Sterrekundiges het eeue lank na die historiese rekords gekyk op soek na bewyse vir wat hierdie Ster van Betlehem kon verduidelik en sommige het voorgestel dat die Ster van Betlehem eintlik ‘n komeet was.
‘n Komeet se bewegings voldoen aan al die beskrywings van die Bethlehem ster in Mattheus 2. Komete is ook bekend daarvoor dat hulle soms vir weke of maande op ‘n slag sigbaar in die lug bly. In die jaar 5 VC het Chinese sterrekundiges die voorkoms van ‘n “Broom Star” opgemerk wat baie navorsers as ‘n komeet geïnterpreteer het.
Profesieë uit die Bybel wat moontlik van toepassing kan wees
Verskeie gedeeltes van die Skrif in die Ou Testament wat die geboorte van die Messias voorspel, maak melding van ‘n septer wat, wanneer dit in die vorm van ‘n kop en ‘n stert gesien word, baie soos ‘n komeet lyk. En aangesien komete deur die sonnestelsel beweeg, is dit presies die verskynsel wat in die ooste kan wees en dan na die suide beweeg volgens die beskrywing van die Ster van Betlehem in die Bybel.
Gen 49:10 (AOV) “Die septer sal van Juda nie wyk nie, nóg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.”
Jakob het sy seun Juda geseën kort voordat hy gesterf het. Silo verwys na die Messias wat gebore moet word.
Num 24:17 (AOV) “Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: ‘n ster kom te voorskyn uit Jakob, en ‘n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver.”
Hier het Bileam oor die nasie Israel geprofeteer.
Bybelse bewys dat die ster van Betlehem ooreenkom met die verskyning van ‘n komeet.
Sterrekundige en geskiedkundige bewys.
Dit is baie waarskynlik dat die ster van Bethlehem in 5 vC ‘n komeet kon gewees het, soos opgeteken in antieke Chinese rekords2 en Humphreys1 .
Volgens Dike3 was die komeet op 19 Maart 5 vC sigbaar van die aarde af. Sien Figure 3 en 4 onderaan vir ’n tydlyn van sterre verskynsels en Jesus se geboorte of Figure 11.4 en 11.5 op die Tuisblad.
Die wyse manne het nie die ster direk gevolg van die begin af in die ooste nie want hulle het weswaarts gereis in die rigting van Jerusalem (Sien Kaart 2 onderaan of Kaart 10.3 op die Tuisblad). Hulle het genoeg tyd op hulle reis gehad om die beweging van die ster deurentyd te monitor. Hulle het dan opgemerk dat die ster elke oggend ‘n bietjie suid beweeg het.
Teen die tyd wat hulle Herodus se paleis bereik het, het hulle opgemerk dat die ster nou daagliks al minder suid beweeg het en dat daar op ‘n stadium geen beweging meer was nie. Dit was omdat die ster se baan op daardie stadium omtrent reguit weg van die aarde af was (Sien Figuur 1 en 2 onderaan of Figuur 11.1 en 11.2 op die Tuisblad).
Daarom kan ons Mattheus se woorde: “…dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. “ interpreteer met dat die ster nie meer suidwaarts beweeg het nie en nou stil gestaan het in die rigting van Betlehem.
Groot was hulle verbasing en blydskap dus nadat hulle Herodus verlaat het in die rigting van Bethlehem om die ster nou reg voor hulle te sien (Bethlehem is suid van Jerusalem, Sien kaart 1 onderaan of Kaart 10.1 op die Tuisblad).
Reaksies van Koning Herodus
Herodes het beveel om al die seuns in Betlehem, wat twee jaar oud en onder was, dood te maak “volgens die tyd wat hy by die Sterre kykers geleer het” (
Waarom het dit gelyk asof koning Herodes en die hele Jerusalem nie van die ster bewus was nie en eintlik ontsteld was toe die wyse manne daar aangekom het om die pas gebore Koning van die Jode te sien?
Mat 2: 3-5 (ANV) “Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld. 4 Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word. 5 Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur ‘n profeet geskrywe:”
Koning Herodes en die priesterhoofde en skrifgeleerdes moes ten volle bewus gewees het van die verskyning deur engel Gabriël aan Sagaria oor die geboorte van Johannes die Doper in die Tempel in Jerusalem ongeveer 18 maande terug toe Sagaria se afdeling aan diens was (Luk 1: 5-25).
Dit moes hulle aandag veral daaraan geprikkel het om, volgens profesieë, te weet dat Johannes die weg gaan baan vir die Messias wat sou kom. Verder het die engel Gabriël ongeveer 9 maande gelede aan Maria in Nasaret verskyn en die geboorte van Jesus, die Koning van die Jode, aangekondig (Luk 1: 26-38).
Verder het daar ‘n engel onlangs aan herders in die nabygeleë Betlehem verskyn. Die engel het toe saam ‘n groot menigte van engele God geprys en gesê: “Eer aan God in die hoogste, en op aarde vrede vir die mense ‘n welbehae.” Daarna het hulle Jesus in die stal gevind.
Toe die tyd van hulle reiniging volgens die Wet van Moses voltooi was, het Josef en Maria Jesus na Jerusalem geneem om hom aan die Here voor te stel. Simeon het in die tempel geprofeteer en bevestig dat Hy die Messias is. Anna, die dogter van Phanuel, het God gedank en oor die Kindjie gepraat met almal wat uitgesien het na die verlossing van Jerusalem
As al hierdie bonatuurlike verskynsels nie aan Herodes, die priesterhoofde en die skrifgeleerdes nie kon bevestig dat die Koning van die Jode reeds gebore is nie, sou die verskyning van ‘n nuwe ster, dit nie gedoen het nie. Hulle moes almal van hierdie dinge bewus gewees het omdat baie van dit in die Tempel gebeur het. Hulle was nie tevrede dat hulle Messias nederig in ‘n stal gebore moes word nie.
Waarom het die Sterrekundiges weswaarts na Jerusalem gereis terwyl hulle die komeet in die ooste gesien het? (Sien Kaart 2 onderaan of Kaart 10.3 op die Tuisblad)
Israel is ongeveer in die jaar 600 vC na Babilon weggevoer. Daar het die Here vir Daniel, Sadrag , Mesag en Abednego kragdadig gebruik sodat Nebukadneser hulle God vereer het. Daniel het toe hy die koning se droom uitgelê het, voorspel van die Messias ryk en die koning van die Jode wat gebore sou word. Daarom het die wyse manne na Jerusalem gegaan om die koning van die Jode daar te soek. Die ster het in die ooste verskyn maar hulle het weswaarts na Jerusalem gereis.
Dan 2:46-47 (ANV) “Toe het koning Nebukadneser diep voor Daniël gebuig, aan hom eer betoon en opdrag gegee dat daar ‘n graanoffer en ‘n wierookoffer aan hom geoffer moet word. 47 Die koning het vir Daniël gesê: “Werklik, julle God is die grootste van al die gode, Hy heers oor die konings en Hy openbaar geheime, want jy kon hierdie geheim bekend maak.”
Kaarte
Kaart 1: Palestina in die tyd van Jesus

Kaart 2:Die moontlike roete wat die Wyse manne uit die Ooste gevolg het toe Jesus gebore is

Figure
Figuur 1: Wentelbane van die aarde en van die komeet in 5 vC om die son

Figuur 2:Skematiese voorstelling van die wentelbaan van die komeet in 5 vC relatief tot die aarde (nie op skaal nie)

Figuur 3: Tydlyn van gebeurtenisse vanaf ongeveer 2 jaar voor Jesus se geboorte.

Figuur 4: Tydlyn van die verskyning van die Ster van Betlehem (‘n Komeet) en Jesus se geboorte in die Jaar 5 Voor Christus

Verwysings
- Humphreys C.J. The Star of Bethlehem a Comet in 5-BC and the Date of the Birth of Christ (See page 392). Quarterly Journal of the Royal Astronomical Society, Vol. 32, NO.4/DEC, P.389, 1991. https://adsabs.harvard.edu/full/1991QJRAS..32..389H#:~:text=It%20was%20normally%20regarded%20as,to%20south%20(to%20west)
- Observations of Comets from BC 611 to AD 1640: Extracted from the Chinese Annals, Translated with Introductory Remarks (Cambridge Library Collection – Astronomy) 1st Edition by John Williams. https://www.amazon.com/Observations-Comets-611-1640-Introductory/dp/1108078117
- A Comet, Christ’s Birth, and Josephus’s Lunar Eclipse. https://journal.interpreterfoundation.org/a-comet-christs-birth-and-josephuss-lunar-eclipse/
- Herod King of Judaea https://www.britannica.com/biography/Herod-king-of-Judaea