Gedeelte 7. Jesus in Getsemane tot Pinkster (insidente 244-296)

Insident 244        Jesus in Getsemane. Woensdag 5 April 30 nC. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van                                 Getsemane.

KommentaarMattheusMarkusLukasJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 26:36-46
Loading...
(36)  Daarna kom Jesus met sy dissipels by ‘n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.” (37)  Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword (38)  en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.” (39)  Hy het ‘n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.” (40)  Daarna kom Hy na die dissipels toe terug en kry hulle aan die slaap. Hy sê toe vir Petrus: “Kon julle nie eens een uur lank saam met My waak nie? (41)  Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.” (42)  ‘n Tweede keer het Hy gaan bid en gesê: “My Vader, as hierdie lydensbeker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.” (43)  Toe Hy terugkom, kry Hy hulle weer aan die slaap, want van die vaak kon hulle nie hulle oë oophou nie. (44)  Hy het hulle weer alleen laat bly en ‘n derde keer gaan bid en dieselfde woorde gesê. (45)  Toe kom Hy na die dissipels toe terug en sê vir hulle: “Slaap en rus julle nog? Die uur het gekom. Die Seun van die mens word in die hande van sondaars oorgegee.(46)  Staan op, kom ons loop. Kyk, die man wat My verraai, is hier naby.”
Mar 14:32-42
Loading...
(32)  Toe kom hulle by ‘n plek met die naam Getsemane, en Jesus sê vir sy dissipels: “Sit hier terwyl Ek gaan bid.” (33)  Daarna neem Hy vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom. Hy het ontsteld en beangs geword (34)  en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak!” (35)  Hy het toe ‘n entjie daarvandaan op die grond gaan kniel en gebid dat, as dit moontlik is, die uur van lyding nie vir Hom sou aanbreek nie. (36)  Hy het gesê: “Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.” (37)  Hy kom toe terug en kry die drie aan die slaap en vra vir Petrus: “Simon, slaap jy? Kon jy nie eens een uur lank wakker bly nie? (38)  Julle moet waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.” (39)  Hy het weer gaan bid en dieselfde gebed as voorheen uitgespreek. (40)  Hy kom toe terug en kry die drie weer aan die slaap, want hulle was baie vaak. Hulle het nie geweet wat om vir Hom te sê nie. (41)  Toe Hy die derde keer terugkom, sê Hy vir hulle: “Slaap en rus julle nou nog? Dit is genoeg. Die tyd het gekom. Die Seun van die mens word in die hande van die sondaars oorgegee. (42)  Staan op, kom ons loop. Kyk, die man wat My verraai, is hier naby.”
Luk 22:39-46
Loading...
(39)  Jesus het die stad verlaat en volgens gewoonte Olyfberg toe gegaan, en sy dissipels het Hom gevolg. (40)  Toe Hy op die plek aankom, sê Hy vir hulle: “Bid dat julle nie in versoeking kom nie.” (41)  Hy het Hom toe van hulle afgesonder omtrent so ver as ‘n mens met ‘n klip kan gooi. Daar het Hy gekniel en gebid: (42)  “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!” (43)  ‘n Engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. (44)  Hy het in doodsangs geraak en het nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val. (45)  Toe Hy van die gebed opstaan en by die dissipels kom, kry Hy hulle aan die slaap, uitgeput van droefheid. (46)  Hy sê toe vir hulle: “Waarom slaap julle? Staan op en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie.”
Joh 18:1
Loading...
(1)  Nadat Jesus dit gesê het, het Hy met sy dissipels oor Kedronspruit gegaan. Daar was ‘n tuin, en Hy en sy dissipels het daar ingegaan.  

Insident 245                        Judas verraai Jesus met ‘n soen. Woensdag 5 April 30 nC. Sien Kaart 10.5                                                             vir die   ligging van Getsemane.

KommentaarMatMarLuk
Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 26:47-50
Loading...

(47)  Op daardie oomblik, terwyl Jesus nog praat, kom Judas, een van die twaalf, daar aan, en saam met hom was ‘n groot klomp mense met swaarde en stokke. Hulle is deur die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk gestuur.
(48)  Die verraaier het met die manne ‘n teken afgespreek. Hy het gesê: “Die een wat ek soen, dit is hy. Gryp hom!”
(49)  Hy het reguit na Jesus toe gegaan en gesê: “Goeiemôre, Rabbi,” en Hom gesoen.
(50)  Maar Jesus sê vir hom: “Vriend, doen wat jy gekom het om te doen!” Toe kom hulle vorentoe, gryp vir Jesus en neem Hom gevange.
Mar 14:43-45
Loading...
(43) Op daardie oomblik, terwyl Jesus nog praat, kom Judas, wat een van die twaalf was, daar aan saam met ‘n klomp mense met swaarde en stokke. Hulle is deur die priesterhoofde en die skrifgeleerdes en die familiehoofde gestuur. (44)  Die verraaier het met die mense ‘n teken afgespreek. Hy het gesê: “Die een wat ek sal soen, dit is hy. Gryp hom en vat hom weg. Moenie dat hy ontsnap nie.” (45)  Toe hy dan daar kom, het hy reguit na Jesus toe gegaan en gesê: “Rabbi!” en Hom met ‘n soen gegroet.  
Luk 22:47-48
Loading...
(47)  Terwyl Jesus nog praat, kom ‘n klomp mense daar aan. Die een wat Judas genoem is, een van die twaalf, het hulle gelei en nader gekom na Jesus toe om Hom te soen. (48)  Maar Jesus sê vir hom: “Judas, verraai jy die Seun van die mens met ‘n soen?”  

Insident 246                        Jesus beantwoord die skare met gesag. Woensdag 5 April 30 nC. Sien Kaart 10.5                                vir die ligging van Getsemane.

KommentaarJoh
Joh skryf verder vanaf insident 244.
Joh 18:4-9
Loading...
(4)  Omdat Jesus geweet het van alles wat oor Hom gaan kom, het Hy vorentoe gekom en vir hulle gevra: “Vir wie soek julle?” (5)  “Jesus van Nasaret,” antwoord hulle Hom. “Dit is Ek!” sê Hy toe vir hulle. Judas, sy verraaier, het ook daar by hulle gestaan. (6)  Toe Jesus dan vir hulle sê: “Dit is Ek!” het hulle teruggedeins en op die grond neergeval. (7)  Hy vra hulle toe weer: “Vir wie soek julle?” En hulle sê: “Jesus van Nasaret.” (8)  Toe sê Jesus: “Ek het vir julle gesê dit is Ek. As julle My soek, laat die mense hier by My dan toe om weg te gaan.” (9)  So sou vervul word wat Hy voorheen gesê het: “Van dié wat U My gegee het, het Ek niemand verlore laat gaan nie.”  

Insident 247                Petrus val Malchus aan en Jesus genees sy oor. Woensdag 5 April 30 nC. Sien                              Kaart 10.5 vir die ligging van Getsemane.

KommentaarMatMarLukJoh
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 26:51-54
Loading...
(51)  Een van dié wat saam met Jesus was, gryp toe sy swaard en trek dit uit. Hy slaan na die slaaf van die hoëpriester en kap sy oor af. (52)  Toe sê Jesus vir hom: “Sit jou swaard terug in sy plek, want almal wat na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom. (53)  Of dink jy Ek kan nie my Vader om hulp vra nie? Hy sal dadelik vir My meer as twaalf legioene engele beskikbaar stel. (54)  Maar hoe sal die Skrif dan vervul word wat sê hoe die dinge moet gebeur?”
Mar 14:46-47
Loading...
(46)  Die ander het vir Jesus gegryp en Hom gevange geneem. (47)  Een van dié wat daarby gestaan het, het ‘n swaard uitgepluk, daarmee na die slaaf van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap.  
Luk 22:49-51
Loading...
(49)  Toe dié wat saam met Jesus was, sien wat gaan gebeur, vra hulle: “Here, moet ons hulle met die swaard aanval?” (50)  Een van hulle slaan toe na die slaaf van die hoëpriester en kap sy regteroor af. (51)  Maar Jesus sê: “Hou op daarmee!” Daarna het Hy die oor aangeraak en hom genees.  
Joh 18:10-11
Loading...
(10)  Simon Petrus het ‘n swaard by hom gehad. Hy ruk dit toe uit, slaan daarmee na die slaaf van die hoëpriester en kap sy regteroor af. Die slaaf se naam was Malgus. (11)  Toe sê Jesus vir Petrus: “Sit die swaard in sy skede terug. Moet Ek dan nie die lydensbeker drink wat die Vader My gegee het nie?”  

Insident 248        Jesus word gevange geneem. Woensdag 5 April 30 nC. Sien Kaart 10.5 vir die                                       ligging van Getsemane.

KommentaarMatMarLukJoh
Mat, Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 26:55
Loading...
(55)  Dit was toe dat Jesus vir die klomp mense gesê het: “Was dit vir julle nodig om met swaarde en stokke uit te gaan om My te vang asof Ek ‘n rower is? Dag vir dag het Ek in die tempel gesit en die mense geleer, en julle het My nie gevange geneem nie.  
Mar 14:48-49
Loading...
(48)  Jesus sê toe vir die mense: “Het julle met swaarde en stokke gekom om My te vang asof Ek ‘n rower is? (49)  Dag vir dag was Ek by julle besig om die mense in die tempel te leer en julle het My nie gevange geneem nie. Maar die Skrif moet in vervulling gaan.”
Luk 22:52-53
Loading...
(52)  Toe sê Jesus vir die priesterhoofde, die offisiere van die tempelwag en die familiehoofde wat teen Hom opgetrek het: “Trek julle met swaarde en stokke uit soos teen ‘n rower? (53)  Dag vir dag was Ek saam met julle in die tempel, en julle het nie ‘n hand uitgesteek om My te vang nie. Maar nou dat die tyd vir die duistere magte daar is, het julle julle kans.”  
Joh 18:2-3
Loading...
(2)  Judas, sy verraaier, het ook die plek geken, omdat Jesus en sy dissipels dikwels daar gekom het. (3)  Judas het toe die afdeling soldate gevat en die wagte in diens van die priesterhoofde en die Fariseërs en hulle het daar aangekom met lanterns en fakkels en wapens.

Insident 249        Die dissipels vlug. Woensdag 5 April 30 nC. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van                                      Getsemane.

KommentaarMatMar
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 26:56
Loading...
(56)  Maar dit alles het gebeur sodat die geskrifte van die profete vervul kan word.” Toe het al sy dissipels Hom in die steek gelaat en weggehardloop.  
Mar 14:50-52
Loading...
(50)  Toe het al sy dissipels Hom in die steek gelaat en weggehardloop. (51)  ‘n Sekere jongman is saam agter Jesus aan, met net ‘n doek om sy lyf. Die mense gryp hom toe, (52)  maar hy het die doek gelos en kaal weggehardloop.

Insident 250        Jesus word na die hoë Priester se huis geneem en Petrus volg. Woensdag 5 April 30 nC.                     Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die hoëpriester Kajafas se huis.

KommentaarMattheusMarkusLukasJohannes
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 26:57-58
Loading...
(57)  Die mense wat vir Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na Kajafas, die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en die familiehoofde bymekaargekom het. (58)  Petrus het op ‘n afstand agter Hom aan gegaan tot by die binnehof van die hoëpriester se woning. Hy het ingegaan en daar by die wagte gaan sit om te kyk hoe dit afloop.
Mar 14:53-54
Loading...
(53)  Hulle het Jesus weggelei na die hoëpriester toe. Die priesterhoofde en die familiehoofde en die skrifgeleerdes het almal daar saamgekom. (54)  Petrus het op ‘n afstand agter Hom aan gegaan tot binne-in die binnehof van die hoëpriester se woning. Daar het hy hom saam met die wagte by die vuur gesit en warm maak.
Luk 22:54
Loading...
(54)  Hulle het Jesus toe gevange geneem en Hom weggelei en in die huis van die hoëpriester gebring. Petrus het op ‘n afstand agterna gekom.  
Joh 18:13-16
Loading...
(13)  Hulle het Hom eers na Annas toe gebring. Hy was die skoonvader van Kajafas, wat daardie jaar hoëpriester was. (14)  Dit was Kajafas wat vir die Jode die raad gegee het dat dit tot hulle voordeel is dat een man vir die volk sterwe. (15)  Simon Petrus en ‘n ander dissipel het agter Jesus aangegaan. Daardie ander dissipel was aan die hoëpriester bekend en het saam met Jesus in die hoëpriester se woning (16)  ingegaan, maar Petrus het buite by die deur bly staan. Toe het daardie ander dissipel wat aan die hoëpriester bekend was, uitgegaan en met die deurwagter gepraat en vir Petrus ingebring.  

Insident 251        Petrus verloën Jesus die eerste keer. Woensdag 5 April 30 nC. Sien Kaart 10.5 vir die                         ligging van die hoëpriester Kajafas se huis.

KommentaarMatMarLukJoh
 Luk en Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 26:69-70
Loading...
(69)  Petrus het buite in die binnehof gesit toe ‘n diensmeisie na hom toe kom en sê: “Jy was ook saam met Jesus die Galileër.” (70)  Maar hy het dit voor almal ontken: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.”  
Mar 14:66-68
Loading...
(66)  Terwyl Petrus onder in die binnehof was, kom een van die hoëpriester se diensmeisies daar. (67)  Toe sy vir Petrus sien, besig om hom warm te maak, kyk sy na hom en sê: “Jy was ook saam met die man van Nasaret, die Jesus.” (68)  Hy het dit egter ontken deur te sê: “Ek ken Hom nie en ek verstaan ook nie wat jy sê nie.” Toe het hy na die deur se kant toe gestaan. En daar het ‘n haan gekraai.  
Luk 22:55-57
Loading...
(55)  In die middel van die binneplaas was daar ‘n vuur, en daar het mense bymekaar gesit. Petrus het tussen hulle gaan sit. (56)  ‘n Diensmeisie wat hom in die skynsel van die vuur sien sit het, het hom goed bekyk en gesê: “Dié een was ook saam met daardie man.” (57)  Maar Petrus het dit ontken deur te sê: “Juffrou, ek ken Hom nie!”  
Joh 18:17-18
Loading...
(17)  Die diensmeisie wat deurwagter was, sê toe vir Petrus: “Jy is tog nie ook een van hierdie man se dissipels nie?” “Nee, ek is nie!” antwoord hy. (18)  Die slawe en die wagte het hulle gestaan en warm maak by die vuur wat hulle gemaak het omdat dit koud was. En Petrus het hom ook saam met hulle gestaan en warm maak.  

Insident 252        Annas ondervra Jesus Woensdag 5 April 30 nC. Sien Kaart 10.5 vir die ligging                                     van die hoëpriester Kajafas se huis.

Kommentaar.Johannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Joh 18:19-24
Loading...
(19)  Die hoëpriester het Jesus toe ondervra oor sy dissipels en oor sy leer. (20)  Jesus het hom geantwoord: “Ek het in die openbaar met die mense gepraat. Ek het hulle altyd in die sinagoges en in die tempel geleer, waar al die Jode bymekaar kom; en Ek het niks in die geheim gesê nie. (21)  Waarom ondervra u My? Ondervra dié wat gehoor het wat Ek vir hulle gesê het. Hulle weet wat Ek gesê het.” (22)  Toe Jesus dit sê, het een van die wagte wat daarby gestaan het, Hom geklap en gesê: “Antwoord jy die hoëpriester so?” (23)  Jesus sê toe vir hom: “As wat Ek gesê het, verkeerd was, sê dan wat was verkeerd; maar as dit reg was, waarom slaan jy My?” (24)  Annas het Hom toe geboei na die hoëpriester Kajafas toe gestuur.  

Insident 253        Petrus verloën Jesus die tweede en derde keer. Woensdag 5 April 30 nC. Sien                                        Kaart 10.5 vir die ligging van die hoëpriester Kajafas se huis.

KommentaarMatMarLukJoh
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 26:71-75
Loading...
(71)  Hy gaan toe na die uitgang van die binnehof. Daar sien ‘n ander diensmeisie hom en sê vir dié wat daar staan: “Hierdie man was saam met Jesus van Nasaret.” (72)  Weer het Petrus dit ontken en met ‘n eed gesê: “Ek ken die man nie!” (73)  ‘n Rukkie later kom die manne wat daar staan, na Petrus toe en sê: “Dit is waar, jy is ook een van hulle. ‘n Mens kan dit aan jou spraak hoor.” (74)  Toe begin hy vloek, en hy sweer: “Ek ken die man nie!” (75)  En op daardie oomblik het daar ‘n haan gekraai. Toe val dit Petrus by wat Jesus gesê het: “Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.” En hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.
Mar 14:69-72
Loading...
(69)  Die diensmeisie het hom gesien en weer vir dié wat daar by gestaan het, gesê: “Hy is een van hulle.” (70)  Maar hy het dit weer ontken. ‘n Rukkie later het dié wat daar by gestaan het, vir Petrus gesê: “Werklik, jy is een van hulle, want jy is mos ook ‘n Galileër.” (71)  Toe begin hy vloek, en hy sweer: “Daardie man van wie julle praat, ken ek nie.” (72)  En onmiddellik het die haan ‘n tweede keer gekraai. Dit het Petrus toe bygeval wat Jesus vir hom gesê het: “Voordat die haan ‘n tweede keer kraai, sal jy My drie keer verloën.” En hy het in trane uitgebars.  
Luk 22:58-62
Loading...
(58)  ‘n Rukkie later sien iemand anders hom en sê: “Jy is mos ook een van hulle.” Maar Petrus antwoord: “Man, ek is nie!” (59)  Na verloop van sowat ‘n uur het nog een met beslistheid beweer: “Sowaar, dié een was ook saam met daardie man. Hy is mos ook ‘n Galileër!” (60)  Maar Petrus sê: “Man, ek weet nie waarvan jy praat nie!” En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het daar ‘n haan gekraai. (61)  Die Here het omgedraai en Petrus aangekyk. Toe val dit Petrus by wat die Here vir hom gesê het: “Voordat die haan vannag kraai, sal jy My drie maal verloën.” (62)  En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.
Joh 18:25-27
Loading...
(25)  Simon Petrus het hom nog gestaan en warm maak. Die mense by die vuur vra toe vir hom: “Jy is tog nie ook een van sy dissipels nie?” Hy het dit ontken en gesê: “Nee, ek is nie!” (26)  Een van die hoëpriester se slawe wat familie was van die een wie se oor Petrus afgekap het, vra toe: “Het ek jou dan nie in die tuin by hom gesien nie?” (27)  Petrus het dit weer ontken, en net daarna het daar ‘n haan gekraai.

Insident 254        Die wagte spot en slaan vir Jesus. Woensdag 5 April 30 nC. Sien Kaart 10.5 vir die                                              ligging van die hoëpriester Kajafas se huis.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 22:63-65
Loading...
(63)  Die manne wat vir Jesus bewaak het, het aangehou om met Hom die spot te dryf en Hom te slaan. (64)  Hulle het Hom geblinddoek en gesê: “Jy is mos ‘n profeet! Sê wie het jou geslaan!” (65)  En nog baie ander godslasterlike dinge het hulle Hom toegesnou.  

Insident 255        Valse getuienis, Kájafas veroordeel Jesus en die Sanhedrin slaan Hom. Donderdag 6 April 30 nC. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die hoëpriester Kajafas se huis.

KommentaarMattheusMarkusLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.   Lukas 22:66 “En toe dit dag word ..” Dit dui op die begin van Donderdag oggend.
Mat 26:59-68
Loading...
(59)  Die priesterhoofde en die hele Joodse Raad het vals getuienis teen Jesus probeer kry sodat hulle Hom kon doodmaak. (60)  Baie vals getuies het na vore gekom, en tog kon die Raad niks teen Hom vind nie. Eindelik het daar twee vorentoe gekom (61)  en gesê: “Hierdie man het gesê: Ek kan die tempel van God afbreek en in drie dae weer opbou.” (62)  Toe staan die hoëpriester op en sê vir Hom: “Verweer jy jou glad nie? Wat van die getuienis wat hierdie mense teen jou inbring?” (63)  Maar Jesus het niks gesê nie. Die hoëpriester sê toe vir Hom: “Ek stel jou onder ‘n eed by die lewende God dat jy vir ons moet sê: Is jy die Christus, die Seun van God?” (64)  Jesus antwoord hom: “Dit is soos u sê. Daarby sê Ek vir julle: Van nou af sal julle die Seun van die mens sien waar Hy aan die regterhand sit van Hom wat magtig is, en julle sal Hom sien kom op die wolke van die hemel.” (65)  Toe skeur die hoëpriester uit verontwaardiging sy klere en sê: “Hy het God gelaster. Waarvoor het ons nog getuies nodig? Daar het julle nou net die godslasterlike woorde gehoor. (66)  Wat dink julle?” Hulle het geantwoord: “Hy verdien die dood!” (67)  Toe het hulle in sy gesig gespoeg en Hom met die vuis geslaan. Hulle het Hom geklap (68)  en gesê: “Jy is mos ‘n profeet, Christus! Sê vir ons, wie het jou geslaan?”  
Mar 14:55-65
Loading...
(55)  Die priesterhoofde en die hele Joodse Raad het geprobeer om ‘n aanklag teen Jesus te kry om Hom dood te maak, maar hulle het niks gekry nie. (56)  Baie mense het vals getuienis teen Hom afgelê, maar die getuienis het nie ooreengestem nie. (57)  Sommige van hulle het na vore gekom en vals getuienis teen Hom afgelê deur te sê: (58)  “Ons het hom hoor sê: Ek sal hierdie tempel, wat deur mense gemaak is, vernietig en binne drie dae ‘n ander een bou wat nie deur mense gemaak is nie.” (59)  Maar ook hieroor het hulle getuienis nie ooreengestem nie. (60)  Toe het die hoëpriester in die Raad opgestaan en Jesus begin ondervra. “Verweer jy jou glad nie?” het hy gesê. “Wat van die getuienis wat hierdie mense teen jou inbring?” (61)  Maar Jesus het niks gesê nie en Hom glad nie verweer nie. Die hoëpriester het Hom verder ondervra. “Is jy die Christus, die Seun van Hom aan wie die lof toekom?” het hy Hom gevra. (62)  “Ek is,” het Jesus geantwoord, “en julle sal die Seun van die mens sien waar Hy sit aan die regterhand van Hom wat magtig is, en wanneer Hy kom op die wolke van die hemel.” (63)  Toe skeur die hoëpriester uit verontwaardiging sy klere en sê: “Waarvoor het ons nog getuies nodig? (64)  Julle het die godslastering gehoor. Hoe lyk dit vir julle?” Hulle het Hom eenparig veroordeel: “Hy verdien die dood!” (65)  Party van hulle het begin om op Hom te spoeg. Hulle het sy oë toegebind, Hom met die vuis geslaan en vir Hom gesê: “Profeteer ‘n bietjie!” Ook die wagte het Hom geklap toe hulle Hom wegvat.  
Luk 22:66-71
Loading...
(66)  Toe dit dag word, het die Raad van die volk – die priesterhoofde en die skrifgeleerdes – vergader en Jesus voor hulle laat bring. (67)  Hulle sê toe: “As jy die Christus is, sê dit vir ons.” Maar Hy antwoord hulle: “Al sou Ek dit vir julle sê, sal julle tog nie glo nie; (68)  en al sou Ek vir julle ‘n vraag stel, sal julle ook nie antwoord nie. (69)  Maar van nou af sal die Seun van die mens aan die regterhand van die almagtige God sit.” (70)  Toe vra hulle almal: “Dan is jy die Seun van God?” Hy sê vir hulle: “Dit is soos julle sê: Ek is!” (71)  Daarop sê hulle: “Waarvoor het ons dan nog getuienis nodig? Ons het dit mos uit sy eie mond gehoor!”

Insident 256        Jesus word na die Pilatus se paleis gelei. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart                                      10.5 vir die ligging van die ampswoning van Pilatus, die goewerneur.

KommentaarMatMarJohannes
Mar en Joh skryf vanaf die vorige insident.  
Joh18:28
Loading...
“…. Dit was vroeg …”
Mar 15:1
Loading...
 
Mat 27:1
Loading...
: “Die more vroeg,,,”  Dus was dit die volgende dag, Donderdag.
Mat 27:1-2
Loading...
(1)  Die môre vroeg het al die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk die besluit geneem om Jesus dood te maak. (2)  Hulle het Hom geboei en Hom toe weggebring en aan Pilatus, die goewerneur, uitgelewer.  
Mar 15:1
Loading...
1  Die môre vroeg het die priesterhoofde saam met die familiehoofde en die skrifgeleerdes dadelik as volle Joodse Raad ‘n vergadering gehou. Hulle het Jesus geboei en Hom toe weggebring en aan Pilatus uitgelewer.
Joh 18:28
Loading...
(28)  Toe het hulle vir Jesus van Kajafas af na die ampswoning van die goewerneur toe gebring. Dit was die môre vroeg. Hulle het self nie in die ampswoning ingegaan nie, sodat hulle nie onrein sou word nie maar die paasmaaltyd sou kon eet.

Insident 257        Judas pleeg selfmoord. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die Tempel.

KommentaarMattheusHandelinge
Mat 27:3
Loading...
Toe Judas, die verraaier, sien dat Jesus tot die dood veroordeel is, het hy spyt gekry.
  Judas het selfmoord gepleeg nadat Jesus ter dood veroordeel is.
Mat 27:3-10
Loading...
(3)  Toe Judas, die verraaier, sien dat Jesus tot die dood veroordeel is, het hy spyt gekry. Hy het die dertig silwermuntstukke teruggebring na die priesterhoofde en die familiehoofde toe (4)  en vir hulle gesê: “Ek het gesondig. Ek het ‘n onskuldige man verraai.” Maar hulle antwoord: “Wat het ons daarmee te doen? Dit is jou saak!” (5)  Judas het toe die geld in die tempel in gegooi, weggeloop en homself gaan ophang. (6)  Die priesterhoofde het die geld opgetel en gesê: “Dit is nie geoorloof om dit in die tempelfonds te stort nie, want dit is bloedgeld.” (7)  Hulle besluit toe om daarmee die grond van die pottebakker te koop as ‘n begraafplaas vir vreemdelinge. (8)  Daardie stuk grond word tot vandag toe nog Bloedgrond genoem. (9)  Toe is die woord vervul wat die Here deur die profeet Jeremia gesê het: “En hulle het die dertig silwermuntstukke geneem, dit is die prys wat die Israeliete ooreengekom het om vir hom te betaal, (10)  en hulle het dit uitbetaal vir die grond van die pottebakker. So het die Here dit aan my opgedra.”  
Hand 1:15-20 (15)  In daardie tyd was daar ‘n byeenkoms van die sowat honderd en twintig gelowiges. Petrus het die leiding geneem en gesê: (16)  “Broers, die Skrifwoord wat die Heilige Gees tevore by monde van Dawid oor Judas uitgespreek het, moes vervul word. Hy is as een van ons gereken en is ook gekies om ‘n aandeel in ons werk te hê, maar hy het die gids geword van dié wat vir Jesus gevange geneem het. (17)  want hy is saam met ons getal gereken en het die lot van hierdie bediening verkry. ) (18)  Met die geld wat Judas vir sy misdaad gekry het, het hy ‘n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul. (19)  Dit het bekend geword onder al die inwoners van Jerusalem. Daarom word die plek in hulle taal Akeldama genoem. Dit beteken Bloedgrond. (20)  In die boek van die Psalms staan daar: Laat sy woonplek leeg word; laat niemand daarin woon nie, en: Laat ‘n ander sy amp oorneem.  

Insident 258        Jesus voor Pilatus. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van                                  die ampswoning van Pilatus, die goewerneur.

KommentaarMattheusMarkusLukasJohannes
Mar en Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 27:11-14
Loading...
(11)  Jesus is voor die goewerneur gebring en dié vra Hom: “Is jy die koning van die Jode?” Jesus antwoord: “Dit is soos u sê.” (12)  Op die beskuldigings van die priesterhoofde en die familiehoofde het Hy niks geantwoord nie. (13)  Toe sê Pilatus vir Hom: “Hoor jy nie waarvan hulle jou alles beskuldig nie?” (14)  Maar Jesus het hom op geen enkele woord ‘n antwoord gegee nie, sodat die goewerneur baie verbaas was.  
Mar 15:1-5
Loading...
(1)  Die môre vroeg het die priesterhoofde saam met die familiehoofde en die skrifgeleerdes dadelik as volle Joodse Raad ‘n vergadering gehou. Hulle het Jesus geboei en Hom toe weggebring en aan Pilatus uitgelewer. (2)  Pilatus het vir Hom gevra: “Is jy die koning van die Jode?” Jesus antwoord hom: “Dit is soos u sê.” (3)  Die priesterhoofde het Hom van baie dinge beskuldig. (4)  Pilatus het Hom toe verder ondervra. “Verweer jy jou glad nie?” het hy gevra. “Kyk waarvan beskuldig hulle jou alles.” (5)  Jesus het egter niks meer gesê nie, sodat Pilatus verbaas was.  
Luk 23:1-6
Loading...
(1)  Daarna het die hele vergadering opgestaan en Jesus na Pilatus toe gebring. (2)  Daar het hulle die aanklag teen Hom begin deur te sê: “Ons het bevind dat hierdie man ons volk ophits: hy belet hulle om aan die keiser belasting te betaal en beweer dat hy die Christus, die koning, is.” (3)  Pilatus vra Hom toe: “Is jy die koning van die Jode?” Hy antwoord hom: “Dit is soos u sê.” (4)  Daarop sê Pilatus vir die priesterhoofde en die skare: “Ek vind geen skuld in hierdie man nie.” (5)  Maar hulle het sterker aangedring en gesê: “Die hele Joodse land deur stook hy die volk op met sy leer. Hy het van Galilea af begin en tot hier daarmee gekom.” (6)  Toe Pilatus dit hoor, vra hy of die man dan ‘n Galileër is.  
Joh 18:29-38
Loading...
(29)  Pilatus het buite na hulle toe uitgegaan en gevra: “Watter aanklag bring julle teen hierdie man in?” (30)  Hulle het hom geantwoord: “As hy nie ‘n misdadiger was nie, sou ons hom nie aan u uitgelewer het nie.” (31)  Pilatus sê toe vir hulle: “Vat julle hom en veroordeel hom volgens julle wet.” Maar die Jode sê vir hom: “Ons mag nie iemand teregstel nie.” (32)  Dit het gebeur sodat die woorde van Jesus vervul kon word wat Hy gesê het toe Hy aangedui het op watter manier Hy sou sterwe. (33)  Pilatus het toe weer in sy ampswoning ingegaan en Jesus geroep en vir Hom gevra: “Is jý die koning van die Jode?” (34)  Jesus het hom toe gevra: “Vra u dit uit u eie, of het ander dit vir u van My gesê?” (35)  “Ek is mos nie ‘n Jood nie!” antwoord Pilatus. “Dit is jou volk en jou priesterhoofde wat jou aan my uitgelewer het. Wat het jy gedoen?” (36)  “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie,” antwoord Jesus. “As my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my onderdane geveg het sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer sou word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.” (37)  “Dan is jy tog wel ‘n koning?” vra Pilatus. “Dit is soos u sê: Ek is ‘n koning,” antwoord Jesus. “Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.” (38)  “Wat is waarheid?” sê Pilatus toe vir Hom. En toe hy dit sê, gaan hy weer uit na die Jode toe en sê vir hulle: “Ek vind geen skuld in hom nie.

Insident 259        Herodes ondervra Jesus en sy soldate bespot Jesus. Herodes stuur Jesus terug na Pilatus                      en hy vra die Jode wie kies hulle om vrygelaat te word. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien                 Kaart 10.5 vir die ligging van koning Herodes en die ampswoning van Pilatus, die                                            goewerneur.

KommentaarMattheusLukas
Mat en Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 27:15-18
Loading...
(15)  Die goewerneur het die gewoonte gehad om elke paasfees vir die mense een gevangene van hulle eie keuse los te laat. (16)  In daardie tyd was daar ‘n berugte gevangene met die naam Jesus Barabbas. (17)  Aangesien die mense tog bymekaar was, het Pilatus hulle gevra: “Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat: Jesus Barabbas of Jesus wat Christus genoem word?” (18)  Hy het geweet dat die priesterhoofde Hom uit afguns uitgelewer het.
Luk 23:7-16
Loading...
(7)  Nadat hy te wete gekom het dat Jesus uit die magsgebied van Herodes afkomstig was, het hy Hom na Herodes toe gestuur, wat juis in daardie tyd self in Jerusalem was.  (8)  Herodes was baie bly om Jesus te sien. Omdat hy soveel van Hom gehoor het, het hy al ‘n geruime tyd die begeerte gehad om Hom te sien. Hy het ook gehoop om Hom een of ander wonderwerk te sien doen. (9)  Hy het allerlei vrae aan Hom gestel, maar Jesus het hom niks geantwoord nie. (10)  Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes het Hom heftig gestaan en beskuldig. (11)  Herodes en sy soldate het Hom toe met veragting behandel. Hy het Hom ‘n deftige kleed laat omhang, met Hom die spot gedryf en Hom daarna na Pilatus toe teruggestuur. (12)  Op daardie dag het Herodes en Pilatus vriende geword. Voorheen was daar kwaaivriendskap tussen hulle. (13)  Daarna het Pilatus die priesterhoofde, die lede van die Joodse Raad en die volk bymekaar geroep (14)  en vir hulle gesê: “Julle het hierdie man voor my gebring as ‘n opruier van die volk. Nou het ek in julle teenwoordigheid die saak ondersoek, en ek het in hierdie man geen grond gevind vir die aanklag wat julle teen hom inbring nie. (15)  Herodes het ook nie, want hy het hom na ons toe teruggestuur. Hy het beslis niks gedoen wat die dood verdien nie. (16)  Ek sal hom dus laat gesel en dan loslaat.” (17)  En hy was verplig om vir hulle op die fees een los te laat.  

Insident 260        Pilatus laat Barábbas vry. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging                                            van die ampswoning van Pilatus, die goewerneur.

KommentaarMatMarLukasJoh
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.  
Mat 27:19
Loading...
En terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gesê: Moet tog niks te doen hê met dié regverdige man nie, want ek het vandag in ‘n droom baie gely om sy ontwil.   Dus het Pilatus vir Jesus Vrydag vroeg gevonnis.  
Ma
Mat 27:19-26
Loading...
(19(19)  En terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gesê: Moet tog niks te doen hê met dié regverdige man nie, want ek het vandag in ‘n droom baie gely om sy ontwil. (20(20)  Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oorgehaal dat hulle Barábbas moes begeer en Jesus ombring. (21(21)  Toe antwoord die goewerneur en sê vir hulle: Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle loslaat? En hulle antwoord: Barábbas! (22(22)  Pilatus sê vir hulle: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus? Hulle sê almal vir hom: Laat Hom gekruisig word! (23(23)  En die goewerneur sê: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Maar hulle skreeu nog harder en sê: Laat Hom gekruisig word! (24(24)  En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder ‘n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien! (25(25)  En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom! (26(26)  Toe laat hy vir hulle Barábbas los, maar Jesus het hy laat gésel en oorgelewer om gekruisig te word.  
Mar 15:6-15
Loading...
(6)  En op die fees was hy gewoond om een gevangene, die een wat hulle gevra het, vir hulle los te laat. (7)  En daar was ‘n sekere Barábbas wat met mede oproermakers in die gevangenis was; en hulle het in die opstand ‘n moord begaan. (8)  En die skare het geskreeu en begin vra dat hy vir hulle sou doen soos altyd. (9)  Toe antwoord Pilatus en sê vir hulle: Wil julle hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat? (10)  Want hy het geweet dat die owerpriesters Hom uit nydigheid oorgelewer het. (11)  Maar die owerpriesters het die skare aangehits dat hy liewer Barábbas vir hulle moes loslaat. (12)  Toe antwoord Pilatus weer en sê vir hulle: Wat wil julle dan hê moet ek doen met Hom wat julle Koning van die Jode noem? (13)  En hulle skreeu weer: Kruisig Hom! (14)  Maar Pilatus sê vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Hulle skreeu toe nog harder: Kruisig Hom! (15)  En omdat Pilatus aan die skare hulle sin wou gee, het hy Barábbas vir hulle losgelaat; en nadat hy Jesus laat gésel het, het hy Hom oorgelewer om gekruisig te word.  
Luk 23:18-25
Loading...
(18)  Maar die hele menigte skreeu en sê: Weg met Hom, en laat vir ons Barábbas los! (19)  Dié was oor ‘n sekere opstand wat in die stad plaasgevind het, en oor ‘n moord in die gevangenis gewerp. (20)  Daarop spreek Pilatus hulle weer toe, omdat hy Jesus wou loslaat; (21)  maar hulle het aangehou roep en sê: Kruisig, kruisig Hom! (22)  En vir die derde keer sê hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan kasty en loslaat. (23)  Maar hulle het aangehou met ‘n harde geroep en geëis dat Hy gekruisig moes word; en hulle geroep en dié van die owerpriesters het die oorhand gekry. (24)  Toe gee Pilatus uitspraak dat aan hulle eis voldoen moet word. (25)  En hy het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geëis het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer.
Joh 18:39-40
Loading...
(39)  Maar julle het ‘n gewoonte dat ek vir julle op die pasga iemand moet loslaat; wil julle dan hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat? (40)  Toe skreeu hulle almal weer en sê: Nie vir Hom nie, maar Barábbas! En Barábbas was ‘n rower.  

Insident 261        Pilates se soldate kroon en bespot Jesus. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart                                     8.6 vir die ligging van die ampswoning van Pilatus, die goewerneur.

KommentaarMatMarJoh
Mat, Mar, en Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 27:27-30
Loading...
(27)  Daarop neem die soldate van die goewerneur Jesus met hulle saam in die goewerneur se paleis en bring die hele leërafdeling teen Hom bymekaar. (28)  Toe trek hulle sy klere uit en werp ‘n rooi mantel om Hom; (29)  en hulle vleg ‘n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en ‘n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode! (30)  En hulle spuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op sy hoof.  
Mar 15:16-19
Loading...
(16)  Toe lei die soldate Hom weg in die binneplaas, dit is die goewerneur se paleis, en hulle roep die hele leërafdeling bymekaar (17)  en trek Hom ‘n purperkleed aan en vleg ‘n kroon van dorings en sit dit vir Hom op; (18)  en hulle begin Hom begroet: Wees gegroet, Koning van die Jode! (19)  En hulle slaan Hom met ‘n riet op die hoof en spuug op Hom en val op die knieë en bring Hom hulde.  
Joh 19:1-3
Loading...
(1)  Toe neem Pilatus dan vir Jesus en laat Hom gésel. (2)  En die soldate het ‘n kroon van dorings gevleg en dit op sy hoof gesit, en ‘n purper kleed om Hom gewerp (3)  en gesê: Wees gegroet, Koning van die Jode! En hulle het Hom in die aangesig geslaan.  

Insident 262         Pilatus probeer Jesus los te laat, lewer Hom oor om gekruisig te word. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die ampswoning van Pilatus, die goewerneur.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.   Johannes 19:14 (AFR53): “En dit was die voorbereiding vir die pasga en omtrent die sesde uur. Toe sê hy vir die Jode: Dáár is julle Koning!”   Johannes plaas Jesus voor Pilatus teen 6 uur volgens die Romeine se tyd.20 Dit was 0h00 volgens die Joodse tyd, toe die son opgekom het..  
Joh 19:4-16
Loading...
(4)  Pilatus gaan toe weer buitentoe en sê vir hulle: Kyk, ek bring Hom vir julle uit buitentoe, sodat julle kan weet dat ek in Hom geen skuld vind nie. (5)  En Jesus het uitgekom buitentoe en die doringkroon en die purperkleed gedra. En Pilatus sê vir hulle: Dáár is die mens! (6)  En toe die owerpriesters en die dienaars Hom sien, skreeu hulle en sê: Kruisig, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en kruisig Hom, want ek vind geen skuld in Hom nie. (7)  Die Jode antwoord hom: Ons het ‘n wet en volgens ons wet moet Hy sterf, omdat Hy Homself die Seun van God gemaak het. (8)  En toe Pilatus hierdie woord hoor, het hy nog meer bevrees geword (9)  en weer in die paleis ingegaan en vir Jesus gesê: Van waar is U? Maar Jesus het hom geen antwoord gegee nie. (10)  En Pilatus sê vir Hom: Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie? (11)  Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter sonde. (12)  Hierop het Pilatus probeer om Hom los te laat, maar die Jode het geskreeu en gesê: As u Hom loslaat, is u nie die keiser se vriend nie. Elkeen wat homself koning maak, kom in verset teen die keiser. (13)  En toe Pilatus hierdie woord hoor, het hy Jesus buitentoe gebring en op die regterstoel gaan sit in die plek wat Plaveisel genoem word, en in Hebreeus Gábbata. (14)  En dit was die voorbereiding vir die pasga en omtrent die sesde uur. Toe sê hy vir die Jode: Dáár is julle Koning! (15)  Maar hulle skreeu: Neem weg, neem weg, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Moet ek julle Koning kruisig? Die owerpriesters antwoord: Ons het geen koning behalwe die keiser nie. (16)  Toe het hy Hom dan aan hulle oorgegee om gekruisig te word. En hulle het Jesus geneem en Hom weggelei.  

Insident 263        Jesus na Golgota en Simon van Sirene dra die kruis. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die tradisionele Via Dolorosa of die roete wat Jesus met die kruis gestap het.

KommentaarMattheusMarkusLukasJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 27:31-32
Loading...
(31)  En nadat hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die mantel uit en trek Hom sy klere aan en lei Hom weg om gekruisig te word. (32)  En toe hulle uitgaan, kry hulle ‘n man van Ciréne, met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra
Mar 15:20-21
Loading...
(20)  En toe hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die purperkleed uit en trek Hom sy eie klere aan; en hulle lei Hom weg om Hom te kruisig. (21)  En hulle het ‘n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, die vader van Alexander en Rufus, gedwing om sy kruis te dra.  
Luk 23:26
Loading...
(26)  En toe hulle Hom weglei, neem hulle ‘n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.
Joh 19:17
Loading...
(17)  En Hy het sy kruis gedra en uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedel-plek, in Hebreeus Gólgota,  

Insident 264        Jesus praat met vrouens wat oor Hom ween terwyl Hy loop na Golgota. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die tradisionele Via Dolorosa of die roete wat Jesus met die kruis gestap het.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 23:27-31
Loading...
(27)  En ‘n groot menigte van die volk het Hom gevolg, en vroue wat rou bedryf en Hom beklaag het. (28)  Maar Jesus het Hom omgedraai en vir hulle gesê: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders; (29)  want daar kom dae waarin hulle sal sê: Gelukkig is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie. (30)  Dan sal hulle vir die berge begin sê: Val op ons! en vir die heuwels: Bedek ons! (31)  Want as hulle dit doen aan die groen hout, wat sal met die droë gebeur!  

Insident 265        Jesus kom by Golgota aan. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die tradisionele Via Dolorosa of die roete wat Jesus met die kruis gestap het.

KommentaarMatMarLukJoh
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 27:33
Loading...
(33)  En hulle het gekom op ‘n plek wat Gólgota genoem word—dit beteken: Plek van die Hoofskedel—  
Mar 15:22
Loading...
(22)  En hulle het Hom gebring op die plek Gólgota, dit is, as dit vertaal word: Plek van die Hoofskedel.
Luk 23:32
Loading...
(32)  En daar is nog twee ander, kwaaddoeners, weggelei om saam met Hom tereggestel te word.
Joh 19:17
Loading...
(17)  En Hy het sy kruis gedra en uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedelplek, in Hebreeus Gólgota,  

Insident 266        Soldate bied Jesus ‘n suur wyn mengsel aan. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die tradisionele Golgota.

KommentaarMatMar
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 27:34
Loading...
(34)  en vir Hom asyn, met gal gemeng, gegee om te drink; en toe Hy dit proe, wou Hy nie drink nie.  
Mar 15:23
Loading...
(23)  Toe gee hulle Hom wyn met mirre gemeng om te drink, maar Hy het dit nie geneem nie.

Insident 267        Jesus word 9h00 vm. gekruisig. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart       10.5 vir die ligging van die tradisionele Golgota.

KommentaarMarkus
Die Jode se ure begin by ons 6h00 vm. tel.
Mar 15:25
Loading...
(25)  En dit was die derde uur toe hulle Hom gekruisig het.  

Insident 268        Twee rowers word saam met Hom gekruisig. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die tradisionele Golgota.

KommentaarMatMarLukJoh
 Die 2 rowers is saam met Jesus gekruisig.
Mat 27:38
Loading...
(38)  Toe word daar saam met Hom twee rowers gekruisig, een aan die regter— en een aan die linkerkant.  
Mar 15:27-28
Loading...
 (27)  Hulle het ook twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regter— en een aan sy linkerkant. (28)  En die Skrif is vervul wat sê: En Hy is by die misdadigers gereken.
Luk 23:33
Loading...
(33)  En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter— en een aan die linkerkant.  
Joh 19:18
Loading...
(18)  waar hulle Hom gekruisig het en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, en Jesus in die middel.

Insident 269        ​​Pilates se verklaring oor Jesus se misdaad. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die tradisionele Golgota.

KommentaarMatMarLukJoh
 Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 27:37
Loading...
(37)  En bokant sy hoof het hulle sy beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.  
Mar 15:26
Loading...
(26)  En die opskrif van sy beskuldiging was bokant Hom geskrywe: DIE KONING VAN DIE JODE.  
Luk 23:38
Loading...
(38)  Daar was ook ‘n opskrif bokant Hom: “Dit is die koning van die Jode.”  
Joh 19:19-22
Loading...
(19)  Pilatus het ook ‘n opskrif geskrywe en dit aan die kruis gesit. Daar het geskrywe gestaan: “Jesus van Nasaret, die Koning van die Jode.” (20)  Baie van die Jode het hierdie opskrif gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad was. Die opskrif was in Hebreeus, Latyn en Grieks. (21)  Die priesterhoofde van die Jode het toe vir Pilatus gesê: “Moenie skrywe: ‘Die Koning van die Jode’ nie, maar skrywe: Hy het gesê: Ek is die Koning van die Jode.” (22)  Pilatus het vir hulle gesê: “Wat ek geskrywe het, het ek geskrywe.”  

Insident 270        Jesus bid vir dié wat Hom gekruisig het. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5vir die ligging van die tradisionele Golgota.

KommentaarLuk
Volgens Luk is hierdie insident voor 271.
Luk 23:34
Loading...
(34)  Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” Hulle het sy klere verdeel deur te loot.

Insident 271        Die soldate verdeel Jesus se klere. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die tradisionele Golgota.

KommentaarMatMarLukJoh
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 27:35-36
Loading...
(35)  Hulle het Hom gekruisig en sy klere verdeel deur te loot. (36)  Daarna het hulle gaan sit en by Hom wag gehou.
Mar 15:24
Loading...
(24)  Toe kruisig hulle Hom en verdeel sy klere onder mekaar deur te loot oor wat elkeen moet kry.
Luk 23:34
Loading...
(34)  Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” Hulle het sy klere verdeel deur te loot.
Joh 19:23-24
Loading...
(23)  Toe die soldate Jesus dan gekruisig het, het hulle sy boklere gevat en dit in vier dele verdeel, vir elke soldaat ‘n deel. Hulle het ook sy onderkleed gevat. Dit was sonder naat van bo af in een stuk geweef. (24)  Hulle sê toe vir mekaar: “Ons moet dit nie skeur nie. Kom ons loot wie dit moet kry.” Dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word waar dit sê: “Hulle het my klere onder mekaar verdeel, en vir my kleed het hulle geloot.” Dit is wat die soldate gedoen het.  

Insident 272        Jesus voorsien vir Sy moeder. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5vir die ligging van die tradisionele Golgota.

KommentaarJoh
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Joh 19:25-27
Loading...
(25)  By die kruis van Jesus het ook nog sy moeder en sy moeder se suster en Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdalena gestaan. (26)  Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: “Daar is u seun.” (27)  Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.  

Insident 273        Die skare laster vir Jesus. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die tradisionele Golgota.

KommentaarMatMarLuk
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 27:39-43
Loading...
(39)  Die mense wat daar verbygeloop het, het Jesus gelaster. Hulle het die kop geskud (40)  en gesê: “Jy wat die tempel afbreek en in drie dae opbou! Red jouself as jy die Seun van God is, en kom van die kruis af!” (41)  Net so het die priesterhoofde saam met die skrifgeleerdes en die familiehoofde ook gespot en gesê: (42)  “Ander het hy gered, maar homself kan hy nie red nie. Hy is mos die koning van Israel! Laat hy nou van die kruis afkom en ons sal in hom glo. (43)  Hy het op God vertrou; laat God hom nou red as Hy dan behae in hom het. Hy het immers gesê hy is die Seun van God!”
Mar 15:29-32
Loading...
29  Die mense wat daar verbygeloop het, het Jesus gelaster. Hulle het die kop geskud en gesê: “Toe, jy wat die tempel afbreek en in drie dae weer opbou! 30  Red jouself en kom van die kruis af.” 31  Net so het die priesterhoofde en die skrifgeleerdes ook spottend vir mekaar gesê: “Ander het hy gered; homself kan hy nie red nie! 32  Laat die Christus, die koning van Israel, nou van die kruis af kom, sodat ons dit kan sien en in hom glo!” Die twee wat saam met Hom gekruisig is, het Hom ook beledig.  
Luk 23:35-37
Loading...
(35)  Die volk het daar gestaan en kyk. Hulle raadslede het Hom ook uitgelag en gesê: “Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Christus is wat deur God uitverkies is.” (36)  Ook die soldate het vorentoe gekom en Hom bespot. Hulle het vir Hom suur wyn aangebied (37)  en gesê: “As jy die koning van die Jode is, red jouself.”  

Insident 274        Die rowers spot Jesus. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die tradisionele Golgota.

KommentaarMatMarLuk
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 27:44
Loading...
(44)  Op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig is, Hom ook beledig.  
Mar 15:32
Loading...
(32)  Laat die Christus, die koning van Israel, nou van die kruis af kom, sodat ons dit kan sien en in hom glo!” Die twee wat saam met Hom gekruisig is, het Hom ook beledig.
Luk 23:39-43
Loading...
(39)  Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster deur te sê: “Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook!” (40)  Maar die ander een het hom tereggewys en gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Jy ondergaan tog dieselfde straf as hierdie man! (41)  In ons geval is dit regverdig, want ons ontvang die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” (42)  Verder sê hy: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.” (43)  Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”  

Insident 275        Duisternis van 12h00 nm tot 15h00 nm. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart       10.5 vir die ligging van die tradisionele Golgota.

KommentaarMatMarLukas
Mat, Mar en Luk skryf verder vanaf die vorige insident.  
Mat 27:45
Loading...
(45)  Van twaalfuur af het daar duisternis oor die hele land gekom, en dit het tot drie-uur geduur.
Mar 15:33
Loading...
(33)  Teen twaalfuur die middag het daar duisternis oor die hele land gekom en dit het tot drie-uur geduur.  
Luk 23:44-45
Loading...
(44)  Dit was al omtrent twaalfuur, toe kom daar duisternis oor die hele land, en dit het tot drie-uur geduur; (45)  die son het opgehou om te skyn. Die voorhangsel in die tempel het middeldeur geskeur.    

Insident 276        Jesus roep hard uit na Sy God en Vader. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die tradisionele Golgota.

KommentaarMatMar
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.  
Mat 27:46
Loading...
(46)  Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?  
Mar 15:34
Loading...
(34)  Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?  

Insident 277        Suur wyn word vir Jesus aangebied op ‘n stok. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die tradisionele Golgota.

KommentaarMatMarJoh
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 27:47-49
Loading...
(47)  Party van dié wat daar gestaan het, het dit gehoor en gesê: “Hy roep vir Elia.” (48)  Een van hulle hardloop toe gou, vat ‘n spons en maak dit vol suur wyn en hou dit op ‘n stok vir Hom om te drink. (49)  Maar die ander sê: “Wag, laat ons kyk of Elia hom kom red.”  
Mar 15:35-36
Loading...
(35)  Toe party van die mense wat daar naby gestaan het, dit hoor, sê hulle: “Hoor daar, hy roep vir Elia.” (36)  Een van hulle het toe gehardloop, ‘n spons in suur wyn gesteek en dit vir Hom op ‘n stok gehou om te drink. Hy het gesê: “Wag, kom ons kyk of Elia hom van die kruis kom afhaal.”
Joh 19:28-29
Loading...
(28)  Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” (29)  Daar het ‘n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe ‘n spons vol suur wyn op ‘n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou.

Insident 278        Jesus sterf. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die tradisionele Golgota.

KommentaarMatMarLukJoh
Mat, Mar en Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 27:50-56
Loading...
(50)  Jesus het weer hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas. (51)  Op daardie oomblik het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder middeldeur geskeur. Die aarde het geskud, en die rotse het uitmekaar gebars. (52)  Grafte het oopgegaan, en baie gelowiges wat dood was, is opgewek, (53)  en hulle het uit hulle grafte uitgegaan. Na Jesus se opstanding het hulle in die heilige stad gekom, waar hulle aan baie mense verskyn het. (54)  Toe die offisier en die soldate wat saam met hom vir Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat gebeur, het hulle baie bang geword en gesê: “Hierdie man was werklik die Seun van God.” (55)  Daar was ook baie vroue wat op ‘n afstand gestaan en kyk het. Dit is hulle wat vir Jesus van Galilea af gevolg en vir Hom gesorg het. (56)  Onder hulle was Maria Magdalena, Maria die moeder van Jakobus en Josef, en die moeder van die seuns van Sebedeus.  
Mar 15:37-41
Loading...
(37)  Daarna het Jesus hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas. (38)  Die voorhangsel in die tempel het van bo tot onder middeldeur geskeur. (39)  Toe die offisier, wat reg voor Jesus gestaan het, Hom die laaste asem só sien uitblaas het, het hy gesê: “Hierdie man was werklik die Seun van God.” (40)  Daar het ook vroue op ‘n afstand gestaan en kyk. Onder hulle was Maria Magdalena en Maria die moeder van Klein-Jakobus en Joses, en Salome. (41)  Toe Jesus nog in Galilea was, het hulle oral saam met Hom gegaan en Hom versorg. Baie ander vroue wat saam met Hom na Jerusalem toe gekom het, was ook daar.  
Luk 23:46-49
Loading...
(46)  Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas. (47)  Toe die offisier sien wat gebeur het, het hy God geprys en gesê: “Hierdie man was werklik onskuldig.” (48)  Al die mense wat saamgedrom het om na die skouspel te kyk en gesien het wat daar gebeur het, het verslae huis toe gegaan. (49)  Maar al Jesus se vriende, ook die vroue wat Hom van Galilea af gevolg het, het op ‘n afstand bly staan. Hulle het al hierdie dinge gesien.  
Joh 19:30
Loading...
(30)  Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.  

Insident 279        Soldaat steek ‘n spies in Jesus se sy. Donderdag 6 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die tradisionele Golgota.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
 
Joh 19:31
Loading...
: “ … die Jode wou nie hê dat die liggame op die sabbatdag aan die kruis moes bly nie, want daardie sabbatdag was ‘n groot dag. Daarom het hulle vir Pilatus gevra dat die mense wat gekruisig is, se bene gebreek en die liggame weggevat moes word.”
 
Hoekom was daardie Sabbatdag vir die Jode ‘n groot dag?
Volgens Verwysing 18 was die volgende dag na die kruisiging Vrydag, die eerste dag van die Fees van die Ongesuurde Brode. Volgens Moses se voorskrifte ‘n Sabbat. Die dag daarna was Saterdag en dus die weeklikse Sabbat. Dus was daar 2 Sabbatte opeenvolgend. Dus sou die liggame vir die 2 Sabbatte aan die kruise moes gebly het omdat hulle nie op die sabbat mag werk nie.
Joh 19:31-37
Loading...
(31)  Dit was Vrydag, en die Jode wou nie hê dat die liggame op die sabbatdag aan die kruis moes bly nie, want daardie sabbatdag was ‘n groot dag. Daarom het hulle vir Pilatus gevra dat die mense wat gekruisig is, se bene gebreek en die liggame weggevat moes word. (32)  Toe het die soldate gekom en die bene van die eerste een gebreek en ook dié van die tweede een wat saam met Jesus gekruisig is. (33)  Toe hulle egter by Jesus kom en sien dat Hy al klaar dood is, het hulle nie sy bene gebreek nie. (34)  Maar een van die soldate het met ‘n spies in Sy sy gesteek, en daar het dadelik bloed en water uitgekom. (35)  Hy wat dit gesien het, lê daarvan getuienis af, en sy getuienis is waar. Hy weet dat hy die waarheid praat, sodat julle ook kan glo. (36)  Dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word: “Geen been van Hom sal gebreek word nie.” (37)  En verder sê die Skrif op ‘n ander plek: “Hulle sal Hom sien vir wie hulle deurboor het.”  

Insident 280        Die begrafnis van Jesus. Donderdag 6 April 30 nC18. Dit was Vrydag 7 April toe die graf verseël is en die Romeinse wag daar gebly het. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die graf van Josef van Arimathaea naby die tradisionele Golgota.

KommentaarMattheusMarkusLukasJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.

Dit was Vrydag 7 April toe die graf verseël is en die
Romeinse wag daar gebly het.
Mat 27:57-61
Loading...
 (57) Laat die middag het daar ‘n ryk man aangekom. Dit was Josef van Arimatea, wat self ook ‘n volgeling van Jesus was. (58)  Hy het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra, en Pilatus het beveel dat dit vir hom gegee moet word. (59)  Josef het die liggaam geneem en dit in skoon linne toegedraai (60)  en dit daarna neergelê in sy eie nuwe graf wat hy in die rots uitgekap het. Hy het ‘n groot klip voor die ingang van die graf gerol en weggegaan. (61)  Maria Magdalena en die ander Maria was ook daar en het reg voor die graf gesit.

Mat 27:57-61
Loading...

(62)  Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom (63)  en vir hom gesê: “Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opgewek word.’ (64)  Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat sy dissipels hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel: ‘Hy is uit die dood opgewek’ nie. Dan sal die tweede bedrog erger wees as die eerste.” (65)  Pilatus antwoord hulle: “Hier is vir julle ‘n wag; gaan beveilig die graf so goed as julle kan.” (66)  Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wag daar te laat bly.
Mar 15:42-47
Loading...
  (42)Dit was Vrydag, dit is die dag voor die sabbatdag, en dit was al die middag laat. (43)  Josef van Arimatea, ‘n vooraanstaande lid van die Joodse Raad en iemand wat self ook uitgesien het na die koms van die koninkryk van God, kom toe daar aan. Hy het dit gewaag om na Pilatus toe te gaan en die liggaam van Jesus te vra. (44)  Pilatus was verbaas om te hoor dat Hy al dood is. Hy het die offisier laat roep en hom gevra of Jesus lankal gesterwe het. (45)  Toe hy van die offisier verneem dat dit wel so is, het hy die lyk vir Josef gegee. (46)  Josef het ‘n stuk linne gekoop, Jesus van die kruis gaan afhaal, Hom in die linne toegedraai en neergelê in ‘n graf wat in die rots uitgekap was. Hy het ‘n klip voor die ingang van die graf gerol. (47)  Maria Magdalena en Maria die moeder van Joses het gestaan en kyk waar Hy neergelê word.
Luk 23:50-56
Loading...
(50)  Daar was ‘n man met die naam Josef, afkomstig van ‘n Joodse dorpie Arimatea. Hy was ‘n goeie en opregte man en het die koms van die koninkryk van God verwag. Hoewel hy lid van die Joodse Raad was, het hy nie met hulle besluit en optrede saamgestem nie. (51)  (SEE 23:50) (52)  Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra. (53)  Nadat hy dit van die kruis afgehaal het, het hy dit in linne toegedraai en in ‘n rotsgraf neergelê waarin nog nooit tevore iemand begrawe was nie. (54)  Dit was Vrydag, en die sabbat het al begin aanbreek. (55)  Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af gekom het, het saamgeloop en die graf gesien en gekyk hoe sy liggaam neergelê word. (56)  Daarna het hulle huis toe gegaan en reukolie en salf reggemaak. Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal.  
Joh 19:38-42
Loading...
 (38) Hierna het Josef van Arimatea, wat ‘n dissipel van Jesus was maar in die geheim, omdat hy vir die Jode bang was, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag neem. Pilatus het sy toestemming gegee. Josef het toe gegaan en sy liggaam weggeneem. (39)  Nikodemus, wat ‘n keer in die nag na Jesus toe gekom het, het ook gekom en ‘n mengsel van omtrent vyftig liter mirre en aalwyn gebring. (40)  Hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit met die geurolie behandel en in doeke toegedraai, soos dit die gebruik van die Jode was om iemand vir die begrafnis uit te lê. (41)  By die plek waar Jesus gekruisig is, was daar ‘n tuin en in die tuin ‘n nuwe graf waarin daar nog niemand begrawe was nie. (42)  Daar het hulle Jesus begrawe, omdat die sabbatdag vir die Jode al amper aangebreek het en die graf daar naby was.  

Insident 281        Jesus se opstanding. Saterdag nag, voor son’s opkoms 9 April 30 nC18.

KommentaarMattheusMarkusLukasJohannes
Die Jode het destyds wanneer hulle dae getel het, die eerste dag ook getel, as die telling voor sononder begin het.   Jesus is Donderdag 6 April 30 nC om 15h00 oorlede. Dus het hulle Donderdag as die eerste dag getel. Vrydag was dag 2 en Saterdag (dag) nommer 3.   Donderdag nag was nag nommer een, Vrydag nag was nag nommer 2 en Saterdag nag, voor son’s opkoms 9 April 30 nC, nag nommer 3. As dit met of na son’s opkoms was, was dit dag nommer 4. Matthew 12:40 40  Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van ‘n groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees.   Matthew 16:4 4  ‘n Slegte en afvallige geslag wil ‘n teken hê, en geen teken sal aan hulle gegee word nie behalwe die teken van Jona.” Hy het hulle daar gelaat en weggegaan.  
Luke 11:29
Loading...
29  Toe die mense aanhou saamdrom, het Jesus hulle begin toespreek en gesê: “Die mense van hierdie tyd is ‘n verdorwe geslag. Hulle vra ‘n wonderteken, maar daar sal geen teken aan hulle gegee word nie behalwe die teken van Jona.
John 2:19
Loading...
19  Jesus het hulle geantwoord: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig.”

Insident 282        ‘n Engel rol die klip weg. Vrouens arriveer teen dagbreek. Engele verskyn aan hulle en hulle hardloop om die dissipels te vertel. . Johannes en Petrus gaan na die graf en huis toe.  Sondag 9 April 30 nC18 . Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die graf van Josef van Arimathaea naby die tradisionele Golgota.

KommentaarMattheusMarkusLukasJohannes
Mat, Mar, Luk en Joh skryf verder vanaf die vorige insident.   Die engel het die klip weggerol sodat die vrouens en dissipels in die graf kon ingaan. Jesus het toe alreeds opgestaan.
Mat 28:1-8
Loading...
(1)  Na die sabbatdag, toe dit die Sondagmôre begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gaan kyk. (2)  Skielik was daar ‘n geweldige aardbewing. ‘n Engel van die Here het van die hemel af gekom, na die graf toe gegaan, die klip weggerol en daarop gaan sit. (3)  Sy voorkoms was so blink soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu. (4)  Van skrik vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword. (5)  Toe sê die engel vir die vroue: “Julle moet nie bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. (6)  Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het. (7)  Gaan gou en sê vir sy dissipels: ‘Hy is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien.’ Dit is wat ek vir julle moes sê.” (8)  Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan, bang maar baie bly, en hulle het gehardloop om dit aan die dissipels te vertel.  
Mar 16:1-8
Loading...
(1)  Toe die sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria die ma van Jakobus, en Salome reukolie gekoop om die liggaam daarmee te gaan balsem. (2)  Die Sondagmôre baie vroeg kom hulle by die graf aan net toe die son opkom. (3)  Hulle vra toe vir mekaar: “Wie sal vir ons die klip voor die ingang van die graf wegrol?” (4)  Die klip was baie groot, maar toe hulle opkyk, sien hulle dat dit klaar weggerol is. (5)  Toe hulle in die graf ingaan, sien hulle ‘n jongman aan die regterkant sit met lang wit klere aan, en hulle het groot geskrik. (6)  “Moenie skrik nie!” sê hy vir hulle. “Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het. (7)  Maar gaan sê vir sy dissipels en in die besonder vir Petrus: Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.” (8)  Hulle het uit die graf uitgegaan en weggehardloop terwyl hulle gebewe het van die skrik. Hulle het vir niemand anders iets daarvan gesê nie, want hulle was bang.  
Luk 24:1-12
Loading...
(1)  Die Sondagmôre baie vroeg het die vroue na die graf toe gegaan met die reukolie wat hulle reggemaak het. (2)  Daar kry hulle die klip weggerol van die ingang van die graf af; (3)  en toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie. (4)  Hulle het nie geweet wat om daarvan te dink nie. Meteens staan daar by hulle twee manne met blink klere aan. (5)  Die vroue het groot geskrik en met hulle gesig na die grond toe gebuig. Toe sê die manne vir hulle: “Waarom soek julle die Lewende by die dooies? (6)  Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was (7)  en gesê het: Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word, en op die derde dag opstaan.” (8)  Toe het hulle sy woorde onthou (9)  en van die graf af teruggegaan en al hierdie dinge vir die elf en al die ander vertel. (10)  Die vroue was Maria Magdalena en Johanna en Maria die ma van Jakobus. Ook die ander vroue saam met hulle het dieselfde dinge aan die apostels vertel. (11)  Maar vir hulle het hierdie verhaal na onsin gelyk en hulle het die vroue nie geglo nie. (12)  Petrus het egter opgespring en na die graf toe gehardloop. Toe hy daar vooroor buk, sien hy net die doeke. Vol verwondering oor wat gebeur het, is hy terug huis toe.  
Joh 20:1-2
Loading...
(1)  Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. (2)  Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.” (3)  Petrus en die ander dissipel het toe uitgekom en na die graf toe gegaan. (4)  Die twee het saam begin hardloop, maar die ander dissipel het vinniger as Petrus gehardloop en eerste by die graf gekom. (5)  Toe hy vooroor buk, sien hy die doeke lê, maar hy het nie ingegaan nie. (6)  Ná hom het Simon Petrus ook daar aangekom, en hy het in die graf ingegaan. Hy sien toe die doeke daar lê, (7)  ook die doek wat om Jesus se kop was. Dié doek het nie by die ander doeke gelê nie, maar was eenkant afsonderlik opgerol. (8)  Daarna het die ander dissipel, wat eerste by die graf gekom het, ook ingegaan, en hy het dit ook gesien en geglo. (9)  Hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Jesus uit die dood moet opstaan nie. (10)  Daarna het die dissipels weer huis toe gegaan.  

Insident 283        Jesus verskyn aan Maria Magdalena. Sondag 9 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die graf van Josef van Arimathaea naby die tradisionele Golgota.

KommentaarMarkusJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Mar 16:9
Loading...
(9)  Ná Jesus se opstanding vroeg die Sondagmôre, het Hy heel eerste aan Maria Magdalena verskyn, uit wie Hy vantevore sewe bose geeste uitgedrywe het.  
Joh 20:11-17
Loading...
(11)  Maar Maria het buite by die graf bly staan en huil. Terwyl sy huil, het sy vooroor gebuk om in die graf in te kyk. (12)  Toe sien sy twee engele met wit klere aan daar sit waar die liggaam van Jesus gelê het, een waar die kop en een waar die voete was. (13)  Hulle vra toe vir haar: “Mevrou, waarom huil jy?” Sy antwoord hulle: “Omdat hulle my Here weggevat het en ek nie weet waar hulle Hom nou begrawe het nie.” (14)  Nadat sy dit gesê het, het sy omgedraai en vir Jesus daar sien staan, maar sy het nie geweet dat dit Hy is nie. (15)  Jesus vra haar toe: “Mevrou, waarom huil jy? Vir wie soek jy?” Sy het gedink dit is die tuinopsigter, en sy het vir hom gesê: “Meneer, as u Hom weggevat het, sê vir my waar u Hom begrawe het, en ek sal Hom daar gaan haal.” (16)  Jesus het vir haar gesê: “Maria!” Sy draai na Hom toe en sê in Hebreeus vir Hom: “Rabboeni!” Dit beteken leermeester. (17)  Jesus sê toe vir haar: “Moet My nie vashou nie, want Ek het nog nie na die Vader toe opgevaar nie. Maar gaan na my broers toe en sê vir hulle: ‘Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God, wat ook julle God is.’ ”  

Insident 284        Jesus verskyn aan die ander vrouens. Sondag 9 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die graf van Josef van Arimathaea naby die tradisionele Golgota.

KommentaarMattheus
Mat skryf verder vanaf insident 281.  
Mat 28:9-10
Loading...
(9)  Skielik het Jesus daar voor die vroue gestaan en hulle gegroet. Hulle het nader gekom, sy voete gegryp en Hom aanbid. (10)  Toe sê Jesus vir hulle: “Moenie bang wees nie. Gaan sê vir my broers hulle moet na Galilea toe gaan, en daar sal hulle My sien.”  

Insident 285        Die vrouens vertel die dissipels dat hulle Jesus gesien het. Sondag 9 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die graf van Josef van Arimathaea naby die tradisionele Golgota.

KommentaarMarkusJohannes
Joh skryf verder vanaf insident 283.  
Mar 16:10-11
Loading...
(10)  Sy het dit vir sy dissipels gaan vertel wat oor Hom getreur en gehuil het. (11)  Alhoewel hulle by haar gehoor het dat Hy lewe en dat sy Hom gesien het, het hulle haar tog nie geglo nie.  
Joh 20:18
Loading...
(18)  Maria Magdalena het toe vir die dissipels gaan sê: “Ek het die Here gesien!” En sy het ook vertel wat Hy vir haar gesê het.

Insident 286        Die boodskap wat onder die Jode versprei is. Sondag 9 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die graf van Josef van Arimathaea naby die tradisionele Golgota.

KommentaarMattheus
Mat skryf verder vanaf insident 284.  
Mat 28:11-15
Loading...
(11)  Terwyl die vroue op pad was, kom party van die wagte in die stad aan en vertel vir die priesterhoofde alles wat gebeur het. (12)  Die priesterhoofde het saam met die familiehoofde vergader en die volgende plan gemaak. Hulle het vir die soldate ‘n groot som geld gegee (13)  en gesê: “Julle moet sê: ‘Sy dissipels het in die nag gekom en sy liggaam gesteel terwyl ons geslaap het.’ (14)  En as die goewerneur daarvan hoor, sal ons hom tevrede stel en sorg dat julle nie bekommerd hoef te wees nie.” (15)  Die wagte het toe die geld gevat en gemaak soos hulle voorgesê is. Hierdie storie word tot vandag toe onder die Jode vertel.  

Insident 287        Jesus verskyn aan twee wat na Emmaus toe loop. Sondag 9 April 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van Jerusalem. Emmaus was 12 km wes van Jerusalem.

KommentaarMarkusLukas
Mar skryf verder vanaf insident 285.  
Mar 16:12-13
Loading...
(12)  Daarna het Jesus met ‘n ander voorkoms aan twee van hulle verskyn terwyl hulle op pad was na die platteland toe. (13)  Hulle het dit vir die ander dissipels gaan vertel, maar dié het selfs vir húlle ook nie geglo nie.  
Luk 24:13-33
Loading...
(13)  Op dieselfde dag was twee van hulle op pad na ‘n dorpie met die naam Emmaus, twaalf kilometer van Jerusalem af. (14)  Hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat gebeur het. (15)  Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop, (16)  maar hulle oë is verhinder om Hom te herken. (17)  Hy vra hulle toe: “Wat is dit wat julle so ernstig met mekaar loop en bespreek?” Met somber gesigte gaan hulle staan, (18)  en een van hulle, met die naam Kleopas, antwoord Hom: “Is u dan die enigste vreemdeling in Jerusalem dat u nie weet van die dinge wat in die afgelope dae daar gebeur het nie?” (19)  Hy vra vir hulle: “Watter dinge?” Hulle antwoord Hom: “Die dinge in verband met Jesus van Nasaret, ‘n profeet wat magtig was in woord en daad voor God en die hele volk; (20)  en hoe ons priesterhoofde en die lede van ons Raad Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word, en Hom gekruisig het. (21)  Ons het so gehoop dat dit Hy is wat Israel sou verlos. Maar boonop is dit vandag al die derde dag vandat die dinge gebeur het. (22)  En nou het ‘n paar vroue uit ons kring ons ook nog ontstel. Hulle was vanmôre vroeg by die graf (23)  en kon sy liggaam nie kry nie. Hulle het kom vertel dat hulle ‘n verskyning gesien het van engele wat gesê het Hy lewe. (24)  Sommige van ons mense het ook na die graf toe gegaan en dit net so gekry soos die vroue gesê het, maar Hom het hulle nie gesien nie.” (25)  Toe sê Hy vir hulle: “Wat ‘n gebrek aan begrip en wat ‘n traagheid van gees! Glo julle dan nie al die dinge wat die profete gesê het nie? (26)  Moes die Christus nie hierdie dinge ly om in sy heerlikheid in te gaan nie?” (27)  Daarna het Hy by Moses en al die profete begin en al die Skrifuitsprake wat op Hom betrekking het, vir hulle uitgelê. (28)  Toe hulle by die dorpie aankom waarheen hulle op pad was, het Hy gemaak of Hy verder wou gaan. (29)  Hulle het egter by Hom aangedring en gesê: “Bly by ons, want dit is amper aand en die dag is al verby.” Toe het Hy ingegaan om by hulle oor te bly. (30)  Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die seën, breek dit en gee dit vir hulle. (31)  Toe gaan hulle oë oop, en hulle het Hom herken, maar Hy het uit hulle gesig verdwyn. (32)  Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?” (33)  Hulle het dadelik opgestaan en na Jerusalem toe teruggegaan. Daar kry hulle die elf en die ander mense bymekaar,  

Insident 288        Jesus verskyn aan Simon (Sefas) en die dissipels sonder Thomas. Sondag 9 April 30 nC18 C. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van Jerusalem.

KommentaarMarkusLukasJohannesKorintiërs
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Mar 16:14
Loading...
(14)  Later het Jesus aan die elftal self verskyn terwyl hulle aan tafel was. Hy het hulle verwyt oor hulle ongeloof en hardheid van hart omdat hulle dié wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie.  
Luk 24:34-43
Loading...
(34)  en dié sê: “Die Here het regtig opgestaan en Hy het aan Simon verskyn!” (35)  Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het, en hoe Hy aan hulle bekend geword het toe Hy die brood gebreek het. (36)  Terwyl hulle nog oor hierdie dinge praat, staan Jesus self meteens daar tussen hulle en sê vir hulle: “Vrede vir julle!” (37)  Hulle het geweldig geskrik en bang geword en gedink hulle sien ‘n gees. (38)  Hy sê toe vir hulle: “Waarom is julle so verskrik, en waarom kom daar twyfel in julle harte? (39)  Kyk na my hande en my voete: dit is tog Ek self. Voel aan My en kyk! ‘n Gees het tog nie vleis en bene soos julle sien dat Ek het nie.” (40)  Terwyl Hy dit sê, wys Hy vir hulle sy hande en voete. (41)  Toe hulle van blydskap en verwondering nog nie kon glo nie, sê Hy vir hulle: “Het julle hier iets om te eet?” (42)  Hulle gee Hom toe ‘n stuk gebakte vis. (43)  Hy het dit gevat en voor hulle oë geëet.  
Joh 20:19-25
Loading...
(19)  Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” (20)  Nadat Hy dit gesê het, wys Hy sy hande en Sy sy vir hulle. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien. (21)  “Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” (22)  Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees! (23)  As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie.” (24)  Tomas, wat ook Didimus genoem is, een van die twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie. (25)  Die ander dissipels sê toe vir hom: “Ons het die Here gesien!” Maar hy sê vir hulle: “As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in Sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.”  
1 Kor. 15:5 (5)  Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf,    

Insident 289        Jesus weer verskyn weer aan die dissipels en Thomas 8 dae later. Sondag 16 April 30 nC. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van Jerusalem.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Joh 20:26-31
Loading...
(26)  Ag dae later was Jesus se dissipels weer bymekaar, en Tomas was by hulle. Hoewel die deure gesluit was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en gesê: “Vrede vir julle!” (27)  Daarna sê Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.” (28)  En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!” (29)  Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.” (30)  Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. (31)  Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.  

Insident 290        Jesus verskyn aan 7 dissipels by die see van Galilea en vra 3 vrae aan Petrus 3 keer. April 30 nC. Sien Kaart 10.4 vir die ligging van die see van Galilea

KommentaarJohannes
Joh 21:1-25
Loading...
(1)  Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias. Dit het só gebeur: (2)  Simon Petrus en Tomas, wat ook Didimus genoem is, Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus en nog twee ander dissipels was daar saam. (3)  Simon Petrus sê toe vir hulle: “Ek gaan visvang.” “Ons gaan ook saam met jou,” sê hulle vir hom. Hulle het gegaan en in die skuit geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie. (4)  Toe dit al lig was, het Jesus daar op die strand gestaan, maar die dissipels het nie geweet dat dit Hy is nie. (5)  Jesus vra toe vir hulle: “Mense, het julle nie iets gevang om te eet nie?” “Nee,” antwoord hulle Hom. (6)  Hy sê toe vir hulle: “Gooi die net aan die regterkant van die skuit uit, dan sal julle iets kry.” Hulle het die net toe daar uitgegooi, en vanweë die groot klomp vis kon hulle hom nie weer intrek nie. (7)  Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!” Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy hemp aangetrek – want sy bolyf was kaal – en in die water gespring. (8)  Hulle was nie ver van die land af nie, net omtrent honderd tree. Die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep. (9)  Toe hulle aan land kom, sien hulle ‘n vuur brand en ‘n stuk vis daarop lê. Daar was brood ook. (10)  Jesus sê toe vir hulle: “Bring van die vis wat julle nou net gevang het.” (11)  Simon Petrus het toe in die skuit geklim en die net op die land getrek. Dit was vol groot visse, honderd drie en vyftig, en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie. (12)  Toe sê Jesus vir hulle: “Kom eet.” Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra: “Wie is U?” nie. Hulle het geweet dat dit die Here is. (13)  Jesus kom toe, neem die brood en gee dit vir hulle, en net so ook die vis. (14)  Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy uit die dood opgewek is. (15)  Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.” (16)  Jesus vra hom weer ‘n tweede keer: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Pas my skape op.” (17)  Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei. (18)  Dit verseker Ek jou: Toe jy jonger was, het jy self jou klere vasgemaak en gegaan waar jy wil; maar wanneer jy oud is, sal jy jou hande uitsteek, en iemand anders sal jou vasmaak en jou bring waar jy nie wil wees nie.” (19)  Dit het Jesus gesê en daarmee aangedui deur watter soort dood Petrus God sou verheerlik. Daarna sê Hy vir hom: “Volg My!” (20)  Toe Petrus omdraai, sien hy die dissipel volg vir wie Jesus baie lief was, wat ook by die maaltyd na Jesus se kant toe oorgeleun en gevra het: “Here, wie is u verraaier?” (21)  Toe Petrus hom dan sien, vra Petrus vir Jesus: “Here, en wat van hom?” (22)  Jesus antwoord hom: “As Ek wil hê dat hy in die lewe moet bly totdat Ek weer kom, is dit nie jou saak nie. Volg jy My!” (23)  Die gerug het toe onder die broers versprei dat daardie dissipel nie sal sterwe nie. Jesus het egter nie vir Petrus gesê dat daardie dissipel nie sal sterwe nie, maar: “As Ek wil hê dat hy in die lewe moet bly totdat Ek weer kom, is dit nie jou saak nie.” (24)  Dit is die dissipel wat oor al hierdie dinge getuienis aflê en dit beskrywe het, en ons weet dat sy getuienis waar is. (25)  Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink ek, sou die hele wêreld nie genoeg plek vir die boeke hê nie.  

Insident 291        Jesus verskyn aan meer as 500 broeders tegelyk en aan Jakobus. April 30 nC.  Sien Kaart 10.1

KommentaarKor
 1Kor 15:5-7
(5)  Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf,
(6)  en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe.
(7)  Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels.  

Insident 292        Die groot opdrag. 18 Mei 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir Jerusalem en die Olyfberg waar Jesus opgevaar het.

KommentaarMatMarLuk
Dit was net voor Jesus se hemelvaart.
Mat 28:16-20
Loading...
(16)  Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. (17)  Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het. (18)  Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. (19)  Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en (20)  leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”  
Mar 16:15-18
Loading...
(15)  Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom. (16)  Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal gered word; wie nie glo nie, sal veroordeel word. (17)  Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat; (18)  met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.”  
Luk 24:44-49
Loading...
(44)  Daarna sê Hy vir hulle: “Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en psalms oor My geskrywe is.” (45)  Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan. (46)  Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, (47)  en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.’ (48)  Julle is getuies van hierdie dinge. (49)  En Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly totdat julle met krag van bo toegerus is.”  

Insident 293        Hemelvaart van Jesus. 18 Mei 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir Jerusalem en die Olyfberg waar Jesus opgevaar het.

KommentaarMarkusLukasHandelinge
Hemel-vaart was 40 dae na Jesus se opstanding.
Mar 16:19-20
Loading...
(19)  Nadat die Here Jesus dit vir hulle gesê het, is Hy in die hemel opgeneem en het Hy aan die regterhand van God gaan sit. (20)  Hulle het toe die evangelie oral gaan verkondig, en die Here het met hulle saamgewerk en hulle prediking bekragtig deur die wondertekens wat daarop gevolg het.  
Luk 24:50-52
Loading...
(50)  Daarna het Hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betanië. Daar het Hy sy hande opgehef en hulle geseën. (51)  Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. (52)  Hulle het Hom aanbid en met groot blydskap na Jerusalem toe teruggegaan.  
Hand 1:1-12 (1)  My eerste boek, Teofilus, het ek geskrywe oor alles wat Jesus gedoen en geleer het, van die begin af (2)  tot op die dag van sy Hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het. (3)  Ná sy dood het Hy aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van God gepraat. (4)  Terwyl Hy ‘n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: “Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het. (5)  Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne ‘n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.” (6)  Toe hulle ‘n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” (7)  Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. (8)  Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” (9)  Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ‘n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. (10)  Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. (11)  Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.” (12)  Daarna het hulle na Jerusalem toe teruggegaan van die berg af. Dit is die Olyfberg, vlak by die stad, ‘n sabbatsreis ver.  

Insident 294        Gebed vir die Heilige Gees. Vanaf 18 Mei tot 27 Mei 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die Bovertrek.

KommentaarLukasHandelinge
Luk 24:53
Loading...
(53)  Daar het hulle die hele tyd by die tempel gebly en God geprys.
Hand 1:13-14 (13)  In die stad aangekom, is hulle na die bovertrek toe waar hulle gewoonlik vertoef het. Dit was Petrus en Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus seun van Alfeus, Simon die Seloot en Judas seun van Jakobus. (14)  Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed saam met ‘n aantal vroue, onder wie ook Maria die moeder van Jesus. Sy broers was ook by.  

Insiden t 295       Matthias gekies as die 12 de dissipel. Tussen 18 Mei tot 27 Mei 30 nC18. Kaart 10.5

KommentaarHandelinge
Hand 1:15-26 (15)  In daardie tyd was daar ‘n byeenkoms van die sowat honderd en twintig gelowiges. Petrus het die leiding geneem en gesê: (16)  “Broers, die Skrifwoord wat die Heilige Gees tevore by monde van Dawid oor Judas uitgespreek het, moes vervul word. Hy is as een van ons gereken en is ook gekies om ‘n aandeel in ons werk te hê, maar hy het die gids geword van dié wat vir Jesus gevange geneem het. (17)  (SEE 1:16) (18)  Met die geld wat Judas vir sy misdaad gekry het, het hy ‘n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul. (19)  Dit het bekend geword onder al die inwoners van Jerusalem. Daarom word die plek in hulle taal Akeldama genoem. Dit beteken Bloedgrond. (20)  In die boek van die Psalms staan daar: Laat sy woonplek leeg word; laat niemand daarin woon nie, en: Laat ‘n ander sy amp oorneem. (21)  Daar moet dus nog ‘n getuie van Jesus se opstanding by ons gevoeg word. Dit moet een van die manne wees wat saam met ons rondgegaan het die hele tyd toe die Here Jesus in die openbaar opgetree het, vandat Hy deur Johannes gedoop is totdat Hy van ons af in die hemel opgeneem is.” (22)  (SEE 1:21) (23)  Hulle stel toe twee voor: Josef, wat ook Barsabbas of Justus genoem word, en Mattias. (24)  En die gelowiges het gebid: “Here, U wat die harte van almal ken, wys die een aan wat U uit hierdie twee verkies het (25)  om as apostel te dien in die plek wat Judas leeg gelaat het toe hy gegaan het na waar hy hoort.” (26)  Hulle het geloot, en die loting het vir Mattias aangewys. So is hy gekies as die twaalfde apostel.  

Insident 296        Die uitstorting van Heilige Gees op Pinkster dag. 28 Mei 30 nC18. Sien Kaart 10.5 vir die ligging van die Bovertrek.

KommentaarHandelinge
10 dae na Hemelvaart.Hand 2:1-13 (1)  Toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. (2)  Skielik was daar ‘n geluid uit die hemel soos van ‘n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. (3)  Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. (4)  Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen. (5)  Daar het godsdienstige Jode uit al die nasies onder die son in Jerusalem gewoon. (6)  Toe die mense die geluid hoor, het ‘n groot skare saamgedrom. En omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word, het hulle nie geweet hoe hulle dit het nie. (7)  Verras en verbaas sê hulle toe: “Die mense wat daar praat, is tog almal Galileërs. (8)  Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal? (9)  Perse, Mediërs en Elamiete, sowel as die inwoners van Mesopotamië, Judea en Kappadosië, Pontus en die provinsie Asië, (10)  Frigië en Pamfilië, Egipte en die dele van Libië om Sirene, mense uit Rome, (11)  Jode sowel as heidene wat die Joodse geloof aangeneem het, Kretensers en Arabiere – ons hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het.” (12)  Hulle was almal verbaas en uit die veld geslaan. Party het vir mekaar gevra: “Wat kan dit tog beteken?” (13)  Maar party het gespot en gesê: “Hulle is dronk.”