Bedankings

Graag doen ek die volgende bedankings:

1. Die Drie-Enige God van hemel en aarde wat my deur Sy Heilige Gees geïnspireer het om hierdie studie te kon doen. Daar was tye wanneer ek in moedeloosheid opgegee het. Dan het die Heilige Gees my weer aangemoedig om aan te gaan.

2. My vrou, Bessie, vir al jou ondersteuning en verdraagsaamheid terwyl dit soveel van my tyd in beslag geneem het. 

3. My seun Benjamin vir al jou hulp om van die inligting te verkry en dat jy my help met ‘n webwerf vir hierdie boek en dit op jou web tuiste stoor.

4. Die Bybelgenootskap van Suid Afrika vir die toestemming vir die gebruik van die Bybel in Afrikaans 1983-vertaling met herformulerings tot en met 1992 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992.