| Tyd | Gebeurtenis | Mat | Mar | Luk | Joh |
| Vrydag 31 Maart 30 nC | |||||
| Jesus en sy dissipels kom in Betanië aan. Die Jode was nie toegelaat om op die Sabbat te reis nie, dus moes hierdie reis na Betanië voor die Sabbat plaasgevind het. Kyk ook na die volgende: Volgens verwysing 20 skryf Johannes aan Christene in Romeinse gebied en noem dus dae en tye volgens die Romeinse stelsel. Hulle tel nie die dae soos die ou Jode van dag 1 (ingesluit) nie. Volgens item 3 het die Pasga, tydens Jesus se kruisiging, op 6 April 30 n.C. geval. Tel nou 6 dae terug en kry Vrydag 31 Maart 30 nC. | – | – | – | Joh 12:1 Loading... | |
| Maria salf Jesus se voete tydens aandete Die maaltyd waartydens Jesus se voete gesalf is. Die ete is heel waarskynlik Vrydag gemaak omdat hulle nie op die Sabbat mag gewerk het nie. Die Sabbat het die Vrydagaand met sononder begin. | Joh 12:2-8 Loading... | ||||
| Saterdag 1 April 30 nC (Sabbat vir die Jode) | |||||
| Skares kom sien Jesus en Lasarus en Hoof priesters beplan om Lasarus dood te maak. Die Jode kon slegs ongeveer 900 meter (Sabbatsreise) op die Sabbat reis. Baie van hulle het saam met Jesus gereis vir die Pasga wat oor ‘n week sou wees en kon Lasarus besoek sonder om die Sabbats reis limiet te oorskry. | – | – | – | Joh 12:9-11 Loading... | |
| Sondag 2 April 30 nC (Palmsondag vir die Christene) | |||||
| Jesus se triomfantelike intog in Jerusalem op ‘n donkie. Volgens Johannes 12:12 het Jesus die volgende dag, Sondag, Jerusalem binnegery op die donkie. | Mat 21:1-11 Loading... | Mar 11:1-11 Loading... | Luk 19:29-38 Loading... | Joh 12:12-18 Loading... | |
| Die Fariseërs reageer op Jesus die skare se verering van Jresus. | – | – | Luk 19:39-40 Loading... | Joh 12:19 Loading... | |
| Jesus huil oor Jerusalem | – | – | Luk 19:41-44 Loading... | – | |
| Maandag 3 April 30 n.C. (Heilige Maandag vir die Christene) | |||||
| Vroeg | Jesus het in Betanië oornag en ‘n vyeboom vervloek op pad terug na Jerusalem. | Mat 21:19 Loading... | Mar 11:12-14 Loading... | – | – |
| Jesus reinig die tempel vir die tweede keer en genees mense. Die eerste keer was 3 jaar gelede. | Mat 21:12-14 Loading... | Mar 11:15-17 Loading... | Luk 19:45-46 Loading... | – | |
| Die Joodse leiers soek ‘n plan om Jesus dood te maak, en Hy verlaat Jerusalem om in Betanië te oornag. | Mat 21:15-17 Loading... | Mar 11:18-19 Loading... | Luk 19:47-48 Loading... | – | |
| Dinsdag 4 April 30 n.C. (Heilige Dinsdag vir die Christene) | |||||
| Vroeg | Die vervloekte vyeboom is verdor. | Mat 21:19-22 Loading... | Mar 11:20-26 Loading... | – | – |
| Jesus se gesag word in die Tempel uitgedaag. | Mat 21:23-27 Loading... | Mar 11:27-33 Loading... | Luk 20:1-8 Loading... | – | |
| Jesus vertel die volgende gelykenisse: van die 2 seuns, die druiwe boere en die bruilof. | Mat 21:28 –46Loading... Mat 22:1-14 Loading... | Mar 12:1-12 Loading... | Luk 20:9-18 Loading... | – | |
| Jode vra Jesus oor belasting. | Mat 22:15-22 Loading... | Mar 12:13-17 Loading... | Luk 20:19-26 Loading... | – | |
| Die Sadduseërs, Fariseërs en Skrifgeleerdes redeneer met Jesus. | Mat 22:23-46 Loading... Mat 23:1-30 Mat 23:31-39 Loading... | Mar 12:18-40 Loading... | Luk 20:27-47 Loading... | – | |
| Die muntstuk van die weduwee. | – | Mar 12:41-44 Loading... | Luk 21:1-4 Loading... | – | |
| Die dissipels wys vir Jesus die tempel en op die Olyfberg voorspel Hy die val van Jerusalem en sy wederkoms en gee waarskuwings om gereed te wees en oor die komende oordeel. Hy vertel ook gelykenisse van die vyeboom, tien maagde en talente. | Mat 24:1 –51Loading... Mat 25:1-46 Loading... | Mar 13:1-37 Loading... | Luk 21:5-38 Loading... | – | |
| Grieke soek Jesus, die Seun van die mens moet verhoog word, die ongeloof van die mense en Jesus het gekom om die wêreld te red. | – | – | – | Joh 12:20-50 Loading... | |
| Woensdag 5 April 30 n.C. (Heilige Woensdag vir die Christene) | |||||
| Komplot om Jesus dood te maak. Volgens Matteus en Markus was die Pasga binne 2 dae en volgens item 8.2 het die Pasga op Donderdag 6 April 30 nC geval. Die antieke Jode het die eerste dag ingesluit toe hulle dae getel het. Trek 2 dae vanaf 6 April af en dit gee Woensdag 5 April. | Mat 26:1-5 Loading... | Mar 14:1-2 Loading... | Luk 22:1-2 Loading... | – | |
| ‘n Vrou salf Jesus se kop 2 dae voor Sy begrafnis in Simon die melaatse se huis in Betanië. | Mat 26:6-13 Loading... | Mar 14:3-9 Loading... | – | – | |
| Judas se komplot om Jesus te verraai. | Mat 26:14-16 Loading... | Mar 14:10-11 Loading... | Luk 22:3-6 Loading... | – | |
| Voorbereiding vir die laaste Pasga in die bovertrek. | Mat 26:17-20 Loading... | Mar 14:12-17 Loading... | Luk 22:7-14 Loading... | – | |
| Na sononder | Die Laaste Avondmaal. Jesus was die voete van Sy dissipels, voorspel dat Judas Hom gaan verraai en Hy gee ‘n nuwe gebod. Argument tussen die dissipels oor wie die grootste dissipel is. Jesus voorspel dat almal Hom gaan verlaat en dat Petrus Hom gaan verraai. | Mat 26:21-35 Loading... | Mar 14:18-31 Loading... | Luk 22:15-38 Loading... | Joh 13:1-38 Loading... |
| Jesus se laaste lering oor die belofte van die Heilige Gees en is die wynstok, oor die Trooster en Jesus bid vir Sy dissipels. | – | – | – | Joh 14:1-31 Loading... Joh 15:1-27 Loading... Joh 16:1-33 Loading... Joh 17:1-26 Loading... | |
| Jesus in Getsemane, Judas verraai Hom, Hy word gevange geneem en na die hoëpriester se huis geneem. | Mat 26:36 -58 Loading... | Mar 14:32-54 Loading... | Luk 22:39-54 Loading... | Joh 18:1-16 Loading... | |
| Petrus verloën Jesus, die wagte bespot en slaan Hom, en die Sanhedrin veroordeel Hom. | Mat 26:59-75 Loading... | Mar 14:55-72 Loading... | Luk 22:55-71 Loading... | Joh 18:17-27 Loading... | |
| Donderdag 6 April 30 nC. (Christene herdenk die instelling van die Avondmaal, Jesus se gevangenskap en verhoor deur die Sanhedrin) | |||||
| Jesus word na die Pilatus se paleis gelei, en Hy stuur Hom na Herodes. Judas pleeg selfmoord. Herodes ondervra Jesus, sy soldate bespot Jesus en hy stuur hom terug. Pilatus laat Barabbas vry en verlos Jesus om gekruisig te word. | Mat 27:1-30 Loading... | Mar 15:1-19 Loading... | Luk 23:1-25 Loading... | Joh 18:28-40 Loading... | |
| Jesus op Golgota, Simon van Ciréne dra Sy kruis, Hy praat met vroue en word om 9h00 gekruisig met 2 rowers. Soldate verdeel Sy klere, Hy voorsien vir Sy moeder, en die skare en een rower bespot Hom. | Mat 27:31-44 Loading... | Mar 15:20-32 Loading... | Luk 23:26-43 Loading... | Joh 19:1-16 Loading... | |
| Duisternis van 12h00 tot 15h00 en Jesus sterf. | Mat 27:45-56 Loading... | Mar 15:33-41 Loading... | Luk 23:44-49 Loading... | Joh 19:17-37 Loading... | |
| Voor sononder | Jesus is begrawe. | Mat 27:57-60 Loading... | Mar 15:42-47 Loading... | Luk 23:50-56 Loading... | Joh 19:38-42 Loading... |
| Vrydag 7 April 30 nC. (Christene herdenk Jesus se verhoor deur Pilatus, kruisiging en begrafnis) | |||||
| Jesus in die graf | – | – | – | – | |
| Saterdag 8 April 30 nC. (Christene herdenk Jesus in die graf) | |||||
| Jesus in die graf | – | – | – | – | |
| Sondag 9 April 30 nC. (Paassondag vir die Christene. Hulle vier Jesus se opstanding. Paassondag is altyd die eerste Sondag na die Joodse Pasga.) | |||||
| Jesus se opstanding voor sonop | Engel het die klip weggerol sodat die vroue en die dissipels binne-in die graf kon sien. Engel verskyn aan die vroue, en hulle vertel die dissipels. Jesus verskyn aan Maria Magdalena, die ander vroue, die mans aan Emmaus en die dissipels. | Mat 28:1-15 Loading... | Mar 16:1-14 Loading... | Luk 24:1-49 Loading... | Joh 20:1-25 Loading... |