geval sou gewees het as dit die ware Pasga-gebeurtenis was).

Met inagneming van al die bogenoemde kriteria, is dit hoogs moontlik dat die Pasga gedurende 30 nC op ‘n Donderdag kon gewees het. Wanneer hierdie Pasga gebruik word as die een waarop Jesus gekruisig is, moes die datum van Jesus se kruisiging Donderdag 6 April 30 nC gewees het.

Volgens Verwysing 46, deur Pastoor G. Reckart, was die volmaan op Donderdag 6 April om 10h00 nm.

Die volgende bied nog ‘n bevestiging. Die begin van Jesus se bediening was gedurende 26 November nC vanaf Item 2 hierbo. In my studie2 van die volgorde van gebeure in die vier Evangelies het ek stelselmatig deur al die gebeure in Jesus se lewe gewerk en tot die gevolgtrekking gekom dat sy kruisiging tydens die Pasga van die jaar 30 nC moes plaasgevind het, wat die datum hierbo bevestig.

‘n Pasga op ‘n Donderdag is die enigste dag van die week wat werk met alle Bybelse weergawes van die kruisiging.

Weereens kan ons Jesus se ouderdom bereken uit verwysing 8. Hy was 34 jaar oud toe Hy gekruisig is.

4.   Jesus het op Sondag 9 April 30 nC uit die dood opgestaan.

Sien: tabel 12.1 Heilige Week soos in 30 nC met die Paasfees ingesluit.

Kyk na die volgende voorspellings wat Jesus oor Sy dood en opstanding gemaak het:

1.           

Joh 2:19-22
Loading...
(AFR83) Jesus antwoord hulle: “ Jesus het hulle geantwoord: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig.” Die Jode sê toe: “Ses en veertig jaar lank is daar aan hierdie tempel gebou, en u sal hom in drie dae oprig?” Met “hierdie tempel” het Hy egter sy liggaam bedoel. Later, nadat Hy uit die dood opgewek is, het sy dissipels daaraan gedink dat Hy dit gesê het, en hulle het die Skrif en die woorde van Jesus geglo.”

2.            Jesus gee eers die teken van Jona in

Mat 12:40
Loading...
(AFR83): ” Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van ‘n groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees”.

3.             Die Fariseërs en Sadduseërs het Jesus later volgens

Mat 16:4
Loading...
vir ‘n wonderteken gevra. Hy herhaal toe hierdie bespreking oor die teken van Jona vir die tweede keer. Hy het ook die teken van Jona ‘n derde keer herhaal op Sy laaste reis na Judea toe die skare baie opgewonde begin raak het (sien Lukas 11:29).

Jesus het dus duidelik by ten minste 4 verskillende geleenthede voorspel dat Hy 3 dae en 3 nagte voor Sy opstanding in die graf sou wees. Dit is baie belangrik om kennis te neem van die manier waarop die Jode die dae getel het. In die Joodse kultuur begin ‘n dag met sononder en eindig met die volgende sonsondergang (dit is ook die rede waarom hulle die sabbat met sononder sou begin onderhou). As hulle dus die aantal dae tussen twee gebeurtenisse sou tel, en die begintyd voor sononder was, sou hulle die tyd tel tot die eerste sononder as dag 1.

Jesus is op Donderdag 6 April 30 nC omstreeks 15:00 oorlede (sien

Mar 15:33
Loading...
) wat voor sononder was. Wanneer ons die dae tel soos die Jode sou tel, was Dag nommer 1 Donderdag 6 April tot sononder. Dag nommer 2 was Vrydag 7 April (wat sononder op 6 April begin het) en dag nommer 3 was Saterdag (dag). Nag nommer 1 was Donderdagaand, nag nommer 2 was Vrydagaand en nag nommer 3 was Saterdagnag. Dus moes Jesus se opstanding gedurende Saterdagnag, voor sonsopkoms op Sondagoggend, gewees het. As dit teen of na sonop op Sondag was, sou dit as dag nommer 4 getel word.

Met Vrydag en Saterdag wat as sabbatdae beskou is, is Jesus se volgelinge nie toegelaat om sy liggaam in daardie dae te balsem nie, aangesien hulle nie op daardie dae werk mag verrig nie. Teen die tyd dat die vroue Sondagoggend vroeg by die graf aangekom het, was hy reeds opgewek en daarom het hulle hom nie in die graf gekry nie.

Dus, met inagneming van dit alles, is Jesus opgewek gedurende die nag van Saterdag 8 April voor sonsopkoms op die eerste dag van die Joodse week, Sondag 9 April 30 nC.

5. Jesus se Lydensweek soos deur die Christene Gevier.

U het dalk opgemerk dat die dae van die week wat vir die Pasga-gebeure hierbo gegee is, nie dieselfde is as dié wat in die Westerse kultuur gevier word nie.

Hedendaagse PaasSondag word altyd geneem as die eerste Sondag na die datum van die Joodse Pasga. Die Pasga is altyd op die 14de van die Hebreeuse maand Nisan. Omdat die Hebreeuse maande aan die maansiklus gekoppel is, is die 14de dag van Nisan altyd ‘n volmaan. Daarom val PaasSondag nie elke jaar op dieselfde datum op ons moderne Gregoriaanse kalender nie.

Die Westerse kultuur vier hierdie gebeure op die volgende dae, wat dit maklik maak om te volg, maar nie noodwendig feitelik korrek is nie:

  1. Palmsondag, dit is die dag waarop Christene herdenk dat Jesus Jerusalem op ‘n donkie binnegegaan het vir die viering van die Pasga.
  2. Heilige Maandag. Jesus reinig die Tempel.
  3. Heilige Dinsdag
  4. Heilige Woensdag
  5. Heilige Donderdag, wat die Laaste Avondmaal is waar Jesus saam met sy dissipels geëet het.
  6. Goeie Vrydag toe Jesus gekruisig is.
  7. Heilige Saterdag toe Jesus in die graf was.
  8. PaassSondag toe Jesus uit die dood opgewek is.

6. Figuur :Heilige Week soos in 30 nC met Paasfees ingesluit vanaf die 2e eeu nC

7. Tabel: Heilige Week soos in 30 nC met die Paasfees ingesluit

TydGebeurtenisMatMarLukJoh
 
  Vrydag 31 Maart 30 nC
 Jesus en sy dissipels kom in Betanië aan. Die Jode was nie toegelaat om op die Sabbat te reis nie, dus moes hierdie reis na Betanië voor die Sabbat plaasgevind het. Kyk ook na die volgende: Volgens verwysing 20 skryf Johannes aan Christene in Romeinse gebied en noem dus dae en tye volgens die Romeinse stelsel. Hulle tel nie die dae soos die ou Jode van dag 1 (ingesluit) nie. Volgens item 3 het die Pasga, tydens Jesus se kruisiging, op 6 April 30 n.C. geval. Tel nou 6 dae terug en kry Vrydag 31 Maart 30 nC.
Joh 12:1
Loading...
                                 
 Maria salf Jesus se voete tydens aandete Die maaltyd waartydens Jesus se voete gesalf is. Die ete is heel waarskynlik Vrydag gemaak omdat hulle nie op die Sabbat mag gewerk het nie. Die Sabbat het die Vrydagaand met sononder begin.     
Joh 12:2-8
Loading...
  Saterdag 1 April 30 nC (Sabbat vir die Jode)
 Skares kom sien Jesus en Lasarus en Hoof priesters beplan om Lasarus dood te maak. Die Jode kon slegs ongeveer 900 meter (Sabbatsreise) op die Sabbat reis. Baie van hulle het saam met Jesus gereis vir die Pasga wat oor ‘n week sou wees en kon Lasarus besoek sonder om die Sabbats reis limiet te oorskry.  –          –          –          
Joh 12:9-11
Loading...
  Sondag 2 April 30 nC (Palmsondag vir die Christene)
 Jesus se triomfantelike intog in Jerusalem op ‘n donkie. Volgens Johannes 12:12 het Jesus die volgende dag, Sondag, Jerusalem binnegery op die donkie.
Mat 21:1-11
Loading...
     
Mar 11:1-11
Loading...
Luk 19:29-38
Loading...
Joh 12:12-18
Loading...
 
 Die Fariseërs reageer op Jesus die skare se verering van Jresus.  
Luk 19:39-40
Loading...
 
Joh 12:19
Loading...
 
 Jesus huil oor Jerusalem  
Luk 19:41-44
Loading...
  Maandag 3 April 30 n.C. (Heilige Maandag vir die Christene, Jesus reinig die Tempel)
VroegJesus het in Betanië oornag en ‘n vyeboom vervloek op pad terug na Jerusalem.
Mat 21:19
Loading...
Mar 11:12-14
Loading...
–        
 Jesus reinig die tempel vir die tweede keer en genees mense. Die eerste keer was 3 jaar gelede.  
Mat 21:12-14
Loading...
 
Mar 11:15-17
Loading...
 
Luk 19:45-46
Loading...
 
 Die Joodse leiers soek ‘n plan om Jesus dood te maak, en Hy verlaat Jerusalem om in Betanië te oornag.  
Mat 21:15-17
Loading...
Mar 11:18-19
Loading...
Luk 19:47-48
Loading...
  Dinsdag 4 April 30 n.C. (Heilige Dinsdag vir die Christene)
VroegDie vervloekte vyeboom is verdor.
Mat 21:19-22
Loading...
Mar 11:20-26
Loading...
–  –  
 Jesus se gesag word in die Tempel uitgedaag.  
Mat 21:23-27
Loading...
 
Mar 11:27-33
Loading...
 
Luk 20:1-8
Loading...
 
 Jesus vertel die volgende gelykenisse: van die 2 seuns, die druiwe boere en die bruilof.  
Mat 21:28
Loading...
– 46  
Mat 22:1-14
Loading...
 
Mar 12:1-12
Loading...
 
Luk 20:9-18
Loading...
 
 Jode vra Jesus oor belasting.  
Mat 22:15-22
Loading...
 
Mar 12:13-17
Loading...
 
Luk 20:19-26
Loading...
 
 Die Sadduseërs, Fariseërs en Skrifgeleerdes redeneer met Jesus.  
Mat 22:23-46
Loading...
  Mat  23:1-30  
Mat 23:31
Loading...
39  
Mar 12:18-40
Loading...
Luk 20:27-47
Loading...
 
 Die muntstuk van die weduwee.  
Mar 12:41-44
Loading...
Luk 21:1-4
Loading...
 
 Die dissipels wys vir Jesus die tempel en op die Olyfberg voorspel Hy die val van Jerusalem en sy wederkoms en gee waarskuwings om gereed te wees en oor die komende oordeel. Hy vertel ook gelykenisse van die vyeboom, tien maagde en talente.  
Mat 24:1
Loading...
– 51  
Mat 25:1-46
Loading...
 
Mar 13:1-37
Loading...
 
Luk 21:5-38
Loading...
 
 Grieke soek Jesus, die Seun van die mens moet verhoog word, die ongeloof van die mense en Jesus het gekom om die wêreld te red.  
Joh 12:20-50
Loading...
  Woensdag 5 April 30 n.C. (Heilige Woensdag vir die Christene)
                 Komplot om Jesus dood te maak. Volgens Matteus en Markus was die Pasga binne 2 dae en volgens item 8.2 het die Pasga op Donderdag 6 April 30 nC geval. Die antieke Jode het die eerste dag ingesluit toe hulle dae getel het. Trek 2 dae vanaf 6 April af en dit gee Woensdag 5 April.
Mat 26:1-5
Loading...
       
 
Mar 14:1-2
Loading...
       
 
Luk 22:1-2
Loading...
       
–          
 ‘n Vrou salf Jesus se kop 2 dae voor Sy begrafnis in Simon die melaatse se huis in Betanië.  
Mat 26:6-13
Loading...
 
Mar 14:3-9
Loading...
 
 Judas se komplot om Jesus te verraai.  
Mat 26:14-16
Loading...
 
Mar 14:10-11
Loading...
 
Luk 22:3-6
Loading...
 
 Voorbereiding vir die laaste Pasga in die bovertrek.  
Mat 26:17-20
Loading...
 
Mar 14:12-17
Loading...
 
Luk 22:7-14
Loading...
 
Na sononderDie Laaste Avondmaal. Jesus was die voete van Sy dissipels, voorspel dat Judas Hom gaan verraai en Hy gee ‘n nuwe gebod. Argument tussen die dissipels oor wie die grootste dissipel is. Jesus voorspel dat almal Hom gaan verlaat en dat Petrus Hom gaan verraai.  
Mat 26:21-35
Loading...
 
Mar 14:18-31
Loading...
 
Luk 22:15-38
Loading...
 
Joh 13:1-38
Loading...
       
 Jesus se laaste lering oor die belofte van die Heilige Gees en is die wynstok, oor die Trooster en Jesus bid vir Sy dissipels.  
Joh 14:1-31
Loading...
  Joh 15: 1-27  
Joh 16:1-33
Loading...
 
Joh 17:1
Loading...
-:26  
 Jesus in Getsemane, Judas verraai Hom, Hy word gevange geneem en na die hoëpriester se huis geneem.  
Mat 26:36 -58
Loading...
 
Mar 14:32-54
Loading...
 
Luk 22:39-54
Loading...
 
Joh 18:1-16
Loading...
 
 Petrus verloën Jesus, die wagte bespot en slaan Hom, en die Sanhedrin veroordeel Hom.
Mat 26:59-75
Loading...
Mar 14:55-72
Loading...
 
Luk 22:55-71
Loading...
Joh 18:17-27
Loading...
 
  Donderdag 6 April 30 nC. (Christene herdenk die instelling van die Avondmaal, Jesus se gevangenskap en verhoor deur die Sanhedrin)
   Jesus word na die Pilatus se paleis gelei, en Hy stuur Hom na Herodes. Judas pleeg selfmoord. Herodes ondervra Jesus, sy soldate bespot Jesus en hy stuur hom terug. Pilatus laat Barabbas vry en verlos Jesus om gekruisig te word.  
Mat 27:1-30
Loading...
       
Mar 15:1-19
Loading...
   
Luk 23:1-25
Loading...
 
Joh 18:28-40
Loading...
                 
 Jesus op Golgota, Simon van Ciréne dra Sy kruis, Hy praat met vroue en word om 9h00 gekruisig met 2 rowers. Soldate verdeel Sy klere, Hy voorsien vir Sy moeder, en die skare en een rower bespot Hom.  
Mat 27:31-44
Loading...
 
Mar 15:20-32
Loading...
 
Luk 23:26-43
Loading...
 
Joh 19:1-16
Loading...
 
 Duisternis van 12h00 tot 15h00 en Jesus sterf.  
Mat 27:45-56
Loading...
 
Mar 15:33-41
Loading...
 
Luk 23:44-49
Loading...
 
Joh 19:17-37
Loading...
 
Voor sononderJesus is begrawe.  
Mat 27:57-60
Loading...
 
Mar 15:42-47
Loading...
Luk 23:50-56
Loading...
Joh 19:38-42
Loading...
  Vrydag 7 April 30 nC. (Christene herdenk Jesus se verhoor deur Pilatus, kruisiging en begrafnis)
 Jesus in die graf
  Saterdag 8 April 30 nC. (Christene herdenk Jesus in die graf)
 Jesus in die graf
  Sondag 9 April 30 nC. (Paassondag vir die Christene. Hulle vier Jesus se opstanding. Paassondag is altyd die eerste Sondag na die Joodse Pasga.)
Jesus se opstanding voor sonopEngel het die klip weggerol sodat die vroue en die dissipels binne-in die graf kon sien. Engel verskyn aan die vroue, en hulle vertel die dissipels. Jesus verskyn aan Maria Magdalena, die ander vroue, die mans aan Emmaus en die dissipels.  
Mat 28:1-15
Loading...
Mar 16:1-14
Loading...
Luk 24:1-49
Loading...
Joh 20:1-25
Loading...

8.         Verwysings

  1. The meaning of “orderly” (kathexēs) account in
    Luke 1:3
    Loading...
    Benjamin W. W. Fung chrome-extension://efaidnbmnnnibpcajpcglclefindmkaj/https://dspace.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/25339/Fung_WWB_2017.pdf?sequence=1&isAllowed=y
  2. Jesus se Kronieke deur Pieter Oberholzer https://jesus-chronicles.com/af/
  3. Humphreys C.J. The Star of Bethlehem a Comet in 5-BC and the Date of the Birth of Christ (See page 392). Quarterly Journal of the Royal Astronomical Society, Vol. 32, NO.4/DEC, P.389, 1991.https://adsabs.harvard.edu/full/1991QJRAS..32..389H#:~:text=It%20was%20normally%20regarded%20as,to%20south%20(to%20west).
  4. 5BC from  Wikipedia https://en.wikipedia.org/wiki/5_BC#:~:text=The%20spring%20Passover%20feast%20(often,have%20been%20related%20to%20Passover
  5. Die ster van Bethlehem was ’n Komeet in die jaar 5 vC. https://jesus-chronicles.com/af/bewys-dat-die-ster-van-bethlehem-n-komeet-in-5-vc-was/
  6. The Jesus Diary. The Most Comprehensive Chronology of the Life of Jesus Christ, the Son of God by John Maxwell in 2015.
  7. Tiberias Caesar http://www2.econ.iastate.edu/classes/econ355/choi/tiberius.htm#:~:text=The%20fifteenth%20year%20of%20his,rule%20as%20governor%20of%20Judea.)&text=Tiberius
  8. calculateconvert https://www.calculateconvert.com/calculators/date/history.php
  9. The Jewish Calendar, A Lunar Eclipse and the Date of Christ’s Crucifixion. Colin Humphreys and W G Waddington. https://www.researchgate.net/publication/265114769_The_Jewish_Calendar_A_Lunar_Eclipse_and_the_Date_of_Christ’s_Crucifixion
  10. How long was Jesus’ Ministry? https://theos-sphragis.info/daniel_69_weeks_proof.html#authentic
  11. Britanica: Temple of Jerusalem https://www.britannica.com/topic/Temple-of-Jerusalem

Leave a Comment