Gedeelte 5. Die Fees van die Tempelwyding tot net voordat Maria Jesus se voete gesalf het, 6 dae voor Sy begrafnis (insidente185-200)

Insident 185        Fees van die Tempelwyding.  Desember 29 nC. Sien Kaart 10.5 vir Jerusalem en die                                               ligging van die tempel.

Kommentaar.Johannes
Die fees van die tempelwyding was in Desember. Ook Joh10: 22 “…. dit was winter”.   Johannes 10:22-42 8 Met die Fees van die Tempelwyding in Jerusalem het die Jode teruggedink aan die herstel van die tempel nadat dit in die tweede eeu vC deur die gehate Siriese heerser Antiogus IV Epifanes onteer is. Hy het selfs ’n vark op die altaar aan die afgod Zeus geoffer. Judas Makkabeus, ’n lojale Joodse leier, het ’n opstand gelei en die vyand verdryf. In die middel van Desember 164 vC is die tempel toe weer in gebruik geneem. (Dit is natuurlik dan winter in die noordelike halfrond.) Daarna is daar elke jaar ’n fees van agt dae lank in die tempel gehou. Lig het ’n belangrike rol in die feestelikhede gespeel, wat hoofstuk 10 goed by hoofstuk 9 (vgl 8:12; 9:4-5) laat aansluit. Jesus was op dié fees in die tempel. Die Pilaargang van Salomo was aan die oostekant van die tempel (die kant van die Kedronvallei).  
Joh 10:22-23
Loading...
22  Dit was daardie tyd die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter. 23  Jesus het in die tempel in die Pilaargang van Salomo geloop.

Insident 186        Jode konfronteer Jesus en wil hom stenig.  Desember 29 nC. Sien Kaart 10.5 vir Jerusalem                  en die ligging van die tempel.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Joh 10:24-39
Loading...
24  Die Jode het daar om Hom saamgedrom en vir Hom gesê: “Hoe lank gaan u ons nog in onsekerheid hou? As u die Christus is, sê dit reguit vir ons.” 25  Jesus antwoord hulle toe: “Ek het dit vir julle gesê, en tog glo julle nie. Die dade wat Ek in die Naam van my Vader doen, bewys wie Ek is. 26  Maar julle glo nie, omdat julle nie van my skape is nie. 27  My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. 28  Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. 29  Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. 30  Ek en die Vader is een.” 31  Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig, 32  maar Jesus sê vir hulle: “Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My stenig?” 33  “Dis nie oor ‘n goeie daad dat ons jou wil stenig nie,” antwoord die Jode Hom, “maar oor godslastering, omdat jy, wat ‘n gewone mens is, jou as God voordoen.” 34  Daarop sê Jesus vir hulle: “Staan daar nie in julle wet geskrywe: ‘Ek het gesê: Julle is gode’ nie? 35  God noem hulle tot wie sy woord gekom het, dus ‘gode’, en wat daar geskrywe staan, kan nie verander word nie. 36  Hoe sê julle dan vir My wat deur die Vader afgesonder en na die wêreld toe gestuur is: ‘Jy praat godslasterlik’, omdat Ek gesê het: ‘Ek is die Seun van God’? 37  As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle nie in My glo nie. 38  Maar as Ek dit wel doen en julle tog nie in My glo nie, moet julle ten minste aan die werke glo, sodat julle kan insien en weet dat die Vader in My en Ek in die Vader is.” 39  Hulle wou Hom toe weer gevange neem, maar Hy het hulle ontglip.  

Insident 187        Jesus gaan na Bet-Bara waar Johannes eers, volgens oorlewering, gedoop het. Desember 29 nC. Sien Kaart 10.1 vir die ligging van Bet-Bara oos van die Jordaan gesien vanaf Jerusalem.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Joh 10:40-42
Loading...
40  Hy het teruggegaan na die plek oorkant die Jordaan waar Johannes vroeër gedoop het, en daar gebly. 41  Baie mense het na Hom toe gekom. Hulle het gesê: “Johannes het wel geen wonderteken gedoen nie, maar alles wat Johannes oor hierdie man gesê het, is waar.” 42  Baie mense het daar tot geloof in Hom gekom.  

Insident 188        Die opwekking van Lasarus uit die dood. Januarie 30 nC. Sien Kaart 10.1.1 vir die roete van Bet-Bara(in die provinsie Perea oos van die Jordaan) na Betanië(wes van die Jordaan) naby Jerusalem.

KommentaarJohannes
 Joh skryf verder vanaf die vorige insident.   ” Eers daarna sê Hy aan die dissipels: Laat ons weer na Judéa gaan.”   Jesus het na Bet-Bara gegaan volgens die vorige insident en hier kom Hy heel waarskynlik van Bet-Bara af.
Joh 11:1-44
Loading...
1  ‘n Man met die naam Lasarus was siek. Hy was van Betanië, die dorp waar Maria en haar suster Marta gewoon het. 2  Maria was die vrou wat met reukolie die Here gesalf en sy voete met haar hare afgedroog het. Dit was haar broer Lasarus wat siek was. 3  Die susters het iemand na Jesus toe gestuur om te sê: “Here, hy vir wie U lief is, is siek.” 4  Toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: “Hierdie siekte sal nie op die dood uitloop nie, maar op die openbaring van die wonderbaarlike mag van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.” 5  Jesus het vir Marta en haar suster en Lasarus liefgehad. 6  Nadat Hy gehoor het dat Lasarus siek is, het Hy egter nog twee dae op die plek gebly waar Hy was. 7  Eers daarna het Hy vir sy dissipels gesê: “Kom ons gaan terug na Judea toe.” 8  Die dissipels sê toe vir Hom: “Rabbi, nou die dag nog wou die Jode U stenig, en gaan U weer daarheen?” 9  Jesus het geantwoord: “Is daar nie twaalf uur in ‘n dag nie? As iemand in die dag loop, struikel hy nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien. 10  Maar as iemand in die nag loop, struikel hy, omdat hy nie die lig het nie.” 11  Hierna het Hy vir hulle gesê: “Ons vriend Lasarus slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak.” 12  Die dissipels sê toe vir Hom: “Here, as hy slaap, sal hy gesond word.” 13  Jesus het van Lasarus se dood gepraat, maar hulle het gedink Hy praat van die gewone slaap. 14  Toe sê Jesus vir hulle reguit: “Lasarus is dood, 15  en om julle ontwil is Ek bly dat Ek nie daar was nie sodat julle in My kan glo. Maar kom ons gaan na hom toe.” 16  Tomas, wat ook Didimus genoem is, sê toe vir die ander dissipels: “Kom ons gaan ook, sodat ons saam met Hom kan sterwe.” 17  Toe Jesus daar kom, het Hy gevind dat Lasarus al vier dae in die graf was. 18  Betanië was naby Jerusalem, omtrent drie kilometer; 19  en baie van die Jode het na Marta en Maria toe gekom om hulle oor hulle broer te troos. 20  Toe Marta hoor dat Jesus kom, het sy Hom tegemoet gegaan; maar Maria het in die huis bly sit. 21  Marta sê toe vir Jesus: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie. 22  Maar selfs nou weet ek dat God U alles sal gee wat U van Hom vra.” 23  Jesus sê toe vir haar: “Jou broer sal uit die dood opstaan.” 24  Maar Marta sê vir Hom: “Ek weet hy sal met die opstanding op die laaste dag uit die dood opstaan.” 25  Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; 26  en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?” 27  “Ja, Here,” sê sy vir Hom, “ek glo vas dat U die Christus is, die Seun van God, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” 28  Nadat sy dit gesê het, het sy haar suster Maria gaan roep en saggies vir haar gesê: “Ons Leermeester is hier, en Hy roep jou.” 29  Toe sy dit hoor, het sy gou opgestaan en na Hom toe gegaan. 30  Jesus het nog nie in die dorp aangekom nie, maar was nog op die plek waar Marta Hom ontmoet het. 31  Toe die Jode wat by Maria in die huis was en haar vertroos het, sien dat sy vinnig opstaan en uitgaan, het hulle agter haar aangegaan omdat hulle gedink het sy gaan na die graf toe om daar te huil. 32  Toe Maria daar aankom waar Jesus was en Hom sien, het sy by sy voete gekniel en vir Hom gesê: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie.” 33  Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan. 34  Hy vra toe: “Waar het julle hom begrawe?” Hulle het vir Hom gesê: “Here, kom kyk.” 35  Jesus het gehuil. 36  Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!” 37  Party van hulle het ook gesê: “Kon hy wat die oë van die blinde man genees het, nie ook gemaak het dat hierdie man nie sterwe nie?” 38  Jesus se gemoed het weer vol geskiet toe Hy by die graf kom. Dit was ‘n rotsgraf, en daar was ‘n klip voor die ingang gerol. 39  Jesus sê toe: “Rol die klip weg.” Maar Marta, die suster van die oorledene, sê vir Hom: “Here, hy ruik al, want dit is al die vierde dag.” 40  Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê as jy glo, sal jy die openbaring van die wonderbaarlike mag van God sien nie?” 41  Hulle het toe die klip weggerol. Jesus het opgekyk boontoe en gesê: “Vader, Ek dank U dat U My verhoor het. 42  Ek weet dat U My altyd verhoor, maar Ek sê dit ter wille van die mense wat hier rondom staan, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.” 43  Nadat Hy dit gesê het, roep Hy met ‘n harde stem: “Lasarus, kom uit!” 44  Die oorledene het uitgekom. Sy hande en sy voete was nog toegedraai met grafdoeke en sy gesig toegebind met ‘n kopdoek. Jesus sê toe vir die mense: “Maak hom los dat hy kan huis toe gaan.”  

Insident 189        Verslag oor Jesus se  aksies aan die Fariseërs en hul planne om Jesus dood te                                            maak. Januarie 30 nC. Sien Kaart 10.1 vir Betanië naby Jerusalem.

KommentaarJohannes
Joh skryf verder vanaf die vorige insident.
Joh 11:45-53
Loading...
45  Baie van die Jode wat na Maria toe gekom en gesien het wat Jesus gedoen het, het tot geloof in Hom gekom. 46  Maar party van hulle het na die Fariseërs toe gegaan en vir hulle vertel wat Jesus gedoen het. 47  Die priesterhoofde en die Fariseërs het toe die Joodse Raad bymekaargeroep en gesê: “Wat gaan ons doen? Hierdie man doen baie wondertekens. 48  As ons hom so laat aangaan, sal al die mense in hom glo, en dan kom verwoes die Romeine hierdie heilige plek en maak ons nasie tot niet.” 49  Een van hulle, ‘n sekere Kajafas, wat daardie jaar hoëpriester was, het egter vir hulle gesê: “Julle verstaan niks, 50  en julle besef ook nie dat dit tot julle voordeel is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie verlore gaan nie.” 51  Dit het hy nie uit sy eie gesê nie, maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die nasie sou sterwe. 52  En Hy sou nie net vir die nasie sterwe nie, maar ook om die kinders van God wat oor die hele aarde versprei is, tot een volk bymekaar te bring. 53  Van daardie dag af was hulle vasbeslote om Jesus dood te maak.  

Insident 190     Jesus gaan na Efraim. Februarie 30 nC. Sien Kaart 10.1 vir Efraim Noord                                                van Jerusalem.

KommentaarJohannes
Joh skryf hier verder vanaf die vorige insident.
Joh 11:54
Loading...
54  Daarom het Jesus nie meer in die openbaar onder die Jode rondgegaan nie, maar daarvandaan weggegaan na die streek naby die woestyn, na ‘n dorp met die naam Efraim. Daar het Hy met sy dissipels ‘n rukkie gebly.  

Insident 191         Dood voorspel op die pad na Jerusalem. Februarie 30 nC. Sien Kaart 10.1vir die roete vanaf Efraim na Jerusalem.

KommentaarMatMarLuk
Volgens die vorige insident het Jesus na Efraim gegaan en hier is Hy weer oppad na Jerusalem.
Mat 20:17-19
Loading...
17  Terwyl Jesus na Jerusalem toe op pad was, neem Hy die twaalf dissipels opsy, en so in die loop sê Hy vir hulle: 18  “Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe. Daar sal die Seun van die mens aan die priesterhoofde en skrifgeleerdes oorgelewer word, en hulle sal Hom tot die dood veroordeel. 19  Hulle sal Hom uitlewer aan die heidene, wat Hom sal bespot en gesel en kruisig. En op die derde dag sal Hy uit die dood opgewek word.”  
Mar 10:32-34
Loading...
(32)  En hulle was op die pad terwyl hulle opgaan na Jerusalem, en Jesus het voor hulle uit gegaan, en hulle was verbaas; en terwyl hulle volg, het hulle gevrees. En Hy het weer die twaalf by Hom geneem en aan hulle begin vertel die dinge wat met Hom sou gebeur. (33)  Kyk, sê Hy, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en die skrifgeleerdes, en hulle sal Hom tot die dood veroordeel en Hom oorlewer aan die heidene; (34)  en hulle sal Hom bespot en Hom gésel en op Hom spuug en Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.
Luk 18:31-34
Loading...
31  Jesus het die twaalf opsy geneem en vir hulle gesê: “Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe, en alles wat die profete oor die Seun van die mens geskryf het, sal daar bewaarheid word. 32  Hy sal uitgelewer word aan die heidene; Hy sal bespot en beledig word; hulle sal op Hom spoeg, 33  Hom gesel en Hom daarna doodmaak. En op die derde dag sal Hy uit die dood opstaan.” 34  Maar van hierdie dinge het hulle niks begryp nie. Die woorde was vir hulle duister, en hulle het nie verstaan waaroor Hy praat nie.

Insident 192        Versoek vir Jakobus en Johannes.  Maart 30 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete vanaf Efraim na Jerusalem.

KommentaarMatMar
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 20:20-24
Loading...
20  Toe kom die vrou van Sebedeus met haar twee seuns by Jesus en kniel voor Hom om Hom ‘n guns te vra. 21  “Wat kan Ek vir u doen?” vra Hy vir haar. Sy sê vir Hom: “Belowe my dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk langs U mag sit, een aan u regterhand en die ander een aan u linkerhand.” 22  Toe antwoord Jesus: “Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die lydensbeker drink wat Ek gaan drink?” “Ons kan,” antwoord hulle. 23  Jesus sê toe vir hulle: “Ja, my beker sal julle drink. Maar om aan my regter- en my linkerhand te sit, daaroor besluit Ek nie; dit is vir dié vir wie my Vader dit gereed gemaak het.” 24  Toe die tien ander dissipels dit hoor, was hulle kwaad vir die twee broers.
Mar 10:35-41
Loading...
35  Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, kom toe na Jesus toe en sê vir Hom: “Here, ons wil graag hê U moet vir ons doen wat ons U gaan vra.” 36  “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” het Hy hulle gevra. 37  Hulle het Hom geantwoord: “Wanneer U as koning heers, laat ons dan langs U sit, die een aan u regterhand en die ander een aan u linkerhand.” 38  “Julle weet nie wat julle vra nie,” sê Jesus vir hulle. “Kan julle die lydensbeker drink wat Ek drink, of met die doop gedoop word waarmee Ek gedoop word?” 39  “Ons kan,” sê hulle vir Hom. Daarop sê Jesus vir hulle: “Die beker wat Ek drink, sal julle drink, ja, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word. 40  Maar om aan my regter- of my linkerhand te sit, daaroor besluit Ek nie; dit is vir dié vir wie God dit gereed gemaak het.” 41  Toe die tien ander dit hoor, was hulle verontwaardig oor Jakobus en Johannes.

Insident 193        Hoe kinders na aan die Here se verhouding teenoor mekaar moet wees.  Maart 30 nC. Sien Kaart 10.1 vir die roete na Jerusalem.

KommentaarMatMar
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.
Mat 10:25-28
Loading...
25  ‘n Leerling moet tevrede wees as dit met hom gaan soos met sy leermeester, en ‘n slaaf as dit met hom gaan soos met sy eienaar. As hulle die hoof van die huis die skeldnaam Beëlsebul gegee het, sal hulle dan nie sy huisgenote met baie erger name uitskel nie? 26  Moet dus nie vir mense bang wees nie. Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie. 27  Wat Ek vir julle in die donker sê, moet julle in die daglig sê, en wat in julle oor gefluister word, moet julle van die dakke af uitbasuin. 28  Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan.  
Mar 10:42-45
Loading...
42  Jesus roep hulle toe nader en sê vir hulle: “Julle weet dat dit by die nasies so is dat hulle sogenaamde regeerders oor hulle baasspeel en dat hulle groot manne die mag oor hulle misbruik. 43  Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; 44  en elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees. 45  Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”

Insident 194        Blinde manne genees in Jérigo. April 30 nC. Sien Kaart 10.1 vir die ligging van Jerigo.

KommentaarMatMarLuk
Mat en Mar skryf verder vanaf die vorige insident.   Het hierdie insident plaasgevind oppad in Jerigo of uit Jerigo uit? Sien verwysing 33The other issue in question is whether Jesus was entering Jericho or leaving it. Bible commentators cite the fact that at that time there were two Jerichos—one the mound of the ancient city (still existing today) and the other the inhabited city of Jericho. Therefore, Jesus could have healed the two men as He was leaving the ancient city of Jericho and entering the new city of Jericho.”   Die ander vraag is hoekom noem net Mattheus 2 blinde mans? Verwysing 34 gee die antwoord hierop.
Mat 20:29-34
Loading...
29  Toe hulle uit Jerigo uitgaan, het ‘n groot menigte Jesus gevolg. 30  Twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus verbykom. Toe roep hulle uit: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” 31  Die mense het met hulle geraas en gesê hulle moet stilbly, maar hulle het al hoe harder geroep: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” 32  Jesus het gaan staan, hulle geroep en gevra: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” 33  Hulle sê toe vir Hom: “Here, dat ons oë oopgaan.” 34  Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien en het hulle Hom gevolg.  
Mar 10:46-52
Loading...
(46)  En hulle het in Jérigo gekom. En toe Hy en sy dissipels en ‘n aansienlike skare uit Jérigo uitgaan, sit die blinde man, Bartiméüs, die seun van Timéüs, langs die pad en bedel. (47)  En toe hy hoor dat dit Jesus die Nasaréner was, begin hy om uit te roep en te sê: Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig! (48)  En baie het hom bestraf, dat hy moet stilbly; maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig! (49)  Toe gaan Jesus staan en sê dat hy geroep moes word; en hulle roep die blinde man en sê vir hom: Hou goeie moed, staan op! Hy roep jou. (50)  En hy gooi sy oorkleed af, staan op en kom na Jesus toe. (51)  En Jesus antwoord en sê vir hom: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En die blinde man sê vir Hom: Rabbóni, dat ek mag sien. (52)  En Jesus sê vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.  
Luk 18:35-43
Loading...
35  Jesus het naby Jerigo gekom. Toe ‘n blinde man wat daar langs die pad sit en bedel, 36  die groot menigte mense hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is. 37  Hulle vertel hom toe: “Jesus van Nasaret gaan hier verby.” 38  Toe roep hy uit: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!” 39  Die mense wat voor geloop het, het hom beveel om stil te bly, maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U oor my!” 40  Jesus gaan toe staan en gee bevel dat hy na Hom toe gebring moet word. Toe hy naby kom, vra Jesus vir hom: 41  “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” En hy antwoord: “Here, dat ek kan sien.” 42  Jesus sê vir hom: “Goed, jy kan sien! Jou geloof het jou gered.” 43  En onmiddellik kon hy sien, en hy het Jesus gevolg en God geprys. Ook al die mense wat dit gesien het, het aan God die eer gegee.

Insident 195        Saggeus word ‘n volgeling van Jesus in Jerigo. Maart 30 nC. Sien Kaart 10.1 vir die ligging van Jerigo.

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident.
Luk 19:1-10
Loading...
1  Jesus het in Jerigo gekom en was op pad deur die stad. 2  Daar was ‘n man met die naam Saggeus, die hoof tollenaar, ‘n ryk man. 3  Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy te kort was. 4  Hy hardloop toe vooruit en klim in ‘n wildevyeboom om Jesus te kan sien, want Hy sou daar verbygaan. 5  Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.” 6  Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang. 7  Almal wat dit gesien het, het beswaar gemaak en gesê: “Hy gaan by ‘n sondige man tuis!” 8  Maar Saggeus het opgestaan en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my goed vir die armes gee, en waar ek iets van iemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.” 9  Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is ‘n kind van Abraham. 10  Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”

Insident 196        Jesus nader Jerusalem en die gelykenis van die ponde. Maart 30 nC. Sien Kaart 10.1 vir die pad vanaf Jerigo na Jerusalem

KommentaarLukas
Luk skryf verder vanaf die vorige insident
Luk 19:11-28
Loading...
11  Terwyl die mense na Jesus geluister het, het Hy nog ‘n gelykenis vertel, aangesien Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het die koninkryk van God sou nou enige oomblik kom. 12  Hy het gesê: “‘n Man van adellike afkoms het na ‘n ver land toe op reis gegaan om as koning aangestel te word en dan terug te kom. 13  Vooraf het hy tien van sy slawe geroep en aan hulle tien goue muntstukke gegee en gesê: ‘Dryf handel daarmee totdat ek terugkom.’ 14  Sy landgenote het hom egter gehaat en ‘n afvaardiging agterna gestuur om te sê: ‘Ons wil nie hierdie man as koning hê nie.’ Maar hy het tog die koningskap ontvang. 15  Nadat hy teruggekom het, het hy die slawe aan wie hy die geld gegee het, na hom toe laat roep, sodat hy kon verneem wat hulle met die handeldryf verdien het. 16  Die eerste het vorentoe gekom en gesê: ‘Meneer, u muntstuk het tien muntstukke opgelewer.’ 17  Daarop antwoord hy: ‘Mooi so, jy is ‘n goeie slaaf. Omdat jy in ‘n saak van min belang getrou was, kry jy nou die bestuur oor tien stede.’ 18  Toe kom die tweede slaaf en sê: ‘Meneer, u muntstuk het vyf muntstukke opgelewer.’ 19  Aan hierdie een sê hy: ‘En jy kry die bestuur oor vyf stede.’ 20  Nog ‘n ander het gekom en gesê: ‘Meneer, hier is u muntstuk. Ek het dit in ‘n doek gebêre. 21  Ek was bang vir u, want u is ‘n harde man. U eis op wat u nie belê het nie, en oes wat u nie gesaai het nie.’ 22  Toe sê hy vir hom: ‘Met jou eie woorde sal ek jou veroordeel. Jy is ‘n slegte slaaf! As jy geweet het ek is ‘n harde man wat opeis wat ek nie belê het nie, en oes wat ek nie gesaai het nie, 23  waarom het jy dan nie my geld in die bank gesit nie? Dan sou ek dit by my terugkoms darem met rente kon getrek het.’ 24  Daarop sê hy vir dié wat daar staan: ‘Vat die muntstuk van hom af weg en gee dit vir die een wat die tien muntstukke het.’ 25  Hulle sê vir hom: ‘Meneer, hy het dan al tien muntstukke.’ Maar hy antwoord: 26  Ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. 27  En daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek hulle koning moet wees nie, bring hulle en maak hulle hier voor my dood!” 28  Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het Hy voor hulle uit geloop, op pad na Jerusalem toe.  

Insident 197        Oppad na Jerusalem en Jesus word deur Jode en Priesters bespreek. Maart 30 nC. Sien                       Kaart 10.1 vir die roete vanaf Jerigo na Jerusalem

KommentaarJohannes
Joh 11:55
Loading...
: “En die Pasga van die Jode was naby”   Volgens verwysing 5 was die Pasga op 7 April 30 nC. Dus was hierdie insident gedurende Maart 30 nC.
Joh 11:55-57
Loading...
55  Die paasfees van die Jode was naby. Baie mense het voor die paasfees van die platteland af na Jerusalem toe gegaan om hulle te reinig. 56  Hulle het daar na Jesus gesoek en waar hulle in die tempel gestaan het, vir mekaar gesê: “Hoe dink julle? Hy sal seker nie fees toe kom nie, of hoe?” 57  Die priesterhoofde en die Fariseërs het toe al klaar opdrag gegee dat as iemand weet waar Hy is, hy dit moet aangee sodat hulle Hom gevange kan neem.