Hoeveel keer is Jesus gesalf en Is Simon die Fariseër en Simon die Melaatse in ander Evangelies dieselfde persoon?

Inleiding

Daar is eintlik drie gebeurtenisse of insidente, waar Jesus gesalf is. Soortgelyke gebeure in die Bybel word dikwels kruisverwys. Die leser kan dit dus verkeerdelik aanvaar as verwysend na dieselfde gebeurtenis.

Volgens verwysing 1 Simon the Leper is sometimes identified with Simon the Pharisee1”. Verwysing 2 gee die volgende: “But Simon the Leper and Simon the Pharisee were probably one and the same2“.

In hierdie artikel gaan ons kyk na al drie gebeure waartydens Jesus gesalf is en leidrade oor elke gebeurtenis ondersoek om die datum en plek waar dit plaasgevind het, te bepaal. Dit sal ons in staat stel om te bepaal of die twee Simons dieselfde persoon is.

Eerste salwing in die huis van Simon die Fariseër (
Luk 7:36-50
Loading...
)

Lukas sê uitdruklik in

Luk 1:3
Loading...
dat sy optekening van gebeure chronologies is, (AFR 83) “ Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf.”

Dit is deur Fung3 bevestig: ”Most scholars have reservations about the Gospel’s order being strictly chronological. One of the major reasons is because when the content of the Gospel is compared with those of Matthew and Mark’s, there are numerous unresolved problems regarding chronology which lead them to believe that kathexēs does not refer to chronological order, and some even believe that it does not mean any particular order at all. However, the findings of this thesis support the argument that Luke writes his gospel in strict chronological order.”

Lukas het voor hierdie salwing genoem dat Jesus na die Bergpredikasie na Kapernaum gegaan het.

Luk 7:1
Loading...
(AFR83) ” Nadat Jesus die gehoor klaar toegespreek het, het Hy na Kapernaum toe gegaan.”

Ons weet ook dat Jesus van Nasaret na Kapernaum verhuis het. Sien

Mat 4:13
Loading...
(AFR83): “Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali.” Daarom was die eerste salwing van Jesus heel waarskynlik in Kapernaum of daar naby.

Na hierdie gebeurtenis van salwing het Lukas ‘n storm op die See van Galilea aangeteken:

Luk 8:23
Loading...
(AFR83) “Kom ons gaan na die oorkant van die meer toe.” Hulle vaar toe weg, en terwyl hulle seil, raak Jesus aan die slaap. ‘n Hewige stormwind het op die meer losgebars en die skuit het vol water begin word sodat hulle in lewensgevaar was.”  Oostewind storms is meestal gedurende die winter4 en veral gedurende Desember. Daarom moes die eerste salwing van Jesus tydens, naby Desember plaasgevind het.

Volgens “Jesus se Kronieke” (Sien gebeurtenis 79)5 het die eerste salwing van Jesus gedurende  Augustus 28nC in Kapernaum, Jesus se tuisdorp, of daar naby plaasgevind.

Tweede salwing in die huis van Matha en Maria in Betanië (
Joh 12:1-8
Loading...
)

Joh12:1
Loading...
(AFR83): “Ses dae voor die paasfees het Jesus na Betanië toe gekom, waar Lasarus wat Hy uit die dood opgewek het, gewoon het.” Maria het op Vrydag 31 Maart 30 nC Jesus se voete in Betanië gesalf (sien ook Gedeelte 6, insident 1985.)

Derde salwing in die huis van Simon die Melaatse in Betanië (
Mat 26:6-13
Loading...
)
en (
Mar 14:3-9
Loading...
)

Twee dae voor Jesus se begrafnis het ‘n vrou in Betanië Sy hoof met olie gesalf. Sien ook insident 229 5.

As ons na die eerste en derde salwing kyk, kan ons dus aflei dat Simon die Fariseër (in Lukas) en Simon die Melaatse (in ander Evangelies) nie dieselfde persoon is nie. Die eerste gebeurtenis van die salwing van Jesus het in die Kapernaum-omgewing plaasgevind en die derde gebeurtenis in Betanië. Die tydsverloop tussen die twee gebeure was ongeveer 20 maande.

Verwysings

  1. Simon the Leper by Wikipedia https://en.wikipedia.org/wiki/Simon_the_Leper#:~:text=anointing%20of%20Jesus.-,Identification,anointed%20by%20a%20penitent%20woman.
  2. Are Simon the Leper and Simon the Pharisee the same?-and why it matters http://www.livingwithfaith.org/blog/are-simon-the-leper-and-simon-the-pharisee-the-same-and-why-it-matters
  3. The meaning of “orderly” (kathexēs) account in
    Luke 1:3
    Loading...
     by Dr. Benjamin W.W.  Fung https://dspace.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/25339/Fung_WWB_2017.pdf?sequence=1&isAllowed=y
  4. Easterly Wind Storms over Israel https://www.researchgate.net/publication/225906415_Easterly_Wind_Storms_over_Israel
  5. Jesus se Kronieke                                                                                          https://jesus-chronicles.com/

Leave a Comment