Oor die Outeur (2022)

Pieter Oberholzer is op 24 Maart 1952 in die Bosveld van die Noord-Wes Provinsie van Suid-Afrika gebore en het groot geword in ‘n Christelike familie en is lid van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika Kerk.  Hy het in 1980 as ‘n Professionele Siviele Ingenieur gekwalifiseer en was meestal betrokke by Watervoorsieningsprojekte as ingenieur totdat hy in 2013 afgetree het. Daarna het hy  vir 2 jaar sendingwerk in Suid-Korea gedoen. 

Deur God se genade was en  is  hy nog altyd baie aktief in kerkaktiwiteite.

Hy was ook baie betrokke by ‘n kerkbouprojek in Pretoria waar hy die ontwerp van die gebou gedoen het en toesig gehou het oor  die ingenieurs aspekte van die konstruksie.  Hy is steeds betrokke by die grondwaterbestuur van ‘n 50 hektaar kerk besproeiings projek.

Die Outeur het by 7 studie toere na Israel aangesluit vanaf 1987. Hierdie reise na die historiese plekke van Jesus se lewe op aarde laat ‘n mens   die Bybelse tyd van plekke  soos genoem in die Evangelies, sien, aanraak en voel. In al die toere  was die klem op plekke waar die vier Evangelies van die Bybel insidente in Jesus se lewe aangemeld het.  Dit het Pieter se belangstelling geprikkel en hom aangespoor om die volgorde van gebeure in Jesus se lewe na te vors en te  bestudeer.

Hierdie passie het so sterk geword dat hy die Heilige Gees vertrou het en 3 addisionele studietoere na die Heilige Land  gereël het, waarop hy self die toerleier was. Dit het hom in staat gestel om gebeure in Jesus se lewe te ontleed deur eerstehandse ondervinding te gebruik en  dit  alles in ‘n chronologiese volgorde te plaas.

Die Heilige Gees het hom geïnspireer en gelei om hierdie Studiegids “Jesus se Kronieke”, te skryf waarin hy  al die voorvalle in Jesus se lewe, wat deur die 4 Evangelies beskryf is, in ‘n chronologiese volgorde uiteen gesit het. Hy is baie dankbaar teenoor die Drie-enige-God van hemel en aarde wat  hom gemotiveer en gehelp het om hierdie studie te voltooi.