1. Inleiding
Johannes 1:3 “Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.”
Kolossense 1:15-20 ”15 Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.
16 God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
17 Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.
18 Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.
19 God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon
20 en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.”
2. Die 7 Godsdienstige Feeste van Israel wys Profetiese na Jesus en Hy het alreeds die profesieë van die eerste 4 vervul. Die ander 3 feeste dui profeties op die eindtyd en die wederkoms van Jesus.
“Daar is wêreldwyd onder Christene ’n toenemende belangstelling in die vervulling van Israel se sewe groot feeste, en dit is die rede waarom duisende van hulle jaarliks die Christelike viering van die sewende fees, naamlik die Loofhuttefees, in Jerusalem bywoon. Baie mense ondersoek nou die dieper betekenis en profetiese toepassing van hierdie feeste en verkry só nuwe insig in Bybelse waarhede.
Die siklus van die sewe groot godsdienstige feeste wat volgens Levitikus 23 jaarliks deur Israel gevier word, werp duidelike lig op die raadsplan van die Here vir die redding en geestelike toekoms van Israel en die nasies. Ons kan hierin die heilsweg volg wat by die kruis en die eerste reiniging van ons sonde begin, na die opstandingslewe en die vervulling met die Heilige Gees voortgaan, en daarna deur die lang pad van wêreld evangelisasie tot aan die einde van die kerkbedeling lei. Hierna vind die wegvoering van die ware kerk plaas, dan die verdelging van die goddelose koninkryke tydens die verdrukking van sewe jaar, gevolg deur die openbare koms van Christus en die vestiging op aarde van sy koninkryk van vrede en geregtigheid.
Die Here bevestig in sy Woord dat hierdie feeste nie menslik in oorsprong is nie, maar deur Homself ingestel is om sy plan vir die verlossing van die verlore mensdom bekend te maak. Met die oog op die toekomstige vervulling daarvan, moet die feeste jaarliks in die regte volgorde gevier word: “Dit is die feestye van die HERE … wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd” (Lev. 23:4). Die sistematiese opeenvolging van die sewe feeste weerspieël ’n duidelike profetiese program.
Omdat hierdie feeste op ’n finale vervulling in die Messias dui, is hulle in hul oorspronklike vorm “’n skaduwee van toekomstige dinge; maar die liggaam [m.a.w. hulle profetiese substansie] behoort aan Christus” (Kol. 2:16-17). Al sewe is Christus feeste wat in Hom konkrete gestalte verkry. Die feeste is in twee groepe verdeel – die eerste groep van vier is almal vervul tydens gebeure rondom Christus se eerste koms, tot en met die uitstorting van die Heilige Gees, terwyl die laaste drie op gebeure rondom sy wederkoms dui. Die lang tydsverloop tussen die twee groepe feeste dui profeties op die kerkbedeling wat tussen die Here Jesus se eerste en tweede koms verloop.
’n Baie belangrike aspek van hierdie feeste wat in ag geneem moet word, is dat hulle in hul oorspronklike, skaduagtige vorm, aan Israel gegee is om te onderhou sodat hulle op die koms van die Messias voorberei kon word. In die feeste se vervulde, Nuwe-Testamentiese vorm is hulle egter vir alle mense op aarde ter sake omdat dit ’n bloudruk bevat van God se verlossingsplan vir die hele mensdom. Die oomblik toe die eerste van die sewe feeste vervul is, het die perspektief vanaf Israel na die hele wêreld verskuif, en was dit die Here se opdrag aan sy dissipels dat alle mense daarvan moes kennis neem omdat God se verlossingsplan vir hulle almal bedoel is – niemand word uitgesluit nie.”1
3. Die eerste 4 Feeste wat al Profeties vervul is
| Fees nr, Naam. Joodse naam. | Jood- se Datum van die Fees | Gregoriaanse Kalender 30 nC | Jesus vervul dit pro- feties | Joodse gebruik en betekenis van die fees. | Profetiese betekenis en die vervulling daarvan. | |
| Da- tum | Weeks- Dag. | |||||
| 3.1 Paas- fees. Pesach | 14 Nisan | 6 April 2 | Donder- dag 2 | Jesus se Kruisi- ging as die Paas- lam. | Die Pasga word in die Joodse eerste maand, Nisan gevier. Dan is dit Lente in die Noordelike halfrond en dit simboliseer nuwe lewe. Dit is die dag waarop Israel na 430 jaar uit Egipte bevry kon word van slawerny. Exodus 12:3-7, 12-13: “3 Sê vir die hele gemeente van Israel: Elkeen moet sorg dat hy op die tiende van hierdie maand ‘n lam vir sy gesin het, vir elke huisgesin een. 4 As ‘n huisgesin te klein is vir ‘n lam, kan ‘n man en sy naaste buurman dit onder mekaar verdeel volgens die getal persone. Julle moet die lam deel volgens elkeen se behoefte. 5 Dit moet ‘n jaaroud rammetjie wees, sonder liggaamsgebrek, ‘n skaap of ‘n bok. 6 Julle moet hom goed oppas tot die veertiende van hierdie maand, en dan moet die hele gemeente van Israel teen laat middag slag. 7 Julle moet van die bloed smeer aan die sykante en die bokant van die deurkosyn van elke huis waar julle die lam gaan eet……….. 12 Daardie selfde nag sal Ek deur Egipte gaan om al die eerstelinge van die Egiptenaars, mens en dier, te tref. Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here! 13 Die bloed aan die huise waarin julle is, sal ‘n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie.” | Die vervulling van die Pasga was tydens die kruisiging van die vlekkelose Lam van God wat in die volheid van die tyd mens geword het om vir ons sy lewe af te lê. 1 Petrus 1:18-19 “18 Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. 19 Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.” Jesus is op Donderdag die 14de Nisan ( 6 April 30 nC)2 gekruisig, op die dag van die Pasga viering van daardie jaar.Hy het op die negende uur (3 nm.) die asem uitgeblaas volgens Markus 15:34-37, op presies dieselfde uur toe die lam tydens die eerste Pasga in Egipte geslag is. Christus se kruisiging was op ’n Donderdagmiddag en sy opstanding vroeg op die Sondagoggend. Sien ook Joh 1:29 “29 Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom. Hy sê toe: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!”Loading... |
| 3.2 Fees van die On- gesuur- de Brode. Hag Ha- Matzot | 15-22 Nisan | 7-14 A-pril2 | Vrydag tot Vry-dag2 | Jesus in die graf en Hy was rein. Sonder sonde. | Die tweede fees volg sonder onderbreking op die eerste een en is ’n direkte uitvloeisel daarvan volgens Levitikus 23:6 “Op die vyftiende van dieselfde maand begin die fees van ongesuurde brood tot eer van die Here. Sewe dae moet julle ongesuurde brood eet.” Volgens Johannes 19:31 was die Sabbat wat direk op Christus se kruisiging gevolg het, ’n groot dag.Die rede hiervoor was dat dit die belangrike eerste dag van die Fees van die Ongesuurde Brode was en daarom is dit volgens voorskrif ook as ‘n Sabbat gevier. Vir die ortodokse Jode is die betekenis van hierdie fees in selfondersoek en verootmoediging geleë. Suurdeeg is ’n beeld van sonde, daarom simboliseer die eet van ongesuurde brood die nastreef van ’n heilige lewe. | Paulus sê in 1 Korintiërs 5:6-8 “6 Julle selfverheffing is nie mooi nie. Weet julle nie dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek nie? 7 Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus. 8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van onsedelikheid en ander sonde nie, maar met die ongesuurde brood van reinheid en waarheid.” Soos die Jode van ouds hulle huise op hul knieë in kerslig deursoek het om elke krummel brood wat met suurdeeg gebak is, uit te werp, moet ons ook op ons knieë in die lig van God se Woord ons lewens deursoek en van alle ondeug en boosheid afstand doen. Sonde moet bely en laat staan word (Spr. 28:13). Selfondersoek en hertoewyding aan die Here moet gereelde aktiwiteite in ons geestelike lewe wees. Dawid het gebid: “Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!” (Ps. 139:23-24).1 |
| 3.3 Fees van die Eerste- linge. Bik- kurim | 17 Nisan | 9 A-pril2 | Son- dag2 | Jesus se Opstan- ding uit die dood. | Moses skryf in Levitikus 23:10-11: 10 “Sê vir die Israeliete: Wanneer julle in die land kom wat Ek aan julle gee, en julle samel die graanoes in, moet elkeen die eerste ryp are van sy oes na die priester toe neem. 11 Hy moet die are as beweegoffer vir My, die Here, aanbied sodat julle vir My aanneemlik sal wees. Die priester moet dit die dag ná die sabbat doen. Israel is ’n winterreënvalgebied en gedurende die lente word die eerstelingsgerf van die gars as ’n beweegoffer voor die Here gebring. Dit moes uitdruklik op ’n Sondag geskied (die dag ná die Sabbat), en sou ook die besonder gewigtige betekenis hê om die volk vir God welgevallig te maak. In die lentemaand is Israel uit Egipte bevry en het aan die begin van ’n nuwe lewe gestaan. | I Kor 15:20 :” Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het.” Jesus het op hierdie dag opgestaan volgens Markus 16:9: “Ná Jesus se opstanding vroeg die Sondagmôre, het Hy heel eerste aan Maria Magdalena verskyn, uit wie Hy vantevore sewe bose geeste uitgedrywe het.” “Dit is belangrik om te let op die bepaling dat hierdie fees spesifiek op ’n Sondag gevier moes word. Dit verteenwoordig profeties ’n oorgang van die ou verbond na die nuwe verbond. Sondag is die eerste dag van ’n nuwe week, of dispensasie, in God se raadsplan vir die mens. In hierdie bedeling word die opstanding van Jesus spontaan elke week op Sondae as die dag van die Here gevier. Die fees van die eerstelingsgerf in Levitikus 23 is die vroegste aanduiding in die Ou Testament van ’n toekomstige Sondagviering as ’n Christusfees. Op dié dag verkondig ons die boodskap: Hy het opgestaan, Hy leef! Die Here Jesus self het op die Sondag van sy opstanding die eerste byeenkoms van die nuwe bedeling toegespreek, asook ’n week later, weer op ’n Sondag, die tweede een ( Joh. 20:19-29 ). Daarna het die dissipels spontaan op Sondae bymekaargekom (vgl. Hand. 20:7 en 1 Kor. 16:1-2), terwyl die uitstorting van die Heilige Gees as die geestelike toerusting vir wêreldevangelisasie, ook op ’n Sondag plaasgevind het.” 1 Loading... |
| 3.4 Pink- ster- fees. Sha- vuot. | 6 Sivan | 27 Mei2 | Sondag | Uitstor- ting van die Heilige Gees. | Die Viering van die Fees van die Weke of Pinksterfees Pinksterfees is afgelei van die Griekse woord “pentecoste” wat vyftigste beteken. Dit moes sewe weke na die Fees van die Eerstelinge gevier word. Die Jode het die eerste dag ingesluit getel wanneer hulle na ‘n tydperk verwys het. Sewe weke gee 7×7=49 dae. Tel die eerste dag by en kry 50 dae wat dan weer op ‘n Sondag geval het. Levitikus 23:15-16: “15 Van die dag ná die sabbat af, die dag waarop julle die are as beweegoffer vir die Here aanbied, moet julle sewe volle weke tel. 16 Die dag ná die sewende sabbat, op die vyftigste dag, moet julle vir die Here ‘n graanoffer bring uit die pas geoeste graan.” “Op hierdie dag herdenk die Jode die formele begin van die bedeling van die wet. Hulle glo dat die bevryde Israeliete op die 50ste dag ná die viering van die Pasga en hulle uittog uit Egipte by die berg Sinai was waar Moses die tien gebooie ontvang het (Ex. 19:1-3). Dit was vir só ’n ortodokse Pinksterfees dat Jode uit verskillende lande in Jerusalem bymekaar was op daardie besondere Sondagoggend toe die Heilige Gees uitgestort is, soos in Handelinge 2 beskryf.” 1 | Die Uitstorting van die Heilige Gees Jesus het die Heilige Gees gestuur volgens Johannes 16:7:” Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur.” Jesus het 40 dae na Sy opstanding opgevaar hemel toe volgens Handelinge 1:2-3: “2 tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het. 3 Ná sy dood het Hy aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van God gepraat.” Na nog 10 dae is die Heilige Gees op die 50 ste dag tydens die Pinksterfees uitgestort’ Die Val van Jerusalem Luk 21:20 : “20 Wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërs omsingel word, moet julle weet dat sy verwoesting naby is.“ Jesus het op Dinsdag 4 April 30 nC 2 hierdie voorspelling van die val van Jerusalem gegee. Jerusalem is toe ongeveer in 70 nC, 40 jaar later totaal verwoes na ‘n opstand van die Jode teen die Romeinse owerheid en hulle is oor die wêreld versprei.Loading... |
4. Die insameling van die oes
Die lang tydsverloop vir die insameling van die oes, ongeveer 4 maande, dui profeties op die lang tyd vanaf die uitstorting van die Heilige Gees totdat die Wegraping met die laaste basuin sal plaasvind. Na verwagting sal dit 2000 jaar plus wees vir die insameling van die geestelike oes.
5. Die Laaste 3 Feeste wat nog profeties vervul moet word.
| Fees nr. Naam. Joodse Naam. | Jaar-likse Joodse datum | Joodse gebruik en betekenis van die Fees | Datum van vervul-ling | Profetiese betekenis en die vervulling daarvan. |
| 5.5 Die Fees van die Basuin-geklank. Rosh Hash-anah. | 1&2 Tisjri | 5.5.1 Die Fees van die Basuingeklank Vir die Jode is dit die einde van die oes seisoen. Die ramshoring (shofar) word dan hierdie dag geblaas op verskillende tye van die dag in hulle sinagoges. Sien Levitikus 23:24: “Sê vir die Israeliete: Die eerste dag van die sewende maand moet ‘n rusdag wees, ‘n gedenkdag wat met die blaas van ramshorings aangekondig word, ‘n gewyde byeenkoms.” Op die tweede dag, teen die aand, blaas die laaste basuin om die finale insameling van die oes aan te kondig. Dit is nie die laaste van alle basuine nie, maar die laaste basuin van die oesfees | Net die Here weet wan-neer. | Die Wegraping Die volgende tekste dui aan dat die Wegraping met die laaste basuin op die aarde sal plaasvind. I Kor 15:50-52 : “50 Wat ek bedoel, broers, is dit: vlees en bloed kan nie aan die koninkryk van God deel kry nie. Die verganklike kan nie aan die onverganklike deel kry nie. 51 Kyk, ek maak ‘n geheimenis aan julle bekend: Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word. 52 By die laaste trompet sal dit in ‘n oomblik, in ‘n oogknip gebeur, want die trompet sal weerklink, en die dooies sal as onverganklikes opgewek word, en ons sal verander word.” Sien ook 1 Tessalonisense 4:16-17: “16 Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; 17 daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees.” Mat 24:34 :” 34 Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal dit alles gebeur.” “Die geslag wat die wegraping gaan beleef, en agterbly, gaan al hierdie dinge sien waarvan Jesus vertel het. Dit is die konteks en perspektief van dié Skrifgedeelte. Sou die wegraping vandag plaasvind, gaan ‘n groot gedeelte van ons huidige geslag mos die verdrukking deurgaan en al hierdie eindtydgebeure aanskou.” 3 “As ons kyk na die woordjie wat in die Afrikaanse Bybel gebruik word – “weggevoer” – en ons delf dieper tot in die grondtaal van die Bybel, dan kom ons op die volgende woorde af: Grieks: “harpazo” (om weg te ruk of te neem) Latyn: “rapturo” (om op te raap) Engels: “rapture” Afrikaans: “weggevoer” Die woord “wegraping” is dus van hierdie terme afgelei. Elders word die woorde “weggevoer” en “weggeruk” gebruik om te beskryf hoe die Heilige Gees vir Filippus naby Gasa ingehaal het en na Asdod gebring het (Handelinge 8:39–40) en om die bonatuurlike ervaring van Paulus om tot in die derde hemel weggeruk te word te beskryf (2 Korintiërs 12:2–4). Daar kan dus geen twyfel bestaan dat die woord “weggevoer” in 1 Tessalonisense 4:17 gebruik word om aan te dui dat die mense van die aarde na die hemel verwyder sal word nie.” 3Loading... |
| 3 tot 9 Tisjri | 5.5.2 Die 7 Dae van Verootmoediging. “In Israel se feesprogram volg daar ná die 1ste en 2de Tisjri die sogenaamde “sewe verskriklike dae” waarin gelowige Jode hulleself verootmoedig, vas, hulle sondes bely en goed aan andere doen sodat hulle die guns van die Here kan wen. Dit word gedoen as voorbereiding vir die groot versoendag wat op die 10de van Tisjri gevier word, sodat die Here hulle moet seën en nie verwerp en veroordeel nie.” 1 | Die 7 Jaar van die Verdrukking “Hierdie sewe dae dui profeties op die sewe jaar van die verdrukking, wat Daniël se 70ste jaarweek sal wees (Dan. 9:27). In tye van groot benoudheid sal Israel en die nasies óf die ware Messias soek en aanneem, óf tot hulle eie ondergang ’n verbond met die valse Messias sluit. “ 1 Volgens Verwysing 4 lees ons In Openbaring 1 tot 4 negentien keer die woordjie “gemeente(s)” en nooit daarna weer nie. Dit wil sê dat Jesus Sy kerk (liggaam van Christus) sal kom haal voordat die sewe jaar van verdrukking begin. 3 Sien Openbaring 6 tot 19. | ||
| 5.6 Die Groot Versoens-dag. Yom Kippur. | 10 Tisjri | Die Yom Kippur Fees. In Levitikus 16 gee die Here die voorskrif wat op die Dag van Versoening gedoen moet word. Daar word voorgeskryf hoedat al die sonde van die volk simbolies op ‘n bok geplaas moes word en dan moet dit die woestyn ingejaag word om daar te sterf. I Joh 2:2 : “2 Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.” So moes Jesus al die sonde van almal in die wêreld op Hom neem en buitekant die stad gesterf het. Dit is die belangrikste godsdienstige feesdag in Israel, en dit was tradisioneel die enigste dag van die jaar waarop die hoëpriester die Allerheiligste agter die voorhangsel kon binnegaan om versoening vir die volk se sondes te doen. Levitikus 23:27: “Op die tiende van die sewende maand is dit die versoendag. Julle moet dan ‘n gewyde byeenkoms hou, en julle moet vas en aan die Here offers bring.” Loading... | ???? | Die oordeelsdag Mar 13:10 : ‘10 En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.” Met die beskikbaarheid van die internet oor die hele wêreld kan ons aanvaar dat die evangelie oor die hele wêreld beskikbaar is. Loading... Mat 13:40-41 : “40 Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. 41 Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree,” Jesus se eerste koms na die aarde toe was met Sy geboorte. Met die Oordeelsdag kom Hy die 2e keer na die aarde en sal op die Olyfberg trap volgens Sagaria 14:4: “Daardie dag sal sy voete op die Olyfberg staan, oos van Jerusalem. Die Olyfberg sal middeldeur skeur en daar sal ‘n groot kloof van oos na wes ontstaan. Een helfte van die berg sal na die noorde toe padgee en die ander helfte suide toe.” Sien Openbaring 19 vir die Wederkoms van Jesus en die slag van Armageddon. Loading... |
| 5.7 Die Loofhut-tefees. Sukkot. | 15 Tisjri | Die Loofhuttefees Dit was ‘n vrolike fees van 7 dae wat aan die einde van die oes seisoen gevier is. Israel het dan in tydelike strukture gebly om te dink aan die 40 jaar toe hulle in tente gewoon het. Levitikus 23:42-43: “42 Sewe dae lank moet julle in hutte woon, alle gebore Israeliete moet dan in hutte woon. 43 Die doel daarmee is dat julle nageslag moet weet dat Ek die Israeliete in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipte laat trek het. Ek is die Here julle God.” | Voor-spel 2240 tot 3240 4 | Christus Heers vir die 1000 jaar van Vrede op die Aarde Die Hebreeuse jaar 6000 is die begin van die Messiaanse Tydperk. Dit sal wees teen sonsondergang van 16 September 2240 op die Gregoriaanse Kalender. 4 Tel 1000 jaar by en kry 3240. Sien Openbaring 20:1-6 vir die duisendjarige vrederyk op die aarde. Sien Openbaring 20:7-15 vir die laaste oordeel voor die groot wit troon. Sien Openbaring 21 en 22 vir die nuwe hemel en nuwe aarde. |
6. Opsomming van die 7 feeste en die profetiese vervulling daarvan.
| JESUS SE VERVULLING VAN DIE JOODSE 7 FEESTE EN SY WEDERKOMS | ||
| Fees nr. en Naam. (Joodse naam) | Joodse Datum | Jesus se vervulling van die profesie van die fees. |
| 1. Paasfees. (Pesach) Die paaslam is geslag voordat die Israeliete uit Egipte uitgetrek het. Hulle moes die bloed aand die deurkosyne smeer om beskerm te wees teen die doodsengel wat daardie nag al die oudstes sou doodmaak. | 14 Nisan | Die bloed van die paaslam het profeties verwys na die rein Paaslam, Jesus, wat op Donderdag 6 April 30 nC gekruisig is. Hy het die tyd gesterf toe die paaslam geslag moes word. Sy bloed is God se verlossingsplan om almal wat Hom aanneem van sonde te reinig. |
| 2. Fees van die Ongesuurde Brode. (Hag Ha-Matzot) Hierdie fees begin die dag na die Paasfees en duur vir 7 dae waartydens die Jode dan ongesuurde brood eet. Die eerste dag van dié fees is volgens voorskrif ook ‘n Sabbat. | 15 tot 22 Nisan | Suurdeeg is ’n beeld van sonde, daarom simboliseer die eet van ongesuurde brood die nastreef van ’n heilige lewe. Jesus was in die graf op hierdie Vrydag (Wat ook ‘n Sabbat was) en Hy was rein en sonder sonde. |
| 3. Fees van die Eerstelinge. (Bikkurim) Hierdie dag val volgens voorskrif op die dag na die Sabbat en dan moet die Jode die eerstelingsgerf (gewoonlik ‘n garsgerf) na die priester toe bring. Dit val aan die begin van die lente. | 17 Nisan | Die jaar toe Jesus gekruisig is, het hierdie Fees van die Eerstelinge op die eerste dag van die week, of Sondag toe Jesus opgestaan het, geval. Hy was toe die koringkorrel wat in die grond geval en gesterf het. Op die dag het Hy die Eersteling geword wat uit die dood opgestaan het. |
| 4. Pinksterfees. (Shavuot) Die Jode herdenk hoedat hulle 50 dae nadat hulle uit Egipte getrek het die wet van die Here ontvang het as ‘n riglyn. | 6 Sivan | Hierdie fees is 50 dae na die vorige fees en dus was dit weer op ‘n Sondag. Jesus stuur toe die Heilige Gees om Sy volgelinge te lei in al die waarheid en Sy Kerk (Bruid) word op die aarde gevestig. |
| 5. Die Fees van die Basuingeklank. (Rosh Hashanah) 5.1 Blaas van die Ramshorings vir 2 dae. Ramshorings word sekere tye geblaas aan die einde van die oes. 5.2 Die 7 dae van Verootmoediging. Jode verootmoedig, vas, bely hulle sondes doen goed aan andere sodat hulle die guns van die Here kan wen. | 1&2 Tisjri 3 tot 9 Tisjri | Nota. Hierdie fees en die volgende 2 feeste het nog nie in vervulling gegaan nie. Dit sal met die blaas van die hemelse trompette wees. Die wat in Christus gesterf het, sal Hom eerste ontmoet in die lug en daarna Sy volgelinge wat nog lewe met die wegraping. Hierdie sewe dae dui profeties op die sewe jaar van die verdrukking, wat Daniël se 70ste jaarweek sal wees. |
| 6. Die Groot Versoensdag. (Yom Kippur) Die enigste dag waarop die Hoëpriester die Allerheiligste kon ingaan om versoening vir die volk se sondes te kon doen. | 10 Tisjri | Hierdie dag sal Jesus se tweede koms na die aarde wees wanneer Hy volgens Sagaria op die Olyfberg sal trap en vir Sy volk sal stry teen die Gog en die Magog tydens die slag van Armageddon. |
| 7. Die Loofhuttefees. (Sukkot) Hierdie is ‘n vreugdefees om die Here te bedank vir die oes. Hulle woon dan in hutte van takke en blare om te dink aan 40 jaar wat hulle in die woestyn geswerf het in tente. | 15 tot 22 Tisjri | Jesus heers vir duisend jaar van vrede op die aarde. Volgens die Hebreeuse kalender begin die 1000 jaar teen die jaar 2240.Die laaste oordeel voor die groot wit troon.Die nuwe hemel en die nuwe aarde. |
| Opgestel deur Pieter Oberholzer (November 2023) | ||
7. Verwysings.
- Die Letterlike Vervulling van Israel se Sewe Feeste deur Prof. Johan Malan, Mosselbaai (Februarie 2013). https://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Israelfeeste2.htm
2. Jesus se Kronieke deur Pieter Oberholzer https://jesus-chronicles.com
3. Die Wegraping deur Dr. Leonie Pretorius.https://leoniepretorius.co.za/wegraping
4. Year 6000. Wikipedia. https://en.wikipedia.org/wiki/Year_6000#:~:text=According%20to%20classical%20Jewish%20sources,theme%20of%20the%20Messianic%20Age.
5. Al die Bybel aanhalings is, tensy anders aangedui, van die: Bybel in Afrikaans 1983-vertaling met herformulerings tot en met 1992 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou. www.biblesociety.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak: copyright@biblesociety.co.za