Jesus se Kronieke kan eerstens soos enige dagboek gebruik word. So kan ‘n mens letterlik in Jesus se voetspore volg met die hulp van die kaarte wat agter aangeheg is.
Tweedens kan die gids soos volg gebruik word wanneer Bybelstudie gedoen word:
STAP 1
Begin met ‘n onderwerp wat u wil bestudeer. Byvoorbeeld die insidente op die dag toe Jesus uit die dood opgestaan het.
STAP 2
Slaan hierdie insident na in Item 5. Opsomming van al die insidente
Alternatiewelik kan “Jesus se opstanding” in die Alfabetiese Indeks naslaan.
Nog ‘n alternatief is om na Opsomming van al die insidente te gaan.
Indien u ‘n skootrekenaar gebruik, druk dan Ctrl en F gelyktydig op die rekenaar. Tik die woord “opstanding” in die soekblokkie. Gebruik dan die op (˄) en af (˅) pyltjies om die regte insident te vind waar dit voorkom.
Indie u ‘n Android selfoon gebruik, druk dan die ⁞ in die hoek regs bo. Kies dan “Find in page”en tik die woord opstanding in. Gebruik dan die op (˄) en af (˅) pyltjies om die regte insident te vind waar dit voorkom.
STAP 3
Deur inspeksie, is dit duidelik dat daar 8 insidente (nommers 281-288) is wat deur die vier Evangelies beskryf word in verskillende detail en volgorde , soos hieronder getoon.
| In-si-dent | Beskrywing van insident | Datum van insident | Mat-theus | Mar-kus | Lu-kas | Jo-han-nes | Kommentaar, hoofsaaklik oor die volgorde van die insident | Kaart nr. | |
| Paasfees dae vir Christene | Histories werklik | ||||||||
| 281 | Jesus se opstanding | Paas Sondag | Sondag 9 April 30 nC18 | Mat 12:40 Loading... Mat 16:4 Loading... | – | Luk 11:29 Loading... | Joh 2:19 Loading... | Mat 12:40 (AFR83) “Matthew 12:” Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van ‘n groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees.” Die Jode tel die eerste dag ook as die telling voor sononder begin. Dus was Donderdag die eerste dag, Vrydag die 2e dag en Saterdag die derde dag. Donderdag nag was die eerste nag, Vrydag nag die 2e ven Saterdag nag tot net voor sonop die derde nag.Loading... | 10.5 |
| 282 | ‘n Engel rol die klip weg. Vrouens arriveer teen dagbreek. Engele verskyn aan hulle en hulle hardloop om die dissipels te vertel. Sondag 29 April 31 nC Johannes en Petrus gaan na die graf en huis toe | Paas Sondag | Sondag 9 April 30 nC18 | Mat 28:1-8 Loading... | Mar 16:1-8 Loading... | Luk 24:1-12 Loading... | Joh 20:1-10 Loading... | Sien Item 8 verder en verwysing 18. | 10.5 |
| 283 | Jesus verskyn aan Maria Magdalena. | Paas Sondag | Sondag 9 April 30 nC18 | – | Mar 16:9 Loading... | – | Joh 20:11-17 Loading... | Johannes skryf verder vanaf die vorige insident. | 10.5 |
| 284 | Jesus verskyn aan die ander vrouens. | Paas Sondag | Sondag 9 April 30 nC18 | Mat 28:9-10 Loading... | – | – | – | Mattheus skryf verder vanaf insident 281. | 10.5 |
| 285 | Die vrouens vertel die dissipels dat hulle Jesus gesien het. | Paas Sondag | Sondag 9 April 30 nC18 | – | Mar 16:10-11 Loading... | – | Joh 20:18 Loading... | Johannes skryf verder vanaf insident 283. | 10.5 |
| 286 | Die boodskap wat onder die Jode versprei is. | Paas Sondag | Sondag 9 April 30 nC18 | Mat 28:11-15 Loading... | – | – | – | Mattheus skryf verder vanaf insident 284. | 10.5 |
| 287 | Jesus verskyn aan twee wat na Emmaus toe loop. | Paas Sondag | Sondag 9 April 30 nC18 | – | Mar 16:12-13 Loading... | Luk 24:13-33 Loading... | – | Markus skryf verder vanaf insident 285. | 10.5 |
| 288 | Jesus verskyn aan Simon (Sefas) en die dissipels sonder Thomas. | Paas Sondag | Sondag 9 April18 | – | Mar 16:14 Loading... | Luk 24:34-43 Loading... | Joh 20:19-25 Loading... | Lukas en Mattheus skryf verder vanaf die vorige insident. | 10.5 |
STAP 4
Dit is dus maklik om die detail van insidente 281 tot 288 in chronologiese orde te volg. Die leser kan ook sien of Mattheus, Markus, Lukas of Johannes geskryf het oor ‘n spesifieke insident op Jesus se opstandings dag , en indien wel, wat aangeteken is deur elke skrywer.